Malema, die verskynsel, is hier om te bly

Die ANC-jeugliga se Julius Malema, het 14 dae om vir versagting te pleit, nadat sy skorsing weereens bekragtig is.

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl, die NDCA, het die saak Saterdag terug na die nasionale dissiplinêre komitee vir oorsig verwys.

“Die NDC sal ‘n gepaste uitspraak lewer nadat die getuienis ter versagting of verswaring van sanksies deur die partye voorgelê word,” het die voorsitter van die komitee Cyril Ramaphosa by die ANC se hoofkwartier in Johannesburg gesê.

Hy het gesê die aangeleentheid word terugverwys na die dissiplinêre komitee in die belang van geregtigheid en dit is nodig in ooreenstemming met die gees en doelwitte van die ANC se grondwet.

Ramaphosa het die belangrikheid van dissipline in die organisasie beklemtoon, en gesê dit is “een van die belangrikste pilare in die lewe van die ANC”.

Die besluit is aan die jeugliga deurgegee kort voor dit openbaar gemaak is, het hy gesê.

Verskeie mediaberigte het Malema se einde aangekondig, maar dit is glo gegrond op ‘n foutiewe stelling deur Keith Khoza. Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, het gesê Khoza het reeds verskoning aangeteken vir sy ongelukkige blaps.

Vroeër het Khoza gesê dit beteken Malema en Shivambu is gestroop van hul titels en partylidmaatskap met onmiddellike effek.

Terwyl die NDC sy uitspraak oor Malema dus nie sal verander nie, het hulle ‘n tydperk van veertien dae gegee om teen sy vonnis te appelleer.

Malema bly die liefling van ‘n groepering binne die ANC wat  gekant is teen buitelandse inmenging en die dryfkrag agter nasionalisering is.

Dit is wyd in die media berig dat die ANC-jeugliga deur sakelui betaal word om hul belange te bevorder en die organisasie se nasionaliseringsoproepe is druk onder hierdie groep mense bespreek.

President Jacob Zuma se hand is egter versterk deur die jongste uitspraak en hy sal waarskynlik sy tweede termyn wen.

Die enigste onsekerheid is tans of Malema sy plek in Limpopo, waar hy kan nog steeds invloed het, kan hou. Daar is voornemende tenderpreneurs wat dinge vir hom moeilik kan maak.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae