Die SAIRR hou nie emigrasiesyfers vir die aantal wittes nie, maar daar is ‘n gaping in die wit bevolkingsamestelling vir die ouderdomme tussen 20 en 40 jaar. Die enigste verklaring is dat dié mense die land verlaat het.
Die meeste wittes is in stedelike gebiede soos Kaapstad, Johannesburg, die Oos-Rand en Pretoria gekonsentreer en het ‘n hoër lewenstandaard wat met laer geboortesyfers saamgaan.
Die meeste werloses is swart met 72% tussen die ouderdom van 15 en 34 jaar wat ledig is.
Suid-Afrikaners se gemiddelde jaarlikse inkomste is R36 253 per persoon, maar wittes se gemiddeld is hoër met R149 000 per persoon. Swartes verien gemiddeld R21 075 per persoon per jaar.
Die meeste bestuursposte word steeds deur wit mans beklee (34%), gevolg deur swart mans (22%), wit vroue (14%), swart vroue (11,4%), bruin mans (6,3%) en bruin vroue (3,9%).
Die samestelling van Suid-Afrika se bevolking gaan binne ‘n dekade of twee só lyk:
* Die aantal wittes sal afneem tot in 2025 met 8% of sowat 355 000.
* Die ander bevolkingsgroepe se getalle sal in dieselfde tydperk toeneem: swartes met 14%; bruines met 13% en Indiërs met 0,8%.
* Wit mense het die laagste groeisyfer van alle rasse in ‘n eeu getoon, vanaf 1,27 miljoen in 1911 tot 4,56 miljoen in 2011, terwyl swartes in dieselfde tydperk met 900% toegeneem het, bruines met byna 800% en Indiërs net onder die 800%.
* In 1911 was swart mense 67% van die bevolking, en vandag is hulle 79,5%. Teen 2040 sal hulle 81% wees. Bruines bly min of meer konstant met 9% en Indiërs het effens afgeneem van 3% na 2,5%.
