Nog ‘n swart dwelmmuil vas

‘n Suid-Afrikaanse vrou is by die internasionale lughawe in Bangkok in hegtenis geneem nadat die polisie 1.5 kg kokaïen, wat in haar rastalokke versteek was, gevind het.

Nobanda Nolubabalo (23) is Maandag deursoek nadat die polisie ‘n wit poeier in haar hare gesien het kort nadat sy van ‘n Qatar Airways-vlug afgeklim het.

Volgens owerhede is die straatwaarde van die kokaïen ongeveer R1.2 miljoen.

Nolubabalo het bevestig dat sy die kokaïen na die land gesmokkel het en dat sy vir 60 000 baht gehuur is om dit aan ‘n kliënt by ‘n hotel in Bangkok af te lewer.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae