Dosyne joernaliste word sonder enige klag, baie in geheime gevangenisse aangehou, sê die Committee to Protect Journalists (CPJ), in ‘n spesiale verslag wat in New York bekend gestel is.
Joernaliste wat verslag doen oor betogings en burgerlike onrus, staar ‘n toenemende bedreiging van aanhouding in die gesig.
Die getal joernaliste wat gevang is wêreldwyd het met meer as 20 persent opgeskiet tot sy hoogste vlak sedert die middel-1990’s, ‘n toename grootliks gedryf deur wydverspreide arrestasies oor die Midde-Ooste en Noord-Afrika heen.
In sy jaarlikse sensus van joernaliste in gevangenskap, sê CPJ, was daar 179 skrywers, redakteurs, en foto-joernaliste agter tralies op 1 Desember, ‘n toename van 34 vanaf 2010.
Iran is die wêreld se ergste oortreder, met 42 joernaliste agter tralies, omdat die owerheid ‘n veldtog voer teen die media wat meer as twee jaar gelede begin protesteer het nadat die land se omstrede presidensiële verkiesing gehou is.
Eritrea, China, Birma, Viëtnam, Sirië, en Turkye ook ingedeel onder die wêreld se ergstes.
Vir die eerste keer sedert CPJ begin het met die opstel van jaarlikse gevangenisopnames in 1990, is nie ‘n enkele joernalis in die Amerikas in die tronk nie.
Gevangenskappe toon ook ‘n geleidelike afname in Europa en Sentraal-Asië, waar slegs agt joernaliste tronk toe gestuur is, die laagste in ses jaar. Afrika-lande is egter verantwoordelik vir dekades van gevangenskappe.
In sommige gevalle ontken regerings soos dié in Eritrea, Sirië, en Gambië die bestaan van tronke waarin hulle joernaliste aanhou. Verslae van mishandeling en marteling is algemeen in sulke gevalle.
Owerhede daar tree sonder verantwoordelikheid op en oortree alle internasionale norme. Volgens onbevestigde berigte het ten minste ses van hierdie joernaliste van mishandeling in aanhouding gesterf.
Etniese minderheidsgroepe is veral kwesbaar en in Viëtnam word ook internetjoernaliste geteiken.
Al nege van die Viëtnamese joernaliste agter tralies op 1 Desember is bloggers wat polities sensitiewe onderwerpe of kwessies van godsdienstige minderhede dek. Een van die gevangenes is Pham Minh Hoang, ‘n blogger wat geskryf het oor die amptelike korrupsie, agteruitgang van die omgewing, en die regering se buitelandse beleidsmislukkings.
Gevangenskappe is ook waargeneem in die sogenaamde stabiele demokrasie van Turkye, wat agt joernaliste aanhou. Terwyl hulle steeds minderhede soos Koerdiese redakteurs en skrywers, dophou, het die Turkse owerhede ook begin fokus op hoofstroomjoernaliste wat betrokke is in ondersoekende verslaggewing.
Die gevangenes in Turkye sluit Ahmet sik en Nedim Sener in, beide prominente skrywers en joernaliste van die koerant wat regeringstekortkominge ondersoek.
Aanklagte van strafregtelike laster, verslagdoening oor “vals” nuus, en die beoefening van etniese of godsdienstige “beledigings” vorm deel van die sensuur teen joernaliste.
