China is ongelukkig met Amerika se plan om hulle militêre teenwoordigheid na Australië verder uit te brei.
China het dié skuif as “onvanpas” beskryf en sê dat dié stap noulettende ondersoek vra.
Liu Weimin, woordvoerder van buitelandse sake in China, sê dat die wêreldwye finansiële klimaat die noodsaaklikheid van internasionale samewerking beklemtoon.
In lig hiervan, sê Liu, is ‘n gesprek oor Amerika se plan om ‘n basis vir Amerikaanse vlootsoldate in die noorde van Australië te vestig, van internasionale belang.
President Barack Obama het dié skuif Woensdag tydens ‘n besoek aan Australië aangekondig.
