‘n Sogenaamde wit bende wat verantwoordelik was vir die dood van ‘n swart tiener in ‘n noodlottige aanval, is tans op verhoor in Brittanje.
Die twee mans wat die swart tiener Stephen Lawrence18 jaar gelede na bewering doodgesteek het, het destyds gelei tot ‘n groot ondersoek wat tot die gevolgtrekking gekom het dat die Britse polisie “institusioneel rassisties” is.
Die 18-jarige student is by ‘n bushalte deur ‘n bende blanke jeugdiges in Eltham, Suidoos-Londen, in April 1993 doodgesteek. Niemand is vir sy moord skuldig bevind nie.
Gary Dobson, 36, en David Norris, 35, altwee wit mans uit die suide van Londen, het beide die moord op die tiener ontken.
Gister het die Old Bailey gehoor dat Lawrence nog met sy vriende oomblikke voordat hy gesteek is, gesels het.
Hospitaalwerker Royston Westbrook het gesê hy het ‘n groep wit mans sien “bots” met Lawrence en Duwayne Brooks en hulle is aangeval.
Westbrook het aan die hof gesê: “Die twee swart seuns, Stephen en Duwayne, het reg by die bushalte gestaan en net gesels.”
Die tieners het bespreek of hulle moet wag vir ‘n bus of terugstap tot by ‘n verkeersirkel om te probeer om ‘n ander een te kry. Op die ou end het hulle die noodlottige besluit geneem om te loop.
“Hulle [die twee groepe] het net gebots – dit is hoe dit gelyk het,” sê Westbrook. “Hulle was net in mekaar se pad en dit was dit.
“Hulle Duwayne Brooks se pols gegryp, maar Duwayne het weggehardloop na die busstop waar ons gestaan het en omgedraai en iets soos ‘hol weg, Steve!’ geskree.”
Brooks het daarin geslaag om weg te hardloop, maar Lawrence is grond toe gedwing.
Westbrook aan die jurie gesê: “Ek het gesien hulle omring Stephen en hy het geval basies van die pure gewig van hulle getalle, dit het gelyk asof iemand hom slaan.”
‘n Ondersoek deur ‘n senior regter oor die manier waarop die saak deur Londen se Metropolitaanse polisie ondersoek is, het gelei tot grootskaalse veranderinge in die manier waarop moorde van swart slagoffers ondersoek word.
Die verslag is deur William Macpherson, in 1999 gepubliseer, en is ‘n verdoemende assessering van die “institusionele rassisme” in die Metropolitaanse polisie en polisiëring in Brittanje oor die algemeen.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.