By die DA broei daar ‘n volskaalse rasse-oorlog oor die aanstelling van die jong swart Lindiwe Mazibuko.
Wit partylede probeer naarstiglik om swart lede voor te stoot om hul eie posisies binne die partystruktuur te verstewig.
‘n Week voor die DA se parlementêre leierskapsverkiesing, het ‘n swart DA-LP, die kandidatuur van Lindiwe Mazibuko as “window dressing” beskryf, en gesê haar verkiesing sal nie swart stemme lok nie.
Masizole Mnqasela het in ‘n verklaring gesê die verkiesing van Mazibuko as leier “sal ‘n nederlaag vir die DA se doelwit om te probeer om swart stemme te lok, wees”.
Mnqasela sê Mazibuko het nie ‘n “sterk resonansie by swart kiesafdelings” nie. Talle swart kiesers beskou Mazibuko glo as ‘n “sell-out”.
“Ons moet ‘n werklike transformasie in die DA hê,” het Mnqasela gesê.
Hy het ook die DA-leier Helen Zille daarvan beskuldig dat sy haarself “aktief beywer vir Mazibuko, wat “vreemd aan die kultuur van die DA is”.
Mnqasela het gesê die ywerige ondersteuning van Mazibuko is deur “diegene wie se aptyt die sentralisering van die besluitnemingsproses binne die party” is, en dit word gedryf deur “niks anders as ‘n obsessie met mag” nie. Hy het ooglopend na wit beheer in die party verwys.
Hy het ook die verkiesingstryd tussen Mazibuko en die huidige parlementêre leier Athol Trollip, beskryf as ‘n “debakel”.
Mnqasela het gesê hy het besluit om Trollip te steun nadat Zille en die burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille, Mazibuko gekies het.
Talle DA-LP ‘s het reeds aan die media erken dat Mazibuko Zille se kandidaat is.
“Gunstelinge van die senior leierskap van die party word in die naam van diversiteit voorgestoot, sonder enige redelike fokus op die lok van swart kiesers,” het Mnqasela gesê.
Gisteraand het Zille se stafhoof, die DA-LP Geordin Hill-Lewis, probeer vure doodslaan. Hy het gesê Zille het nog nooit vir Mazibuko in die openbaar ondersteun nie.
Vroeër hierdie week, het DA-LP Donald Lee Mazibuko se kant gekies en gesê sy verteenwoordig “die nuwe generasie van Suid-Afrikaanse leier”.
Hy het met sy eie geledere in die DA se Oos-Kaapse koukus gebreek waarvan hy ‘n lid is, en wat veronderstel is om Trollip te steun. Lee meen Mazibuko is ‘n “dinamiese leier”.
