Egipte se “Arabiese Lente” wat gelei het tot ‘n militêre diktatuur is glo deur die Amerikaanse regering gesteun. Maar dit is nie al nie.
Die aanhitser van die sogenaamde “Arabiese Lente” in Egipte, “adviseer” die Wallstraatbetogers in Washington DC en New York.
Die VSA se State Department befonds blykbaar die aktivis Ahmed Maher om opstande te hou. Maher word beskou as die Facebook-gesig van die rewolusie wat by Tahrir-plein begin het.
Sy optrede het direk gelei tot die regimeverandering in Egipte en hy “gee nou advies aan ‘n nuwe groep betogers: die Wallstraatbeweging (OWS),” berig Wired News.
Maher skakel nou al reeds “vir weke” met OWS-aktiviste, en bied aan hulle “praktiese raad oor ‘n suksesvolle Egiptiese revolusie,” volgens die verslag. Hy is besonder bedrewe met sosiale netwerke.
Egiptenaars geniet vandag nog minder vryheid nadat ‘n “suksesvolle” revolusie agv Maher se direkte betrokkenheid plaasgevind het.
Soos Egiptiese aktivis Kareem Amer skryf, “Egipte se Arabiese Lente het daartoe gelei dat nie demokrasie nie, maar ‘n ander wrede diktatorskap ingestel is. Die weermag onderdruk minderhede en maak andersdenkendes dood.”
Egipte gaan steeds gebuk onder geweld en Koptiese Christene moes dit onlangs ontgeld.
Die “Arabiese Lente” is geadverteer as ‘n organiese massa-opstand. Die realiteit dat dit blykbaar grootliks ‘n geopolitieke maneuver was.
“Dit is natuurlik nie Maher se eerste besoek aan die Verenigde State van Amerika nie,” skryf Tony Cartalucci. “Jare voor die Egiptiese rewolusie, het die Verenigde State al ‘n globale leër van die jeugdiges wat as kanonvoer kan dien die hele wêreld oor, voorsien. Polities sowel as letterlik.”
As deel van sy rol in die leiding van die opstand teen Moebarak, is Maher glo deur Zbigniew Brzezinski en George Soros deur hul betrokkenheid in die (ICG International Crisis Group) onder hande geneem.
Cartalucci meen die opstande word doelbewus gereël om aandag van werklike weerstand en griewe wat daar mag wees, af te lei.
