Malema dam die ‘koelies’ by

Duisende inwoners het Woensdag suid van Johannesburg saamgedrom om Malema oor die beplande optogte vir ekonomiese vryheid in Johannesburg en Pretoria te hoor praat.

Hy het ook by die geleentheid gesê: “Bana ba lena ba tshwanetse ba dumelelwe gore ba tsene sekolo lebana ba makula mona.” Dit beteken: “Julle kinders moet toegelaat word om skool te gaan met makoela [koelies] se kinders.”

Malema is deur inwoners toegejuig.

“As ons wil mooi wees het ons nodig om seker te maak daar is kos op ons tafels. Ons sal veg totdat ons voedsel het,” het Malema gesê.

‘n Opmars na die Uniegebou in Pretoria sal verseker dat die inwoners van Thembelihle in Lenasia, suid van Johannesburg, uiteindelik waardigheid geniet, het die ANC-jeugligaleier, Julius Malema aan die skare gesê.

“Ons moet vir die regering sê dat ons met respek behandel wil word. Ons moet die waardigheid van swart mense terugbring, veral dié van Afrika,” het hy gesê.

“Gemeenskapsleiers vertel ons om nooit ons eie mense uit te verkoop nie. Ons gaan betoog en as daar is geen antwoord is nie sal ons nie ophou nie, ons sal jou [Regering] nie met rus laat nie.”

Hy het gesê die inwoners moet langs die M1-hoofweg na Pretoria stap.

Die ekonomiese vryheid-massa-aksie word gehou op 27 Oktober en 28 by die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad, die Kamer van Mynwese in Hollard straat in Johannesburg, die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton en by die Uniegebou in Pretoria, waar ‘n nagwaak beplan word.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae