Ras oorheers, ook by RDK

Ras oorheers weereens die onderhoude wat by die Regterlike Dienskommissie van drie kandidate vir die posisie van die regter-president van KwaZulu-Natal gehou word.

Een van die kandidate sê dat ‘n Indiër liefs nie die pos moet kry nie.

Regter Isaac Madondo het Woensdag aan die kommissarisse gesê dat hy nie dink dat ‘n Indiërkandidaat geskik sou wees om die posisie te vul nie.

Toe IVP-LP Koos van der Merwe hom vra of dit tyd is om ‘n Indiër as regter-president aan te stel, het Madondo sonder huiwering geantwoord: “Ek dink nie so nie want ons het nog steeds dinge om aan te spreek, wanbalanse, allerlei dinge wat meer insig verg, wat ‘n persoon wat nie swart is nie, nie binnekennis van dra nie.

“Ons is verdruk, maar nie op dieselfde manier nie,” het hy gesê, en byvoeg dat swart prokureurs nie dieselfde geleenthede as hulle Indiese eweknieë gehad het nie.

Indiërs verteenwoordig net 8% van die bevolking, terwyl 86% van die bevolking swart is, het Madondo gesê.

Madondo is in 2007 aangestel en het die steun van drie regters in sy afdeling.

Na Madondo se onderhoud, was dit dié van Regter Lusindiso Pakade, die adjunk-regter-president van die Oos-Kaap. Hy is daarna gevolg deur die waarnemende Regter-president van KwaZulu-Natal, Chiman Patel.

Patel het die steun van die 14 regters van die KwaZulu-Natal-afdeling.

Tydens Patel se onderhoud, het Dumisa Ntsebeza, ‘n lid van die RDK, opgemerk dat die Black Lawyers’ Association in Pietermaritzburg hul kommer uitgespreek het oor die moontlikheid dat Patel aangestel kan word.

“Daar is ‘n vrees dat, sodra jy regter-president word, daar minder geleenthede vir swartes sal wees om in te kom, want jou neiging sal wees om waarnemende regters van Indiese afkoms in te bring,” het Ntsebeza gesê.

In reaksie hierop het Patel ‘n brief van die lede van die Black Lawyers’ Association ter ondersteuning van sy kandidatuur gelees toe hy verlede jaar ook vir die pos aansoek gedoen het.

Patel het gesê die meeste van die waarnemende regters wat onlangs aangestel is, is swartes.

Hy het ‘n uiteensetting van die rasse-samestelling van die regbank gegee vandat hy in beheer is sedert April.

Meer as 67,7% van die regters was mans en 33,3% vroue, 29,2% is wit, 8,3% bruin, 29,2% Indiër en die meerderheid, ‘n derde, is swart.

Patel, ‘n voormalige dosent van die Universiteit van Natal, was Hoofregter Mogoeng Mogoeng se dosent.

topcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae