Onderwyser wat leerlinge verkrag, voorlopig geskors

‘n Swart onderwyser is aangekla van verkragting en voorlopig geskors by ‘n hoërskool in KwaThema in Springs, het die departement van onderwys gesê.

Twee leerlinge van die Nkumbulo Hoërskool het aanklagte van verkragting en intimidasie teen die onderwyser ingedien, het Charles Phahlane, Gautengse onderwyswoordvoerder, gesê.

Die man wat in sy 40’s is, het Maandag in die hof verskyn en is Dinsdag op borgtog vrygelaat.

“Hy is voorlopig geskors hangende ‘n ondersoek.”

Die departement ondersoek die moontlikheid dat ander leerders ook mishandel is.

“Daar is nog bewerings van ander leerders en ons sal die saak verder ondersoek.”

Sielkundigdes is na die skool gestuur.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae