Oeganda verlam deur onluste

Die westelike dele van Kampala, Oeganda, is Maandag verlam deur onluste teen die bewind van president Yoweri Museveni.

Aksie vir verandering, ‘n politieke beweging wat teen Museveni se heerskappy gekant is, en wat die dryfveer agter die oproer is, beweer hulle wil die president ontsetel omdat hy versuim het om die staat behoorlik te bestuur.

“Ons is in oproer omdat brandstof-en voedselpryse baie hoog is. Oegandese sterf in armoede. Ons wil verandering sien,” het Daniel Kasolo, een van die oproeriges gesê.

Betogers het landswye onluste beplan, maar ‘n swaar polisieteenwoordigheid is regoor die land ontplooi om skares van sulke byeenkomste af te skrik.

Museveni, het Sondagnag Oegandese ook gewaarsku teen oproer.

Maandag se onluste was hoofsaaklik gesentreer op Kiseka Mark, waar daar verskeie motorswerkswinkels is.

“Hulle het om 08:00 begin betoog,” het ‘n Oegandese polisiewoordvoerder, Judith Nabakooba gesê.

“Hulle het ander mense gekeer om te gaan werk en die paaie met voorwerpe versper. Die polisie het baie vinnig ingetree en hulle verwilder.”

Die polisie het traangas gebruik om die oproeriges uiteen te jaag. Klippe is na ‘n paar motors gegooi, maar die polisie sê dat die situasie na normaal teruggekeer het kort daarna.

Soortgelyke onluste het in verskeie dele van die land in April uitgebreek na die presidensiële en algemene verkiesings, waar lede van die opposisie beweer dat verkiesings gekook is.

Menseregte-organisasies beskuldig die regering van die gebruik van geweld, wat gelei het tot sewe mense se dood.

Oegandese owerhede sê die opposisie Aksie gebruik oproer oor hoë brandstof-en voedselpryse, maar hul werklike oogmerk is om die regering omver te werp.

Aksie vir Verandering se koördineerder, Mathius Mpuuga ontken die bewerings.

“Ons wil die regering moet werk aan die dringende probleme van die Oegandese,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae