Meer as duisend Palestyne vir 1 Israeli geruil

Israel het in die finale beplanningfase bereik waarin 477 Palestynse politieke gevangenes vir die Israeliese soldaat Gilad Shalit uitgeruil sal word.

Volgens die ooreenkoms gaan Israel ‘n totaal van 1 027 gevangenes vir die vryheid van die soldaat aan die Palestynse magte oorhandig.

Behalwe vir die 447 politieke gevangenes sal honderde Palestyne wat lewenslange moordvonnisse sou uitdien, Dinsdag vrygelaat word. Dié Palestyne is gevonnis vir moorde op Israeli’s.

Palestynse beamptes in Gasa sê die Israeliese soldaat Gilad Shalit is van die Gasa-strook na Egipte geneem.

Die beamptes sê Shalit is reeds vroeg Dinsdagoggend oor die grens geneem. Hulle sê busse wat die Palestynse gevangenes vervoer, is tans in Egipte op pad na Gasa.

Dit is die hoogste prys wat die Joodse staat nog ooit bereid was om te betaal vir die vryheid van een persoon.

Indien alles glad verloop, sal dit die eerste keer in 26 jaar wees dat ‘n Israeliese gevangene van die Palestynse magte lewendig aan die Joodse staat terugbesorg word.

Israel het in spanning gewag om uiteindelik beeldmateriaal van die 25-jarige soldaat te sien.

Sedert hy in 2006 gevangene geneem is, het hy geen kontak met die buitewêreld gehad nie.

 

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae