Just Jinjer trek ‘n Ras

Ard Matthews, hoofsanger van die pop-groep Just Jinjer, het Dinsdagaand ‘n weergawe van die volkslied gesing wat swart ondersteuenrs sê herinner aan die Ras Dumisani-fiasko twee jaar gelede.

Matthews het opgetree tydens ‘n regstreekse uitsending van die aankondiging van die Springbok Wêreldbeker-groep by die SuperSport-ateljees in Randburg.

SuperSport sê die uitsending is deur 60 miljoen mense gevolg.

Matthews het die woorde van die derde reël van die volkslied – “Yizwa imithandazo Yethu (hoor ons gebede)” – vergeet en weer begin. As verduideliking het hy gesê:”Ek is senuweeagtig en dit is ‘n groot geleentheid vir my”.

Die Bokke het stil gebly, maar sommige joernaliste het giggel. Matthews het deur ‘n paar van die Sotho-verse gemompel, voordat hy oorgeskakel het na die Afrikaanse en Engelse verse, wat hy sonder ‘n probleem gesing het.

Matthews het later op Twitter getwiet om verskoning te vra: “Dit was ‘n groot eer vir my en ek kan nie meer skaam en jammer wees nie”.

Bok-kaptein, John Smit, het die verskoning aanvaar. In November 2009, het ‘n swart reggae-sanger Ras Dumisani die volkslied vermink voor ‘n toets tussen die Springbokke en Frankryk in Toulouse.

самокат Данильченко

Maak 'n opvolg-bydrae