Dit is reeds geruime tyd bekend dat ‘n Afrikanermeerderheidsgebied in Suid-Afrika bestaan. Dit beslaan dele van die ou Boererepublieke en Noord-Natal. Deur “grensdorpe” so te verdeel dat Afrikanerbuurte van nie-Afrikanerbuurte geskei word, word ‘n internasionaal aanvaarbare meerderheidsgebied geskep wat tussen 70 000 en 100 000 vierkante kilometer groot is.
Hierdie tradisionele Afrikanergebied wat aan al die internasionale regsvereistes vir selfbeskikking voldoen, is ongeveer 70 000 tot 100 000 vierkante kilometer groot. Ander lande wat in grootte met die nuwe Afrikaanse Republiek vergelyk, is:
- Ysland (103 000 vk km)
- Suid-Korea (99 828 vk km)
- Hongarye (93 028 vk km)
- Portugal (92 090 vk km)
- Jordanië (89 342 vk km)
- Serwië (88 361 vk km)
- Azerbaidjan (86 600 vk km)
- Oostenryk (83 871 vk km)
- Verenigde Arabiese Emirate (83 600 vk km)
- Tsjeggiese republiek (78 865 vk km)
- Panama (75 417 vk km)
- Sierra Leone (71 740 vk km)
- Ierland (70,273 vk km)
Die rede waarom die presiese grootte van die Afrikaanse Republiek nog nie bepaal kan word is nie, is omdat die finale kartografie nog nie gedoen is nie. Daar is ook onsekerheid oor tans “Suid-Afrikaanse” gebiede rondom Lesotho wat reeds in hoë mate deur burgers van daardie land beset word, asook die ou tuisland Qua-qua wat in- of uitgesluit kan word. Een van die eerste diplomatieke take vir Afrikaners in aanloop tot onafhanklikheid gaan wees om tot ‘n vergelyk met Lesotho oor die grensgebiede te kom. Indien Qua-qua in die AR ingsluit word, kan dié gebied minderheidsregte of beperkte outonomie ontvang. Sodoende sou die AR kon demonstreer in welke mate hy bereid is om die selfbeskikking wat hy vir homself opeis ook aan ander toe te staan. Omdat Cope in die Sotho-sprekende Quaqua groot steun geniet, sou Afrikaners ook direk met daardie party oor die status van die gebied kon onderhandel.
Omdat Suid-Afrika oor ‘n groot grondgebied van 1,2 miljoen vierkante kilometer beskik, verteenwoordig die beoogde Afrikanervolkstaat slegs tussen 7 en 10 persent van die huidige landoppervlak, wat min of meer in ooreenstemming is met die Afrikaner se demografiese verteenwoordiging binne die huidige veelvolkige staat. Hoewel grense getrek sal word om soveel moontlik etniese Afrikaners binne die nuwe staat in te sluit, word dit egter gedoen om die minimum ekonomiese en verkeersontwrigting te veroorsaak. Vele grensdorpe sal nietemin verdeel word om die Afrikanergebied van die nie-Afrikanergebied te skei. Sodanige skeiding van dorpe druis geensins teen internasionale praktyk in nie en in Europa en elders bestaan daar vele stede en dorpe wat aan weerskante van nasionale grense val.
Tot tyd en wyl die finale kaart van die Afrikanergrondeis teenoor Suid-Afrika gepubliseer word, sal mense sekerlik gis of hulle wonings of plase in- of uitgesluit word. Voorlopig kan egter met sekerheid gesê word dat die aaneenlopende grondgebied strek vanaf Potchefstroom in die Weste, verby Pretoria met groot dele van die Oos-Transvaal, Oos-Vrystaat en dele van Noord-Natal wat ingesluit word. Belangrike stede wat deel van die AR sal uitmaak, is:
- Pretoria
- Bloemfontein
- Pothefstroom
- Secunda met sy SASOL-aanleg
- Richardsbaai met sy hawe
Hoewel die Suid-Kaap soos op die vorige volkstaatkaart wat deur PRAAG vrygestel is, ingesluit sou kon word, verteenwoordig dit nie tradisionele Afrikanergebied nie en word dit insgelyks bewoon deur ‘n groot aantal nie-Afrikaners wat wel Afrikaans praat maar die etniese en kulturele samehang van die nuwe staat sou versteur.
Die gevoel is ook dat die AR in die toekoms sou kon uibrei, maar dat probleme met die inlywing van nuwe gebiede soos die Suid-Kaap eers behoorlik bestudeer en verreken moet word. Die blote najaag van grondgebied met die insluiting van bevolkings wat nie geredelik by Afrikaners kan integreer nie, word nie as wenslik beskou nie. Ook is die aanspraak van Afrikaners op ‘n eie staat gegrond op ‘n tuiste vir etno-kulturele Afrikaners en daarom kan die insluiting van groot getalle nie-Afikaners geensins teenoor die internasionale gemeenskap geregverdig word nie.
Die Gerwel-verslag in September 2001 het aanbeveel dat daar twee Afrikaanse universiteite behoort te wees. Met die totstandkoming van die Afrikaanse Republiek sal sowel die Universiteit van Pretoria as die Universiteit van Potchefstroom binne die nuwe staat val en binne ‘n kort tyd weer na onderrig uitsluitlik in Afrikaans oorskakel om sodoende die toekoms van Afrikaans as tersiêre taal te verseker.
Een van die belangrikste volkeregtelike gronde waarom Afrikaners van Suid-Afrika mag afstig, is juis vanweë die diskriminasie teen die Afrikaanse taal en kultuur. Die taalstryd wat PRAAG reeds elf jaar lank teen die Suid-Afrikaanse owerheid se verengelsingsbeleid voer, het in ‘n groot mate die grondslag vir die eis om Afrikanerselfbeskikking gelê. Die optrede van oud-minister Kader Asmal om Afrikaanse universiteite met Engelstalige instellings saam te smelt om Afrikaans en Afrikaners te benadeel, het die aanspraak op selfbeskikking om kulturele en taalredes verder versterk.
In sy kommentaar het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê: “Moontlik sal ons ‘n standbeeld vir Kader Asmal en alle ANC-amptenare wat teen Afrikaans gediskrimineer het, moet oprig want daardeur het hulle ons volksvryheid wat binnekort gaan aanbreek, verseker.”

Indien Suid-Afrika orals dieselfde was, en dit orals groen, waterryk en vrugbaar was, kon ‘n mens die land in 10 of 20 dele verdeel het wat almal ewe groot was, of wat gelykwaardig aan die verskillende volke se demografie was, maar ongelukkig bestaan ons land uit baie soorte ongelykhede.
So byvoorbeeld, sou dit onregvertig wees om Noord-Kaap en Natal (of Mpumalanga) gelykop te verdeel. Die veel droër en minder vrugbare Noord-Kaap sal dubbeld so groot soos die twee oostelike provinsies moet wees, om gelykop te kan meeding.
Indien alle blankes (en nie noodwendig net Afrikaners nie) ‘n deel van die land sou kry wat in ooreenstemming met hul demografie is, kan hulle 75 500 vk/km kry.
Daarvan kan Noord-Kaap (omdat dit ‘n droë deel van die land is) 65 000 vk/km kry, en die Gautengse republiek 10 500 vk/km. Dit is natuurlik gemiddeld gereken. Die Engelssprekendes sal outomaties nie almal in so ‘n staat belangstel nie, so ook nie die verloopte Afrikaners nie. Hulle sal in Durban, Kaapstad en Johannesburg tussen hul swart maatjies wil gaan bly.
Ek dink so ‘n verdeling sou (internasionaal gesien) regverdig wees. Dit moet die absolute minimum grootte wees, en waaroor daar nie onderhandel kan word nie.
Maar, daar kan wel oor ‘n groter gebied onderhandel word, byvoorbeeld om aan die droë Karoo ‘n paar ekstra distrikte by te voeg.
Idiote.
Ag nee man Koos mens praat nie so lelik van jouself en jou eie familie nie!
Alhoewel ek nie dink dit sal ooit werklikheid word nie sal dit ‘n wonderlike oplossing wees vir die probleme wat tans die lewe vir ‘n magdom Afrikaans en Engels sprekende Suid Afrikaners van Europese afkoms oplos. Polities dink ek ditsal nie toegelaat word nie aangesien te veel van die geld mag dan die res van Suid Afrika sal verarm, ook sal die gebrek aan grens beheer dit weer eens ‘n “hot spot” vir die krimenele element skep.
Dat so ‘n Staat sukses vol kan wees twyfel ek glad nie, om die waarheid te se dink ek dit sal geweldig suksesvol kan wees as ons kan leer om klaar te kom sonder swart arbeid, wat defnitief moontlik is. Die staats stelsel sal van die begin af moet konsentreer op ‘n geweldige hoe standaard van skool, tegniese en unversiteit onderrig. Die Sweedse sisteem sal moontlik ‘n goeie model wees. Ook sal die omliggende areas rondom die nuwe staat ontwikkel moet word om ‘n stabiele grens gemeenskap te verseker.
‘n Grondwet wat die beskerming en regte van die nuwe WIT Suid Afrika beskerm en ‘n gemeenskap waar medies, onderwys en toegang tot die werks mag vir almal gewaarborg word. Waar ons Kinders en Oumense na omgesien word asof dit almal se plig is om by te dra. Waar Industrie en spesiek ‘n vervaarding komponent ‘n gunstige ontwikkelends klimaat ondervind.
Wel ek kan heeldag aangaan maar dis genoeg Dag Droomery vir een dag. Ek bly nou in Australia en die oplossing sal die enigste manier wees wat ek ooit Suid Afrika my permanente bly plek sal maak. Ek mis en is nog steeds lief vir my land.
Dit is omdat jy veilig in Australiee woon dat jy nie ophoogte is nie 😉
Ja Riempies ek moes aan my kinders dink en hulle ‘n veilige toekoms sonder diskriminasie gee, Beide is nou in hulle vroee twintigs en suksesvol in die beroepe wat hulle besluit het om te volg en geheel an al onafhanklik. As ek na hulle maats kyk in Suid Afrika wat nog steeds sukkel om werk te kry, minder waardige werk moet doen omdat dit al is wat hulle kon kry. Dink ek dit was die regte besluit. Ek sal seker nooit kan aftree nie want ek was te oud toe ek hierna toe gekom het maar my kinders is gelukkig so vir my die moeite werd enige dag.
RSABOER, dit mag so wees maar self ervaar ek dit
presies soos jy, hier plaaslik. My mening is dat by die tyd wat ons hier antwoorde het – gaan julle probleme net begin want dreigende en eskalerende Moslem en Swart probleme het die hele wereld. Die kriminele ellement is is groot probleem en die
rasistiese diskriminasie is weliswaar ook n groot probleem vir ons – by julle miskien net in n mindere mate.
Ek wil my verstout om te se dat die ANC se uurglas is besig om leeg te loop – hulle is baie vasgeverf in hulle
sonder-antwoord-hoekie-vir -groot-probleme.
Ons moes vir 20 jaar watertrap dat ons bars maar so met die tyd is ons besig om die wal te bereik – dit is net n kwessie van tyd.
Watter kroeg is dit ?