‘Nasionalisering is nie ANC-beleid’

President Jacob Zuma het die versekering gegee dat die ANC nie die landelike armes in die steek sal laat nie, het die SABC Woensdag berig.
Zuma het volgens die SABC ook vroeër beklemtoon dat nasionalisering nié ‘n ANC-beleid is nie.
Hy het gereageer op die besorgdhede van sakemense, veral boere, oor die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, se beroep om myne te nasionaliseer by ‘n vergadering in Greytown.

“Hierdie is prioriteite vir ons en ek is seker ons sal hierheen terugkeer,” het hy gesê tydens sy veldtog in Msinga buite Pietermaritzburg – een van vier sub-streke wat onder IFP-beheer is.

“Ek het dit vandag gesê en dit is nie net omdat ek dit sê dat mense vir die ANC sal stem nie – soos julle kan sien, het hulle in groot getalle opgedaag.

“Mense sê nou dat die tyd hier in Msinga gekom het om te stem vir die organisasie van die mense. Ons sal hulle nie teleurstel nie. Dit is waarom ek die kwessie van raadslede en raadslede se benadering tot gemeenskappe met hulle opgehaal het,” het Zuma gesê.

Inwoners het gekla oor ‘n gebrek aan skole, water en gesondheidsfasiliteite. Zuma het gesê die ANC neem alle klagtes ernstig op en sal ná die verkiesing daarna omsien.

кардиган для девочки 5 летлобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae