Boer leef na kopskoot

‘n Vrystaatse boer is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal na inbrekers hom Saterdagoggend in die kop geskiet het.

“Drie mans het by die plaas Mara opgedaag, vermoedelik om ‘n rooftog te pleeg,” het ‘n polisiewoordvoerder, kol. Sam Makhele, gesê. Die mans was swart.

“Die boer is in die kop geskiet en die oortreders het in sy bakkie gevlug.”

Volgens die woordvoerder is die boer in ‘n kritieke maar stabiele toestand in ‘n plaaslike hospitaal.

Die voorval het omstreeks 11:00 Saterdagoggend op die plaas Mara tussen Frankfort en Tweeling plaasgevind.

‘n Saak van poging tot moord sowel as roof word ondersoek, maar geen van die verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

велосипеды ценаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae