Cosatu: Zille beskerm wit elite

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se toespraak Vrydag by die opening van die Wes-Kaapse provinsiale parlement het nie genoeg aansporing om “‘n nuwe  omgewing” vir mense te skep, bevat nie, het Cosatu Saterdag gesê.

“Die fokus van die toespraak was dieselfde ou DA-beleid om die wit elite se voordele te bestendig, terwyl die krummels aan die armes uitgedeel word,” het Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapse provinsiale sekretaris, gesê.

“Daar is geen poging deur die premier om die gemeenskap te integreer nie aangesien sy die huidige skeidings en apartheid in die provinsie tussen swart en wit, en ryk en arm, die heeltyd onderhou.”

Ehrenreich het gesê “die armoedetoestand” wat die meerderheid in die Wes-Kaap raak, is ernstig, maar dat Zille “geen tasbare planne” het om dit reg te stel nie.

“Die Wes-Kaap is die provinsie in die land met die meeste ongelykhede, en ten spyte daarvan word ongelykheid as die grootste faktor wat ontwikkeling belemmer, nie eers genoem nie.

вагонка для баниФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae