Net ‘paniek’ sal stedelinge nog red sê waterkenner

Stedelike inwoners van Suid-Afrika kan teen die jaar 2020 ‘n enorme waterkrisis beleef, het ‘n voormalige direkteur-generaal van die departement van waterwese gewaarsku.

Mike Muller, wat nou professor by die Universiteit van die Witwatersrand  is en wat in die nasionale beplanningskommissie dien, het hierdie week by ‘n Water en Energie-forum in Sandton gesê dis tyd dat stadsinwoners begin “paniekerig raak” oor hulle watervoorraad.

“Ek dink regtig in die meeste van ons stede, as ons nie nóú paniekerig raak nie, en as ons nie nóú aksie neem nie, gaan ons teen 2020 ‘n krisis beleef,” het Muller volgens ‘n artikel wat in die Saturday Star-koerant verskyn het, gesê.

“Ons gaan nie ons water opgebruik nie, maar daar is ‘n paar probleem-plekke. eThekwini is eintlik op die oomblik die metropool wat die kwesbaarste is – hulle het tot onlangs weggekom met moord.”

Volgens Muller moes eThekwini eintlik al tydens die sokkerwêreldbeker sonder water gesit het.

“Ons weet baie munisipale verbruikers doen geen beplanning hiervoor nie, of as hulle dit wel doen, voer hulle nie hulle planne uit nie,” het hy gesê.

“Alle belanghebbendes moet… optree of ons gaan moeilikheid kry. Ek dink ons moet op die regte tyd paniekerig raak, en die regte tyd is nóú.”

Все для крещенияФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae