Luke Watson verval in Afrikanerhaat

Image08:23:16 Luke Watson bevind hom midde-in 'n rugby-herrie vanweë sy stellings oor "Dutchmen" wat 'n te groot rol in rugby speel en dat hy op die Springbokrugbytrui "wil braak".

Watson is oorspronklik in die span ingesluit omdat hy en sy pa, Cheeky, uitgesproke ondersteuners van die ANC is. Dit het aan hom die bynaam "politieke kwota" besorg.

Die Suid-Afrikaanse rugby-unie (SARU) het in 'n verklaring sy skok uitgespreek oor Watson se anti-Afrikaanse uitlatings en die waarnemende Springbokkaptein, Victor Matfield, het gesê die Engelse speler se uitlatings is "verfoeilik".

Die rugby-unie het 'n dringende vergadering vir vandag belê met sowel die WP (Watse se kontrakterende unie) as die Universiteit van Kaapstad se rugbyklub waar die uitlatings gemaak is om die akkuraatheid van mediaberigte vas te stel.

Victor Matfield meen hy "het gehoop ons is verby die stadium waar mense van mekaar onderskei word op grond van ras, kultuur en taal. As Luke daardie woorde gebruik het, het hy miljoene jong Suid-Afrikaners se droom om eendag vir die Bokke te speel, verpletter."

Matfield het vervolg deur te sê: "Luke het hom vereenselwig met die erekode van die Bokspan wat sê jou eie belang is altyd ondergeskik aan dié van die span. Toe ek kaptein was, het ek my bes gedoen om Luke by al die aktiwiteite te betrek. Toe ek kaptein was, het ek my bes gedoen om Luke by al die aktiwiteite te betrek. Ek het hom gevra om insette te lewer in video- en spansessies, maar hy wou nie. Dis onwaar dat die ander spelers nie probeer het om hom te aanvaar nie. Dis eerder ’n geval dat Luke self nooit deel van die Bok-opset wou wees nie. Baie spelers het by my kom kla dat Luke in hart en siel nie ’n Bok is of wil wees nie.”

Intussen het Watson gereageer op die mediastorm wat besig is om rondom sy anti-Afrikaanse uitspraak op te laai. Volgens hom word hy deur "walging vervul dat mense tot dié vlak kan daal om 'n storie se onthalwe". Volgens hom was die geleentheid waar hy gepraat het 'n "private gesprek oor transformasie. Daar is 'n onwettige klankopname van gemaak en dit is onwettig versprei en daarom behou ek my regte voor."

Die pogings deur "sekere elemente" om sy uitlatings in 'n aanval op Afrikaners te omskep, is "oneerlik en veragtelik". Volgens Watson "het ons hele familie histories teen diskriminasie van enige aard geveg. Hoe op aarde kan ek van 'n anti-Afrikanerhouding beskuldig word? My ouma aan moederskant is 'n Van Rensburg, my oumagrootjie aan vaderskant was 'n Schoeman en my tante is 'n Swanepoel."

Watson het voorts gesê dat die "kwetsende en kwaadwillige progaganda-aanvalle" bereken was om die aandag af te lei van die "werklike kwessies" soos transformasie, vereniging en sportontwikkeling.

Die Engelse speler het verder die "die lasterlike aanval op hom verwerp met die veragting wat dit verdien".

Watson het luidens ’n berig op rugby365.com die beweerde uitlatings op 3 Oktober by die Ubumbo-rugbyfees by die Universiteit van Kaapstad gemaak.

Tydens sy toespraak het hy gesê: "Die probleem met Suid-Afrikaanse rugby is dat dit deur 'Dutchmen' beheer word." Hy het verder gesê dat die dra van die Springboktrui vir hom 'n las was en dat hy lus was om "daarop te kots" vanweë die "groter prentjie" wat ingesluit het dat "manne en vroue gebloei het" om hom daar te kry.

пломбирование зубов этапытопкарго

Bulle, behalwe twee, is reg

Behalwe vir Bakkies Botha en Okona Ndungane is al die Vodacom Bloubulle reg vir Saterdag se Curriebekerhalfeindrondte teen die Cheetahs op Loftus. Frans Ludeke het bevestig dat Ndungane se liesbesering iets van die verlede sal wees sodat hy in die eindrondte sal kan uitdraf as hulle hierdie naweek dit regkry om deur te dring.

Pedrie Wannenburg se enkel het seergekry in die wedstryd teen die Valke Vrydag, maar spandokter Org Strauss sê hulle sal eers later vandag uitsluitsel hê oor die aard van sy besering.

Kaartjies teen 'n koste van tussen R100 en R200 sal van vandag af beskikbaar wees. Seisoenkaartjies, die bloues, is geldig vir die wedstryd, maar die rooies vir afrigters en skoolkinders is nie. Loftus se kaartjieskantoor sal van 8vm tot 4nm oop wees.  Kredietkaartbesprekings kan by 012 420 0700 gemaak word asook by Computicket.

Die wedstryd begin om 5nm.

насос для фонтана ценаФильчаков прокурор отзывы

Twee Leeus van dwelmhandel aangekla

Twee rugbyspelers van die Goue Leeus sal vandag in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

Die losskakel Earl Rose en die linkervleuel Rayno Benjamin is saam met twee ander individue in 'n woonstel te Fontainebleau, Randburg in Januarie in hegtenis geneem.

'n Betroubare bron het onthul dat Rosen en Benjamin met dwelms in hul besit gevind is.

Verdagtes word gewoonlik net van dwelmhandel aangekla as 'n aansienlike hoeveelheid dwelms in hul besit gevind word.

Die uitvoerende beampte van die Leeus, Manie Reyneke, meen die dwelms is by Rose en Benjamin geplant.

лучший арт прицелФільчаков прокурор

Skandaal rondom Springbokafrigter duur voort

Image

Peter de Villiers

Die skandaal wat oor die naweek rondom die Springbokafrigter Peter de Villiers losgebars het, duur voort met bewerings van 'n seksvideo wat gemaak en ontken word.

Rian Oberholzer, 'n voormalige uitvoerende beampte van SA Rugby en De Villiers se agent, het vir 'n dissiplinêre verhoor van 'n werknemer van die SA Rugby-unie gevra sodat die waarheid bepaal kan word.

Die werknemer waarna vewys word, is Chris Hewitt, 'n voormalige kommunikasiebestuurder van die Springbokspan. Kort nadat hy as die Bokke se kommunikasiebestuurder aangestel is, is hy afgedank.

Hewitt het blykbaar ook probeer om De Villiers af te pers om 'n sekere speler in die span in te sluit.

Die bewerings teen De Villiers word deur SARU as ernstig beskou en die afrigter se loopbaan verkeer op die spel. Daarom wil die unie se die ware feite rondom die kwessie vasstel.

римская баняФильчаков прокуратура харьков

White wil die Bokke red

Die voormalige afrigter van die Springbokwenspan, Jake White, sê hy wil die Bokke red.

Hy het aangedui dat hy bereid sou wees om die direkteurskap van SA rugby oor te neem, maar wil uit die kalklig bly.

Sekere keuses vind White moeilik om te begryp.

Volgens hom was Schalk Burger tot onlangs die beste speler ter wêreld maar hy is deur Luke Watson vervang.

Oregan Hoskins, die president van die SA Rugby-unie, sê dat Peter de Villiers se posisie as nasionale afrigter nie in gevaar is nie.

липецк технолобановский александр дети

Voormalige Bokassistent kap de Villiers

Voormalige Springbokassistent Eddie Jones het Peter de Villiers se nuwe wedstrydplan as twak beskryf.

Jones se insette het verseker dat die Springbokke die Wêrelbeker huistoe bring.

De Villiers is Saterdag luid geboe in Durban toe die Bokke teen die Wallabies les opgesê het.

Jones het aan die Independent koerant gesê dat die Springbokke net sal versleg as hulle so aanhou.

Hy het gesê niemand in Wêreldrugby speel só met sukses nie.

Hy het bygevoeg dat almal dissipline, beleid en prosedure volg in die spel.

Die manier waarop de Villiers nou 'n wye, los spelpatroon aanmoedig is nonsens, het hy gesê.

производители насосного оборудованиятопкарго кидалы

Springbokke – spelerontleding

Hier is hoe die Bokke gevaar het: 

Beast – 7 uit 10. Een van die beter spelers in die Bokspan. Het Mat Dunning harde bene laat kou.

Bismarck du Plessis – 8 uit 10. Saam met Adi Jacobs die beste speler in die Suid-Afrikaanse span. Is die enigste Springbok wat kan meeding by die breekpunte en balle steel van die oposisie.

CJ van der Linde –  2 uit 10. Hy kan baie bly wees dat hy die volle wedstryd gespeel het. Die skeidsregter moes hom die trekpas gegee het ná min of meer 10 minute se spel toe hy kop verloor het en een van die Aussies met die kop bygekom het. Hy spandeer ook hopeloos te veel tyd in die agterlyn.

Andries Bekker –  5 uit 10. Het end-uit prober, maar het net nie die fisiese teenwoordigheid wat van ‘n internasionale slot verwag word nie.

Victor Matfield – 3 uit 10. Beïnvloed die kapteinskap sy spel? Hy is op die oomblik nie ‘n skadu van die speler wat hy laasjaar was nie. Suid Afrika het 3 lynstane op hulle eie ingooi verloor, iets wat ondenkbaar was verlede jaar. Verder het Matfield met sy gewoonlik baie betroubare hande weer‘n afskop verbrou. Met die skrum wat daarna gevolg het, het Mortlock onder die pale gaan druk.

Schalk Burger – 4 uit 10. Schalk Burger lyk baie prominent, want sy witkop is orals, maar as oopkant flank staan hy baie vêr agter Richi McCaw en George Smith. Suid-Afrika sal ernstig moet dink om ‘n baljagter in die span in te sluit, en die enigste baljagter in Suid-Afrika na waarde is Baywatch Grobbelaar.

Juan Smit – 4 uit 10. Juan was nog nooit op dreef dié jaar nie en in ‘n lostrio wat sukkel, rig hy maar min uit.

Pierre Spies – 4 uit 10. Spies moes nooit in die Drienasies gespeel het nie. Hy is duidelik kort aan wedstrydoefening ná meer as 12 maande op die kantlyn. Miskien kan hy oorweeg word op vleuel as Habanna nie herstel het teen volgende week nie.

Fourie du Preez – 6 uit 10. Fourie du Preez verbeter elke wedstryd en behalwe vir die blaps op verdediging, kan hy redelik tevrede voel met sy wedstryd.

Butch James – 6 uit 10. Butch het ‘n wipplankwedstryd gehad. Het baie goed verdedig en mens kon sien hy het iets gehad om te bewys. Sy beste wedstryd van die jaar. Het Fourie du Preez se beter diens iets daarmee te doen?

Jongi Nokwe – 1 uit 10. Het nie rêrig iets verkeerd gedoen nie, maar ook nie rêrig iets gedoen nie. ‘n Internasionale vleuel wat sy sout werd is, soek werk. Nokwe was anoniem op die veld.

Jean De Villiers –  7 uit 10. Jean beleef die beste seisoen van sy loopbaan, en het die lyn ‘n hele paar keer gebreek.

Adi Jacobs – 8 uit 10. Die Bokke se ligpunt. Sy insluiting in die Springbokgroep die jaar het die wenkbroue laat lig maar hy het met goeie vertonings week in en uit rugbykenners en opposisie laat kennis neem van hom.

 JP Pietersen – 2 uit 10. Soos Nokwe het hy nie sy wedstrydgeld verdien nie. Soek glad nie werk nie en baie basiese vaardighede ontbreek om op dié vlak ‘n bedreiging in te hou vir ander spanne.

Conrad Jantjes – 5 uit 10. Die beste van die agterste driehoek en sy bes probeer saam met twee vleuels wat min ondersteuning bied.

Plaasvervangers:

Luke Watson – 0 uit 10. Wat sy funksie in die span is, weet nugter alleen. Alhoewel hy as losvoorspelerreserwe sy verksyning op die veld maak, staan hy heeltyd in die agterlyn. Sy verdedigingspoging op Mortlock sou ‘n laerskoolkind laat skaam kry het.

Percy Motgomery – 3 uit 10. Miskien is dit nou tyd vir Percy om uit te tree.

Die ander reserwes het ook nie rêrig enige impak gemaak nie. Peter de Villiers sal hierdie week moet kopkrap oor die samestelling van sy span. Buiten een of twee spelers is bogenoemde span min of meer die beste wat tot Suid-Afrika se beskikking is en ook die span wat die wêreldbeker gewen het.

Dit laat die vraag oor Peter de Villiers se afrigtingsmetodes opkom; of daar enige afrigting plaasvind, sal net hy weet.

дом игрушек киевФильчаков прокурор харьков

Is Peter de Villiers uit sy diepte?

Een uit vyf, lees Peter de Villiers se rekord in vanjaar se Drienasies, en dit wil voorkom asof Suid-Afrikaanse rugby met elke toets ‘n treetjie agtertuit boer. Die All Black-span is die swakste in jare nadat baie van hul top pelers groener weivelde in Europa gaan soek het, en die Wallabies in ‘n herbou-fase na die vertrek van George Gregan, Larkham en Latham verkeer.

Die Bokke aan die ander kant is die huidige wêreldkampioene, en die span waarmee hulle die William Web Ellis-trofee gewen het, is min of meer dieselfde as die een wat Peter de Villiers probeer afrig. Suid-Afrika moes om dié rede die gunsteling gewees het om met die Drienasie-trofee weg te stap, nou suig ons aan die agterste speen.

Hierdie wêreldkampioenspan lyk op die oomblik soos ‘n klomp afkophoenders. Die vaste vyf spandeer meer tyd in die agterlyn as in die losskrums en ons agterspelers word gelos om te stoei vir die losbal. Ná elke wedstryd was ons gebreke duidelik: te min spelers by die afbreekpunte, en te min spelers wat ondersteun. Vyf wedstryde later is nog niks gedoen om hierdie leemte aan te spreek nie. Selfs die dronkste dronkie agter in die kroeg kan sien dat dit is waar die bokke te kort skiet, maar nie Peter de Villiers nie. Volgende week sal hy seker met allerhande verskonings vorendag kom, die skeidsregter blameer en sommer ook die spelers. Ongelukkig, meneer De Villiers, lyk die spelers onafgerig en wys alle vingers na jou. Sterkte vir volgende week, jy gaan dit nodig hê!  

выбрать хороший генераторtopcargo развод

Saterdag teen die Wallabies

Die Springbokke kan en behoort Saterdag die Wallabies die loef af te steek. Alles tel in die Bokke se guns. Die Aussies het jare laas in Suid-Afrika gewen, hulle speel voor ‘n fanatiese Durbanse skare en hulle eer is op die spel.

 

Maklik gaan dit egter nie wees nie en hopelik het die Bokke geleer uit die foute wat hulle tot dusver in die Drienasies gemaak het. In die vorige toets teen Australië het Suid-Afrika die wedstyd by die afbreekpunte verloor. Nuus uit die Bokkamp is dat hulle hard gewerk het daaraan om Saterdag meer manskappe by hierdie konsentrasiepunte te kry, en met mening skoon te maak.

Hopelik is die skeidsregter ook nie weer blind vir George Smith se blatante onkantspel by die losskrums nie. Verder moet die Bokke minder in hulle eie gebied speel en eerder die spel in die Wallabies se helfte probeer hou. Die Bokke moet ook hulle spel nie laat lostorring nie, aangesien dit so reg in die Australiërs se kraal sal val.

Nog iets wat drasties sal moet verbeter is die Bokke se ondersteunende spel. By talle geleenthede sover in die Drienasies het ‘n speler deurgebreek, maar was die ondersteuning so afwesig soos breinselle in die regering.

Die spanne vir Saterdag is:

Australië – 15. Drew Mitchell, 14. Peter Hynes, 13. Stirling Mortlock, 12. Berrick Barnes, 11. Lote Tuqiri, 10. Matt Giteau, 9 Sam Cordingley, 8. Wycliff Palu, 7. George Smith, 6. Rocky Elsom, 5. Dan Vickerman, 4. James Horwill, 3. Matt Dunning, 2. Stephen Moore, 1. Benn Robinson.
Reserwes: 16. Tatfu Polota Nau, 17. Al Baxter, 18. Hugh McMeniman, 19. Phil Waugh, 20. Brett Sheehan, 21. Timana Tahu, 22. Ryan Cross.
 

Springbokke – 15 Conrad Jantjes, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Jongi Nokwe, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (c), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.

Reserwes: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Joe van Niekerk, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Percy Montgomery.

купить зимний комбинезон на мальчика леннеФильчаков Александр Васильевич

Habana het geskeurde dyspier

Die uitblinkervleuel Bryan Habana sal waarskynlik nie aan Saterdag se drienasieswedstryd teen Australië kan deelneem nie.

Hy ly aan 'n eerstegraadse skeur in sy dyspier.

Habana se besering is 'n terugslag vir die Bokke wat die afgelope naweek hopeloos teen die All Blacks op Nuweland verloor het.

Dit is Maandag by 'n perskonferensie in Durban aangekondig dat hy tot tien dae buite aksie mag wees.

Verdere toetse sal vandag gedoen word, maar die kanse dat hy fiks gaan wees om teen Australië te speel, is nie goed nie.

песок для пескоструяДанильченео

Bokspan vir Nuweland-toets teen die All Blacks

Die Bokspan vir Saterdag sonder ‘n beseerde Bakkies Botha kort ‘n baie belangrike komponent… iemand wat bereid is om die donkiewerk te doen.

 
Die Bokke was erg blootgestel by die afbreekpunte teen die Aussies omdat niemand bereid was om skoon te maak nie, behalwe Bakkies Botha. Sonder hom daar en met manne soos CJ, Beast, Spies, Matfield en Bekker wat eerder verkies om op vleuel diens te doen kan Saterdagmiddag lank raak vir die Bokke op Nuweland. Verder is die wêreld se beste losvoorspeler en die All Blacks se inspirerende kaptein, Richi McCaw, terug in die tuig om die Bokke verder by die breekpunte te frustreer.

Aan die positiewe kant maak Fourie Du Preez ‘n welkome terugkeer, wat die druk op Butch James sal verlig. Fourie gaan egter ‘n moeilike middag hê as die Bokke se voorspelers hom nie beter beskerm en onder die spreekwoordelike kombers speel nie. Percy Montgomery sal ook geskiedenis maak deur die eerste Springbok te word wat Suid Afrika in 100 toetse verteenwoordig.

Die spanne vir Saterdag is:

Springbokke – 15 Percy Montgomery, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Butch James, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield (k), 4 Andries Bekker, 3 CJ van der Linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira.
Subs: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Danie Rossouw, 19 Luke Watson, 20 Ricky Januarie, 21 Frans Steyn, 22 Conrad Jantjes

Nieu-Seeland – 15 Mils Muliaina, 14 Richard Kahui, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Sitiveni Sivivatu, 10 Dan Carter, 9 Jimmy Cowan, 8 Rodney So’oialo, 7 Richie McCaw (k), 6 Jerome Kaino, 5 Ali Williams, 4 Brad Thorn, 3 Greg Somerville, 2 Andrew Hore, 1 Tony Woodcock.
Subs: 16 Keven Mealamu, 17 John Afoa, 18 Anthony Boric, 19 Adam Thomson, 20 Piri Weepu, 21 Stephen Donald, 22 Isaia Toeava.

как лечить пародонтоз фотолобановский харьков класс

Plaasvervangers nie op standaard

Die bokspan vir die Pumatoets is aangekondig en het verbasend min kritiek ontlok. Die bokke sal sonder twee van hulle beste spelers, Brian Habana en Schalk Burger, die Pumas moet pak. Dit mag 'n baie wyse besluit wees aangesien die twee goud werd sal wees in die Bokke se poging om die drienasie titel te verwerf. Wat egter dwaas is, is die plaasvervangers vir die twee helde. Jonge Nokwe en Luke Watson het nog niks spesiaal gedoen om hulle insluiting te regverdig nie.

 
Met Nokwe maak De Villiers die Springboktrui goedkoop want Nokwe kan beslis nie as 'n langtermynbesluit gesien kan word nie. Daarvoor is hy heeltemal te lig in die broek en ontbreek te veel basiese vaardighede by hom. Ek sidder om te dink wat die Nieu-Seelandse makrospoedvraatvleuels met die tingerige mannetjie gaan aanvang.
 
Daar is 'n magdom losvoorspelers in Suid Afrika wat beter keuses sou gewees het as Watson. Een van die groot probleme in die Australiese toets was juis dat niemand bereid was om skoon te maak by die losskrums nie. Met Watson wat 'n voorliefde daarvoor het om op losskakel staan, gaan die probleem ook nie aangespreek word nie.
 
Dis ook 'n bietjie van 'n waagstuk om die toets binne te gaan sonder 'n erkende losskakel op die bank. Hopelik kom Butch James ongeskaad deur die toets. Verder hoop ek dat Fourie du Preez en Jacque Fourie voldoende speelkans gegun sal word aangesien hulle 'n moet is vir die res van die drie nasies.
 
Suid-Afrika behoort te veel skietgoed te hê vir 'n Pumaspan wat meer as 'n maand laas rugby gespeel het en nog glad nie 'n wedstryd onder die nuwe reëls gespeel het nie.
 
Die bokspan vir Saterdag is:15 Conrad Jantjes, 14 JP Pietersen, 13 Adi Jacobs, 12 Jean de Villiers, 11 Jongi Nokwe, 10 Butch James, 9 Ricky Januarie, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Luke Watson, 5 Victor Matfield (c), 4 Bakkies Botha, 3 CJ van der Linde, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira. Reserwes: 16 Adriaan Strauss, 17 Brian Mujati, 18 Andries Bekker, 19 Joe van Niekerk, 20 Fourie du Preez, 21 Jaque Fourie, 22 Percy Montgomery.люстры потолочные хрустальныеФільчаков Олександр Васильович прокурор

WP-klubs s? nee vir Groenpuntstadion

Waarskynlik sal daar nooit rugby in die nuwe Groenpuntstadion wat vir die wêreldsokkerbeker gebou word, gespeel word nie. Die Westelike Provinsie se rugbyklubs het tydens 'n geheime vergadering op 28 Julie besluit dat hulle nie operateurs van die nuwe stadion wil word nie.

Daarom sal Nuweland vir die afsienbare toekoms die tuiste van WP-rugby bly. Theuns Roodman, van die WP-rugbyunie, het gesê dat die besluit om finansiële eerder as emosionele redes geneem is. Terwyl die speelveld op Nuweland teen aansienlike koste verbeter is, heers onsekerheid oor die speelveld by Groenpunt.

игрушечная кухнятопкарго

Kommentaar op die Bokoefengroep

Pieter de Villiers het sy nuwe oefengroep aangekondig en daar was net hier en daar ‘n verassing.

Kom ons analiseer die kandidate:

Loskop Stutte: Gurthro Steenkamp en Tendai Mtawarira. Pieter de Villiers het raakgevat hier. Daar is min stutte in wêreldrugby met beter werkverrigting as die twee. Gunthro het in die wentoets teen Nieu-Seeland die tweede meeste duikslae (18) na Schalk Burger (20) uitgevoer.

Hakers: Adriaan Strauss en Bismarck du Plessis. Die Bokke het vir Bismarck erg gemis in die toets teen Australië. Hy is gewoonlik een van die eerste spelers by enige breekpunt en is beslis die beste skrummer van al die hakers in Suid-Afrika. Schalk Britz het hom in die toets teen Australië uit die Bokspan gespeel met swak skrumwerk en nog swakker ingooie by die lynstane. Adriaan Strauss sal geen span in die steek laat nie maar ek sou voelers uitgesteek het na ‘n ervare speler soos Gary Botha.

Vaskopstutte: Brian Mujati en CJ van der Linde. Die Bokke het baie lanklaas ‘n vaskopstut gehad wat domineer. Ongelukkig het die twee in die groep nog nooit gewys dat hulle ‘n teenstander in die grond in kan skrum nie. Die Pumas kan dinge vir CJ en Brian warm maak daar voor en ongelukkig kan dit ‘n kettingreaksie veroorsaak deur die res van die span. BJ Botha sou sekerlik ‘n beter keuse gewees het.

Slotte: Andries Bekker, Bakkies Botha, Victor Matfield. Min mense sal stry dit die 3 by verre die drie beste slotte in Suid Afrika is. Bakkies en Matfield is ‘n ongelooflike kombinasie en intimideer enige haker as dit lynstaantyd is.

Losvoorspelers: Joe van Niekerk, Juan Smith, Luke Watson, Pierre Spies, Ryan Kankowsk, Schalk Burger. Schalk Burger en Juan Smith is besliste keuses. Op agsteman en op die bank is waar die kopkrap werk gaan inkom. Met Schalk wat bietjie van ‘n besering dra sou dit sin gemaak het om die klipharde Wickus van Heerden as sy adjudant te kies. Luke Watson was ‘n goeie speler in 2006. Hy het nog niks gedoen wat sy plek in die span regverdig nie. Op agsteman is die vraag of mens met Spies gaan begin en later Kankovski gaan vrylaat of anders om. Spies was maar stillerig in sy toetse sover vanjaar, maar sy talent is bo verdenking. Wat baie duidelik is, is dat die wedstrydfiksheid skort. Teen Australië het hy ‘n paar goeie lopies in die eerste helfte ingekry, die lyn goed gebreek en soos ‘n Trojaan verdedig. In die tweede helfte het hy weggeraak. Spies het omtrent 10 wedstryde in die laaste 12 maande gespeel. Die keurders moes hom vrygestel het om Curriebeker rugby te speel om te skaaf aan die wedstrydfiksheid totdat die All Blacks kom op 16 Augustus.

 
Skrumskakels: Enrico Januarie en Fourie du Preez. Fourie maak ‘n welkome terugkeer. Januarie was die held in die wentoets teen Nieu Zeeland maar het dit ongedaan gemaak ‘n week later met ‘n patetiese vertoning teen Australië. Butch James se gesukkel kan ook grootliks toegeskryf word aan die swak diens wat hy ontvang het van sy skakelmaat.
 
Losskakels: Butch James, Peter Grant en Ruan Pienaar. Butch is die man in die saal maar het nog glad nie oortuig onder die nuwe reëls nie. Miskien is sy in-jou-gesig benadering nie so effektief met die nuwe reëls waar hy nou vyf meter agter die skrum moet staan nie. Sy swak spel kan ook voor die deur van Januarie gelê word wat hom glad nie die diens gegee het wat van ‘n internasionale skrumskakel verwag word nie. Ruaan Pienaar het al die talent in die wêreld om ‘n legende te word op losskakel, maar het baie meer tyd in die posisie nodig om selfvertoue te kry. Peter Grant se keuse in die groep verbaas my. In die Kaap word groot ophef gemaak van hom, maar ‘n internasionale losskakel wat nie ‘n bal verder kan skop as wat hy hom kan gooi nie, hoort nie in internasionale rugby nie.

Senters: Adrian Jacobs, Jaque Fourie, Jean de Villiers en Francois Steyn. Jean de Villiers en ‘n beseringvrye Jacque Fourie behoort die nr 12 en 13 truie hulle eie te maak. Adrian Jacobs het my verbaas in die wedstryde wat hy gespeel het, maar gelukkig vir hom is hy nie op die verdediging getoets nie. Ek sidder om te dink wat Stirling Mortlock se hoë knie-aksie aan arme Adrian gaan doen. Frans Steyn moet leer dat rugby ‘n spansport is en dat hy nie alles alleen hoef te doen nie.

Vleuels: Bryan Habana, Jongi Nokwe, JP Pietersen en Odwa Ndungane. Habana en Pietersen het dit al gedoen en behoort dit weer te doen. Hoe Nokwe in die groep is sal net Pieter de Villiers weet. Twee drieë vir Vrystaat teen die Valke maak nie van jou ‘n goeie vleuel nie

Heelagters: Conrad Jantjes en Percy Montgomery. Hopelik het Pieter de Villiers nou geleer dat mens nie Percy se ervaring net so kan weggooi nie.
 
Dit sal interesant wees om te sien hoe de Villiers se 22-tal uit die groep saamgestel gaan word en watter uitwerking politieke druk op die groep gaan hê.
 
Sonder politieke druk behoort die span so te lyk: Steenkamp, Du Plessis, van der Linde, Botha, Matfield, Burger, Smith, Kankovski, Du Preez, James, Habana, De Villiers, Fourie, Pietersen, Montgomery. Reserwes: Strauss, Mtawarira of Mujati, Bekker, Spies, Januarie, Steyn, Pienaar.

Die probleem met die span is dat daar net 3 spelers van kleur in die beginvyftiental is, iets wat heel moontlik nie aanvaarbaar gaan wees vir die ANC nie. Hoe de Villiers sy span gaan skommel om ten minste vyf gekleurdes in die beginspan te hê, en wie die slagoffers gaan wees bly ‘n ope vraag. Moontlik sal Montgomery moet plek maak vir Janjes en Fourie vir Jacobs. Tyd sal leer.

проект архитектурного освещенияОлександр Васильович Фільчаков