Afrikaners kan binne ‘n geïntegreerde samelewing gedy

Venter skryf ‘n groot lot twak in sy rubriek Dis lekker in die laer. Daar is nie ‘n “laer” van Afrikaners nie, daar is klein groepies regses wat elk verward met 3 ossewaens onder ‘n bloekomboom saamtrek. Sommige in KZN, sommige in Orania, ander weer in Tshwane, ander weer in Ventersdorp. Verskrikte mense wat nie weet hoe om met verandering om te gaan nie, wat nie weet hoe om by ‘n veranderende wêreld aan te pas en nog steeds jou identiteit te behou nie.

Dit is juis die geheim van oorlewing, nie laertrek nie, maar jou identiteit as sterk genoeg sien om binne ‘n geïntegreerde samelewing te kan gedy, Dit doen die nie-regse Afrikaner uitmuntend. Kyk maar na die kunstefeeste, die Woordfees tans op Stellenbosch, ensovoorts. Waar Venter sy statistiek vandaan kry dat die “laer” groter (wil) word, sal ek graag sien. Een van die 3 ossewaens se leier sit saam met Zuma in sy kabinet…. ons weet die VF+ word by elke verkiesing kleiner. Maar nou ja, regse propaganda en breinspoeling van die mense wat bewe by die hoor van die naam “Malema” is ‘n daaglikse nodigheid. Maak die mensies bang en hulle sal dan moontlik ‘n stofstrepie na een van die dosyne “laers” toe hardloop.

En nog ‘n teenstrydigheid is dat Venter vertel hoe goed gaan dit met die Afrikaners (dis waar), maar self deel is van die groep wat daagliks huil oor hoe “onderdruk” die Afrikaner is. Verduidelik daai een so bietjie, Venter? En dan daai image van ‘n kort kakiebroek met lang sokkies……ai, ai….Venter.

Фільчаков Олександр Васильович

Waar staan SA in Iran/Israel-konflik?

Iran is onverpoosd besig om sy kernnavorsing te versnel. Die sluipmoorde op van sy kern wetenskaplikes, sanksies sowel as dreigemente van ‘n aanval deur Israel of/en die VSA het tut dusver nog geen uitwerking gehad op die pas waarteen sy kernprogram vorder nie. Om die waarheid te sê, dit wil eerder voorkom of elke poging om hom te stop net olie op die vuur is.

As dreigemente ernstig opgeneem word, lyk dit dus onafwendbaar dat die pruttende vulkaan iewers tussen vandag en die einde van die jaar tot uitbarsting sal kom.

Dit sal die gang van die wêreldgeskiedenis onherroeplik verander.

Die vraag is hoe gaan dit Suid Afrika raak en hoe gaan ons aanpas daarby?

Iran se kernprogram toon baie ooreenkomste met ons eie programme in die glorieryke jare van apartheid. Elektrisiteitsopwekking en mediese radionukliede was ook die dekmantel waaragter die meeste navorsing verbloem was. Ons het ook alleen teen die res van die wêreld gestaan en dit het ons net meer vasberade gemaak.

Tradisioneel was ons egter aan die kant van die VSA/Israel-alliansie. Dis trouens ‘n oop geheim dat die programme geskrap is voordat die politieke oorgang onderhandel is. Die redes is voor die hand liggend.

Op hierdie stadium kry ons egter ‘n groot deel van ons ru-olie van Iran en die regering sal sekerlik goeie betrekkinge met Iran wil behou. Dit sou egter baie dom wees om in die slegte boekies van die VSA te kom.

Die beste opsie is om neutraal te bly.

Die komende konflik sal egter die verskil in mening by verskillende rasgroepe is Suid-Afrika baie meer beklemtoon. Blankes sal meer geneig wees om steun aan Die VSA en Israel te gee terwyl die regering se sentimente waarskynlik meer by die belange van Iran en sy bondgenote sal wees.

Dit lyk of ons interesante tye nader waarin ons op ons voete sal moet dink.

Данильченко Юрий Брониславович

Tim vir President!

Dit moet erg wees om Tim du Plessis te wees, amper net so erg as om Max du Preez te wees! Die nuutste rubriek van ons heer Tim (Volksblad 2/3) het my laat wonder of ek moet lag of huil of my broek bevuil!

Die rubriek is rakende die hele debakel wat nog ‘n verwarde omie gemaak het in die parlement oor die “Bantoesprekendes”. (Snaaks hoeveel wit omies verward begin raak…) Tim skryf:

“Ons moet praat, met ander woorde. Grond is een van daardie kwessies wat die hele kaartehuis kan laat intuimel. Maar is praat nog moontlik?”

En dan in die volgende paragraaf skryf hy:

“Die hoofstroom-reaksie op Mulder het ek gelees en gehoor. Die ekstreme standpunte op veral obskure digitale platforms het ek geïgnoreer. Jy verloor niks as jy jou doof en blind hou hiervoor nie. Die internet is ’n wonderlike ding. So ook geselsradio. Maar hulle het vir malletjies ’n stem gegee wat hulle nooit gehad het nie en allermins verdien.”

Wie is die malletjies? Is dit dalk die 80% van Beeld en Volksblad se lesers wat kommentaar lewer op die internet? Is dit dalk die mense van Praag of talle ander Afrikanerwebwerwe wat volgens Tim “obskure digitale platforms” is?

Tim sluit sy rubriek af met:

“Soos ek dit verstaan: Die Grondwet en sy waardes moet die kanaal word waarlangs ons met mekaar sal moet praat en tot konsensus kom.”

Is dit nou dieselfde grondwet wat almal die reg tot vryheid van spraak, opinie en assosiasie beloof? Volgens Tim, “soos ek dit verstaan” moet ons die grondwet gebruik om met mekaar te praat, maar moet ons net die “malletjies” ignoreer wat die “obskure digitale platforms” gebruik. Dit maak die gesprek bietjie langdradig want ons sal eers by onse heer Tim moet uitvind wie nou almal malletjies is!

Tim het dus die hoofstroom-reaksie reaksie gehoor en gelees, wat dan seker sal bestaan uit die SABC, Naspers en dalk ‘n paar onafhanklike Engelse koerante. (Natuurlik is al hierdie bronne totaal objektief en is daar geen politieke agendas daar betrokke nie!)  Na aanleiding van hierdie o, so betroubare inligting het hy die opinies opgedeel in vier afdelings:

  1. “Die liberale, hoofsaaklik wit en Engels, het op Mulder toegesak en hom van ’n kant af sleggesê. Dis hul ou laai: As jy wit en Afrikaans is, is jy by voorbaat gediskwalifiseer vir deelname.”
  2. “Dan was daar die siedende reaksie uit swart geledere wat Mulder se sienings verskreeu en verduiwels het. As jy African black is, was jy eerste hier, maak nie saak wát die historiese feite sê nie. Klaar gepraat.”
  3. “Van wit kant het Mulder se siening van die historiese vestigingspatrone heelwat steun gekry. Geen verrassing nie. Ook nie die stertjie wat gewoonlik bykom van ‘maak in elk geval nie saak wie was eerste hier nie, dis wittes wat swartes leer lees en skryf het nie’. Asof dit enigiets bewys.”
  4. “Die malletjies.”

Nou goed, as jy dit wiskundig uitwerk, kan die formule soos volg lyk:

(Die hele bevolking) – (ENGELSE liberale) – (swart geledere) – (die wit kant) – (die malletjies) =  X

X moet dan gelyk wees aan Tim en die wit liberales?

En: Tim en die wit liberales wat blind en doof is vir die malletjies, (met ander woorde skuldig daaraan om die menseregte soos daargestel deur die Grondwet, te ignoreer) wil nou juis die grondwet gebruik om ‘n gesprek te begin met die (ENGELSE liberale) , (die swart geledere) en die (rassistiese wittes).

Die enigste sinvolle afleiding wat mens kan maak uit die formule is dat X in die vorm van ‘n kruisie demokrasie daarstel, met ander woorde X= reg en Tim = X, daarom is Tim = reg.

Dit kan dus wiskundig bewys word dat Tim du Plessis die enigste mens is wat die land se sake objektief kan benader en oplos en daarom moet dit vreeslik erg wees om so ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers te dra.

Nou goed, ek neem aan ek is net ‘n “malletjie” op ‘n “obskure digitale platform”, maar hel(!) ten minste skuil ek nie agter ‘n Engelsman nie! Tim is besig om die “liberale” gedagtes oor te skuif na die arme “Engelse” toe. Nou goed, vir ‘n “Engelsman” het die boer nie tyd van 1899 af nie, maar ek gun selfs nie my vyand dít wat Tim besig is om te doen nie. Teen die tyd dat ons “malletjies” ons ogies uitvee, is Tim en Max presidente van die nuwe behoudende Afrikanervolkstaat.

Dit was miskien naïef van ons om te verwag dat Afrikaanse liberales verantwoordelikheid sal vat vir hulle optrede – Dit was toe al die tyd, ná 110 jaar, weer die ENGELSE liberales se skuld!!

Kan jy dit nou oorvertel?

(As jy so maak, onthou net jy het dit by ‘n malletjie op ‘n obskure digitale platform gehoor!)

Данильченко Юрий Харьков

De Vos begryp nie regsimplikasie van sy tirade

Die ANC-kollaborateur prof. Pierre De Vos van Wes-Kaapland Universiteit beskuldig dr. Pieter Mulder van “historical amnesia” op sy blog.

Die eerste vyf paragrawe van sy emosionele tirade poog om ‘n skuldgevoel by blankes aan te wakker. Daarna beroep hy hom op die volgende twee koloniale wette om aan te toon dat blankes grond van swartes gesteel het; twee wette wat lank voor die ontstaan van die Nasionale Party van destyds in 1914 geskryf is:

Die Glen Grey Act van 1894 en die Native Land Act van 1913.

Die Glen Grey Act “excluded property ownership altogether as a voting qualification for blacks who held under Glen Grey title”. Hierdie wet sou ook Xhosa-mans van hulle land afgedwing het om buite hulle land te gaan werk. Nou-ja, hierdie is die werk van Britse imperialisme waaraan die Afrikaner nie aandadig is nie. Belangrik is egter die gebruik van die begrippe “forcing Xhosa men off their land”. De Vos maak dus tog ‘n onderskeid tussen die grond van die Xhosas teenoor die grond van die koloniale bewindhebbers.

In 1913 het die Unie Parlement, dus slegs drie jaar na Uniewording, die sg. Native Land Act tot stand gebring. Die bedoeling hiervan was om as deel van die sg. “Native Areas” … “to incorpurate all the African reserves”.

Dit nou teen die agtergrond van twee Afrikanervryheidsoorloë teen Britse oorheersing. In die laaste oorlog is die Boere Republieke hulle vryheid ontneem en 27 000 vrouens en kinders en slegs 3000 Afrikaner manskappe het gesterf. Hierdie wet se bedoeling was volgens De Vos:

· Om grondeienaarskap buite die reserwes onmoontlik te maak.

· Om segregasie van die rasse te formaliseer.

· Om 22 miljoen hektaar grond (sowat 7 per sent van die grond in die Unie) tot Naturelle reserwes te verklaar.

· Om te verseker dat slegs swartes (met die uitsluiting van wittes) grond in die Naturelle reserwe sal besit.

Dit wil voorkom asof die 1913-wet dus die kollektiewe besit van stamgrond vir en ten behoewe van die swart stamme deur stamkapteins gelegitimeer het.

De Vos kan gerus, in die lig van die huidige boerderyprestasie van swart landeienaars buite die stamgebiede, ‘n projeksie maak van wat sou gebeur het as die 1913 wet nie op die wetboek geplaas is nie. Anders gestel, hoeveel van die tradisionele stamgrond sou vandag nog in swart hande gewees het as blankes en Indiërs die reg gehad het om genoemde grond destyds op die ope mark te koop. Weinig, indien enige!

Nog verder, het die ANC-regering sedert 1994 die grond in die stamgebiede wat in kollektiewe grondbesit is, vir die gewillige-koper en -verkoper oopgestel? Ek twyfel!

Selfs nou, as stamgronde vir almal oopgegooi sou word, sal swartes nog die grond verloor wat hulle andersins onder die segregasie- en latere sg. apartheidswette as kollektiewe stamgrond behou het.

De Vos redeneer gevolglik op sodanige manier dat hy nie die implikasies van sy kritiek op blankes besef nie. Hy slaan gewoon die kitaar omdat hy as juris deur die ANC ruim vir sy betrokkenheid en legitimasie van ANC-beleid vergoed word.

Фильчаков прокурор

Scholtz en van der Rheede wil beslis nie Afrikaans red

Leopold Scholtz, ‘n aanhanger van Moslemekstremisme, spoel weer mond uit in Beeld oor die sogenaamde “regses” en “rassiste”, oftewel wit Afrikaners, en spesifiek die besoek van Martin Bosma, ‘n Nederlandse parlementslid, in Suid-Afrika wat “Afrikaans” ten nadele sal strek.

Scholtz het by vorige geleenthede ook al sy neus opgetrek vir die hand van vriendskap en gematigheid wat die PVV, Bosma se party, uitgesteek het na Afrikaners, omdat dié party Afrikanerkwessies in de Nederlandse parlement opper. Die PVV is gekant teen immigrasie en ekstremisme.

Waarom Bosma se besoek Afrikaans “kan benadeel” weet net Scholtz. Sy werkgewer, Media24 benadeel nou al die taal sedert 1994 deur Afrikaners met die ewige “skuld van die verlede”, ‘n goedkoop ANC- en nou DA-foefie om Afrikaners van hul bates te vervreem.

Die agteruitgang is veral sigbaar in die vernietiging van Afrikaanse skole (kyk maar na Ermelo en Fochville), die bronaar van die taal. Bosma dien ook op die Taalunie, ‘n uiters belangrike liggaam waarvan Afrikaans deel is. Hoe dit Afrikaans kan benadeel is ‘n raaisel. Dit is waarskynlik die laaste reddingsboei wat die taal ooit sal ontvang. En Scholtz klap dit ondankbaar weg, omdat hy besorg is oor ekstreme Moslemterroriste wat demokrasie en redelikheid lankal reeds verwerp het.

Christo van der Rheede, die vermaarde bruin akademikus en nog ‘n Naspers-handlanger, het intussen namens Afrikaners geantwoord, en hy is nie een nie. Hy is bruin en verkies, net soos die hele bruin gemeenskap, ook Engels.

Die artikel in Engels wemel natuurlik van die foute en disinformasie. Die olifant in die kamer is die totale verengelsing van die bruines wat nie ‘n dooi duit omgee vir Afrikaans nie. Dit maak van der Rheede se ongevraagde kommentaar nog meer oorbodig.

прокурор Фильчаков

Net konfederasie kan volksoorlewing waarborg

Met Suid-Afrika se diversiteit kan enige volk in die land sy identiteit verloor as hy nie volle politieke mag verkry nie. Ongelukkig bestaan ons land uit amper 12  volksgroeperinge soos bv. Xhosas, Zoeloes, Tswanas , Afrikaners , Kleurlinge ens.

Die eerste teken wanneer ‘n volk sy identiteit verloor, is wanneer sy taal begin uitsterf. Hoeveel van die Bantoetale word nog rêrig voltyds gepraat? Baie min. Dit is wanneer ‘n regering soos die ANC nie omgee oor taal en kultuur van volke nie. Onder die ANC-regering het ons gesien hoe tale besig is om agteruit te gaan weens die verengelsing van alle sektore in Suid-Afrika. Die ANC het byna geen respek vir kulturele gemeenskappe in Suid-Afrika nie.

Hoe kan ons hierdie situasie moontlik red? Volke kort volle politieke mag oor sy eie sake.

Watter tipe regeringsvorm kan ons gebruik , waar die diversiteit behoue bly en waar volke volle politieke mag het? ‘n Konfederale stelsel.

Wat is ‘n konfederale stelsel? Elke volk word ‘n lidstaat van die Suid-Afrikaanse Konfederasie, waar hy oor sy gebied regeer, waar hy permanent gevestig is en die meerderheid uitmaak. Die regeringstelsel word op die oomblik gevolg in Spanje en België. In België is daar drie volke wat elk sy outonomie het, maar deel vorm van ‘n Federasie.

Persone wat histories nie deel is van ‘n bepaalde gebied binne die lidstaat nie, kan aanbly in die lidland maar moet die Taal en Kultuur van die daardie spesifiekeVolk aanvaar en uitlewe in dié lidstaat.

Dié vorm van regering gaan die diversiteit van ons land beskerm en so ook elke volk se identiteit.

Фильчаков прокуратура харьков

Nasionaal-Demokratiese Rewolusie (NDR)

Nes die ANC se Freedom Charter, het sy NDR- beleid onder kommunistiese invloed ontstaan. Volgens die party se document “Building a National Democratic Society” (2010), The Freedom Charter is our vision of the type of society we struggled for and which we seek to build – it is our lodestar.

Dit is m.i. belangrik om te besef dat dit vir die ANC nie werklik om die verwesenliking van ‘n kommunistiese beleid gaan nie. Die kommunistiese beleid en veral terminologie dien veelmeer as riglyne vir die ANC se fundamentele strewe, wat as volg omskryf kan word:

Die party streef na algehele oorheersing van die ekonomie en alle aspekte van die openbare lewe ten einde sy permanente oorheersing te waarborg. Dit behels in eerste instansie die uitwissing van blanke invloed en magsposisies en verklaar die vyandigheid jeens die private sektor van die ekonomie.

Die rede vir hierdie strewe is swart-nasionalisties en dit word veral gedryf deur die besef van eie onvermoë en onbekwaamheid wat deur blanke prestasies duidelik uitgelig word.

NDR word vaag omskryf as die strewe na the creation of a united, democratic, non-racial, non-sexist and prosperous society (Building a National Democratic Society, par 6). Aangesien hierdie vaagheid nog nooit deur ‘n gesaghebbende beleidsverklaring opgeklaar is nie, laat dit ‘n wye reeks van inter-pretasies toe. Prof Roger Southall stel dit soos volg:

Although partly a political language of comforting (Marxist-Leninist) familiarity and com-radeship, partly a framework for conducting debate in which intra-party rivals can be dis-missed as politically incorrect, the continuing formal commitment to the NDR has also the advantage that the conception’s inherent ambiguities allow for the papering over of recurrent differences between the ANC and its partners about economic policy. (“The ANC and Black Capitalism in South Africa”; http://ccs.ukzn.ac.za/files/Southall.pdf)

Daar is aanduidings dat die ANC begin besef dat die ‘rewolusie’ in NDR ietwat vreemd klink by ‘n party wat die mag sedert 1994 stewig in hande hou. Kader Asmal het bv.in Oktober 2010 openlik sy skraping bepleit. In Januarie 2011 het die Institute for Accountability in Southern Africa aandag gevestig op die geleidelike terminologiese aanpassing in ANC beleidstukke waar die begrip NDR –

…is gradually, but perceptively, morphing into the more constructive creation of the “National Democratic Society”- an expression used in the speech (and on banners) considerably more often than the somewhat outmoded revolutionary terminology. President Zuma’s underplaying of reference to the “revolution” is perhaps an early indication that the National Executive Committee of the ANC is indeed moving in the direction of scrapping a notion that, upon mature reflection, belongs in the lexicon of a liberation movement, not a long established and well entrenched governing alliance. (www.ifaisa.org/Cadre_deployment_in)

Die vrylike gebruik van ‘NDR’ help om die toenemende krisis van die ANC se ekonomiese en ontwik-kelingspogings te verdoesel. Soos hierbo gesê, volg die organisasie ‘n oorwegend sentralistiese, staats-beheerde beleid, maar besef al hoe meer dat dit geensins werkloosheid, trae groei en armoede verbeter nie. Daarteenoor bewys die prioriteite wat die party herhaaldelik verkondig sy angstigheid om sy ekonomiese en sosio-ekonomiese beloftes na te kom. Daar is ongetwyfeld van sy leiers wat begryp dat dié doelwitte slegs deur ‘n markgerigte en sterk op die privaatsektor gebaseerde beleid verwesenlik kan word. Maar nogtans, en namate die druk vanuit die ontevrede massas toeneem, sal die ANC heel waar-skynlik vireers probeer, om sy sentralistiese beleid te versnel en sodoende onvermydlik sy huidige mislukkings nog vererger.

Dit sou die spanning tussen die aanhangers van ‘n sentralistiese en die van markgerigte ekonomiese beleid onvermydelik laat toeneem – met ‘n hoogs onsekere resultaat. Intussen kan miskien die geleidelike vervanging van ‘rewolusie’ in NDR met ‘society’ as ‘n versigtige beweging in rigting van ‘n sterker markgeörienteerde en privaatsektor-vriendelike beleid beskou word.

Dr Leistner was sedert 1964 ten nouste met die Afrika-Instituut van SA verbonde, o.m. as direkteur gedurende die jare 1978-1991.

Фільчаков Олександр Васильович

Croucamp: Weet akademici wat op grondvlak aangaan?

Dit het tydens die RSG-debat geklink of etnisiteit ontken word. Cobus Bester het my intussen verseker dat dit nie so is nie maar dat ons moet nadink oor die rol daarvan in konflik.

As daar nie entisiteit was nie hoekom, spesifiek in Mpumalanga, verdeel die Swazi’s en Sothos (wat deel is van dieselfde bouspan) in spesifieke groepe tydens middagete?

‘n Tipiese voorbeeld van etnisiteit is die twee karakters hier by ons in die Laeveld:

– Henry Milner wat volgens eie erkenning net in selfverdediging Engels praat – 110 jaar nadat sy oer-oupa die taal wou laat uitsterf,

– Carel Triegaardt wat met moeite Afrikaans kan praat (nadat sy oer-oer oupa hom 170 jaar gelede in Lorenzo Marques afgelaai het) maar as Engelssprekende die Afrikaanse sentimente handhaaf

Só verteenwoordig dié twee kêrels die troppe van die geweste – binne hul groep besig beide die taal van hulle aard – tog, as vriende bymekaar kom sal daar geskerts word oor Vryheidsoorlog-uitsprake maar dan is daar ook die gedeelde ervaring rondom die nuwe bewind met al die frustrasies/weersin.

Volgens eie ervaring word beleidsrigitngs gedryf deur ras/etnisiteit. Die tipiese teelaarde vir aktivisme – maar desnieteenstaande is die meeste gefrustreerdes verantwoordelike gesinsmanne wat meer as hulle deel doen om die nuutste Suid-Afrika te maak werk.

Waarom my reaksie? Juis omrede Piet Croucamp se opinies waardevol en sinvol is vir die nasionale diskoers oor die kleurgrens heen. Maar hy het gedurende die RSG-gesprek amper net so aktivisties en deterministies soos PW Botha opgeval, eerder as ‘n omsigtige wetenskaplike.

Aan die ander kant, met sy meer debateerbare opinies buite rekening gelaat, is die punt wat Dan Roodt probeer huldig het, juis so relevant. Wannneer daar ‘n konflik is om hulpbronne is die grondoorsaak “the have’s vs. the have’s not” maar mobilisering vind so geredelik rondom taal (etnisiteit) plaas.

En vir ‘n meer onlangse verwysing; ons weet hoeveel Engelsmanne in die Weermag Afrikaans leer praat het; waar is die drempels/waardes vir Suid-Afrika om ‘n Rwanda te word?

Hierdie vraag mag op die minste slegs as spekulasie afgemaak word maar hoeveel van die onmin teenoor Malema is daarin geleë dat die Pedi’s van die Noorde ietwat te rammetjie-uitnek begin raak vir ANC se Zoeloe-basis? Dis natuurlik ‘n mening wat geensins in ‘n raadsaal gebesig sal word nie, dis werksvloertaal.

Dus, beide die twee here moet hierdie debat verder voer maar meer in die rigting van; Hoe gaan beleidsontwikkeling / -toepassing etnisiteitsgevoelens laat verdwyn of laat opvlam?

Entisiteit bestaan as ‘n energiebron. Ons kan dit as ‘n dinamo of ‘n kruitvat aanwend. Watter een word deur die huidige maghebbers gestook?

лобановский александр интервью

Christina Landman se leuen oor Sharpeville

Die berig in die Beeld onder opskrif Verenig teen selfde duiwels deur Christina Landman van 6 Februarie 2012 het betrekking.

Dit is jammer dat Christina Landman nie moeite gedoen het om haar van die feite oor die Sharpevillevoorval te vergewis voordat sy die volgende wilde stelling gemaak het wat ‘n growwe verdraaiing van die feite is :

“Hy het dit juis gewen wanneer hy op sy weerloosste was. Soos met Sharpe­ville. Toe ongewapendes met geweld uitmekaar geskiet is deur die “boys on the border back home” wat ernstig deur die wit kerk ondersteun is. En die hele wêreld kon sien wat gaan aan.”

Die Stigting is van mening dat Beeld se lesers geregtig is op gebalanseerde beriggewing  wat geskoei is op objektiewe feite, en nie afleidings en wilde (en gewilde) ongegronde stellinge en sensasionele beriggewing nie.

‘n Kommissie van ondersoek onder regter P. Wessels het die Sharpevillevoorval ondersoek en die volgende feite is geboekstaaf :

  • 294 Lede van die Polisie was binne ‘n draadomheining deur ‘n moordlustige skare van ongeveer 20 000 duisend vasgekeer.
  • Hulle was met pangas, ystervoorwerpe en stokke gewapen.  Die skare is deur middel van ‘n luidspreker herhaaldelik  versoek om uit een te gaan.
  • Die polisie het die hek oopgemaak om ‘n lid van die skare wat om beskerming gevra het, binne te laat. Die skare het daarna deur die hek gebars en die lede van die polisie het uit selfverdediging begin skiet.
  • Die harde werklikheid is dat indien die skare die polisie sou oorweldig het, slegs die verminkte lyke van die polisie op die toneel sou agtergebly het.  Talle soortgelyke gevalle soos Bergville en Cato Manor bevestig dit.

Фильчаков прокурор харькова

Só neem ons weer beheer oor

Demokrasie as instelling kan versterk word:

Om te kwalifiseer vir ‘n verkiesing moet:

· ‘n kandidaat verplig wees om in besit te wees van ‘n graad in politieke wetenskap, wat minstens ekonomiese geskiedenis, internasionale reg en etiek sal insluit. Dit kan voorkom dat ‘n demagoog maklik aan bewind kom (Hitler, Malema);

· ‘n kandidaat se volledige mediese rekords jaarliks in publieke domein geplaas word (Dick Cheney het geweier). Dit sal ‘n MRI-skandering van die brein insluit wat moontlike psigopatie kan wys. (Psigopate se breinholtes is blykbaar groter). Sielkundige toetse wat ‘n kandidaat se moontlike sosiopatie mag identifiseer moet beskikbaar wees vir publieke insae;

· alle finansiële rekords van ‘n kandidaat en sy gade moet vir publieke insae beskikbaar wees.

As dit in die grondwet ingebou word, sal die hele ANC-regering bedank en neem ons weer die leisels oor. Maklik.

Terloops, die Franse leier van die opposisie, Francois Hollande, se stelling dat die finansiële sektor nou beheer oorneem in die Europese Unie (Italië is ‘n goeie voorbeeld), voorspel niks goed vir die wêreld nie.

Lynette Ackermann, Melbourne

Данильченко Юрий отзывы

Calvinisme en die toekoms van die Afrikanervolk

Drie van die belangrikste Calvinistiese geloofsbeginsels wat deur die meeste blanke Afrikaanssprekende mense vir baie jare aanvaar is en nog steeds aanvaar word, is:

• God het as Persoonlike, Almagtige en Perfekte Wese die mens en die res van die skepping geskep. Hy is verhewe bo Sy skepping. Alle mense daarenteen, is in sonde ontvang en gebore.
• God het voor die skepping van die aarde bepaal watter mense bestem is om eendag die ewige lewe te beërwe – vandaar die Calviniste se dogma van die uitverkiesingsleer (Engels: predestination).
• Diegene wat deel is van God se uitverkore groep, sál Jesus op een of ander stadium in hul lewens as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar en sal op grond van hulle geloof, en nié op grond van goeie werke of goeie morele waardes of optredes nie, die ewige lewe beërwe.

Uit die voorgaande drie geloofstandpunte is dit duidelik dat die strewe na ‘n beter wêreld of die verbetering van die welsyn van die meeste mense, nou nie eintlik die hoogste prioriteite is van aanhangers van hierdie geloofsbeginsels nie. Omdat Calviniste óók glo dat die Bybel die Woord van God is, en omdat selfs slawerny in sekere dele van die Bybel goedgekeur word, word Calviniste nié daarvan weerhou om materiële rykdomme te bekom en in die proses selfs mense te misbruik en/of te onderdruk nie. Die meeste Calviniste glo dat dit hul plig is om die Evangelie aan andere bekend te maak. Baie vroeëre Christen-Afrikaners het geglo dat God van hulle verwag om swartmense aan te moedig om weg te beweeg vanaf hul “aanbidding” van hul voorvadergeeste.

Terwyl Boeddhistiese (en miskien ook Rooms-Katolieke) monnike glo dat dit verkieslik is om te probeer afsien van aardse geriewe en rykdomme, is daar géén soortgelyke beperking op Calviniste wat hulle daarvan weerhou om die najaag van aardse rykdomme te bevorder nie. Volgens Max Weber het veral Calvinisme aanleiding gegee tot die bevordering van kapitalisme in die Weste. Op grond van hierdie “gees van kapitalisme” waarna hy verwys het, het werkgewers hul werknemers misbruik en het werkgewers die ongelykhede in hul werksomgewings as minder belangrik geag. Hierdie “gees van kapitalisme” het heel waarskynlik sommige Afrikaners gemotiveer om goedkoop swart arbeid te gebruik ten einde hul eie kortsigtige finansiële doelwitte te bereik. Die gebruik van goedkoop arbeid was ook nooit deur die Afrikaanse driesuster kerke beskou as ‘n sonde soortgelyk aan die “sondes” van homoseksuele dade, pornografie en ongetroude paartjies wat saamwoon nie.

Terwyl die meeste hedendaagse politieke partye in Suid-Afrika neig na meer sekulêre en liberale grondbeginsels, is daar twee verregse Calivinistiese partye naamlik die Herstigte Nasionale Party (HNP) en Afrikanervolksparty (AVP), wat beide tradisionele Calvinistiese lewenswaardes én die beleid van Apartheid, ondersteun. Hierdie partye se grondbeginsels is soortgelyk aan dié van die ou Nasionale Party voor 1970. Terwyl hulle aan die een kant glo dat die Calvinisme die enigste ware geloof verteenwoordig en dat dit blankes se plig was en is om hierdie “Lig” in Afrika in te dra, glo hulle aan die ander kant dat elke bevolkingsgroep oor hulleself behoort te regeer in hul eie afsonderlike grondgebied. Terwyl baie verregses dus dikwels voorgee dat hulle glo dat die blanke bevolkingsgroep nié noodwendig meerderwaardig is nie, is die meeste van hulle tog neerbuigend in die opsig dat hulle glo dat blankes se godsdiens, demokratiese regeringsvorm en tegnologieë, béter is as die swart Afrikane se tradisionele voorvadergeeste-“aanbidding” en ondemokratiese regeringstelsels en dat die swartman veronderstel is om uiteindelik sekere van die blankes se “beter” norme en waardes te aanvaar. Die regse blanke “baas” sê dus vir die swartman: “Julle kan die reg hê om julleself te regeer in julle eie grondgebied, maar alvorens julle dit kan doen, móét julle eers erken dat die Christendom béter is as jul tradisionele godsdienste.”

‘n Goeie vraag is natuurlik of die Afrikaner se tradisionele Calvinistiese waardes op die ou end meer voor- as nadele vir Afrikaners ingehou het. Terwyl dit aan die een kant duidelik is dat hierdie waardes geensins Afrikaners daarvan weerhou het om hebsug en kapitalisme te bevorder en in die proses gebruik te maak van swart arbeid nie, is dit aan die ander ook duidelik dat hierdie waardes die oorsaak was van gedurige onenigheid tussen Afrikaners. Ons is bewus van die jarelange kleinlike geskille tussen die Afrikaanse driesuster kerke oor die sing van psalms, vroue as diakens, mag mens dans sonder om dit geniet of is dans heeltemal onaanvaarbaar, ens. Meer as dertig jaar gelede was die oorgrote meerderheid Afrikaners lidmate van een van die driesuster kerke en was hul Calvinistiese lewenswaardes op die oog af nié in konflik met hul intellektuele vermoëns, hardwerkendheid en westerse tegnologieë, met behulp waarvan hulle ‘n aansienlike bydrae gelewer het tot die opbou van die land nie. Namate die bevolkingsgetalle van swartmense egter begin toeneem het en die druk al groter geword het om gelyke politieke regte aan swartmense toe te staan, het Afrikaners in toenemende mate begin besef dat hulle sal moet afsien van baie dinge wat vir hulle baie waardevol is. Die bevoorregte posisie van byvoorbeeld Afrikaans op skole, universiteite en op die tv, sou nie vir ewig kon voortduur na die bemagtiging van swartmense nie.

Baie blankes beweer nog steeds dat swartmense dankbaar behoort te wees omdat blankes hulle “opgehef” het vanuit hul oorspronklike “barbaarse” lewenswyse. Hierdie sogenaamde opheffing was egter van verbygaande aard en dit word tans vervang deur verval en agteruitgang. Afrikaners was en is veral ook verdeeld betreffende die Bybelse regverdiging vir die beleid van Apartheid, grootliks omdat kerkleiers en politici geen duidelike riglyne hieroor verskaf het nie. Die geldgierigheid van baie Afrikaners het aanleiding gegee tot hul gebruikmaking van goedkoop swart arbeid, wat weer aanleiding gegee het tot die toename in swart bevolkingsgetalle en uiteindelike ANC bewindsoorname. Dit is ‘n feit dat baie Joodse en Engelse myneienaars ook gebruikgemaak het van goedkoop swart arbeid, maar dit is ook ‘n feit dat die ou Nasionale Party regering waarvoor die meeste blankes vir baie jare gestem het, nié streng opgetree het teen hierdie praktyk nie. Die ironie is dat dít wat vir baie Afrikaners die “heiligste” is en was, naamlik hul godsdienstige norme en waardes, hul geldgierigheid en hebsug; asook hul sportbeheptheid, dié belangrikste faktore is wat ‘n wesenlike bydrae lewer tot die agteruitgang van en geleidelike uitwissing van die eens trotse Afrikanervolk.

Фильчаков прокурор харькова

ANC-kaders was op NP-betaalstaat

Die witman het glo swartes in lokasies vermoor, lui die “waarheid” oor apartheid. Dit is ondeurdagte snert.

Geen witman het vrylik toegang tot lokasies gehad nie. Die inligting oor elke beweerde terroris is deur swart informante aangedra teen ‘n vaste maandelikse vergoeding deur die veiligheidsmagte.

Die ergste van almal, was die ANC-kaders met hul toegang tot al die ANC-aktiwiteite en direkte toegang tot binnekringe, almal van hulle op die betaalstaat van die NP.

Die informante was deur die bank Indiër, bruin en swart. Dit maak my woedend dat net die witman die blaam dra en nou moet voete was en jammer sê, terwyl die ANC-informante in regstelposte sit of tenderpreneurs is.

Hoe kon ‘n witman die presiese uitleg van byvoorbeeld ‘n vesting in Lusaka, Maseru of Maputu geraai het? Die ANC maak nou asof die witman tydens apartheid alles geweet het soos ‘n Jesus Christus van ouds, maar dis blatante snert.

Tyd om van al die twak ontslae te raak, veral van sommige van die aanbieders by RSG.

Лобановский

Dink ‘n slag

Geen ANC-president het nog ooit ‘n gemengde huwelik gehad nie. Die les hieruit te leer, is dat swartes hoë agting vir hul eie en hul eie tradisies het. Boesak het nie ver in ANC gekom met sy wit vrou nie. Sexwale of Manuel gaan ook nooit president word nie.

Die les, wit vroue trou vir geld en status. Het Mandela ooit na ‘n wit vrou gekyk of De Klerk na ‘n bruin vrou? Nee, want hul het nie die geloof gehad in wat hul gesmous het nie, soos luidende simbale en klinkende metale. Tog was daar die gekke wat gesoen het om te versoen of voete gewas het en nou met gebakte pere sit.

‘n Parodie met akteurs wat nie uit 7de Laan kom nie – hulle is te hopeloos – oor al die swart politieke figure, met hul apartheideweknieë, kan dalk net die medisyne wees wat die land kan red. Miskien sien die politici dan die belaglikheid van hul metaantoesprake en -besluite in. Hulle het nou die bose teenpool van apartheid, naamlik gedwonge etniese amalgamasie bereik, wat net so groot misdaad teen die mensdom is.

Ek leer niks uit Oprah of Monique of Dr Oz of Dr Phil nie of al die ander belaglike TV-helde nie. Daar is te veel wesenlike genetiese en kulturele verskille. Buitendien, die inheemse Indiaanstamme in die VSA sit nog in ‘tuislande’ en onderdrukte kulture.

Die heersersklasse oral is uit voeling met hul kiesers. Demokrasie in die VSA is in elk geval net vir die ryk en berugtes/beroemdes. In Brittanje is dit die aristokrasie wat nog komkommertoebroodjies en koek eet. Frankryk het geen geduld met belaglike die smartiebokswêreld nie.

Vir diegene wat skaam voel oor die geskiedenis: Geen jammer gaan iets verander nie, want mens kan nie in regressie in die verlede leef nie, behalwe as jy Anton van Niekerk is wat die nuwe SA geniet.

Daar is gemeenskappe in Suid-Afrika wat openlik op sogenaamde geloofsgronde teen hul eie vroue diskrimineer en dit is die einste onderdruktes in hul eie groep wat die meeste metaan kwytraak oor vroueregte. Hierdie opsetlike misleiding is baie slim, want die wit afrikaanse man is altyd hul teiken. Hoe lank gaan wit Afrikanermans nog hierdie straf verduur?

Julius Malema praat sakke vol metaan oor ‘apartheid’, wat hy en sy meelopers net op hoorsê beleef het. Enige swarte wat vanaf 1983 gebore is in hierdie land, het geen apartheid beleef nie. Hul is met groen ID-boekies na stembus in 1994, tog word metaan versprei oor stem met ‘n dompas. Dis blatante onsin, want ‘n groen ID-boek was enigste vereiste om te stem toe!

Dus, almal van 30 jaar en jonger het niks te sê oor apartheid nie. Maar misleiding op Media24, RSG en SABC neem blatante vergesogte afmetings aan, as opsetlike emosionele opswepery. Sonder ‘apartheid’ en wittes, het die politieke swartes niks meer om voor te strewe nie, behalwe om soos met tipiese Afrika politiek, mekaar se ondergang te bewerkstellig met afgryslike korrupsie en diefstal en neopotisme. Nie een van hul sê jammer nie, hul pleit net siek.

Ons is helaas ‘n volwaardige piesangrepubliek, want 17 jaar na demokrasie gaan kinders onder bome skool, sonder meubels en handboeke. Ten minste was hierdie goed op staatsonkoste voorsien tydens apartheid. Onthou dat die swart bevolking disproporsioneel gegroei het van 1994 af, met miljoene uit Afrika en Pakistan en van wie waar nog.

Die bietjie van die ‘voorheen bevoordeeldes’ wat hul skoolfonds getrou betaal het, moet nou gedeel word. Ek weet nie hoe die kloutjie by die oor gebring word met al die onlangse hofuitsprake nie, wat al in wese eintlik reeds nasionalisering is.

Kader Asmal se nalatenskap is ‘n gemors uit Indië wat totaal onversoenbaar is met die arbeidsmark van ‘n derdewêreldland. Almal wil deesdae ‘n nikswerdgraad by ‘n voormalige Afrikaanse universiteit kry. Hoekom? Is die Engels daar en die kennis van ‘n lae graad? Jy sit dikwels met ‘n kassier by Checkers, met ‘n BA-graad in politieke wetenskap of tale.

Onderwyskolleges is deur Asmal geskrap om “diskriminasie” te verhoed, terwyl swart ouers daaroor gekla het dat hulle kinders nie daar kon studeer nie. Nou sit die land met ‘n reusagtige tekort aan opgeleide onderwysers en ambagsmanne.

Asmal se Hindunalatenskap, was opsetlike benadeling en diskriminasie teen SA se swart gemeenskap. Nou trap mense mekaar dood vir groter karre en salarisse met ‘n nuttelose stuk papier van worsstopperdosente. Almal wil Shakespeare lees, maar weet nie veel van uitvoere produseer nie. Dis nie veel werd met 50% werkloosheid nie. Die hele onderwyssisteem het die demokrasie gefaal.

Ja, maar hulle het nou huise, hoor ek die ANC-ondersteuners brom. Jaarliks brand duisende af in die Weskaap. Behalwe dat die Xhosa’s almal plakkers is, met omtrent ‘n Hophuis in elke provinsie, is die boustyl van so ‘n aard dat dit brand bevorder. Ek sal ‘n ‘shack’ met ‘n staandak en stoep bou met materiale om die brandrisiko te verminder, soos die ou lokasiehuise gebou was. Vlamme het lug en suurstof nodig.

Maar die bouery moet einde kry. Die tyd van net huise en ‘grants’ gee in elke provinsie is twak. Die gemiddelde plakker uit die tuislande kan spog met beeste, bokke en grond daar. Maw, die middeletoets is ‘n mors van tyd, korrup en oop vir grootskaalse uitbuiting.

Selfs wit afgetredenes plaas hul geld oor in kinders se name en besighede, en bly in hul kinders se woonstel en hul kinders betaal die kostes. Dan kry hul ‘n sakgeldjie van die staat. Dis ‘n verbrande las op die belastingbetaler se rekening. In beide gevalle bly dit korrupsie toegelaat deur die staat.

Die tuislandeiendom kom sonder kaart en transsport alhoewel dit die eiendom bly van die familie. Die staat betaal dan nog ‘n subsidie om ‘n huis te bou. Die armste van die armes is dikwels grondbaronne wat emosionele afpersing bedryf, met ‘n spoggerige kar langs die ‘shack’ en alle dienste gratis.

Al die swart diamante wat boonop niks terugploeg in hul gemeenskap waaruit hul kom nie, slaan my verder dronk. Veral na 2 presidente, bly die Oos-Kaap agtergeblewe raaisel.

Op ‘n ligter noot: Dis darem baie interresant dat gesigte van Umkontolede jonger word op die TV. Ek dink dat wittes ook maar ‘n kampstelsel moet begin, met behoorlike boslaan- en SWAT-opleiding, al word dit met verfbal of waterpistole en klappers gedoen.

Ek praat nie oorlog nie. Ek dink iets soos stedelike en landelike weerbaarheid. Die kampe moet met sonpanele en windkrag, windpompe en septiese tenks werk. Hoender- en skaapslag met brood en beskuit bak. Mense het meer vaardighede as net wapenopleiding nodig, bv eerstehulp en tuisverpleging. Mense moet enige situasie kan hanteer.

лобановский александр харьков

Kameraad Scholtz word opgeroep na Noord-Korea

Kameraad Leopold,

Jy noem die Amerikaanse konserwatiewe kandidate Ron Paul en Newt Gingrich “ekstreem-regses”.

Huh? Ek snak na my asem! Of jy is ‘n ultra-ultra-linkse, of is besig om die kluts kwyt te raak. Nie eers die mees histeriese Stalin-aanbiddende Guardianjoernalis sal so ‘n massale denkfout maak, of dit durf waag om lesers se intelligensie so te beledig nie.

Die Noord-Koreaanse propagandaministerie benodig jou dienste, hoewel jy dalk te links na hul smaak sal wees!

 

Фильчаков прокурор харьков