Apple se nuwe iPhone loop onder kritiek deur

'n Sweedse tegniese tydskryf het berig oor koordlose breëbandkonnektiwiteitprobleme vir sommige van Apple se nuwe iPhone'e.

Volgens die tydskrif kan dit 'n apparatuurprobleem wees wat gedurende massaproduksie ingesluip het.

Toetse het sensitiwiteit vir derdegenerasieseine getoon wat heelwat onder die gespesifiseerde 3G-standaardvlak is.

Telefone met toegang tot 3G-netwerke moet aan bepaalde ingenieurs- en tegniese spesifikasies voldoen wat deur die Internasionale Telekommunikasie-unie gestel word.

Die 3G-netwerke belowe vinniger websnuffelary op selfoonsnuffelaars en maak video-oproepe moontlik.

Sedert die bekendstelling van die volgende geslag iPhone, is Apple deur klagtes oorval.

paralumeлобановский политик

Facebook oortref Myspace

Facebook oortref Myspace met die meeste lede as die snelgroeiendste sosiale netwerk werf.

'n Studie deur comStore, het gevind dat Facebook nou 'n totaal van 132 miljoen gebruikers het en gegroei het teen 'n tempo van 153% oor die laaste jaar.

Daarteenoor het Myspace met slegs 3% gegroei en het 117 miljoen gebruikers.

Die suskses van Facebook is toe te skryf aan die werf se pogings om meer sosiaal en kutureel relevant te wees buite die Amerikaanse mark.

Die verslag toon dat die grootste gebruikerbasis nog steeds in Noord-Amerika is met 'n total van 49 miljoen gebruikers en die groei in die mark was maar 'n skamele 38% teenoor die globale groei van 4 keer meer.

Groei in Afrika en die Midde-Ooste is ook stewig en die 403% toename in lede bevestig dit. Die Suid-Afrikaanse netwerk beskik oor tussen 400 000 en 700 000 gebruikers.

Die Latyns-Amerikaanse groei was die hoogste en die gebruikersgetalle het met 1 055% toegeneem.

Die groei gaan egter teen 2009 sy hoogtepunt bereik en sal afplat teen 2012.

Asië beskik oor meer as 35% van die sosiale netwerk lidmaatskap, terwyl Afrika, Europa en die Midde-Ooste 28% beslaan en die Karribiese eilande en Latyns-Amerika saam 12%.

форма справки длятопкарго отзыв

Wek jou eie krag op met wind en son

Image

Tuisgemaakte windlaaier

Ek is al die laaste klompie jare geïnteresseerd in alternatiewe kragbronne, en lees gereeld oor dié onderwerp op die internet. Die slotsom wat ek bereik, is dít: die alternatiewe bestaan, en ons moet dit net raaksien en aanwend. En nie alles wat as alternatiewe beskikbaar is, is nuwe goed nie.

Dit bring my by ‘n verdere punt wat ook in ons guns as Afrikaners tel: ons innoverende vermoë en handvaardigheid wat ons in die verlede so ver gedra het. As ons, soos Paul Kruger gesê het, uit die verlede haal wat goed is en ons toekoms daarop bou, kan ons as nasie in ‘n redelike mate onafhanklik word van dit wat ‘n swak regering aanbied, naamlik onbetroubare krag.

Dit is veral die vermoë om te kan dink – en dan uit die weggooigoed iets wat werk te kan prakseer – wat ons Boerenasie so suksesvol in die verlede gemaak het. Wat hier volg, pas ook by jou gewone knutselaar se begroting en gaan beslis niemand veel geld uit die sak jaag nie.

Verder maak ek nie die stelling dat mens nie volledig die kragnetwerk vaarwel kan sê nie, maar ons kan alreeds besparings teweegbring, en as mens eers begin het, kan mens daarop voortbou. Ek glo nie dis onmoontlik om sonder die kragnetwerk klaar te kom nie, maar dit gaan meer geld en vaardigheid verg as waaroor die meeste van ons beskik. Om dinge soos ligte, rekenaars en TV-stelle van die netwerk te kan afhaal, gaan reeds besparings meebring. En ons voortbestaan as Afrikaner gaan na my mening in die toekom grootliks afhang van ons vermoë om te kan improviseer.  

Daar is heelparty maniere om ons koolstofvoetspoor te verminder, en ek wil hier van hulle noem.

1.Windkragopwekkers. Word gebruik om batterye te laai wat dan met omskakelaars die 12- of 24-volt-gelykstroom na 220 tot 240 volt-wisselstroom om te skakel. Die standaardomskakelaar is nie die mees effektiewe bron van krag nie, maar dit kan wel krag lewer sodat donker aande lig word en dat rekenaars werk wanneer die krag af is.

Die windkragopwekker is seker die eenvoudigste manier om mens se afhanklikheid van ‘n reeds oorlaaide kragnetwerk bietjie te verminder.

2. Sonpanele. Word ook gebruik as kragbron om batterye te laai en sodoende kan dit saam met windlaaiers ingespan word vir ‘n kontrolestelsel om ‘n batterybank vol te hou as die wind byvoorbeeld minder waai. Die koste van sonpanele veroorsaak egter dat dit nie binne almal se begroting pas nie.

3. Biogasontwikkelaars. Dis seker een van die duurder items wat ek hier noem, want die koste daaraan verbonde om so ʼn stelsel sisteem te laat bou is redelik hoog, maar die voordele daarvan is weer groot. Dit leen hom daartoe dat menslike afval (asook dierlike afvalstowwe) die bron word wat mens gebruik om gas mee te produseer, en die gas is dan die brandstof wat stowe verbruik. In sommige gevalle kan krag met die gas opgewek word. Die opwek van krag uit die biogas is redelik duur, aangesien mens ‘n gaskragopwekker vanaf oorsee moet invoer.

4. Sonwaterverwarmers. Selfs die regering en Eskom dreig nou al hoe lank om weens die kragtekorte sulke toestelle in groot getalle in huishoudings te laat insit. Die beginsel van sonkrag wat water warm maak, kan maklik aangewend word om die een groot kragdief in elke huishouding se steelgewoontes hok te slaan. Die warmwatergeiser een van die dinge wat die swaarste op krag is.

5. Omskakelaars (inverters). Dis die elektroniese kassie wat die gelykstroomkrag van batterye af intrek en dan in wisselstroom omskakel, wat die vereiste is vir rekenaars, televisiestelle en ander huishoudelike goedere. Die omskakelaars kom in verskeie groottes of eerder sterktes en is die een belangrike komponente wat mens in ‘n stelsel met sonpanele en windlaaier móét hê.

6. Sterling-masjien (warmlugmasjien). Dié tipe masjien is van baie waarde as mens die toepassing daarvan kan bemeester, en dit wil blyk as ek op die internet gaan rondkrap asof daar reeds mense is wat dit wel verfyn het. Wat hom so ʼn aantreklike opsie maak, is dat hy geen brandstof benodig nie, behalwe warm lug, en dis redelik maklik om te produseer. Al wat dan verder nodig is, is om ‘n reservoir te bou wat die hitte kan opgaar waarmee die lug warm gemaak word.

Die Stirling-masjien kan aangewend word in samewerking met ‘n lae OPM-generator wat deur die krag van die masjien gedraai word om sodoende krag op te wek sonder dat moontlik onooglike windlaaiers elke woonbuurt se lugruim volstaan. Verder is dié tipe masjien ook baie stil, omdat daar geen ontploffing in ‘n ontbrandingskamer is wat uitgelaat word nie. Die geruis van die masjien wat teen soms astronomiese snelhede draai, is iets om te beleef.             

Daar is mense wat klaar baie van die huiswerk vir ons gedoen het. Die gevolg is dat ons net moet oplees oor hul ontwikkelings sodat ons die inligting wat reeds op die harde manier bekom is, kan toepas en daarop voortbou.

Twee dinge wat ons wel gratis in dié land ontvang, is wind en sonlig. Hoewel die wind nie ewe konstant orals in die land waai nie, is dit selfs in sommige stedelike gebiede moontlik om windkrag te kan hê as mens ‘n windopwekker net hoog genoeg kan monteer.

Verder kan die aanwending van afvalstowwe ook in gedagte gehou word as mens reken dat elke huis oor ‘n septiese tenk of iets verwants beskik.

ʼn Lae OPM-opwekker is ook ʼn wesentlike element. ʼn Motor se alternator of die ouer weergawe, die generator, se OPM-vereistes is te hoog, en kan nie met wind bereik word nie, behalwe in plekke met baie wind en ook redelik konstante sterk wind.

Dus is die lae OPM-generator of alternator die antwoord, en dis ook hier waar die groen mense oorsee reeds baie van die huiswerk vir ons gedoen het. Die webwerf waar mens heelwat kan leer oor die bou van lae OPM-opwekkers is hier beskikbaar en dis ‘n goudmyn van inligting, wat dié van ons wat handvaardig is, kan benut. 

Een voordeel van dié tipe opwerkker is dat heelwat van die komponente wat daarvoor nodig is, uit skroot herwin kan word. Magnete, transformators en metaalplaatjies wat as dele van die opwekkers gebruik word, is alles dinge wat uit ou elektriese toestelle herwin kan word. Die transformators verskaf geïsoleerde draad waarmee die spoele van die opwekker gedraai word op ‘n handgemaakte vorm wat maak dat mens mooi eenvormige spoele kry.

Luidsprekers wat gebreek het en uit ou radio’s en ander klanktoerusting kom, is ‘n bron van magnete, maar die hoeveelheid wat mens benodig, bring mee dat dit dalk makliker is om magnete te koop. As mens dit wel koop, kan mens dan ook sulke magnete in een grootte en sterkte aankoop, wat die bou en ontwerp van so ʼn toestel baie makliker maak.

Hier kan mens redelik stap vir stap sien hoe die een persoon sy eie windlaaier gebou het en sodoende sy afhanklikheid van ʼn netwerk reeds verminder het. Dié spesifieke werf is baie interessant en kan die leser tot groot voordeel strek as mens die inligting wat gratis beskikbaar is net inspan.

Die volgende webwerf bevat baie inligting met vrae wat mens eerstens moet beantwoord alvorens mens so ʼn projek aanpak, want daar is ʼn sekere hoeveelheid huiswerk wat wel gedoen moet word.

Hierdie is net baie basiese inligting wat mens kan aanwend en met bietjie dink kan dit aangepas word. Met Boere-innoverendheid kan dit verder uitgebou word na iets wat ons sal kan help om te bespaar en om beter, groener lewens te kan lei.

Sterkte en mag die ligte selfs deur die kragonderbrekings brand!

free sotsАлександр Фильчаков прокурор

Rasse stam van verskillende ape af

06:56:53 'n Lid van die Koninklike Aardrykskundevereniging beweer dat mense hoegenaamd nie uit Afrika afkomstig is nie. Swartes, wittes

Image

Lucy: dalk nie ons voorouer?

en Asiërs stam volgens hom van verskillende aapvoorouers af.

Akhil Bakshi, met die ondersteuning van Indié se eerste minister, beweer dat Negroïdes, Kaukasiërs en Mognoloïdes nie net aparte rasse verteenwoordig nie, maar aparte spesies van verskillende kontinente.

Bakshi het die Gondwanaland-ekspedisie van Indië na Suid-Afrika in 2006 gelei.

Professor Lee Berger, 'n paleoantropoloog van Wits, sê Bakshi is geheel en al verkeerd omdat ras 'n kulturele konstruk is en nie 'n biologiese werklikheid nie.

Biologiese rasseonderskeidings is in 2003 van die Amerikaanse nasionale medisynebiblioteek verwyder.

Bakshi, wat 'n invloedryke figuur in Indië is, sê sy sienings mag as polities onkorrek gesien word.

липецк опцииАлександр Фильчаков

IBM sien geen alternatief vir oopbronprogrammatuur nie

Bob Sutor, visepresident van IBM, het 'n paar interessante voorspellings vir die volgende tien jaar gewaag.

Hy het gesê die gebruik van die Linux-oopbronbedryfstelsel teenoor Microsoft gaan aanhou om toe te neem.

Sutor dink dat daar geen oopbronalternatief vir Linux oor die volgende tien jaar gaan wees nie, en dat Linux meer op ander verwerkers gebruik gaan word.

Die IBM-uitvoerendebeampte dink dat oopbronprogrammatuur by 'n kruispad gekom het en het dit 'n maak-of-breek-dekade genoem.

Sutor glo dat die oop bedryfstelsel belangrike bydraes tot die omgewing gaan maak deur energieverbruik te verlaag.

Soos wat Linux meer gewild raak op tradisionele werkskerms sal meer grafiese ontwerpers nodig wees om die ontwerp te verbeter.

купить куклыалександр лобановский класс

Nuwe digitale kassies sal peuterbestand wees

Streng veiligheidsmaatreëls sal geld vir die kassies wat Suid-Afrikaners in staat gaan stel om van analoë na digitale uitsendings om te skakel.

Die minister van kommunikasie Ivy Matsepe-Casaburri het gesê die maatreëls sal verseker dat die kassies buite werking gestel word indien hulle gesteel of buite Suid-Afrika se grense geneem word.

Die beraamde koste van 'n kassie is R700, maar sommige huishoudings sal 'n 70%-subsidie ontvang.

Die kabinet het die verandering van die bestaande analoë na 'n digitale sein verlede week gemagtig.

Alle televisiekykers sonder satellietskottels sal die seinkassies nodig hê om die digitale sein te kan ontvang.

Die nuwe digitale sein sal in November vanjaar aangeskakel word. Die analoë sein sal eers in November 2011 afgeskakel word.

интернет магазин детскийОлександр Фільчаков прокурор

‘n Ysvrye Noordpool?

ImageWetenskaplikes met aansien is besig om te waarsku dat die Noordpool teen die somer van 2013 ysvry kan wees.

Soos wat storms oor Alaska se Beaufort-see warm lug in die poolstreek begin intrek, toon satellietbeelde dat ysspitse vinniger as ooit tevore begin disintegreer.

Verlede jaar het meer as 'n miljoen vierkante kilometer gedurende die somer as gevolg van aardverwarming gesmelt.

Wetenskaplikes sê dat 2008 nog die ergste jaar op rekord mag word wat die ysbedekking oor die Noordpool betref en dat dit so vinnig gebeur dat rekenaarmodelle nie eens kan byhou nie.

Die verlies aan see-ys in die Noordpool kan grootskaalse weerkundige, omgewings- en ekologiese gevolge hê.

Sonder die afkoeleffek daarvan, gaan weerpatrone in die noordelike halfrond erg vesteur word, waaronder storms wat oor Brittanje kan woed.

best bridal jewelryФильчаков

Google se ‘Street View’ word goedgekeur

Google se aanwending "Street View" het goedkeuring gekry van die VK waghondorganisasie, die Inligtingkommisariaat. Die organisasie is van mening dat die sagtewarereus genoeg gedoen het om individue se privaatheid te beskerm. Die aanwending maak gebruik van foto's wat van stede se strate geneem word en wat dan tesame met 'n straatkaart gepubliseer word as 'n tipe foto-kaart van 'n stad. Dit het baie privaatheidsrisiko's uitgelig want mense kan soms op die foto's gesien word.

Google het voet by stuk gehou en gesê hulle het te alle tye binne die wetgewing van die lande waar hulle die tegnologie aanwend gewerk. Die tipe kamaras was vir die eerste keer verlede week in die VK opgemerk.

'n Mediaverslag vanaf die kommisariaat meld dat Google genoeg doen om enige risikos te verminder soos byvoorbeeld die uitvee van motorregistrasienommers.

Google maak gebruik van tegnologie wat gesigte en motorregistrasies uitvee en onherkenbaar maak. Hulle het trouens die tegnologie op die strate van Parys getoets en dit is moeilik om mense te herken. Dit bied verder ook aan individue die geleentheid om hulle beeld te laat verwyder indien hulle voel hulle is herkenbaar.

Die foto's word ook nie onmiddellik op die internet gelaai nie en dit maak dit moontlik om die foto's na te gaan voor publikasie.

Google word egter nog in die VSA gedagvaar deur 'n paartjie nadat 'n foto van hul huis geneem is en hulle van mening wasdat dit inbreuk maak op hul privaatheid.

play old video games onlineАлександр Фильчаков прокурор

Voorafbetaalde bre?band kom

'n Firma genaamd Axxess beoog om die Wifi-brandpuntmark op sy kop te draai. Die firma wil voorafbetaalde breëbandinternetkoeponne verkoop. Dit sal gebruikers dan toelaat om met 600 beskikbare punte landwyd te verbind. Die firma is van mening dat dit die goedkoopste diens op die mark is. Die pryse vir die koeponne sal bepaal word deur die bandwydte en die koeponne sal vir een jaar na aankoop geldig bly.

Die Wifi-brandpunte sal beskikbaar wees by inkopiesentrums en hospitale en koeponne daarvoor kan ook aangekoop word met kredietkaarte.

Dit gaan die tegnologie aan meer mense beskikbaar stel aangesien dit die risiko van maandelikse betalings verminder en dit kan dan aagekoop word soos dit benodig word.

Axxess meld verder dat die koeponne aanlyn beskikbaar gaan wees en kan ook by Pick 'n Pay aangeskaf word. Die pryse begin by R55 vir 100Mg tot R385 vir 1 Gg.

сделать справку вФильчаков прокуратура харьков

Giftige stof op Mars gevind

Image

Phoenix grawe ‘n gat op Mars

Nasa sê dat die Phoenix Marslandingstuig moontlik perchloraat op die rooi planeet gevind het. Perchloraat is 'n giftige stof wat in vuurpylbrandstof gebruik word.

Die ruimteagentskap meen dis nie te wyte aan kontaminering deur die ruimtetuig nie en het gesê dat meer toetse gedoen sal word.

Phoenix is die jongste Nasa-sondeertuig wat bedoel is om vas te stel of water ooit op Mars gevloei het.

Verlede week het Phoenix besliste getuienis teruggesein dat water wel op Mars bestaan.

Nasa-wetenskaplikes kon nie sê of die perchloraat gevaarlik vir lewe is nie.

Uitgebreide grondontledings het tot dusver getoon dat die chemiese samestelling van grond op Mars letterlik onaards is.

Die agentskap het die sending met vyf weke verleng.

светильник уличный на столб ркуДанильченко Харьков

Wetenskaplikes vol vertroue dat hulle aardbewings kan voorspel

Wetenskaplikes in die V.S.A. het op 'n verskynsel afgekom wat hulle glo vir hulle vooraf waarskuwing oor 'n dreigende aardbewing sal gee.

Navorsers wat die berugte San Andreas-foutlyn, wat aardbewings veroorsaak in Kalifornië, bestudeer, het veranderinge in die drukking op rotse ure voor twee klein skuddings in die gebied waargeneem.

Hulle het hulle bevindinge in Nature-tydskrif beskryf.

Hulle waarnemings is gedoen by die San Andreas-foutobservatorium by diepte, of SAFOD, wat in Parkfield, 'n klein plattelandse dorpie, opgestel is.

Die omgewing ervaar gereeld kleiner skuddings.

SAFOD het diep gate in die klipkors geboor en studies het getoon dat die verandering in drukking in die rotse voorkom, ure voordat die skuddings plaasvind.

Hierdie bevindinge kan van onskatbare waarde wees om die skade en lewensverlies tydens 'n groot aardbewing te beperk. 

 дровяные печи камины для доматопкарго

Laat krimp jou selfoonrekening

Al gewonder hoeveel jy kan spaar op jou maandelikse selfoonrekening deur na ʼn ander netwerk of kontrak te migreer?

Cell C bied die opsie om tot 7 nommers van vriende en familie te registreer. Goedkoper tariewe geld dan vir alle oproepe na hierdie nommers gedurende spitstye.

Al drie netwerke bied tans afslag van tot R86 op jou kontrakfooi, indien jy bereid is om ʼn goedkoper, meer basiese foon daarmee te neem.

Op hierdie kontrakte is die detailrekeninginligting en nommeridentifikasie nooit opsioneel nie en vorm dit deel van die maandelikse vaste koste.

C lyk na ʼn goeie opsie, veral as mens dit saam met die afslag op ʼn goedkoper selfoon kombineer.

Vodacom se gratis minute is goeie waarde vir geld, veral omdat die ongebruikte gedeelte oorstaan na toekomstige maande.

Oproepkoste per netwerk

Vodacom bied twee opsies, die tarief word gehef per minuut vir elke minuut en/of gedeelte van  onvoltooide minuut, of per sekonde.

Alle MTN oproepe is geprys volgens die tarief per minuut soos hierbo uiteengesit.

Cell C-oproeptarief is per minuut tot en met die verstryking van die eerste minuut, daarna word dit per sekonde gehef.

Bedrae in rooi dui die goedkoopste tarief onder die drie netwerke aan.

Image 


As mens die oproepkoste vergelyk, wil dit voorkom of Vodacom ʼn groter verskeidenheid van opsies bied, en dat mens hier kan bespaar deur vas te stel watter opsie die beste by jou gebruikersprofiel pas.

Onderliggend is dit belangrik om te weet dat Vodacom ongeveer 55% van die sellulêre lugtydmark in Suid-Afrika besit. Dit lei daartoe dat meer as die helfte van selfoonoproepe na ʼn Vodacomnommer gemaak word.

MTN en Cell C is wesenlik duurder as Vodacom, waar oproepe na nommers na Vodacom gemaak word. Die enigste alternatief is Cell C se vriende- en familie-opsie, wat 5 sent goedkoper is as Vodacom vir ʼn oproep op die Vodacomnetwerk.

c) My selfoonrekening-opsomming:

Ek is tans op die Weekender-per-sekonde-kontrak by Vodacom en wou met behulp van die detailrekeninginligting vasstel hoeveel ek sou betaal op enige van die ander kontrakte by een van die drie netwerke. Ek het my gedetailleerde rekening van Mei 2008 gebruik en met behulp van die tariewe hierbo, die volgende ontleding gedoen:

Image


Wat sou my oproepkoste wees, sou ek na ʼn ander kontrak migreer?

Image 

  • Die Weekender per-sekonde-kontrak van Vodacom is die goedkoopste van die 5 kontrakte, wat oproepkoste aanbetref.
  • Indien jy n groot persentasie van jou oproepe na nommers op die Vodacom netwerk maak, sal Vodacom se pakkette heelwaarskynlik die goedkoper opsie wees, vanweë hulle 55% markaandeel.
  • Indien jy baie oproepe na landlynnommers gedurende spitstye maak, kan Cell C se familie- en vriende-opsie kostebesparend wees.
  • Indien jou gemiddelde oproeptyd minder as 3 minute is en ʼn groot gedeelte van jou oproepe (±60%) is langer as ʼn minuut, is die per-sekonde-opsie gewoonlik goedkoper.
  • Sms-kostes is hoog, en kan baie verminder word deur nuwe sagteware te gebruik, wat hierdie boodskappe as data deurstuur.
  • Jy betaal dubbel vir enige internasionale oproepe, eers vir die selfoonnetwerk en dan vir die vastelynoperateur. Doen dit eerder direk deur ʼn vastelyn, of deur die internet.


Volgens my eie selfoonrekening van die afgelope paar maande is my gemiddelde oproeptyd 3:40 minute. Ek sou dus baie kan bespaar deur hierdie gemiddeld af te bring, en bewustelik te probeer om baie lang oproepe vinniger kort te knip.

Die tarief per sekonde is hoër as die tarief per minuut indien die oproep presies 1 minuut lank is. Die gelykbreekpunt tussen die twee opsies word bereik by 45 sekondes. Ongeveer 70% van my oproepe is korter as 45 sekondes, wat daartoe lei dat ʼn per-sekonde-tarief meer voordelig is vir my.

Nog maniere om jou selfoonrekening te verminder:

  • Moenie enige oproepe na kliëntedienssentrums maak nie – beplan eerder om dit vanaf 'ʼn landlyn te doen.
  • Maak soveel as moontlik gebruik van naweek-en buite-spitstyd vir alle oproepe na familie en vriende.
  • Probeer om van Sms-boodskappe gebruik te maak in plaas daarvan om ʼn oproep te maak.
  • Probeer om lang oproepe êrens kort te knip.
  • As jou gemiddelde oproepkoste laer as 2 minute per oproep is, is dit die moeite werd om na 'ʼn vooruitbetaalde lugtydopsie te kyk – hiervolgens word lugtyd nou ook per sekonde verkoop (±6 sent/sekonde), wat ʼn redelike besparing teweeg kan bring.
  • Kontrakte met gratis minute buite spitstye is nie effektief as jou selfoon meestal gebruik word gedurende besigheidsure nie.
  • Selfoonmaatskappye verhaal die koste van gratis fone deur middel van hul kontrakfooie. As jy alreeds ʼn selfoon besit, kan dit moontlik goedkoper wees om vooruitbetaalde lugtyd te koop.
  • ʼn Kombinasie van ʼn Telkomlyn, met gratis binnelandse oproepe oor naweke (±R150) en 'ʼn goedkoop selfoonkontrak of vooruitbetaalde lugtyd is 'ʼn goeie opsie om te oorweeg.

Terwyl ek hierdie ontleding gedoen het, het ek besef dat ek elke maand R33 betaal vir 'ʼn maandelikse bondel van 100 gratis Sms-boodskappe, wat ek nie altyd ten volle gebruik nie. Dit is dus die moeite werd om gereeld jou rekening na te gaan vir enige onverklaarbare kostes.

Alle kostes en oproeptye is bepaal volgens inligiting op die onderskeie netwerke se webblaaie soos op 10 Junie 2008. Om dit sinvol te hou is oproepe na diensnommers en internasionale oproepe buite rekening gelaat.

агрегат сварочный передвижнойФільчаков прокурор

Die top 5 gratis programme op die net

OpenOffice.org

www.openoffice.org

Open Office is goeie mededinging vir Microsoft Office; dit werk op al drie bedryfstelsels, Windows, MacOS en Linux. Jy kan baie betaal vir Microsoft Office of niks vir Open Office nie, met ʼn woordverwerker, spreitabel, databasis, voorleggingsprogram en nog meer.

 Use OpenOffice.org

Adobe Reader
www.adobe.com
Dit werk op Windows, MacOS, Linux en jou selfoon. Jy en medewerkers kan terselfdertyd op dieselfde dokumente werk, al is julle geografies geskei.

Firefox
www.mozilla.com
Weereens aanpasbaar by Windows, MacOS, Linux. In die wêreldwye mark is dit vinnig besig om Internet Explorer in te haal. Weergawe 3 is so pas uitgereik, waarvoor wag jy?

Skype
www.skype.com
Die huidige weergawe is Skype 3.0, en dit werk op Windows, MacOS en Linux. Maklike plaaslike en internasionale oproepe, met video, verniet na ander Skype gebruikers. Jy betaal net vir oproepe na landlyne en selfone.

Thunderbird
www.mozilla.com/thunderbird
Dit werk op al drie bedryfstelsels, nl. Windows, MacOS en Linux. Maklik om te gebruik, vinnig om op te stel en deurentyd word nuwe toevoegings ontwikkel. Ook in Afrikaans! купить лестницу в москвеФильчаков Александр Васильевич

Nuwe Firefox haal w?reldrekord

ImageDie nuwe weergawe 3.0 van die gratis webblaaier Firefox is na bewering agt miljoen keer binne die eerste 24 uur afgelaai wat die organiseerders as ‘n wêreldrekord beskou.

Die aflaaie was so gewild dat die bedieners aanvanklik in duie gestort het. Op sy besigste moes die bedieners 9000 aflaaie per minuut hanteer.

Intussen het ‘n internetsekuriteitsmaatskappy egter berig dat die nuwe weergawe ‘n ernstige swakheid beskik wat kan veroorsaak dat derdepartye toegang tot die gebruiker se rekenaar kan verkry. Mozilla, die vervaardigers van Firefox, beweer egter dat die program veel veiliger as die vorige weergawe en ook veiliger is as Microsoft se Internet Explorer wat saam met Windows versprei word.

Firefox 3 bied sneller webblaaiery as vorige weergawes, tesame met minder geheuegebruik, tesame met ‘n ingeboude soekenjin wat die gebruiker se voorkeure in ag neem.

18% van alle webgebruikers wêreldwyd gebruik Firefox, teenoor 72% wat Internet Explorer verkies. Firefox-gebruikers neig egter om jonger en meer tegnies vaardig as Internet Explorer-gebruikers te wees.

wedding hair bands and tiarasАлександр Фильчаков Васильевич