Afrikatroepe neem Franse hoofstad oor

Nicolas Sarkozy het Woensdag, 13 Julie in Parys, die dag voor die Franse nasionale vakansiedag, die leiers van 13 Afrika-lande verwelkom om die “sterk bande” tussen Frankryk en sy voormalige Afrika-kolonies te vier. 

‘n Huldeblyk is gehou om ook die vyftigste herdenking van dié lande se onafhanklikheid van Frankryk te vier.

Sarkozy het by ‘n middagete by die Elysee sy besluit om die uitnodiging aan sy tydgenote te rig om hul troepe aan die Bastilledagparade op die Champs-Elysees te laat deelneem, geregverdig. Die Franse staatshoof se besluit het vir heelwat kritiek gesorg.

“Dit is baie verkeerd om te dink dat ek geïnspireer word deur ‘n gevoel van nostalgie vir ‘n tydperk wat ek al meer as een keer as ‘n onreg en ‘n fout uitgewys het,” het hy gesê aan diegene wat sy gebaar beskryf het as “die uitdrukking van ‘n koloniale nostalgie.”

“Die doel van hierdie vergadering […] is die sterk bande wat danksy ons mense se geskiedenis heers. En die krag van hierdie vergadering is om ons toekoms te bou.,” het Nicolas Sarkozy aangedring.

Verskeie NGO’s, het die teenwoordigheid van sekere Afrikatroepe, as synde “misdadigers” en “oortreders van menseregte” gekritiseer, maar die Elysee het dit ten sterkste ontken.

Binne hierdie konteks van die verlede, “skuld” Frankryk die “verhoog wat hulle aan Afrika-lande kan bied,” het Sarkozy gesê.

Onder die uitspraak van die Konstitusionele Raad op 28 Mei, kan die Franse staatshoof die geleentheid gebruik om die pensioen van alle veterane in die buiteland woon, ongeag hul nasionaliteit in ooreenstemming te bring met Franse pensioene.

детские игрушки куклыалександр лобановский харьков класс

Iranse kernwetenskaplike duik in Washington op

‘n Iranse kernwetenskaplike wat meer as’ n jaar gelede verdwyn het, het Dinsdag geheimsinnig sy verskyning gemaak in Washington. Hy beweer hy is ontvoer, maar die Verenigde State het ontken dat hy teen sy wil aangehou word.

Iran, wat in ‘n stryd met die Weste verkeer oor sy kernwapenprogram, het herhaaldelik die CIA vir die ontvoering van Shahram Amiri, wat vir Iran se Atoom Energie Organisasie gewerk het, beskuldig.

Amiri, wat verdwyn het tydens ‘n bedevaart na Saoedi-Arabië meer as ‘n jaar gelede, is by die Pakistanse ambassade gelys, omdat verteenwoordig tussen Iran en die Verenigde State via dié land geskied, aangesien Teheran en Washington geen diplomatieke betrekkinge handhaaf nie.

Amiri het glo onder andere in onlangse video-opnames gesê hy is ontvoer en gemartel, dat hy in die Verenigde State studeer, en dat hy gevlug het van Amerikaanse agente. Hy vra dat menseregtegroepe hom help om terug te keer na Iran.

Amiri is Dinsdag op die Iranse staatstelevisie aangehaal waar hy sê “my ontvoering is ‘n skande vir hoe Amerika optree.”

Die geheim rondom Amiri word aangevuur deur spekulasie dat hy moontlik inligting oor Iran se kernprogram het wat deur die Amerikaanse intelligensie gesoek word. In Maart het ABC News berig dat Amiri oorgeloop het en dat hy die CIA help.

Amerikaanse amptenare het Dinsdag geen verduideliking gegee waarom Amiri na die Verenigde State gekom het nie en het gesê hy het besluit om terug te keer na Iran uit eie vrye wil.

Intelligensie oor die kernprogram is vir die Verenigde State van groot belang, aangesien Israel, sowel as olie-voorrade uit die Golf en vriendelike nasies in Europa bedreig kan word deur Iran se moontlike kernbewapening.

“My ontvoering is ‘n skande vir Amerika … Ek was onder enorme sielkundige druk en toesig deur gewapende agente oor die afgelope 14 maande,” het Amiri, wat in sy dertigs is, gesê.

“Amiri is vergesel deur Amerikaanse magte in Washington na die Pakistanse ambassade,” het Iran se PressTV gesê.

Hoe Amiri in die Verenigde State beland het, is steeds onduidelik. Hy kon deur ‘n ander land ontvoer en daarna oorhandig gewees het aan Amerika. Die VSA se departement van buitelandse sake ontken dat Amiri deur hulle ontvoer is.

Hillary Clinton het aan verslaggewers gesê: “Mnr Amiri is in die Verenigde State uit sy eie vrye wil, en hy is vry om te gaan.”

Amerikaanse amptenare het ontken dat hulle Amiri wil ruil vir die drie Amerikaners wat in hegtenis geneem is by die Irakese grens ‘n jaar of meer gelede.

Washington het diplomatieke bande met Teheran na Iran se Islamitiese rewolusie in 1979 verbreek.

Amerikaanse belange in Iran word hanteer deur die Switserse ambassade in Teheran.

корневые каналылобановский александр компромат

Kunstenaar skok met Auschwitz-video

‘n Kunstenaar het ‘n opskudding veroorsaak nadat sy haar pa van 89, ‘n oorlewende van die brandoffer, by Auschwitz verfilm het terwyl hy sing en dans op die maat van die Gloria Gaynor-treffer I Will Survive. 

Jane Korman, ‘n Joodse kunstenaar van Australië, het drie generasies van haar familie verfilm terwyl hulle ‘n lomp danspassie in die bekende konsentrasiekamp in Pole opvoer op maat van die treffer.

Die groepie probeer tevergeefs tyd hou onder die konsentrasiekampingang waaroor geskryf staan “Arbeit Macht Frei”.

Korman sê die video, wat al meer as 200 000 keer op YouTube gekyk is, is ‘n “viering van die lewe en oorlewing.”

Oorlewendes van die brandoffer is glo erg onthuts deur die video. Hulle beswaar is dat dit nie die miljoene Jode wat gely het, respekteer nie.

бачок дляФильчаков прокуратура харьков

Belfast, Noord-Ierland, smaak opnuut geweld

Drie polisiebeamptes is Maandag beseer in ‘n skietery tydens oproerigheid wat in Belfast, Noord-Ierland uitgebreek het.  
Bykans 30 polisiebeamptes is beseer toe hulle deur Ierse nasionaliste aangeval is. Niemand is noodlottig gewond nie.

Die voorvalle het in die gebied van North Queenstraat in die noorde van die stad plaasgevind.

изготовление саунДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

‘n Franse sakeman het aangebied om eiendomme te verkoop om Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk opgelê mag word, indien hulle die boerka dra. 

Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbod op die dra van ‘n boerka.

Frankryk sal waarskynlik die verbod op die boerka Dinsdag goedkeur, en vroue sal met sowat R1 500 beboet word indien hulle die boerka in openbare plekke dra.

Rachid Nekkaz het in ‘n verklaring wat in verskeie koerante gepubliseer is gesê hy sal eiendomme verkoop en vroue help om enige boetes te vereffen.

металлокерамика протезированиеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. 

Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk het.

Die aanvalle beteken ‘n verinternasionalisering van Somalië se burgeroorlog van 20 jaar.

“Ons het die aanvalle geloods omdat ons oorlog voer teen hulle,” het Mohamoud Rage, die Shabaab-groep se woordvoerder gesê.

Sy uitlating volg nadat Uganda troepe gestuur het namens die Afrika-Unie wat die Somaliese regering in die burgeroorlog ondersteun.

Volgens Kale Kayihura, ‘n plaaslike polisiehoof, het drie ontploffings die stad geskud. Een was glo as gevolg van plofstof wat in ‘n gebou geplant is, maar die ander twee was moontlik weens selfmoordbomaanvalle.

no depositФильчаков Александр Васильевич

Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?

‘n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami’s tot gevolg het, en ander nie.

Dié vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een ‘n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie.

Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal geregistreer het, het op 26 Desember 2004 naby Sumatra ontstaan, en ‘n tsoenami van meer as dertig meter hoog tot gevolg gehad. Meer as ‘n kwart miljoen mense het omgekom.

Drie maande later het ‘n 8,7 aardbewing net suid van die vorige toegeslaan, en die veel kleiner tsoenami het tot 1 300 sterftes gelei. Die twee aardbewings het op verskillende segmente van dieselfde aardkorsfout voorgekom.

Die Christian Science Monitor berig geoloë van die Universiteit van Southampton in Engeland meen die eerste aardbewing het die seebedding veel meer laat beweeg as die tweede. Die water bokant die eerste aardbewing is as’t water deur ‘n groot plak gewiks.

Met die tweede aardbewing is die aardkors veel minder geklits.

Seismiese peilings het getoon dat die seebedding rondom die episentrum van die eerste skudding uit veel sagter materiaal bestaan as die tweede.

Intussen het die vraag wél opgeduik of vanjaar se baie, en sterk aardbewings, op iets dui.

Die vraag is veral gevra na Haïti, Chili en Taiwan binne ongeveer drie maande erge skade gely het, en daar in Haïti en Chili erge lewensverlies was. Kuo Kai-wen van Taiwan se seismologiese instituut het egter gemeen dat die erge skuddings niks ongewoons is nie, en dat die groot skuddings onverwant was.

Ander geoloë – hoewel hulle hul nie oor ‘n toename uitspreek nie – meen egter skuddings word wél “aangesteek.” Omdat skokgolwe ook deur die aarde trek, is dit nie noodwendig so dat die foutlyne naby mekaar hoef te wees nie. Spanning bou oor tyd op, en wanneer ‘n aardbewing iewers genoeg skokgolwe oplewer, is dit dalk nét die hupstoot wat nodig is om die spanning te ontlont, en ‘n aardbewing iewers is die gevolg.

Op ‘n lys van beduidende aardbewings vanjaar (die onlangse skuddings in die omgewing van Kakamas het nie die lys gehaal nie) is die skuddings van meer as 7 op die Richterskaal aangedui, en let op die skudding in Chili. Die skudding in Haïti wat die wêreld so met hulp laat reageer het, haal die swaarlys net-net, terwyl die een wat soveel skade in Taiwan veroorsaak het, nie die swaarlys haal nie.

Ander faktore as die sterkte van die skudding, soos bedenklike bouwerk, tsoenami’s en modderstortings bepaal dikwels die lewensverlies en skade.

En net om duiwelsadvokaat te speel, het die intensiteit van aardbewings toegeneem. Kyk maar self.

Bron vir aardbewings vanjaar: http://earthquake.usgs.gov/earthquakes/eqinthenews/2010/

медицинская справка 095уФильчаков прокурор харьков

Twee bomontploffings ruk Kampala

Minstens 23 mense is Sondag dood ná ontploffings in twee restaurante in Kampala, die hoofstad van Uganda, terwyl skares besig was om die die finaal van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi te volg, het die polisie gesê 

Een van die ontploffings was in ‘n Ethiopiese restaurant in die suide van die hoofstad en die ander was by ‘n rugby-sportklub in die ooste van Kampala, het die polisiehoof Kale Kavihura aan verslaggewers gesê.

“Dertien mense is hier dood,” het hy met verwysing na die Ethiopiese restaurant gesê.

“Ek kan van tientalle sterftes praat,” het hy ná die ontploffing by die sportklub gesê.

“Hierdie bomme het beslis die Wêreldbekerykers geteiken,” het Kavihura gesê.

beyond polus отбеливаниеФильчаков прокурор

Spanje is die nuwe SWB-kampioen

Spanje is die nuwe Wêreldbekersokkerkampioen. Dié land het die eindstryd gewen toe hulle Nederland in ekstra tyd met 1-0 by die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het. 

Spanje, die Europese kampioene, was die gunstelinge om die toernooi in te palm.

Alhoewel die wedstryd deur geel kaarte gekenmerk is – 12 van hulle – was dit ‘n futlose vertoning deur albei spanne. Nederland moes ná ‘n rooi kaart met 10 spelers klaarkom.

Bykans 85 000 toeskouers het die geleentheid bygewoon.

Ekstra tyd is toegestaan nadat die wedstryd in die toegelate tyd doelloos geeïndig het.

Die wendoel is uiteindelik deur Andres Iniesta aangeteken om die Oranje span tweede te laat eindig.

гра для дітейлобановский александр харьков

Forlan is speler van die toernooi

Uruguay se doelskopper, Diego Forlan, het die Goue Bal-toekenning as speler van die toernooi gewen nadat hy vyf doele in sewe wedstryde tydens die Wêreldbekersokkertoernooi aangeteken het. 

Uruguay het vierde geëindig nadat hulle Saterdag 3-2 teen Duitsland verloor het.

Spanje het Nederland 1-0 gewen om Sondag die Wêreldbekertrofee by Soccer City in te palm.

Duitsland se Thomas Mueller het die Goue Stewel-toekenning gekry nadat hy ook vyf doele in die toernooi geskop het.

Behalwe vir Forlan, het David Villa van Spanje en Wesley Sneijder van Nederland ook vyf doele aangeteken.

Die 20-jarige Mueller is as die beste jong speler gekies, terwyl Iker Casillas van Spanje as die doelwagter van die toernooi benoem is.

вертолетики на пульте управленияФильчаков прокурор