Mubarak kies die hasepad

Woedende betogings het binne oomblikke in feesvieringe verander nadat dit bekend geraak het dat Hosni Mubarak sal uittree as president van Egipte.

Die adjunk-president, Omar Suleiman, het die aankondiging omstreeks 18:00 Vrydagaand oor die plaaslike televisiestasie bekend gemaak.

Honderdduisende Egiptenare het partytjie gehou op Tahrir-plein nadat hulle vir sowat 18 dae lank in opstand was teen Mubarak en sy regering.

Tahrir-plein word tans beskryf as die hartklop van Egipte se revolusie.

Mubarak was vir sowat drie dekades aan bewind van Egipte en het Donderdag steeds geweier om uit sy pos as president te bedank.

Hy het egter Vrydagmiddag per helikopter na Sharm el-Sheikh, ‘n oord by die Rooi See, gevlieg.

“Die grootste revolusie in die wêreld is besig om voor ons oë af te speel,” het Mohammed (60), ‘n betoger, gesê.

Suleiman se toespraak waarin hy amptelik aangekondig het dat Mubarak sal uittree het slegs 20 sekondes geduur.

“In die lig van die moeilike situasie in die land, het president Moshammed Hosni Mubarak besluit om uit sy pos as president van Egipte te tree. Die Egiptiese weermag sal nou die regering bestuur,” het Suleiman gesê.

Volgens verslaggewers van die Al Jazeera-nuusagentskap in Kaïro is die stad se strate gevul met Egiptenare wat partytjie hou.

пинетки малышамДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Sarkozy verklaar multikulti tot mislukking

Die Franse president Nicolas Sarkozy het die multikulturele samelewing tot mislukking verklaar. “Ons het ons te veel besiggehou met die identiteit van die immigrant en nie genoeg met die identiteit van die land wat hom ontvang nie”, sê Sarkozy. Hy het Donderdag in ‘n onderhoud met TV-sender TF1 dié uitlatings gemaak.

Sarkozy het homself teen ‘n samelewing, “waarin groepe langs mekaar verby lewe” uitgespreek. Wie na Frankryk kom, moet volgens die president aanvaar dat daar ‘n eiesoortige samelewing is. “Wie dit nie aanvaar, kom nie na Frankryk nie”, het Sarkozy bygevoeg.

Die woorde van Sarkozy is soortgelyk aan uitlatings wat die Britse premier David Cameron en die Duitse kanselier Angela Merkel vroeër gemaak het oor die mislukking van multikulturalisme. Cameron het verlede week gesê dat Moslemjeugdiges vatbaar is vir radikalisering omdat hulle geen kollektiewe identiteit in Groot-Brittanje ervaar nie.

046-1 бланклобановский александр игоревич харьков

Gallup se Moslem gay-opname: 0%

Slegte nuus vir gay mense. Volgens ‘n onlangse opname, vind Britse Moslems homoseksuele dade totaal onaanvaarbaar.

Gallup het telefoon- asook aangesig-tot-aangesig onderhoude met 500 Moslems in die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland gevoer.

En raai wat? “Die mees dramatiese kontras is gevind in houdings teenoor homoseksualiteit,” het die studie bevind. “Nie een van die 500 Britse Moslems waarmee onderhoude gevoer is, het geglo dat homoseksuele dade moreel aanvaarbaar is nie.”

Merkwaardig. Hulle kon nie ‘n enkele Britse Moslem kry wat in die openbaar ondersteuning vir homoseksuele wou uitspreek nie. Nie een nie.

“In vergelyking het 35% van Franse Moslems gedink homoseksuele dade kan aanvaarbaar wees,” is vervolgens bevind. “‘n Vraag oor pornografie het ook verskillende reaksies uitgelok, met Franse en Duitse Moslems wat meer geredelik as Britse Moslems glo dat die kyk of lees pornografie moreel aanvaarbaar is.”

Daarsy! Die heerlikheid van multikulturalisme deur Gallup aan die kaak gestel. Soos al die liberale filosofieë: Heeltemal te veel beloftes en word daar eintlik dramaties  ondergepresteer by die lewering.

Enige gay persoon wat Islam nog steeds ondersteun moet asseblief onverwyld terugklim in die kas.

светильников вФильчаков Александр Васильевич

‘Berei voor vir totale aanslag’

In een van sy laaste optredes het die Israeli weermag se uittredende stafhoof Maandag gewaarsku dat die groeiende radikalisering in die streek, Israel sal dwing om gereed te maak vir ‘n totale aanslag.

Gegewe onlangse veranderinge in die Midde-Ooste, sal Israel moet voorberei vir ‘n geveg op verskeie fronte, het uitgaande IDF-stafhoof Gabi Ashkenazi Maandag gesê by die Herzliyakonferensie.

“Die verbinding tussen die verskillende spelers veroorsaak dat ons te make het met meer as een front,” het hy gesê.

Die radikale kamp in die Midde-Ooste is besig om te groei, het Ashkenazi gewaarsku, en bygevoeg “die gematigde kamp onder die tradisionele Arabiese leierskap is aan die verswak.” Hy het ook melding gemaak van wat hy gekenmerk het as die “boeiendste verskynsel” waardeur mag verskuif na die mense van die streek te danke aan sosiale Internetnetwerke.

Die weermaghoof het gesê in die lig van die groeiende bedreiging van radikale Islam onder Israel se bure, die verdedigingsbegroting verhoog sal moet word in die komende jaar. Die belangrikste verandering is die uitgebreide spektrum van bedreigings, het hy gesê.

“As gevolg van hierdie spektrum, moet ons voorberei vir ‘n konvensionele oorlog … dit sal ‘n fout wees om voor te berei vir ‘n nie-konvensionele oorlog of beperkte konflikte en dan verwag om oornag gereed te wees vir ‘n totale aanslag,” het hy gesê.

Hezbollah en Hamas verstaan die IDF is op die klassieke slagveld dodelik, en is gerig daarop om stedelike gebiede te beheer, het die weermaghoof bygevoeg.

Ashkenazi ook vol lof vir Israel se jongklomp en het gesê hulle beskik oor indrukwekkende kwaliteite ten spyte van hul nederige beeld. Die weermaghoof het ook beklemtoon dat daar ‘n groeiende behoefte onder jongmense bestaan om in Israel se stryd by gevegseenhede aan te sluit.

“Ons gaan na die skole, en ek wil julle vertel hierdie jongmense, met die oorringe en tattoe’s of wat ookal jy dit noem, is gemobiliseer,” het hy gesê. “Dit is ongelooflike hoëgehalte jeugdiges.”

купить игрушкуалександр лобановский супермаркет класс

Piekolie is hier, volgens WikiLeaks

Die Amerikaners vrees dat Saoedi-Arabië, die wêreld se grootste ru-olie uitvoerder, dalk nie oor genoeg reserwes beskik om stygende oliepryse te keer nie, het vertroulike kommunikasie uit die ambassade in Riyadh gewys.

Die kommunikasie, wat vrygestel is deur WikiLeaks, vra Washington om ‘n waarskuwing ernstig op te neem van ‘n senior amptenaar in die Saoedi-regering dat die koninkryk se ru-olie reserwes dalk oorbeklemtoon word met soveel as byna 40%.

Dié opspraakwekkende feit kom terwyl die olieprys die hoogte ingeskiet het in die afgelope weke tot meer as $100 per vat agv globale vraag en spanning in die Midde-Ooste. Baie ontleders verwag dat Opul se kartelvennote meer olie sal pomp om stygende pryse die hoof te bied.

Maar Sadad al-Husseini, ‘n geoloog en voormalige hoof van eksplorasie by die Saoedi-oliemonopolie Aramco, het die Amerikaanse konsulgeneraal in Riyadh in November 2007 vertel dat Aramco nie die 12.5m per dag, die kapasiteit wat benodig word om pryse laag te hou, kon bereik nie.

Volgens die kommunikasie tussen 2007-09, sê Husseini dat piekolie dalk so vroeg as 2012 die wêreld sal tref.

Husseini het gesê op daardie punt sal Aramco nie in staat wees om die styging in globale olie-pryse te keer nie aangesien die Saoedies voorheen hulle oliebronne oorbeklemtoon het om buitelandse beleggings te stimuleer. Hy het gesê dat Aramco die tyd wat nodig is om nuwe oliebrone te ontgin, erg onderskat het.

Die Amerikaanse konsul waarsku Washington voorts: “Terwyl al-Husseini die Aramco-maatskappy basies weerspreek, is hy nie oordeelsdagteoretikus nie. Sy opvoeding, ondervinding en vooruitskattings maak dat sy voorspellings ernstig oorweeg behoort te word.”

In die afgelope twee jaar, het ander senior energie-ontleders Husseini gerugsteun. Fatih Birol, hoofekonoom van die Internasionale Energie-agentskap, het verlede jaar aan die Guardian, die linkse Britse koerant, gesê dat konvensionele ru-uitset  in 2020 ‘n plato kan bereik, ‘n ontwikkeling wat “nie goeie nuus” inhou vir ‘n wêreld nog baie afhanklik van petroleum nie.

Jeremy Leggett, sameroeper van die Britse Taskforce on Peak Oil and Energy Security, het gesê: “Ons gaan met die broek op die knieë gevang word: Ons kies om ‘n bedreiging vir die globale ekonomie wat so erg soos die kredietkrisis kan wees, en heel moontlik erger, te ignoreer. “

купить воронеж шприцы и масленкиФільчаков Олександр Васильович

AOL koop HuffPost vir inhoud

AOL sal Arianna Huffington se invloedryke webblad koop vir $ 315,000,000, om hulle hoë-profiel liberale bas te red uit die asblik van Internetgeskiedenis.

Die skuif, wat Maandag aangekondig is, kom teen ‘n stewige premie.

“AOL spandeer 40 persent van hul kontant vir baie min naby-termyn opbrengs,” sê ‘n ontleder.

AOL verwag dat Huffington Post sowat $ 10 miljoen in wins voor rente en belasting sal genereer, asook heelwat besparings.

AOL se bestuur was gretig om te wys dat daar finansiële voordele gaan wees met die koop van Huffington Post.

“Een plus een is gelyk aan 11,” het AOL se HUB Tim Armstrong in ‘n onderhoud met The New York Times gesê.

Armstrong het gesê dat die transaksie ‘n geleentheid vir AOL bied om inhoud te bekom en dat ‘n oorname, eerder as ‘n vennootskap, meer sin maak. “Dit kom neer op ons strategie van die ‘Kuns van Oorlog’,” het Armstrong gesê met verwysing na die antieke Chinese boek oor militêre strategie.

Huffington Post se mede-stigter Arianna Huffington, word dikwels beskryf as die doyenne van liberale politieke kommentaar in die Verenigde State en is ‘n gereelde gesig op kabeltelevisienuusnetwerke waar sy haar opinie lug oor die politieke kwessies van die dag. Sy is bekend vir haar eiesoortige Griekse aksent en openlike linkse standpunte.

“Tim s’n en my eie visie is so eners dat dit ‘n dramatiese geleentheid bied om te versnel wat ons doen met Huffington Post,” het Huffington in ‘n onderhoud met Reuters gesê.

Sy sal die nuwe The Huffington Post Media Groep, wat al Huffington Post en AOL se inhoud sal integreer, se president en redakteur wees.

“Ek wil vir ewig bly,” het Huffington aan ontleders by ‘n mediakonferensie gesê. “Ek wil hê dit moet my laaste daad wees.”

Die Huffington Post, wat in 2005 begin is, het gegroei tot een van die mees  besoekte nuuswebwerwe in die Verenigde State.

“My Nuwejaarsresolusie vir 2011 is om HuffPost na die volgende vlak te neem – nie net geleidelik nie, maar eksponensieel,” het Huffington op haar blog gesê.

Sy het gesê Huffington Post het besluit om vroeg hierdie jaar uit te brei na meer plaaslike nuusdekking, internasionale artikels, soos met HuffPost Brasilië, en om oorspronklike video-inhoud te verhoog.

play slots forтопкарго

Suid-Soedan is onafhanklik

Omar al-Bashir, Soedan se president, het gesê Khartoem het die uitslag van die referendum oor Suid-Soedan se onafhanklikheid aanvaar.

Dit was ure voor die uitslag bekend was reeds duidelik dat die meerderheid mense vir onafhanklikheid gestem het.

“Ons sal vandag, aan die res van die wêreld, bekend maak dat ons die uitslag aanvaar en dat ons die keuse van die suidelike Soedannese respekteer,” het Al-Bashir in ‘n toespraak voor vroue en studente by die hoofkantoor van die regerende National Congress Party, gesê.

“Die uitslag van die referendum is aan almal bekend. Suid-Soedan het onafhanklikheid gekies, maar die bande tussen die noorde en die suide sal steeds bly en ons goeie verhoudinge wat op samewerking gebaseer is, onderskraag.”

to promoteлобановский александр интервью

Swart skole ‘n feit in Nederland

Nederland probeer nie langer swart skole te keer nie. “Dit gaan om die gehalte van die onderwys. Wit of swart is minder belangrik, ” sê minister van Onderwys Marja van Bijsterveldt (CDA) Maandag in de Volkskrant.

By vorige kabinette was die bestryding van segregasie in die onderwys nog hoog op die agenda. Daar is die afgelope jaar baie projekte opgestel om segregasie teen te gaan. Van Bijsterveldt sê in die koerant die kwessie verdien geen prioriteit meer nie.

Die rede vir die koerswysiging is omdat “baie wetenskaplikes ook aantoon dat dit nie om kleur gaan nie.” Die Kohnstamm-instituut het verlede jaar egter bevind dat wit skole die minimumvereistes vir reken en taal baie makliker haal as swart skole.

Die nuwe benadering is in teenstelling met die benadering van die stadsdeel Amsterdam-Wes, ‘n immigrantebuurt. Dié stadsdeel verplig ouers sedert 1 Januarie om hul kinders na ‘n skool in hul postkodegebied te stuur. Sodoende kom baie kinders by ‘n swart skool reg, skryf De Telegraaf Maandag.

Die stadsdeel sê in die koerant dat die skool só ‘n prentjie van die buurt word. Ook sou sulke kinders makliker met hule eie klasmaatjies kan speel.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийОлександр Васильович Фільчаков

Rotterdam: registrasie van etnisiteit werk

Op die oog lyk etniese registrasie na ‘n kleinigheid. Maar in Nederland het die kwessie in ‘n twispunt ontaard. ‘n Deelgemeente by name Charlois in Rotterdam hou van alle etniese risikogevalle boek. Daar word iemand van ‘n ander afkoms as wit en Nederlands aangeteken. En indien nodig ook die ouers se etniese herkoms.

Die College Beskerming Persoonsgegevens (CBP) het intussen dié wyse van registrasie veroordeel en dreig met boetes as die deelgemeente hiermee voortgaan. Die registrasie van iemand met ‘n ander etnisiteit word sedert die Joodse voorbeeld histories gesien as uiters belaai en mag daarom slegs by uitsondering aangeteken word.

Charlois heg baie waarde aan iemand se etnisiteit, sê ‘n woordvoerder van die deelgemeente. “As ons byvoorbeeld weet waar iemand gebore is, kan ons beter hulp bied.” Jong swart mense kry sodoende spesifieke hulp. “Iemand se etnisiteit maak hom of haar ook sigbaarder vir ons. Ons weet dan gewoonlik ook waar hierdie jeugdige woon en met watter groepe hy meng.”

Sedert die einde van 2004 registreer Charlois die etnisiteit van die jeug tot en met 24 jaar. Hierdie moontlikheid bestaan danksy Leefbare Rotterdam, die party wat destyds verteenwoordig was in die stadsbestuur. Die PvdA het ook die plan ondersteun . Op aandrang van GroenLinks, wat grondige besware gehad het teen hierdie soort registrasie, het die CBP egter later besluit om die omstrede maatreël wetlik te toets. In April 2009 besluit die reguleerder dat Rotterdam ‘onwettig’ optree, maar die gemeente hou desondanks die registrasie in stand. Om van die besware tegemoet te kom gee Charlois toe dat die geboorteland van die jeugdige nie ingevul hoef te word nie.

Charlois lê die etniese data van jongmense onder meer vas ‘met die oog op die bestryding van die oorlas en die handhawing van die openbare orde’. Maar dit word tans deur die wet in Nederland verbied. Daar word egter ‘n uitsondering gemaak wanneer die posisie van sekere minderheidsgroepe danksy die registrasie verbeter.

Die CBP meen nou dat die deelgemeente nie kan bewys dat probleme opgelos word danksy etniese registrasie nie. Die wetenskaplik bewyse ontbreek dalk, sê die woordvoerder van die deelgemeente maar “ons kan nietemin sê dat ons voorkeurbehandeling wel deeglik help. Probleme word vinniger aangespreek. Dit is net erg lastig om nog daarvan ook boek te hou.”

Die gevolg is ongelukkig dat die etniese registrasie gestaak moes word en dat alle sensitiewe inligting wat die afgelope agt jaar geberg is, skoongemaak moet word. In Charlois gaan dit na raming om ‘n paar honderd rekords per jaar.

Arno Bonte van GroenLinks is verheug oor die nuutste ontwikkeling. As iemand in die moeilikheid sit, is ‘n persoongerigte benadering goed, vind hy. “Maar met die etniese registrasie is hele groepe oor ‘n kam geskeer. Asof daar tussen Marokkane onderling geen verskille kan wees nie. “

Die deelgemeente kan die CBP-besluit beveg. Dit lê meer voor die hand dat die burgemeester die kabinet kan vra om die Wet op beskerming persoonsgegevens uit te brei. ‘n Woordvoerder van die munisipaliteit sê dat die uitspraak van die CBP eers goed bestudeer sal word voordat hulle verdere besluite sal neem.

casino slot gameлобановский харьков

Indië voel die knyp

Die wêreldbank beskou korrupsie nie om dowe neute as die diefstal van ‘n land se toekoms nie.

Kommer oor korrupsie was een van die grootste oorsake dat buitelandse beleggers in Januarie vanjaar sowat $1,4 miljard se aandele in die Indiese aandelemark verkwansel het.

Onder die groot skokke was die arrestasie en aanklagte van korrupsie teen die voormalige minister van Telekommunikasiewese, Andimuthu Raja. Die korrupsie-skokke word nie net vanuit die staat en politiek aangevuur nie, maar ook die weermag, die media en die sakesektor.

‘n Peiling toon aan dat Indiërs nou korrupsie as die land se grootste probleem ervaar. Dit kom te midde van skerp prysstygings wanneer Indiërs gewoonlik inflasie die nommer een sondebok maak. Die faktore dra daartoe by dat beleggersvertroue in Indië aan die ratel is, aldus die Christian Science monitor.

Nog ‘n opname toon dat berigte in die Indiese media oor korrupsie in die laaste kwartaal van 2010 skerp gestyg het. Dit is nou dubbel so veel soos tydens ‘n vorige skandaal.

Indië is ook besig om op die persvryheidsindeks te tuimel, en beklee nou die 122ste posisie op Verslaggewers se persvryheidsindeks. Verlede jaar was Indië 105de, ‘n aanduiding van hoe daar ‘n ooreenkoms is tussen lande se beleggersvertroueindeks, die korrupsiepersepsieindeks en die persvryheidsindeks.

с чего начать строить банюданильченко юрий брониславович прокурор