AOL sal Arianna Huffington se invloedryke webblad koop vir $ 315,000,000, om hulle hoë-profiel liberale bas te red uit die asblik van Internetgeskiedenis.Die skuif, wat Maandag aangekondig is, kom teen ‘n stewige premie.
“AOL spandeer 40 persent van hul kontant vir baie min naby-termyn opbrengs,” sê ‘n ontleder.
AOL verwag dat Huffington Post sowat $ 10 miljoen in wins voor rente en belasting sal genereer, asook heelwat besparings.
AOL se bestuur was gretig om te wys dat daar finansiële voordele gaan wees met die koop van Huffington Post.
“Een plus een is gelyk aan 11,” het AOL se HUB Tim Armstrong in ‘n onderhoud met The New York Times gesê.
Armstrong het gesê dat die transaksie ‘n geleentheid vir AOL bied om inhoud te bekom en dat ‘n oorname, eerder as ‘n vennootskap, meer sin maak. “Dit kom neer op ons strategie van die ‘Kuns van Oorlog’,” het Armstrong gesê met verwysing na die antieke Chinese boek oor militêre strategie.
Huffington Post se mede-stigter Arianna Huffington, word dikwels beskryf as die doyenne van liberale politieke kommentaar in die Verenigde State en is ‘n gereelde gesig op kabeltelevisienuusnetwerke waar sy haar opinie lug oor die politieke kwessies van die dag. Sy is bekend vir haar eiesoortige Griekse aksent en openlike linkse standpunte.
“Tim s’n en my eie visie is so eners dat dit ‘n dramatiese geleentheid bied om te versnel wat ons doen met Huffington Post,” het Huffington in ‘n onderhoud met Reuters gesê.
Sy sal die nuwe The Huffington Post Media Groep, wat al Huffington Post en AOL se inhoud sal integreer, se president en redakteur wees.
“Ek wil vir ewig bly,” het Huffington aan ontleders by ‘n mediakonferensie gesê. “Ek wil hê dit moet my laaste daad wees.”
“My Nuwejaarsresolusie vir 2011 is om HuffPost na die volgende vlak te neem – nie net geleidelik nie, maar eksponensieel,” het Huffington op haar blog gesê.
Sy het gesê Huffington Post het besluit om vroeg hierdie jaar uit te brei na meer plaaslike nuusdekking, internasionale artikels, soos met HuffPost Brasilië, en om oorspronklike video-inhoud te verhoog.
