Gegewe onlangse veranderinge in die Midde-Ooste, sal Israel moet voorberei vir ‘n geveg op verskeie fronte, het uitgaande IDF-stafhoof Gabi Ashkenazi Maandag gesê by die Herzliyakonferensie.
“Die verbinding tussen die verskillende spelers veroorsaak dat ons te make het met meer as een front,” het hy gesê.
Die radikale kamp in die Midde-Ooste is besig om te groei, het Ashkenazi gewaarsku, en bygevoeg “die gematigde kamp onder die tradisionele Arabiese leierskap is aan die verswak.” Hy het ook melding gemaak van wat hy gekenmerk het as die “boeiendste verskynsel” waardeur mag verskuif na die mense van die streek te danke aan sosiale Internetnetwerke.
Die weermaghoof het gesê in die lig van die groeiende bedreiging van radikale Islam onder Israel se bure, die verdedigingsbegroting verhoog sal moet word in die komende jaar. Die belangrikste verandering is die uitgebreide spektrum van bedreigings, het hy gesê.
“As gevolg van hierdie spektrum, moet ons voorberei vir ‘n konvensionele oorlog … dit sal ‘n fout wees om voor te berei vir ‘n nie-konvensionele oorlog of beperkte konflikte en dan verwag om oornag gereed te wees vir ‘n totale aanslag,” het hy gesê.
Hezbollah en Hamas verstaan die IDF is op die klassieke slagveld dodelik, en is gerig daarop om stedelike gebiede te beheer, het die weermaghoof bygevoeg.
Ashkenazi ook vol lof vir Israel se jongklomp en het gesê hulle beskik oor indrukwekkende kwaliteite ten spyte van hul nederige beeld. Die weermaghoof het ook beklemtoon dat daar ‘n groeiende behoefte onder jongmense bestaan om in Israel se stryd by gevegseenhede aan te sluit.
“Ons gaan na die skole, en ek wil julle vertel hierdie jongmense, met die oorringe en tattoe’s of wat ookal jy dit noem, is gemobiliseer,” het hy gesê. “Dit is ongelooflike hoëgehalte jeugdiges.”
