Murdoch wil aanlynlesers laat betaal

Mediamaatskappye wat van plan is om in die digitale era te floreer, moet hulle verbruikers oorreed om vir aanlynnuus te betaal deur vir hulle aangrypende inligting aan te bied in enige vorm wat hulle dit wil hê, het die uitvoerende hoof en voorsitter van News Corp, Rupert Murdoch, gister gesê.

Murdoch, wat by ‘n twee-dae lange werkswinkel, wat deur die Federale Handelskommissie oor die stand van joernalisme aangebied is, het gesê die toekoms is belowend vir uitgewers wat kan aanpas by die aanhoudende migrasie van gehore en adverteerders na die Web.

Die sleutel tot oorlewing, het hy gesê, lê daarin om vir die verbruikers inhoud wat hulle wil hê te gee in die vorm wat hulle dit wil hê – of dit nou op ‘n rekenaarskerm, draagbare toestel of e-leser is – en om dan geld daarvoor te vra.

“Ons moet beter werk daarvan maak om verbruikers te oorreed dat hoë-gehalte, betroubare nuus en inligting nie gratis is nie,” het Murdoch gesê. “Goeie joernalisme is ‘n duur kommoditeit.”

News Corp vra reeds geld vir aanlyntoegang tot die Wall Street Journal en beplan om dit na ander publikasies uit te brei. Ander adverteerders oorweeg dit ook om sulke fooie te hef aangesien die advertensie-inkomste misluk het om tred te hou met die afname van hulle drukweergawes.

Murdoch se opmerkings is deel van ‘n wydverspreide bespreking oor die diepgaande uitdagings wat mediamaatskappye in die gesig staar en maniere hoe die regering hulle kan help om te oorleef.

Mediahoofde wat deelneem is op die uitkyk vir ‘n nuwe besigheidsmodel, terwyl regeringsamptenare ‘n onmisbare pilaar van die demokrasie – ‘n vrye pers – wil beskerm.

“Nuus is openbare besitting,” sê die Federale Handelskommissie se Voorsitter, Jon Leibowitz. “Ons moet gewillig wees om op te tree indien nodig om die nuus, wat onontbeerlik is vir demokrasie, te bewaar.”

Die werkswinkel het sprekers van regoor die tradisionele en nuwe medialandskappe getrek, insluitende Arianna Huffington, mede-stigter en hoofredakteur van die Huffington Post webblad; Paul Steiger, voormalige besturende redakteur van die Wall Street Journal; en Len Dowie, voormalige uitvoerende redakteur van die Washington Post.

Een van die onderwerpe ter tafel was ‘n voorgestelde verandering in anti-trust reëls om koerante toe te laat om gesamentlik te onderhandel vir betaling van webblaaie wat hulle inhoud gebruik.

Die fundamentele probleem wat die mediabedryf in die gesig staar, sê Murdoch, is dat “tegnologie dit goedkoop en maklik maak om nuus te versprei vir enige iemand met internettoegang, maar dat dit duur is om joernalisme te vervaardig.

“Tans is daar ‘n groot gaping in koste,” sê hy, en voeg by dat die oplossing is dat mediamaatskappye geld moet vra inhoud en samestellers moet verhoed “om te teer op die swaarverdiende pogings en belegging in ander.”

Die Federale Handelskommissie beplan om meer werkswinkels te hou om die idees wat hierdie week geopper is, te bespreek.

 

светильники потолочные светодиодныеtopcargo отзывы

Admiraal sê see is te groot om seerowers te stop

Internasionale vlootmagte sal nooit in staat wees om die ontsaglike groot oseaanstreek waar Somaliese seerowers skepe aflandig van Oos-Afrika kaap, heeltemal te beveilig nie, het die bevelvoerder van die VN se Vlootmagte se seerowerbestrydingspoging gister gesê.

In die nuutste aanval het seerowers Sondag die Maran Centaurus wat onder ‘n Griekse vlag is en wat 275,000 metrieke ton ru-olie dra, gekaap, sê die skip se eienaars. Dit is omtrent 2-miljoen vate olie en ongeveer $150-miljoen werd, sê Ben Cahill, die hoof van Petroleum Risikobestuursdienste by PFC Energy.

Die vlootbevelvoerder sê die Maran Centaurus het oos van ‘n gebied, wat die EU se Vlootmagte tenkers aanbeveel het om van weg te bly, gevaar, so dit sou nie noodwendig verwag het om aangeval te word nie. Seerowers het nou 11 skepe en 264 bemanningslede langs die kus van Somalië in aanhouding, sê Skout-admiraal Peter Hudson.

“Die nuus, ‘n paar dae gelede, van ‘n 300,000-ton tenker wat gekaap is, dien ter illustrasie van die probleme om ‘n gebied van die oseaan wat 1-miljoen vierkante myl beslaan, te beskerm en te polisieer,” sê Hudson, die bevelvoerder van die EU se Vlootmagte se teenseeroweroperasies.

Hudson sê ook dat die feit dat die seerowers nou skepe so ver as 1,000 myl van die Somaliese kus af aanval, ‘n groot uitdaging daarstel en dat die EU-mag nooit so ‘n groot area ten volle kan beveilig nie. Die EU Vlootmag se strategie in die kleiner Golf van Aden is om die tyd wat dit seerowers neem om aan boord te kom, te verleng, sodat ‘n helikopter na die toneel gestuur kan word.

“Die moeilikheid in so ‘n groot gebied soos in die Indiese Oseaan met die klein hoeveelheid bates wat ons het, is dat… die seerower kan aanhou kom en gaan en aanhou totdat hy daarin slaag om aan boord te kom, want daar is niks om hulle te keer nie,” sê hy.

Hudson sê olietenkers soos die Maran Centaurus kan verleidelike teikens wees.

“Sy’s ‘n groot ou dame, amper ‘n kwartmiljoen ton. Hulle is nie vinnig nie, hulle sit laag in die water… so ‘n vasberade seerower soos hierdie een kan suksesvol wees,” het Hudson in Kenia tydens ‘n uitgebreide toer in Oos-Afrika gesÊ.

Namate seeroweraktiwiteit langs Oos-Afrika toegeneem het, het sommige skepe begin om gewapende wagte te dra. Die EU Vlootmag het gister gesê dat ‘n Spaanse visvaartuig met ‘n privaat veiligheidspan aan boord waarskuwingskote Sondag tydens ‘n aanval op seerowers gevuur het, en daarmee die kapingpoging afgeweer het.

Brandstoftenkers soos die Maran Centaurus het nie gewapende sekuriteit nie weens die ontvlambare vrag, ‘n bepaling waarmee Hudson sê hy saamstem.

“Op die oomblik dink ek is die konsensus, ten regte, dat ons baie versigtig moet wees voordat ons militêre groepe, gewapende wagte, siviele wagte op brandstoftenkers vol brandstof en gas bring,” sê hy.

Somalië se wettelose, 1,800-myl kuslyn het ‘n seerowervesting geword. Die verarmde Horing-van-Afrika land het nie ‘n funksionerende regering vir amper ‘n volle geslag gehad nie en die swak VN-ondersteunde administrasie is te besig om Islamitiese insypeling te beveg om agter die seerowers aan te gaan.

 

полиграфлобановский александр отзывы

Duitsers gaan Sondae rus

Die grondwethof in Duitsland het beslis dat alle winkels op Sondae gesluit sal wees.

Dié wysiging van die wet kom nadat winkels in Berlyn sewe dae ’n week vir sake oopgebly het, te midde van hewige teenkanting deur die land se kerke.

Die Duitse hof het Dinsdag beslis dat inkopietye soos dit tans daar uitsien, Duitse wetgewing wat vereis dat Sondae ’n amptelike rusdag is, verontagsaam.

In 2006 is Berlynse winkeleienaars toegelaat om hul winkels vier Sondae voor Kersfees en twee Sondae gedurende die jaar oop te hou vir besigheid.

Duitsland se Lutherse en Katolieke kerke was egter van meet af aan hewig teen Sabatsontheiliging gekant.

 

многоступенчатый насос ценалобановский обыск

Kosmetiese boudoperasie kos haar lewe

‘n 38-jarige voormalige Juffrou Argentinië het aan komplikasies gesterf nadat sy kosmetiese sjirurgie aan haar boude ondergaan het.

Solange Magnano, die moeder van ‘n tweeling, het die kroon in 1994 gewen en het Sondag weens ‘n pulmonêre embolisme gesterf, na drie dae in ‘n kritieke toestand wat gevolg het op ‘n gluteoplastie in Buenos Aires.

Haar goeie vriend, Roberto Piazza, sê die prosedure het inspuitings behels en die vloeistof het “na haar longe en brein gegaan.”

“’n Vrou wat alles gehad het, het haar lewe verloor ter wille van ‘n effens fermer sitvlak,” sê hy.

Magnano’s se begrafnis is gister op Argentynse televisie vertoon.

Dr. Gonzalo Cortes y Tristan sê sy het by sy hospitaal met ‘n akute respiratoriese agterstand opgedaag. Haar toestand het verswak totdat sy die embolisme gely het.

 

hair accessories forданильченко юрій броніславович компромат

Rudd sê Australië gaan vasbyt in Afghanistan

Die Australiese eerste minister, Kevin Rudd, het gister belowe dat Australië in Afghanistan sal aanbly “oor die lang termyn,” maar het nie bykomende soldate aangebied om ‘n verwagte Amerikaanse vermeerdering aan te vul nie.

Rudd het in Washington vergader met die VSA se president, Barack Obama, wat besig is om voor te berei om sy hersiene Afghanistan-strategie vandag uit te rol, en ook met die Staatsekretaris, Hillary Clinton.

“Australië neem sy bondgenootskap met die Verenigde State baie ernstig op,” het Rudd aan verslaggewers gesê toe hy by Clinton vir ‘n vergadering by die Staatsdepartement aangesluit het.

“Dis hoekom ons by Amerika gestaan het vir ‘n lang tyd en hoekom ons by Amerika sal staan oor die langtermyn,” het hy gesê.

Gedurende ‘n verrassingsbesoek aan Afghanistan, twee weke gelede, het Rudd die versekering aan sy soldate gegee dat hulle daar is vir die lange duur.

Maar hy het Sondag aangedui dat hy enige versoek om nog soldate na die geskil te stuur, sal weier.

Australië het omtrent 1,500 soldate in Afghanistan, wat daarvan die negende grootste bydraer maak tot die internasionale magte wat die ekstremistiese Islamiete wat in 2001 uit die kussings gelig is, beveg.

Die Withuis se segsman, Robert Gibbs, het aan verslaggewers gesê dat Obama, wat vandag na verwagting die ontplooiing van 30,000 bykomende Amerikaanse soldate na Afghanistan sal aankondig, nie vir Rudd vir bykomende magte sal vra nie.

 

воронеж подъемникиОлександр Фільчаков прокурор

VN regtedeskundige waarsku Switserland oor minaretverbod

‘n VN-menseregtedeskundige het gister gewaarsku dat ‘n Switserse referendum wat nuwe minarette verbied, geloofsvryheid inperk en Switserland se internasionale verdragsverpligtinge oorskry.

“Daarom dring ek by die Switserse owerhede aan om getrou te bly aan al hulle internasionale verpligtinge en om die noodsaaklike stappe te neem om die reg tot vryheid van godsdiens of geloof van lede van die Moslem-gemeenskap ten volle te beskerm,” sê Asma Jahangir, die VN se spesiale rapporteur oor vryheid van godsdiens of geloof.

“Soos ook uitgedruk deur die Verenigde Nasies se Menseregte Komitee, ‘n maand gelede, is so ‘n verbod strydig met Switserland se verpligtinge onder internasionale menseregtereg,” het die verklaring wat deur die Verenigde Nasies vrygestel is, bygevoeg.

Sondag, in ‘n referendum het meer as 57 persent van die keisers ‘n regse voorstel om die oprigting van minarette in Switserland te verbied, goedgekeur.

Die stemmery het geen uitwerking op die moskees of godsdienstige aanbidding gehad nie, volgens die Switserse regering wat teen die verbod gekant is. Nogtans hou Jahangir vol dat die verbod “duidelike diskriminasie” teen Switserland se Moslemgemeenskap aandui.

“Ek is diep besorg oor die negatiewe gevolge van die uitslag van die stemmery op die vryheid van godsdiens of geloof van lede van die Moslemgemeenskap in Switserland sal hê. Om die waarheid te sê, die verbod op minarette verteenwoordig ‘n onbehoorlike beperking van die vryheid om ‘n mens se godsdiens te manifesteer en stel duidelike diskriminasie teen lede van die Moslemgemeenskap in Switserland daar,” het sy bygevoeg.

Die Switserse Groen Party het gesê hulle oorweeg ‘n appèl na die Europese Hof vir Menseregte teen die verbod.

Die Switserse Volksparty, die land se grootste politieke groep en enigste hoofstroommag om die verbod te ondersteun, het gister gewaarsku dat hulle eerder uit internasionale verdrae sou onttrek as om toe te gee aan ‘n VN of Europese besluit.

 

классические люстры купитьлобановский супермаркет класс

Iran gryp seiljag met vyf Britte

Iran hou vyf Britse matrose gevangene nadat hulle dié wedvaartjag in die Persiese Golf voorgekeer het, sê die Britse regering. Dié skuif kan spanning tussen Iran en groot wêreldmoondhede, insluitende Brittanje, wat daarop aandring dat Iran hulle kernprogram staak, verhewig.

Die jag wat besit word deur Sail Bahrain, is Woensdag onderweg van die piepklein eilandland onderweg na die Golf-stad van Doebai voorgekeer toe dit “onwetend in Iranse waters kon ingedwaal het,” het Brittanje se Buitelandse Departement gesê. Sail Bahrain se webwerf het die jag as die “Kingdom of Bahrain” geïdentifiseer en gesê dit was veronderstel om aan die Dubai-Muscat Kuslangse Seiljagwedvaart wat op die 26ste November sou begin, deel te neem. Die geleentheid sou die boot se eerste aflandige wedvaart gewees het.

Die Britse Buitelandse Sekretaris, David Miliband, sê Britse amptenare was al vir amper ‘n week oor die aangeleentheid in verbinding met hulle Iranse eweknieë. “Ek hoop die aangeleentheid sal dié week uitgepluis wees,” sê hy.

Die verklaring het bygevoeg dat die bemanningslede “steeds in Iran” is en “sover verstaan word, veilig,” maar het nie presies aangedui waar hulle is of wat hulle wetlike stand is nie. ‘n Oproep ter verduideliking deur die Britse Buitelandse Kantoor is nie onmiddellik beantwoord nie.

 

italiasvetФільчаков Олександр Васильович прокурор

Iran konfiskeer Nobelvredespryswenner se medalje

Die eerste Moslemvrou wat die Nobel-vredesprys verower het, het ook die eerste persoon in die 108 jaar waarin dié toekenning gemaak word wat haar Nobelprysmedalje kwyt is nadat die Iranese owerheid daarop beslag gelê het.

Shiren Edabi, wat ook Iran se eerste vroueregter was, sê ook haar Erelegioenskap en ring wat sy by die Duitse Vereniging van Joernaliste ontvang het kwyt.

Waarnemers meen die optrede teen Edabi is tekenend van die regering wat al hoe meer onverdraagsaam word teenoor mense wat hulle vir menseregte beywer. Edabi praktiseer nou as menseregteprokureur. Sy het die prys in 2003 verower vir haar pogings om demokrasie in Iran te bevorder.

Iran word deur Verslaggewers sonder Grense 172ste uit ‘n moontlike 175 lande op die internasionale persvryheidsindeks geplaas. Dié land loop gereeld onder kritiek vanuit hierdie oord deur.

 

wedding jewelryлобановский класс

Dodetal in Russiese treinongeluk styg steeds

Die dodetal styg steeds nadat ‘n bomontploffing ‘n Russiese passasierstrein verlede Maandag laat ontspoor het.

“’n Vrou het Sondag in die hospitaal aan beserings beswyk. Dit bring die dodetal op 26,” het Tatyana Golikova, minister van gesondheid, gesê.

Owerhede in Petersburg sê die bomaanval wat ‘n trein laat ontspoor het, was ‘n terreuraanval.

Alexander Bortnikof, die hoof van Rusland se nasionale veiligheid, het Saterdag gesê kenners het stukke van ‘n ploftoestel op die toneel gevind. Die toestel het glo teen 21:20 Vrydagnag afgegaan nadat die trein daaroor gery het.

Bortnikov sê die bom het met ‘n sterkte wat vergelyk kan word met dié van 7kg se dinamiet, afgegaan. ‘n Gat van meer as 1m wyd is deur die ontploffing veroorsaak.

“Hierdie was ‘n terreuraanval,” het Vladimir Markin, ‘n woordvoerder, gesê.

In ‘n soortgelyke voorval het ‘n tweede ontploffing Rusland presies ‘n week later getref.

Dié ontploffing het vroeg Maandagoggend ‘n treinspoor in Rusland se Caucasiangebied van Dagestan verwoes.

Niemand is in die voorval beseer nie.

 

базальт для бани ценатопкарго кидалы

Interpol lê beslag op 1768kg ivoor

Interpol en Kenia se Nasionale Wildbewaringsorganisasie het ná ’n klopjag op winkels en voertuie, beslag gelê op sowat 1 768 kg onwettige olifantivoor.

Die operasie is oor ses lande uitgevoer en het nagenoeg drie maande geduur.

Owerhede het ook beslag gelê op ander onwettige diereprodukte soos die pels van luiperde én krokodil en- slagvelle, het Awad Dahia, die hoof van Interpol in Oos-Afrika gesê.

Dahai het aan die media gesê dat die operasie die internasionale polisie-organisasie, wildbewaringsorganisasies, die polisie en die departemente van doeane van Boeroendi, Ethiopië, Kenia, Rwanda, Tanzanië en Oeganda ingesluit het.

Kenia se wildbewaringsorganisasie het sowat 65 mense in hegtenis geneem wat drie Chinese, drie Tanzaniërs en 59 Keniane insluit.

Patrick Omondi, die hoof van Kenia se organisasie vir die bewaring en die bestuur van die land se dierespesies, het gesê die operasie is onderneem, omdat wildstropery drasties toegeneem het.

Meer as 216 olifante is vanjaar doodgemaak in vergelyking met slegs 47 wat in 2007 doodgemaak is.

 

справки купитьалександр лобановский супермаркет класс