Ontvoer vir was en stryk

'n Italiaanse man is gearresteer op 'n klag dat hy sy vorige meisie vanuit 'n kroeg ontvoer het, haar huis toe geneem en gedwing het om sy klere te stryk en die skottelgoed te was, het die polisie gister gesê.

Die 43-jarige man het die vrou uit 'n kroeg in die hawestad Genoa gesleep, haar in 'n motor gedwing en haar na sy huis toe geneem waar hy haar laat stryk en skottelgoed was het terwyl sy gedreig is.

Die polisie het op die toneel opgedaag nadat die man deur 'n vriendin van die vrou aan die polisie verklap is. Sy het die toneel in die kroeg raakgesien.

Die man, wat woedend was omdat sy vorige meisie hom verlaat het, is op 'n klag van ontvoering in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

инструмент для шиномонтажаФільчаков прокурор

Vloede in China laat ongeveer een miljoen dakloos

Weke van gietende reën het veroorsaak dat rivier oor hul walle gestoot het in suidelike China waar 1,27 miljoen mense uit hul huise vedryf is en ander gister gedwing is om op dakke te sit in afwagting op verdere reënbuie.

Die vloede het 112 mense in 12 provinsies gedood, het die ministerie van burgerlike sake vandag op sy webtuiste gesê. Siedende riviere het tienduisende huise laat ineenstort, het oeste oor 'n miljoen hektaar van landbougrond beskadig en meer as 12 miljard rand se ekonomiese verliese veroorsaak.

Die vloede is die derde groot natuurramp wat China vanjaar tref soos wat die land gereed maak om die Olimpiese spele in Augustus aan te bied.

в бассейнФільчаков прокурор

Opblaaspoppe en honde doen hul as ‘passasiers’ voor

Image

Auckland

Bestuurders in Nieu-Seeland se grootste stad, Auckland, skep hul eie "passasiers" om verkeersopeenhopings die hoof te bied en in spesiale snelbane te mag ry.

Opblaaspoppe, winkelpoppe en honde wat soos kinders aangetrek word, is al deur bestuurders in die passasierstoel sitgemaak om die gebruik van verkeersbane wat vir voertuie met drie passasiers bedoel is, te regverdig.

Daar is 'n paar eienaardige kalante wat sulke toertjies uithaal, volgens wat die North Shore-munisipaliteit se verkeershoof Andre Dannhauser aan Reuters vertel.

Sulke ondernemende bestuurders wat gevang word dat hulle die verkeersreëls probeer herinterpreteer, word gewoonlik beboet met NZ$150.

Die verkeerspersoneel wat die foto's van oortreders bestudeer, moet boonop na die vreemdste verklarings vir die fnuikpassasiers luister.

раскрутка сайталобановский александр игоревич харьков

Brittanje noem Mugabe se bewind ‘sadisties’

Image

David Miliband

Die Britse buitelandse sekretaris het gister die bewind van Mugabe in Zimbabwe met sadisme vergelyk. Hy het ook 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om meer druk op sy noordelike buurman uit te oefen om verandering teweeg te bring.

David Miliband het op die BBC-televisie gesê dat mens helderheid oor die sadisme in Zimbabwe moet hê. Hy het verwys na mense wat vermoor word, mense wat gemartel word, mense wat aangerand word, asook inmenging in die verkiesingsproses.

Miliband het gesê dat hy en eerste minister Gordon Brown met die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Ban Ki-moen oor die afgelope twee dae beraadslaag het oor die situasie en oor die behoefte aan meer verkiesingswaarnemers om te verseker dat die opvolgverkiesing nie gekook word nie.

Hy het gehoop vir meer optrede van die VN-veiligheidsraad en 'n beroep op die internasionale ligaam gedoen om meer druk toe te pas. Miliband is egter teleurgesteld dat Suid-Afrika verkies om nie deur die veiligheidsraad te werk nie en eerder verkies om Afrika-oplossings te soek.

пескоструй купить киевлобановский класс

Kinderarbeid ‘n feit in Oeganda

Tot 2,7 miljoen kinders in Oeganda word gedwing om gevaarlike kinderarbeid te verrig, volgens dié land se minister vir welsynsake. Een uit drie kinders tussen die ouderdom van 5 en 17 word gedwing om te werk.

Kinderarbeid kom wydverspreid in Oeganda voor waar 2,7 miljoen uit 7,9 miljoen seuns en dogters voortydig begin werk.

Op die Wêrelddag teen kinderarbeid het 'n regeringsamptenaar gesê dat een van die kernoorsake van kinderarbeid MIV/Vigs is, wat byna een miljoen kinders wees gelaat het.

Kinders werk noodgedwonge om hul broers en susters aan die lewe te hou, het die amptenaar verduidelik.

online ukФильчаков

Oerinwoners dink dat verkragting wettig is

Meer as 90 persent van oerinwoners wat in Arnhem Land, Australië woon, verstaan nie basiese regsbegrippe nie. Vele glo ook dat die blanke samelewing wetteloos is.

Sekere gemeenskappe verkeer selfs onder die indruk dat verkragting as wettig beskou word, het die hoof van Australië se Oerinwoner-hulpbron en ontwikkelingsdienste gesê.

Navorsers het die inheemse mense uitgevra oor die 30 mees gebruikte Westerse regsterme soos borgtog, pleeg, arrestasie, klag en skuldig.

Die OHOD-verslag het egter bevind dat 95 persent nie in staat was om hul betekenis korrek te eien nie.

Mense het onder andere gedink dat om skuldig te pleit hulle vinniger en sonder tronkstraf deur die hof kry.

расширительный бак дляДанильченко Харьков

Twee Keniaanse ministers sterf in vliegongeluk

Twee Keniaanse kabinetsministers is gister dood tesame met twee ander toe hul ligte vliegtuig naby die Masai Mara-wildreservaat neergestort het.

President Mwai Kibaki het in 'n verklaring gesê die minister van paaie Kiplaya Kones en die adjunkminister vir binnelandse sake Lorna Laboso is saam met die vlieënier en 'n veiligheidswag gedood.

Die wrak is gevind, maar sonder enige oorlewendes.

Die oorsaak van die ongeluk in 'n verafgeleë gedeelte bekend as Kajonga, wes van die hoofstad Nairobi, is nog nie vasgestel nie. Die vliegtuig was onderweg na die Rift-vallei.

Beide politici was lede van die Oranje Demokratiese Bewegingparty wat president Mwai Kibaki teenstaan.

games toАлександр Фильчаков Васильевич

Soedannese straler verongeluk

Meer as 'n honderd passasiers vermoedelik het gesterf toe 'n Soedannese lugdiens passasierstraler in vlamme het gebars na 'n landing op Khartoem se lughawe. Die Airbus-vliegtuig het tweehonderd-en-17 passasiers aan boord gehad.

Volgens getuies wat aan boord die vliegtuig was, is die kaptein weggewys van die lughawe by Khartoem weens slegte weer. Hy het later egter teruggedraai en in 'n sandstorm probeer land.

Lugvaart-owerhede sê die landing was nie normaal nie en 'n enjin op die regtervlerk het aan die brand geslaan. Passasiers is met noodglybane ontruim maar 'n hoeveelheid van hulle is deur gasse en vlamme oorval.

Reddingswerkers poog nog steeds om verkoolde liggame uit die wrak te herwin.

video casino slotsФильчаков прокурор

Indi? vernietig Pakistan in hul eendagwedstryd

Piyish Chawla en Praveen Kumar het elk vier paaltjies geneem om Pakistan se jaagtog na lopies te stuit andat die Indiese openingskolwers Gautam Gambhir en Virender Sehwag 155 lopies op die telbord geplaas het. Daarmee het Indië 'n ongehoorde 140 lopie-oorwinning in gister se drienasies eendagtoernooi behaal.

Na Indië se telling van 330 vir agt, het Pakistan drie vroeë paaltjies moes afstaan en is vir 190 in 35.4 boulbeurte uitgehaal.

Indië en Pakistan beskik nou oor een wen elk in die toernooi. Bangladesj het die openingswedstryd met 70 lopies teen Pakistan verloor en kom Donderdag teen Indië te staan.

брюки на флисе для мальчика купитьФильчаков Александр Васильевич

VSA gaan R80 miljard aan Afghanistan skenk

Die VSA gaan ongeveer R80 miljard aan Afghanistan belowe by 'n skenkerskonferensie wat vandeesweek plaasvind, het 'n Amerikaanse amptenaar gister gesê. Die bedrag is egter minder as wat die Withuis van die Kongres wou hê.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleezza Rice, sal die aankondiging Donderdag by die konferensie in Parys maak. Daar word verwag dat die skenkerskonferensie R120 miljard sal oplewer, waarvan tweederdes van Amerika afkomstig sal wees.

Ses jaar nadat militêre magte onder Amerikaanse leiding die Taliban-regering van Afghanistan omver gewerp het, verkeer die land steeds in die greep van korrupsie, die dwelmbedryf en daaglikse geweld.

стенды развал-схождения hunterФильчаков прокурор отзывы