Meer as 900 mense dood in Irak

Die regering in Bagdad het aangekondig dat meer as 900 mense gedood is en 2 605 gewond sedert die einde van Maart in gevegte in Sadr City, Irak.

Nadat eerste minister Maliki beveel het dat die Megdileër van Moktada al-Sadir uitgewis word, het swaar gevegte tussen Amerikaanse en Irakse troepe en die geestelike leier se weermag uitgebreek. Sadr City, in oos-Bagdad, is die vesting van die Megdileër.

Die gevegte het ook swaar verliese aan die Amerikaanse kant veroorsaak. In April het 20 soldate in Bagdad gesterf, die meeste in Sadr City, terwyl 46 Amerikaners in die hele Irak omgekom het.

Dit is die dodelikste maand nóg vir die Amerikaanse besetting sedert September 2007 toe hulle 65 soldate verloor het.

Maliki het belowe dat hy die Megdileër en ander insurgente in sy land sal uitroei.

оборудованиеФильчаков Александр Васильевич

Spiderman se skepper het nuwe idees

Die tekenkunstenaar Stan Lee, skepper van Spiderman en ander superhelde, se fut is nog nie uit op 85 nie. Volgens die tydskrif Variety beplan Lee om nog 10 ander karakters te skep wat volgende jaar, in 2009, onthul sal word.

Lee se karakters, waarvan die spinnekopagtige Spiderman sekerlik die bekendste is, tel onder meer ook Hulk, Ironman en X-men en dien al die afgelope 50 jaar as groot populêre vermaak. Almal is geregistreerde handelsmerke van die Marvel-ateljee.

Die superhelde se vader gaan egter nou onder die vaandel van ‘n mededinger van Marvel, Pow! Entertainment, sy 10 nuwe helde aanbied. Dit sal in die vorm van 10 verskillende strokiesprentalbums wees vir elke nuwe karakter en sal ook as kort en lang animasiefilms ontwikkel word.

цены на сухие смесилобановский александр игоревич

Rusland se nuwe kernbomwerper

Die Russiese televisie het ‘n nuwe vliegtuig vertoon wat by Engels-lugmagbasis in die Wolgastreek bekendgestel is. Die gemoderniseerde Toepolef Tu-160 strategiese bomwerper sal Rusland help om die kernvermoë van ‘n potensiële vyand te trotseer.

Die supersoniese vliegtuig met verstelbare vlerke is die swaarste vegvliegtuig wat daar nog gebou is. Tesame met die Tu-95 turbopropellertuig, het dit verlede jaar ná ‘n onderbreking van 15 jaar weer op patrollievlugte vertrek, in opdrag van president Wladimir Poetin.

Die patrollies vind langs die grense van Amerika se bondgenote plaas, soos dit tydens die Koue Oorlog gedoen is.

Met die kodenaam "wit swaan" wat Russiese loodse daaraan gegee het, kan die vliegtuig 12 kruisermissiele met kernkoppe dra, of 40 ton bomme en vir 13 000 kilometer ononderbroke sonder brandstofinname vlieg.

casino free betлобановский александр

Viagra by die hope

Die burgemeester van ‘n klein dorpie in Chile het met ‘n blink plan vorendag gekom om die lewenskwaliteit van mans oor sestig te verbeter, en hy gaan nie lekkergoed uitdeel nie.

Die plaaslike koerant berig dat hy beplan om gratis Viagra aan ouer mans in sy gemeenskap beskikbaar te stel.
Gonzalo Navarrete, burgemeester van Lo Prado, suid van die hoofstad Santiago, sê vier pille van 50mg sal maandeliks aan elke sestigjarige gegee word wat  aansoek doen daarvoor.

Hulle sal nietemin ‘n mediese ondersoek moet ondergaan om vas te stel of dit nie ‘n gesondheidsrisiko inhou nie.

Die burgemeester het aan die idee gekom nadat ouer mans by gereelde administratiewe vergaderings gekla het oor ‘n gebrek aan seksuele plesier.

автоматическая насоснаяОлександр Фільчаков прокурор

Galileo in sy wentelbaan

Die Europese Unie het uiteindelik hulle teenvoeter teen die Amerikaanse Globale Posisioneringstelsel of die sogenaamde GPS, die Galileo, die ruimte in gestuur.

Die eksperimentele satelliet, die Giove-B, is in sy wentelbaan geplaas deur ‘n Sojusvuurpyl wat in Kazakhstan gelanseer is oor die naweek. Toetse op ‘n hoë-presisie atomiese horlosie en ‘n driedubbelenavigasiekanaalsinjaal sal uitgevoer word.

‘n EU-transportkommisaris by die Fucinobeheersentrum in Italië het gesê die stelsel sal teen 2013 in werking tree.

Gelyksoortige projekte word in Rusland en China beplan.

Kritici het die projek al afgemaak as te duur, maar die EU sê dat dit duisende werksgeleenthede en onafhanklikheid van die VSA sal verseker.

расширительный бачок на отоплениеФильчаков Александр Васильевич

Stadsmynbou

Moenie daardie ou selfoon sommer weggooi nie. Jy kan dit myn vir goud, silwer, koper en verskeie ander metale wat in elektronika gebruik word. Met sommige metaalpryse wat rekordvlakke bereik het, kan jy dalk ook ryk word.

Dit word stadsmynbou of urban mining genoem as ou elektroniese produkte gemyn word vir metale soos goud en iridium. Die edelmetale word dan gesmelt en verkoop.

‘n Ton erts van ‘n goudmyn lewer net 5g goud terwyl ‘n ton ou selfone 150g of meer bevat, volgens ‘n Japanese herwinningsfirma Yokohama Metal.

Dieselfde volume bevat onder meer ongeveer 100kg koper en 3kg silwer.

купить липецк балансировочное и шиномонтажное оборудование для грузового транспортаtopcargo

Truck Nutz moet waai

Image

Die gewraakte item

Wetgewers in die Amerikaanse deelstaat Florida het gestem om nagemaakte bultestikels wat agter aan bakkies en motors swaai, te verbied.

Republikeinse Senator Cary Baker dink dat die items aanstoot gee en het die verbod voorgestel. Motoriste sal beboet word indien hulle handelsmerke wat bekend staan as Truck Nutz vertoon.

In ‘n lewendige sessie wat met tersluikse verwysings besaai is, het Florida se wetgewers die kwessie van vryheid van uitdrukking in die keuse van motortoebehore gedebatteer.

Kritci van die verbod het die Republikeine se voorsitter vir Senaatsreëls ingesluit. Sy bakkie is opgemerk met die swaaiende item totdat sy vrou dit raakgesien en gekla het.

цена набор для укладки ламинатаФильчаков прокурор харьков

Pjongjang verwelkom Olimpiese fakkel

Noord-Koreane het gister die Olimpiese fakkel met ope arms verwelkom en feestelike optogte gehou om hul lojaliteit aan China te betoon. Mense het in die strate van die hoofstad Pjongjang gedans op die maat van militêre musiek en almal het plastiekblomme rondgewaai.

In teenstelling moes die hoofstad van Suid-Korea, Seoel, die vorige dag ‘n gewelddadige pro-Beijing betoging trotseer toe Chinese studente plaaslike inwoners die harnas in gejaag het.

Duisende Chinese studente is van oral oor Suid-Korea ingebus terwyl hulle Chinese vlae en baniere rondgeswaai het. Vele Suid-Koreane het die optog met uiterste misnoeë gadegeslaan.

Daar was geen veilgheidsmaatreëls nodig om die fakkel in Noord-Korea te vertoon nie. Die Noorde sluit egter enige teenstanders op of laat hulle teregstel volgens menseregtegroepe.

Die fakkel reis volgende na Viëtnam en daarna na Hong Kong.

освещение потолка натопкарго отзыв

VSA s? Suid-Afrika moet invloed op Zim gebruik

Suid-Afrika het ‘n beter verhouding met Zimbabwe as enige ander land en behoort sy invloed te gebruik, sê die Verenigde State.

‘n Segsman vir die departement van buitelandse sake, Sean McCormack, het verslaggewers toegespreek.

Hy sê Suid-Afrika moet sy hefboomkrag in die situasie gebruik om ‘n verdere verslegting in die politiese dooiepunt te voorkom.

Terselfdertyd het die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, die Verenigde Nasies versoek om ‘n spesiale gesant na Zimbabwe aan te stel om na-verkiesingsgeweld deur die Mugabe-regering te ondersoek.

Die Verenigde Nasies het nie ‘n mening gewaag oor of die Suid-Afrikaanse president enige verdere rol as ‘n bemiddelaar in die krisis kan speel nie.

купить боди для новорожденных в харьковеФильчаков прокурор отзывы

Sierra Leoners bitter

Die stemming in Sierra Leone is nie feestelik nie, maar bitter. Mense vind dit al hoe moeiliker om kos op die tafel te sit terwyl die land voorberei vir sy 47ste onafhanklikheidsvieringe.

Die hoofdis vir die meeste Sierre Leoners is rys wat die afgelope twee maande verdubbel het in prys.

Hulle moet nou klaarkom met patats, broodwortel en kassava. Mense glo dat opstande onvermydelik gaan word as die regering nie spoedig optree nie.

Die regering wil plaaslike rysproduksie aanmoedig om die land se afhanklikheid van duur invoere te verminder.

Die hoë koste verbonde aan die aanhou van beeste het veroorsaak dat vleispryse ook die hoogte in geskiet het.

‘n Gewone werker het hierdie week aan die media gesê dat hy vroeg soggens sy huis verlaat om sy honger kinders te vermy.

строительство саун под ключДанильченко Харьков