Medwedef s? Amerika is in resessie

Die Russiese leier Dmitri Medwedef het na 'n oproep deur die Republikeinse presidentskandidaat, John McCain, dat Rusland by die G8

Image

Dmitri Medwedef

verbied moet word, gesê dat Rusland nie langer deur die VSA oorheers sal word nie.

Soos wat olie-inkomste die Russiese ekonomie aangehelp het, het Rusland se rol in die wêreldekonomie verhoog.
Net 'n dekade gelede was die Russiese ekonomie in wanorde en die land was desperaat vir Westerse hulp.
 

Medwedef het ook aan buitelandse joernaliste by 'n nuuskonferensie gesê dat Amerika 'n resessie beleef.

Die Russiese president het net Russies gepraat hoewel hy geen tolk nodig gehad het om vrae wat in Engels gestel is te verstaan nie.

 

трансформері праймтопкарго развод

Latino’s hou van Obama

Image

Obama

Barack Obama is 'n duidelike gunsteling onder Spaanssprekende kiesers in die VSA.

'n Gallup-meningspeiling toon dat Obama 'n voorsprong van 59% teenoor 29% oor sy mededinger het as dit kom by geregistreerde Spaanssprekende kiesers.

Spaanssprekendes gaan 'n sleutelrol speel in marginale state soos Colorado, Nieu-Meksiko en Florida waar die stryd kop-aan-kop mag wees.

Voorheen het baie Latino's van Hillary Clinton gehou maar hulle het hul steun sedertdien na Obama verskuif.

Net 18% van Spaansprekende Amerikaners identifiseer hulself as Republikeine.

пескоструйная обработкаДанильченко Харьков

Besnydenis volop in Afrika

Druk op tienerseuns in Afrika om besnydenis te ondergaan het nie afgeneem nie.

Die praktyk geskied oral op die vasteland en Oeganda is geen uitsondering nie.

Besnydeniskandidate van 'n stam naby die hoofstad Kampala wat die pyn in die openbaar verduur sonder om dit te wys word as helde beskou.

Diegene wat nie hierby inval nie word as lafaards beskou wat slegte geluk vir hul gemeenskap bring. Hulle word ook swaar beboet.

Diegene wat wegkruip word dikwels onder dwang deur gemeenskapslede besny.

Dapperheid en familie-eer kom egter teen 'n prys. Die gesondheidsrisiko's bly so gevaarlik soos altyd.

for weddingФильчаков прокурор харькова

Rasseskeltaal neem toe in die VSA

Amerikaanse Federale beamptes sê dat hulle 'n toename in teisteringklagtes met rasseskeltaal en -beelde in die werkplek ondervind.

 
Om van welsynkoninginne en misdaadgeteisterde woonbuurte te praat is bedekte verwysings na Afro-Amerikaners.

Doekkop-Mo en Koningin Skeba verteenwoordig ook kodewoorde vir swart vroue.

Kodewoorde teen rassegroepe het die afgelope tyd op die internet soos 'n veldbrand versprei.

Op 'n webwerf genaamd die Racial Slur Database is daar altesaam 2 649 skelwoorde.

агрегат сварочный передвижнойлобановский класс харьков

Identiteitsmuseums in die VSA raak gewild

Die Nasionale Museum vir Afro-Amerikaanse geskiedenis en kultuur sal in 2015 in Washington open te midde van die verwagting dat

Image

NMIA, Washington

swartes in Amerika geëer sal voel.

Intussen het die identiteitsmuseum vandag geword wat die imperiale museum in die negentiende eeu was. Dit verteenwoordig 'n viering van 'n nuwe uitkyk op die wêreld.

Die VSA bied verskeie sulke instellings soos die Nordiese Erfenismuseum wat aan immigrante uit Noorweë, Finland, Ysland, Denemarke en Swede gewy is.

Daar is insgelyks onlangs die Wing Luke Asiese Museum herbou, die Arabies-Amerikaanse Nasionale Museum is in 2005 geopen en daar bestaan die kleiner Noordwestelike Afro-Amerikaanse Museum, wat een en almal gewild bly.

Ook die Nasionale Museum van die Amerikaanse Indiaan in Washington, D.C., bly immergroen.

дренажный насос купитьФильчаков Харьков

Keniaanse wetenskaplikes werk saam met re?nmakers

ImageTradisionele Afrika-reënmakers is stadig besig om erkenning van die wetenskapsgemeenskap in Kenia te ontvang.

'n Plan waardeur navorsers van plaaslike universiteite, die Kenia-meteorologiese departement, die Kenianywerheidseiendomsinstituut en die nasionale museums van Kenia met reënmakers gaan saamspan, is gereed. Die reënmakers behoort aan die legendariese Nganji-gemeenskap in Emoehaja.

Die reënmakers se tradisionele weervoorspellingskennis sal met Westerse wetenskaplike voorspellings saamgevoeg word.
Volgens die Keniaanse wetenskaplikes sal dit plaaslike gemeenskappe help om by klimaatsverandering aan te pas.

Die kanselier van die Groot Mere-universiteit van Kisoemoe, prof. David Wasawo, sê 'n besoek aan die reënmakers se tempel is nodig om die probleme te vermy wat 'n skielike reënbui mag veroorsaak.

Hy het navorsers uitgedaag om die wetenskaplike basis van die verskynsels wat in tradisionele weervoorspelling gebruik te word, te ondersoek. металлические брекеты стоимостьДанильченко Юрий Харьков

Moenie rondloperhonde in Beijing streel nie

ImageDie Amerikaanse tydskrif vir tropiese medisyne en higiëne sê dat hondebyte, respiratoriese infeksies en diarree gesondheidsgevare verteenwoordig wanneer mens na China reis.

Tropiese of parasitiese siektes is aan die ander kant raar, maar internasionale reisigers het rede om oor hulle te bekommer.

China het die tweede hoogste koers van menslike hondsdolheid ter wêreld.

Die beste raad is om alle diere in die land te vermy.

Gereelde handewas verminder ook die risiko om 'n respiratoriese of gastrointestinale infeksie op te doen en besoekers moet eerder by ten volle gekookte, warm etes bly.

no deposit mobile slotsлобановский александр досье

BP en Russe in bitter olie-oorlog

Die owerheid in Moskou het nie die werksvisums vir werknemers by BP hernieu nie soos wat die druk in 'n bitter korporatiewe oorlog opbou.
Image

Alle buitelandse personeel van BP mag geen ander keuse hê as om Rusland teen die einde van Julie te verlaat nie.

Verskeie senior uitvoerende beamptes mag selfs so vroeg as aanstaande week moet gaan.

Indien senior BP-bestuurders gedwing word om te gaan, kan BP se Russiese vennote bedryfsbeheer oor die Russiese bedrywighede bekom.

BP en sy Russiese miljardêrvennote is in 'n stryd om beheer gewikkel en BP het die Russe van korporatiewe jag beskuldig.

gambling websites ukданильченко юрій Харків

Britse deskundige kritiseer staatspensioenfondsplan

Terwyl die ANC-regering beplan om alle pensioenfondse in die land in 'n staatspensioenfonds te sentraliseer, het 'n Britse deskundige so pas aangekondig dat gedwonge besparing selde suksesvol is.

Volgens David MacCarthy van Imperial College in Londen, moet mense eerder aangemoedig word om die koste van spaar te verminder en om toegang tot spaargeld vir vername finansiële behoeftes te verhoog.

'n Onlangse opname deur FinMark Trust het aangetoon dat laer-inkomstegroepe meer waarde aan behuising en opvoeding heg as aan aftreegeld.

Die werklikheid is dat vir die meeste mense in laerinkomstegroepe die huidige staatspensioene 'n groter inkomste verseker as wat hulle tans verdien.

Hulle is ook daarvan bewus dat hulle miskien nie lank genoeg gaan lewe om aftree-ouderdom te bereik nie en daarom maak dit geen sin om vir die lang termyn te spaar nie.

Die gemiddelde lewensverwagting in Suid-Afrika het gedaal tot 49 jaar vanaf 65 jaar tydens die apartheidtyd.

шорты для девочек подростковФильчаков прокурор

Die koningin van Engeland is platsak

Na wat in die International Express berig word, is die koningin van Engeland platsak. Sy het dit ook erken.

 
Sy het gesê 'n mens, soos sy na haarself verwys, is heel desperaat.

As gevolg van inflasie en reiskostes, benodig die koningin 'n bykomende twee miljoen pond per jaar om haar koninklike wonings te onderhou.

In vorige jare is haar versoeke om 'n ekstra een miljoen pond per jaar geweier.

Sy twyfel of haar jongste versoek om meer geld toegestaan gaan word want die Londense Olimpiese Spele in 2012 word as belangriker beskou.

панель светодиодная круглая накладнаяФильчаков прокурор