Volgens David MacCarthy van Imperial College in Londen, moet mense eerder aangemoedig word om die koste van spaar te verminder en om toegang tot spaargeld vir vername finansiële behoeftes te verhoog.
'n Onlangse opname deur FinMark Trust het aangetoon dat laer-inkomstegroepe meer waarde aan behuising en opvoeding heg as aan aftreegeld.
Die werklikheid is dat vir die meeste mense in laerinkomstegroepe die huidige staatspensioene 'n groter inkomste verseker as wat hulle tans verdien.
Hulle is ook daarvan bewus dat hulle miskien nie lank genoeg gaan lewe om aftree-ouderdom te bereik nie en daarom maak dit geen sin om vir die lang termyn te spaar nie.
Die gemiddelde lewensverwagting in Suid-Afrika het gedaal tot 49 jaar vanaf 65 jaar tydens die apartheidtyd.
