DA ondersteun Jansen met haatspraakklag

Die DA het Dinsdag ‘n klag van haatspraak teen Thebe Meeko, die voorsitter van die ANC-jeugliga in die Vrystaat gelê. Dit kom na Meeko se uitlatings wat hy glo oor Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, gemaak het.

Die klag is by die Kaapstadse Landdroshof gelê nadat die koerant, The Times, berig het dat Meeko gesê het Jansen moet “doodgeskiet word omdat hy ‘n rassis is”.

Meeko se uitlatings kom nadat Jansen verlede week tonge los gehad het toe hy aangekondig het dat die universiteit hul klagtes teen die sogenaamde Reitz-vier laat vaar het.

“Dit is sulke skokkende stellings. Ons moet optree wanneer iemand vra dat iemand anders doodgemaak word,” het Wilmot James van die DA gesê.

Floyd Shivambu, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het gesê dié uitspraak vra nie dat Jansens geskiet word nie maar dat rassisme geskiet word.

“Hy het nie bedoel dat ‘n persoon doodgemaak moet word nie. Hy het na rassisme verwys,” het Shivambu gesê.

 

free playАлександр Фильчаков прокурор

Jonges moet betrokke raak, sê VF+

Die onderskeie jeug takke van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het die naweek reorganiseer en `n nuwe dagbestuur aangewys. Die dagbestuur is as volg:

Voorsitter: James Kemp

Onder-voorsitter: Hector Beyers

Sekretaris: Charl Oberholzer

Dagbestuurslid: Marcus Pawson

Dagbestuurslid: Werner Joubert

Volgens die provinsiale leier, mnr. Jaco Mulder speel die jeug `n baie belangrike rol in Gauteng. “Daar is verskeie kampusse waar ons gevestigde steun het, en dit is belangrik om aan te hou om daardie studente se belange te beskerm,” sê Mulder.

Daar is tydens die vergadering ook besluit om meer jong werkendes by die strukture te betrek aangesien dit te dikwels gebeur dat hulle onbetrokke raak wanneer hulle eers in `n beroep staan.

“Jongmense wat die beroepswêreld betree het kan `n groot bydrae lewer tot hul gemeenskappe. Dit gebeur egter gereeld dat hulle vasgevang word in hul beroepe en dan slegs om die braaivleisvure oor die probleme in Suid-Afrika praat. Ons moet hulle ook mobiliseer om aktief betrokke te raak en `n verskil te maak,” het Mulder bygevoeg.

 

магазины игрушек украинаОлександр Васильович Фільчаков

Reitz-vier vandag voor

Die saak teen die vier Reitz-studente sal Maandag begin in die Bloemfonteinse Streekshof open.

Lede van die ANC en Cosatu het aansoek gedoen vir toestemming om voor die hof te betoog, het die woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, kaptein Rulene Kühn, gesê.

“Ons het operasionele planne in plek om enige voorvalle te hanteer. Die openbare orde polisie en misdaadvoorkomingseenheid sal die situasie monitor.”

Teen 8vm was alles stil, het sy gesê.

Die verskyning van RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler kan uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag oor die naweek aangedui.

“Dit mag wees dat die Staat vir uitstel vra om die kwessie versigtig te oorweeg in die lig van voorstellings wat Woensdag deur die verdediging ingehandig is,” het Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG in in Bloemfontein gesê.

Die vier studente van die Reitzkoshuis word aangekla omdat hulle vyf swart personeellede glo verneder het in ‘n ontgroeningsritueel wat hulle verfilm het.

Die vier swart vroue en een swartman kan gesien word waar hulle op hulle knieë kos eet “waarin daar glo geurineer is”, het Sapa berig.

Die studente het ook hulle teenkanting teen die universiteit se integrasiebeleid in die video geopper.

Jonathan Jansen het verlede week vir opslae gesorg toe hy die vier studente “vergewe” het en hulle genooi het om weer hulle studies aan die universiteit te hervat indien hulle sou wou.

Twee van die studente het reeds hulle studies voltooi, maar die ander twee beplan om terug te keer na die kampus.

Die stap het skerp kritiek ontlok van anti-Afrikaanse organisasies en die nuwe rektor genoop om sonder verwyl Sondag te swig voor die druk en “alle betrokkenes buite en binne die UV… te nooi om die universiteit se bestuur te ontmoet oor die wyse waarop konsensus bereik kan word oor die pad vorentoe”.

 

сделать мед справкуФильчаков прокурор харьков

Viserektor van Kovsies vaar uit teen ‘kolonialisme en apartheid’

Die ideologiese transformasie van die Universiteit van die Vrystaat het so vinnig plaasgevind dat die viserektor, prof. Teuns Verschoor, hom tot “‘n stryd teen die gevolge van kolonialisme en apartheid” verbind het. Verschoor het die pas aangestelde kleurlingrektor, Jonathan Jansen, as ‘n “gerespekteerde en geliefde rektor” verwelkom.

Hier volg die volledige teks wat Verschoor aan die media uitgereik het:

“Ek is gevra om iets by die inhuldiging van prof. Jonathan D Jansen omtrent die Universiteit se onlangse verlede te kom sê. Ek het dit ook goedgedink om iets te sê oor die Universiteit se verre verlede om daardeur aan te dui dat die geskiedenis dikwels homself herhaal. Wat volg, is dus iets uit die eerste 20 jaar van die geskiedenis van die UV, en iets van die laaste 20 jaar.

Volgens die eeufeesbundel Van Sink tot Sandsteen tot Graniet het hierdie universiteit se nederige begin as die Grey Universiteitskollege op die warm someroggend van 28 Januarie 1904 plaasgevind, toe die eerste ses studente hulle aangemeld het en geregistreer is vir die enigste kursus wat aangebied is, naamlik die BA-graad. Die ses studente was almal wit mans wat, tot ? mindere of meerdere mate, die hartseer, twyfel en die vernederings van die Anglo-Boereoorlog ervaar het. Hulle was nog nooit vantevore aan enige tersiêre onderrig blootgestel nie. Hulle was meestal plaasseuns wat enkele maande tevore nog in die Anglo-Boereoorlog betrokke was.

In 1909 moes die Grey Universiteitskollege tydelik – vir ‘n tydperk van 18 maande – na ‘n ander terrein, die sogenaamde Blikkiesdorp toe skuif , waar die Tegniese Hoërskool Louis Botha tans geleë is. Die ongeveer 50 studente en hulle dosente is in hout- en sinkgeboue gehuisves.

Die volgende 11 jaar was uitdagende en moeilike tye vir almal wat by die Grey Universiteitskollege betrokke was. Die jong universiteit was sonder ‘n rektor (van 1908 tot 1920 was daar slegs waarnemende rektore), ‘n jong universiteit sonder identiteit of tradisies en met geen verlede nie. Aangesien die klasse in Engels aangebied is, het die meeste studente met ‘n Nederlands/Afrikaanse agtergrond ook gesukkel om die nuwe lewenswyse en radikale veranderings te bemeester.

Die aanstelling van die tweede rektor van hierdie universiteit op 1 Oktober 1920, ds. J.D. Kestell, moet beskou word in die lig van die posisie waarin die Grey Universiteitskollege homself in daardie stadium bevind het: arm, sukkelend, en sonder ‘n rektor om orde, gladde bestuur en, in die besonder, groei te bewerkstellig. Sedert sy totstandkoming in 1903 het die studentegetalle laag gebly, en in 1920 was daar maar nog net ongeveer 130 studente. Met so ‘n klein studentekontingent het selfs die lojaalste Vrystaters gehuiwer om hulle kinders na die Grey Universiteitskollege te stuur vir hulle tersiêre opleiding.

In die oë van die besluitnemers, die Kollegeraad, was die tyd ryp vir ‘n gerespekteerde, geliefde, maar bowenal, bekwame rektor. Hy sou die beeld van die GUK moes weerspieël sodat die instelling ‘n volwaardige universiteit kom word, met studentegetalle wat vinnig toeneem en finansies wat ‘n gesonde groei toon.

Sowat 85-90 jaar na sy stigting is die eerste swart voorgraadse studente toegelaat om by die Universiteit van die Vrystaat te registreer. Hulle was ook nog nooit vantevore blootgestel aan enige tersiêre onderrig nie. Hulle was hoofsaaklik jongmense uit die townships wat getuies was van die lelike kant van die struggle, tonele van polisiebrutaliteit en die halssnoermoorde van impimpi’s.

Aangesien die klasse in Afrikaans aangebied is, het die meeste studente met Engelsmedium as taal van skoolonderrig gesukkel om die nuwe lewenstyl en radikale veranderinge te bemeester. Die instel van parallelmediumonderrig het tot ‘n mate verligting vir hierdie probleme gebring, maar op talle ander wyses, veral wat betref die integrasie van die koshuise, was die Universiteit naïef en het hy baie foute begaan. Hierdie was ‘n uitdagende en moeilike tyd vir almal wat by die Universiteit van die Vrystaat betrokke was, waarvan die Reitz-kwessie deeglike bewys is dat ons nie suksesvol die moeilikhede en uitdagings gehanteer het om die verdeeldheid en onregte van die verlede te herstel nie – dat ons in ‘n sekere sin ons studente gefaal het deur hulle nie toereikend te onderrig ten opsigte van menslike empatie en respek vir die waardigheid van hulle medemens nie.

Die aanstelling van prof. Jonathan Jansen as die dertiende Rektor en Vise-Kanselier van die Universiteit dui ‘n nuwe begin aan. Vir die grootste deel van sy geskiedenis het hierdie universiteit krities die oorheersende politieke agendas van die dag nagevolg. Met sy onstaan onder Britse koloniale bewind het die universiteit slegs in Engels gefunksioneer en is baie persone op grond van hulle ras sowel as hulle taal uitgesluit. Vervolgens het die universiteit ‘n proses van verandering van Engels en Nederlands na Afrikaans ondergaan. Gedurende hierdie era het die Universiteit van die Vrystaat nie alleen die beleid van apartheid nagevolg nie, maar ook aktief bevorder. Dit is betreurenswaardig dat die universiteit, selfs tot vandag toe, nog nooit ‘n kritiese en onafhanklike identiteit kon verwerf nie.

Ons transformasieproses is gevolglik ‘n stryd om die gevolge van kolonialisme en apartheid, spesifiek die uitsluiting en die skeiding van ons mense van mekaar aan te spreek. In die onlangse verlede was alle lede van die universiteit betrokke by ‘n kampuswye dialoog genaamd die Sosiale Kontrakproses. Lede van die universiteitsgemeenskap het saamgestem dat ons almal ons verlede moet begrawe en ‘n nuwe toekoms vir al ons mense te bou.

Tydens die laaste vergadering van ons Universiteitsraad het alle lede van die Universiteitsraad egter eenparig saamgestem dat ons verlede agter ons lê en dat die toekoms aan ons almal behoort. Vandag doen ons ‘n beroep op alle sektore van ons gemeenskap om by ons aan te sluit wanneer ons hierdie toekoms vir al ons mense in hulle diversiteit skep.

Die aanstelling van die dertiende Rektor en Visekanselier van die Universiteit moet gesien word in die lig van die posisie waarin die Universiteit van die Vrystaat homself op hierdie stadium bevind: ‘n universiteit met meer as 27 000 studente, met eilande van uitnemendheid, maar ook ‘n Universiteit sonder ‘n rektor, wat sukkel met integrasie, met ‘n onaanvaarbare lae deurvloeisyfer en met ‘n openbare beeld wat tot so ‘n mate geskaad is dat selfs die lojaalste Vrystaters huiwer om hulle kinders na die Universiteit van die Vrystaat vir hulle verdere opleiding te stuur.

In die oë van die besluitnemers, die Universiteitsraad, is die tyd ryp vir ‘n gerespekteerde en geliefde Rektor, maar bowenal ‘n Rektor wat bekwaam genoeg is om die uitdagings waarvoor die Universiteit te staan gekom het te hanteer. Soos in die geval van ds. J.D. Kestell, sal prof. J.D. Jansen tot so ‘n mate die beeld van die UV in ons tyd moet weerspieël dat hierdie instelling internasionaal erken kan raak, met ‘n bewese vermoë om diversiteit suksesvol aan te spreek, en om by sy studente ‘n menslikheid en respek vir die waardigheid van ander te kweek, asook ‘n instelling met ‘n stygende deurvloeikoers en met navorsingsuitsette wat uitnemendheid op internasionale vlak vertoon.

Ons dink ons het die persoon gevind.

Ek dank u.”

светильник на шинопроводе tlv proданильченко юрій броніславович

Vonke spat by minderheidskonferensie

‘n Groepie Afrikaneraktiviste wat die regering en die swart meerderheid kaalvuis gepak het oor diskriminasie en geweld teen minderhede, het gister ‘n warm onderonsie by die SA Menseregtekommissie se hoofkantoor in Parktown, Johannesburg veroorsaak.

21 Oktober is Afrikanmenseregtedag en die doel van gister se konferensie oor “Minderheidsregte in Suid-Afrika” was om ‘n konsepverslag oor dié saak vir die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee in Genève te bekragtig

Drs. Pieter Duvenage en Dan Roodt, asook mnre. Louis Smuts en André Alkema, kon hulle nie met die konsepverslag vereenselwig nie en het die vervreemding en ontnugtering van die Afrikanervolk teenoor die huidige bestel ondubbelsinnig verwoord. Terwyl dr. Dan Roodt van PRAAG ‘n onderhoud buite die gebou aan die SAUK-radio en -TV toegestaan het, het Duvenage gesê dat die staat nie meer oor enige legitimiteit beskik nie omdat hy nie meer die veiligheid van sy burgers kan waarborg nie. Duvenage het ook beweer dat die teenwoordigheid van die Afrikaner in die land nie eens deur die staat erken word nie.

Hierna het een swart spreker, Colett Letlojane, Duvenage ingevlieg en hom van ondankbaarheid jeens die swart meerderheid beskuldig wat hom vir apartheid vergewe het.

Die hoof van die SA Menseregtekommissie, adv. Tseliso Thipanyane, het aan die einde van die oggendsessie spottend na die Afrikaanse afgevaardigdes verwys deur herhaaldelik as ‘n grap die frase te herhaal: “I want my Afrikaans, I want my Afrikaans”, tot groot vermaak van die omstanders.

In die loop van die besprekingsessie waar Duvenage op emosionele wyse aangeval is, het dr. Dan Roodt gesê dat hy “dit gaaf vind dat Duvenage vir apartheid vergewe is. Maar as ‘n mens dink dat slegs 900 mense in politieke geweld tydens apartheid dood is en 750 000 reeds sedert 1994 vermoor is, waaronder tienduisende Afrikaners, dan moet Duenhage sy toehoorders veel meer vergewe as andersom, want lede van die meerderheid is steeds besig om dié gruweldade te pleeg.”

Hierna was die vet in die vuur en swart deelnemers aan die konferensie het begin om die begrip “minderheid” te bevraagteken. Volgens ‘n amptenaar van die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling is “minderheid ‘n dinamiese begrip en dis nie te sê dat daar wel in SA minderhede bestaan nie”.

Vele swart sprekers het beaam dat die begrip “minderheidsregte” die land “terug na apartheid” kan neem. ‘n Regeringsamptenaar het gemeen dat “lede van minderheidsgroepe by die regerende party kan aansluit en sodoende aan die politiek kan deelneem”, waarop dr. Roodt gevra het of dit ‘n pleidooi vir ‘n eenpartystaat is. Die regeringsamptenaar het egter gevoel dat minderhede onder geen omstandighede enige vorm van politieke mag of invloed behoort te hê nie.

Terwyl regerginswoordvoerders by die konferensie die bestaan van ‘n Afrikanerminderheid in Suid-Afrika ontken het, is daar gevoel dat nie-heteroseksuele mense wel as ‘n minderheid met spesifieke regte in die land geag moet word. Omdat die fokus vanuit ontwikkelde lande by die VN-vergaderings in Gernève op dié kwessie val, wil die ANC insgelyks gay-regte in die land gebruik om enige aansprake deur etniese minderhede soos Afrikaners te ontlont.

Nadat Roodt die herafbakening van die Pretoriase munisipaliteit deur dr. Michael Sutcliffe as ‘n voorbeeld van diskriminasie en verdrukking van minderheidsgroepe genoem het, het me. Nkaro Mateta, ‘n senior bestuurder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, gesê dat sy ‘n lid van die afbakeningskomitee was en dat Afrikaners ondergeploeg is met die doel om hulle te “integreer”. Hierteenoor het Roodt teruggekap deur “integrasie ‘n eufemisme vir assimilasie” te noem. Volgens hom bestaan daar drie maniere om volksmoord te pleeg: deur etniese suiwering soos om Afrikaners deur wetgewing uit die land te verdryf, deur assimilasie en deur geweld, elemente waarvan reeds in Suid-Afrika bestaan.

Hierop het die voorsitter van die Menseregtekommissie beweer dat hy ‘n Sotho is wie se voorvaderlike grond in die Vrystaat voor 1930 afgevat is en dat hy as lid van die meerderheid nie bereid is om enige toegewings aan die Afrikanerminderheid te maak nie.

Tydens die middag se verslag oor die oggend se besprekings het Pitso Montwedi, die hoofdirekteur vir menseregte en humanitêre aangeleenthede van die departement van buitelandse sake dit goedgedink om na die syfer van 900 mense wat in politieke geweld tydens apartheid gesterf het te verwys. Hy het dit as “onwaar” bestempel.

Tydens die vraesessie het dr. Dan Roodt versoek dat die ware syfer oor ongevalle in politieke geweld tydens apartheid bekendgemaak word, indien dit dan nie nie 900 is nie, ‘n syfer wat in die verslag van die Waarheids- en versoeningskommissie voorkom.

Hierop het prof. Ayesha Kajee, ‘n Indiërakademikus aan die universiteit van die Witwatersrand en hoof van die Internasionale Menseregteuitruilprogram uitgebars en geskree dat daar “honderde duisende swartes deur Afrikaners tydens apartheid doodgemaak is” en dat Roodt nie “tussen feit en fiksie kan onderskei nie”.

“Moenie u eie propaganda glo nie,” het Roodt op Kajee se bewerings van volksmoord wat deur Afrikaners gepleeg is, geantwoord.

Die konsepverslag oor minderheidsregte wat aan die konferensie voorgelê is, is grondig deur die Afrikanerafgevaardigdes gekritiseer. Dié verslag gaan op 11 November aan die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee in Genève voorgelê word. Sowel Roodt as Duvenage het voorgestel dat ‘n “minderheidsverslag oor minderhede” in Genève ter tafel gelê word en het ‘n beroep op alle Afrikaanse organisasies gedoen om saam te werk om so ‘n verslag vir die internasionale vergadering voor te berei.

Uit die vergadering, asook die vurige debat en beskuldigings wat tussen lede van die meerderheid en die Afrikanerminderheid rondgeslinger is, het dit geblyk dat minderheidsregte in Suid-Afrika ‘n plofbare kwessie is.

Tot dusver is geen van die radio- en TV-onderhoude wat dr. Dan Roodt in Afrikaans en Engels aan die SAUK toegestaan het nog uitgesaai nie.

медицинская справка 086уДанильченко Юрий Харьков

Afrikaanse plekname sneuwel steeds

Ondanks ’n ooreenkoms wat verlede jaar met Fifa aangegaan is, wat bepaal dat Nelspruit se naam nie voor die Wêreldbekersokkertoernooi volgende jaar sal verander word nie, is die slag nou gelewer.

Nelspruit gaan voortaan Mbombela heet, Belfast sal eMakhazeni genoem word, Waterval-Boven word Emgwenya en Machadodorp gaan as eNtokozweni bekend staan.

Dié nuus is Vrydag in die Staatskoerant aangekondig.

Die Mbombela-munisipaliteit het bevestig so ’n ooreenkoms is met Fifa aangegaan.

Die naamsveranderinge is onder die 42 wat Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad goedgekeur het, lui ’n verklaring deur haar departement.

Premi Appalraju, Xingwana se woordvoerder, het Maandag gesê die departement is onbewus van die ooreenkoms wat met Fifa aangegaan is.

 

липецк опцииДанильченко Харьков

Reitzklag nie laat vaar, sê Jansen

Die klagtes teen vier studente van die Universiteit van die Vrystaat oor ‘n rassistiese video-opname is nie teruggetrek nie, het Jonathan Jansen, die universiteit se rektor, Maandag gesê.

“Dit moet duidelik gemaak word,” het hy in ‘n nagverklaring gesê.

“Drie prosesse is onderweg en hulle moenie verwar word nie.”

Volgens hom staan die klagtes deur die Direktoraat van Spesiale Vervolgings in die provinsie, sowel as die menseregteklagtes deur die Menseregtekommissie nog.

“Die universiteit het slegs hulle eie klagtes teen die studente teruggetrek, sover as wat universiteits-prosesse gaan. Hulle het besluit om die studente terug te nooi om hul studies te voltooi en om Reitz weer oop te maak as ‘n model van sosiale regverdigheid en rasseversoening as ‘n uitsonderlike universiteitswoning.”

Besluit op twee faktore gebaseer

Volgens Jansen is die besluit, wat onder die universiteit se gesag resorteer, op twee faktore gebaseer.

Hierdie was die “instituut se eie aanspreeklikheid vir wat gebeur het en omdat die kondisies geskep is waaronder rassisme en rasse-aanvale op die kampus moontlik was…die instituut se behoefte om die omstandighede te skep vir rasse-versoening op ‘n diep verdeelde kampus en om deur dit die kanse vir transformasie by die UVS te versnel.”

“Daar was breedvoerige konsultasies” oor die nood om die kwessie op te los, het hy gesê.

Tom Coetzee, ‘n regskenner van Noordwes Universiteit, het gesê dat die UVS se besluit om sy klag teen die vier terug te trek, irrelevant tot die kriminele saak is.

“Die staat is die enigste een wat kan besluit of die kriminele vervolging aangaan of nie,” het Coetzee Maandag gesê.

“Die rektor se aankondiging is op hierdie stadium irrelevant.”

Die Reitzkoshuis was in Februarie 2008 in die middel van ‘n rassistiese storm na ‘n video, waarop vyf swart werkers van die koshuis vir die grap ingelyf word, opgeneem en aan die publiek bekendgemaak is.

Die beskuldigdes is RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler.

Die saak sal na verwagting op 26 Oktober begin.

 

оборудование дляОлександр Васильович Фільчаков

Afriforum gaan Christelike skole beskerm

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.

AfriForum se aanbod volg nadat die anti-godsdiens groep, die Afrikaanse Vrydenkersbeweging, pas aangekondig het dat hulle 43 skole landswyd “van nader gaan bekyk” met die oog op ʼn hofsaak om die skole se godsdiensbeleid te takel.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vind sy organisasie dit onaanvaarbaar dat anti-godsdienstige fundamentaliste nou skole viktimiseer in ʼn poging om ouergemeenskappe te ontneem van hulle basiese reg om te besluit oor skole se godsdiensbeleid.

Kriel het daarop gewys dat dit ironies is dat die anti-godsdiens fundamentaliste daarop aanspraak maak dat hulle nie kinders onder dwang aan skoolgodsdiens wil blootstel nie, maar nou self hulle anti-godsdienstige siening op alle skole wil afdwing. “Hierdie dwang benadering van die anti-godsdiens fundamentaliste is skerp in teenstelling met die godsdiensbeleid wat skole volg om niemand te dwing om aan skolegodsdiens deel te neem nie,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is hy verbaas om te sien die anti-godsdienstiges voer nou aan dat hulle geteiken word, terwyl dit inderwaarheid húlle is wat venynige aanvalle loods op mense se reg om hulle diepste geloofsoortuigings ook in skole uit te leef.

online casino notopcargo развод

Mulder moeg vir dubbele standaarde

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in ‘n verklaring gesê dat hy moeg is vir dubbele standaarde en onlogiese argumente as dit oor die Grondwet en Suid-Afrika se amptelike tale gaan.

Komiteelede van die Parlement se portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het tydens ‘n besoek aan die Universiteit van Stellenbosch, die rektor en die universiteit gekritiseer omdat, volgens hulle, Afrikaans steeds gebruik word om studente by die universiteit uit te sluit. Dit terwyl voorgraadse studente reeds onderrig in Afrikaans of Engels kan ontvang. “Waarom word hierdie eis aan Stellenbosch gestel, maar nie aan ander universiteite nie?” was dr. Mulder se reaksie daarop.

Dr. Mulder het gevra of Marius Fransman, sy komitee en minister Blade Nzimande beswaar sal hê as Stellenbosch op hulle webblad onder taalvereistes skryf: “Alle nuwe studente aansoekers, vir voorgraadse- of nagraadse studie aan hierdie universiteit, moet ‘n sekere vlak van vaardigheid in Afrikaans bereik het en moet bewyse hiervan kan indien voor toelating”.

“Ek glo hulle word flou en die debat draai in die Parlement. Tog is dit presies die woorde wat op die webblad van die Universiteit van Kaapstad staan, met die verskil dat dit na Engels en nie na Afrikaans nie verwys. Dit in ‘n provinsie waar bykans twee derdes van die bevolking Afrikaans as eerste taal het met reeds twee uitsluitlik Engelse universiteite.”

“Hoekom is dit aanvaarbaar met geen openbare histerie of verwysings na ‘n Grondwet wat sogenaamd alle tale probeer gelykstel nie? Wanneer besoek die Parlementêre portefeuljekomitee die Universiteit van Kaapstad en stel dieselfde eise aan hulle tot die voordeel van die meerderheid van die Wes-Kaapse inwoners wat Afrikaans-moedertaalsprekers is?” het dr. Mulder ook gevra.

 

липецк сварочноелобановский александр жена

Grondwethof wil hê Ermelo-hoërskool moet sy Afrikaanse taalbeleid ‘hersien’

In die voortslepende geskil tussen die ANC-regering en Hoërskool Ermelo oor Afrikaans, het die Grondwethof vandag bevind dat die onderwysdepartement van die Mpumalanga-provinsie onwettig opgetree het deur Ermelo-hoërskool te dwing om sy taalbeleid te verander.

Maar die Grondwethof het terselfdertyd die beheerligaam van Hoërskool Ermelo beveel om sy Afrikaanse taalbeleid te hersien.

“Die beheerliggaam van Hoërskool Ermelo moet sy taalbeleid hersien en dit in ooreenstemming met die grondwet vasstel,” het adjunkhoofregter Dikgang Moseneke gesê.

Intussen is die onderwysdepartement van Mpumalanga beveel om aan die Grondwethof verslag te doen oor hoe die departement die oorbevolkingsprobleem in skole gaan oplos.

In Januarie 2007 het Ermelo-hoërskool gesê dat dit ‘n groep Engelssprekende kinders slegs kon akkomodeer indien hulle bereid was om onderrig in Afrikaans te ontvang.

Volgens die Suid-Afrikaanse skolwet 84 van 1996, word ‘n skool se taalbeleid deur daardie skool se beheerliggaam bepaal.

Die Engelsmediumskole in Ermelo kon nie die groep inneem nie omdat hulle nie meer ruimte vir leerlinge gehad het nie.

Nie almal van hulle kon by Hoërskool Ermelo opgeneem word nie omdat hulle nie in Afrikaans onderrig wou word nie.

Omtrent twee weke later het die hoof van die onderwysdepartement summier die bevoegdhede van die beheerliggaam opgeskort en ‘n tussentydse komitee van sy eie amptenare aangestel om daardie funksie te verrig. Die komitee het besluit om die skool se taalbeleid na parallelmedium te verander.

Ook het die departement ‘n vergeldingsaksie teen die hoof van Hoërskool Ermelo, mnr. Koos Kruger, van stapel gestuur en hom summier uit sy pos geskors. Kruger is sedertdien in ‘n arbeidsaak met die departement gewikkel.

Die skool het die departement se besluit in die Hooggeregshof betwis en die saak verloor. Daarop is die saak na die Appèlhof in Bloemfontein geneem, waar die skool gelyk gegee is.

Maar die ANC in Mpumalanga was nog nie tevrede nie en het besluit om na die Grondwethof te appeleer met die argument dat sy optrede “wettig” was.

люстры отечественного производстваалександр лобановский супермаркет класс

VF Plus wil aanhou veg vir Pretoria

“Die VF Plus is bly dat die vorige hofbevel oor die Pretoria-straatnaamkwessie nog staan,” sê mnr. Jaco Mulder, LPW en Provinsiale Leier vir die VF Plus in Gauteng, na die uitspraak van regter Pathudi in die Hooggeregshof in Pretoria.

Regter Pathudi het egter vandag in die Hooggeregshof in Pretoria die aansoek van die Tshwane Metroraad teen die VF Plus en AfriForum toegestaan wat beteken dat alhoewel die vorige bevel nog staan, dit nie die Tshwane Metroraad verbied om die verwelkomingsborde by die ingang van die stad op te rig wat slegs die naam Tshwane bevat nie.  Hierdeur word die persepsie geskep dat die stad se naam Tshwane is terwyl dit inderdaad nie die geval is nie.

“Die feit dat die naam City of Tshwane/ Pretoria in die internasionale bemarkingsveldtog gebruik word terwyl die plaaslike veldtog nou net die naam City of Tshwane gaan bevat, skep verdere bemarkingsverwarring.  Die VF Plus ondersoek die moontlikheid om by verdere prosesse betrokke te raak om die naam van Pretoria te beskerm.

3d снимок зубовдепутат лобановский

Tshwane en Pretoria sal op borde verskyn

Die naamborde wat die Tshwane-metroraad wil oprig by sy hoofingang sal nie die bestaande aanwysingsborde vervang nie, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.

Volgens adv. Vincent Malekala, wat die Tshwane-metroraad verteenwoordig, is die stad deur Fifa verplig om borde op te sit wat die Wêreldbeker in 2010 bemark.

Luidens die ooreenkoms sal beide Tshwane en Pretoria op die borde verskyn wat tydens die internasionale bemarkingsveldtog gebruik sal word.

Die metroraad beplan om nege borde op te rig by sy hoofingange.

Die VF+ en AfriForum het in 2007 ‘n interdik teen die metroraad gekry om hulle te verhoed om enige borde met die naam Pretoria of Tshwane op te rig. Die raad het nou weer aansoek gedoen om die interdik teen te staan.

Volgens Conrad Beyers, raadslid van die VF+, besef hulle hoe belangrik dit is om 2010 te bemark. “Ons wil die naamborde by die ingange hê, maar dan moet die naam van Pretoria daarop aangebring word,” het hy gesê.

 

demo slots onlineалександр лобановский супермаркет класс

‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Die VF Plus gaan ‘n regsmening formuleer op grond van die ANC se partygrondwet en ANC-beleidsdokumente waarvolgens Malema en die jeugbestuur duidelik ANC-reëls oortree en binne die ANC se strukture aangekla behoort te word. Dit sal aan die ANC se leierskap voorgelê word vir verdere aksie, by gebreke waarvan die VF Plus die ANC-jeugliga by die Menseregtekommissie gaan aankla vir haatspraak en aanhitsing van rassisme.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêrewoordvoerder oor sport, is dit nou nodig om nie net Malema nie, maar die hele jeugbestuur in die naam van vrede en rasseharmonie in Suid-Afrika, formeel te dissiplineer. Trouens, indien president Zuma bereid is om van swak burgemeesters en ander amptenare ontslae te raak, soos hy al gedoen het, hoeveel te meer sal dieselfde dissipline nie van toepassing wees op sy eie jeug nie? Daarom beroep die VF Plus hom op die ANC-leierskap om hulle jeuglede in lyn te bring met president Zuma se beleid van versoening as ‘n toets vir die erns wat die ANC hiermee het.

Die VF Plus-reaksie volg op uitsprake van mnr. Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, wat volgens Rapport gesê het dat die meeste wit mense rassiste is en dat hulle nie die oorwinning van Caster Semenya vier nie omdat sy nie wit is nie. Hy voeg hiermee sy uitsprake by dié van Malema wat deurlopend nog rondom die voorval agterdog en verdeeldheid saai en rassepolarisering aanstig.

“Hitler het voor die Tweede Wêreldoorlog voortdurend rassistiese uitsprake teenoor die Joodse minderheid gemaak wat as onskuldige propaganda afgemaak is. Uiteindelik het dit gelei tot sy formele program van etniese uitwissing. Daarom kan hierdie rassistiese uitsprake teenoor die wit minderheid in Suid-Afrika nie ligtelik afgemaak word nie,” volgens adv. Alberts.

“Wit mense in Suid-Afrika raak al hoe meer bekommerd oor die roekelose uitsprake van die ANC-jeug en begin al hoe meer onveilig voel. Die klanke wat hierdie jongmense maak, lyk al hoe meer soos die amptelike uitsprake van die ANC self en dit is nou tyd vir die ANC om duidelik en ferm aan te dui wat hulle standpunt oor die plek van wittes in Suid-Afrika is. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die meeste wittes nie rassisties georiënteerd is nie, maar dat daar wel ‘n wit/swart-polarisering begin opbou onder die oënskynlike leierskap van Malema en sy juigkommando,” volgens Alberts.

купить ролики украинаФильчаков прокурор

Nestlé skrik

Nestlè het aan AfriForum belowe om vanaf die vierde Oktober, glad nie meer melk by Grace Mugabe te koop nie, het Sullivan O’Carroll, besturende direkteur van Nestlè Suidelike Afrika gesê.

AfriForum het ‘n veldtog, www.nestlebloodmilk.com, geloods wat verbruikers aanmoedig om dié produk te boikot.

Aangesien Nestlè besluit het om op te hou besigheid doen met Mugabe, sal AfriForum egter nie die veldtog voortsit nie.

Kallie Kriel, hoof-uitvoerende beampte van AfriForum, het Nestlè se besluit verwelkom.

Hy is van mening dat dit te danke is aan duisende mense wat bereid was om hul misnoeë met Nestlè uit te spreek.

“Dit bewys dat gewone verbruikers die mag het om geregtelikheid te laat geskied,” het hy gesê.

 

оборудование длятопкарго