Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor

Twee mense wat van die moord op Eugene Terre’Blanche beskuldig word, was daarop uit om hom te vermink, het kapt. Jacobus Rautenbach in die rondgaandehof op Ventersdorp gesê.

“Hulle was vasberade om hom te vermink,” het Rautenbach gesê.

“Hulle wou hom uitwis.”

Rautenbach het gesê die misdaad is polities gemotiveerd en hou verband met die sang van die lied “Skiet die Boer” deur Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Die lied is intussen verban.

“Hy [Malema] was in Zimbabwe toe die moord plaasvind, maar hy het die lied gesing en opdragte gegee. Hy het dit in die media geadverteer.”

Chris Mahlangu en ‘n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April verlede jaar vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Eugene Terre’Blanche se broek was oop voor hy aangeval is, volgens ‘n forensiese kenner wat ook getuig het.

“Dikwels sal ‘n persoon met ‘n bietjie van ‘n maag sy gordel en die boonste knoop losmaak [wanneer hy lê],” het lt.kol. Ian van der Nest getuig.

“Wanneer die liggaam op kom, sal die broek oopmaak.”

Dít dui daarop dat Terre’Blanche se broek voor die aanval oop was, omdat sy gordel en ritssluiter oop was.

Bloedkolle is ook op die linkerkant van sy penis gevind.

Chris Mahlangu en ‘n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche in April verlede jaar vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Van der Nest het in detail getuig oor die bloedvlekke op die mure, gordyne en deur en wat dít oor die misdaad verduidelik.

Hy het getuig dat die bloed in ‘n opwaartse rigting teen die muur beweeg het – ‘n teken dat hy op sy bed gelê het.

“As die persoon regop was, sou die bloed by sy maag afgerol het na die gebied van die denimbroek. Dit is nie gesien nie,” het Van der Nest aan die hof gesê.

Van der Nest het gesê as Terre’Blanche terugbaklei het, sou hy beserings aan sy arms gehad het.

“As die oorledene in ‘n posisie van selfverdediging was, sou sy arms in ‘n uitwaartse rigting wees.”

Die voorwerp wat gebruik is om Terre’Blanche te slaan, is soos ‘n bofbalkolf teen ‘n 90°C-hoek geswaai.

Die matras was deurweek van bloed.

“Baie groot bloedvlekke kan gevisualiseer word,” het Van der Nest gesê met verwysing na bloedvlekke op die muur agter die slaapkamerdeur.

“Dié vlekke is baie groter as impakspatsels. Dit dui daarop dat uitermatige geweld gebruik is.”

Vlekke direk oorkant die kamer se ingang was rond.

“Die deur en die deurraam wys bloed wat in ‘n opwaartse rigting beweeg, wat beteken dat die bron daarvan onder die nek moet wees.”

Александр Фильчаков

ET se geslagsdele was ontbloot

Die eerste persoon wat die lyk van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, gesien het, sê sy lyfband was los en sy geslagsdele was ontbloot.

Die eerste ding wat Robert van Heerden, paramedikus, gesien het toe hy in die slaapkamer kom, was ‘n plas bloed op die grond, het die rondgaande hof op Ventersdorp Vrydag gehoor.

Van Heerden het, terwyl hy met sy flitslig in die kamer geskyn het, bloed van die bed op die grond sien drup, asook bloed op die gordyne en mure.

Hy het vir ‘n pols gevoel en besef Terre’Blanche is dood.

Van Heerden het gesê die lyk het afgekoel maar hy nie kon sê vir hoe lank Terre’Blanche daar gelê het nie.

Hy het gesê hy het nie die lyk geskuif nie.

‘n Flitslig is gebruik omdat die ligskakelaar stukkend en die plaashuis donker was.

Chris Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche op sy plaas verlede jaar in ‘n loondispuut vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Die verhoor is tot Maandag uitgestel.

лобановский александр компромат

Saak teen Ratte teruggetrek

Die belaglike klagtes teen oudkmdt. Willem Ratte en vyf van sy medebeskuldigdes is stilletjies teruggetrek. Geen redes daarvoor is op die klagstaat of in die hof aangevoer nie.

Ratte, wat destyds met die Pro Patria- en die Suiderkruis-medaljes vereer is, is een van die mees gerespekteerde oud-soldate in Suid-Afrika.

Die groep het tereggestaan op drie aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en vyf aanklagte van die onwettige besit van ammunisie.

Ratte (62) en nog nege mans is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem weens beweerde “terrorisme”. Die staatsaanklaer Fanie Mavundla het selfs namens die staat ‘n klag van sogenaamde “kinderpornografie” teen Ratte ondersoek.

Ratte het uit protes ‘n eetstaking in die gevangenis in Witbank begin terwyl hy aangehou is. Bronne in die ANC sê sy besluit het tot groot kommer gelei in die regering en die besluit om die saak terug te trek was waarskynlik op politieke vlak geneem.

Die staat het die saak teen Ratte en Justin Schoeman (18), Corné de Beer (22), Petrus Visser (31), Wesley Borman (24) en Christopher Meyer (28) op 23 September in die streekhof in Witbank teruggetrek. 

 

 

topcargo отзыв

ET-getuie erken hy lieg

‘n Getuie in die verhoor van twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Eugene Terre’Blanche vermoor het, het Woensdag erken dat hy gelieg en sy verklaring verander het.

Hy het dit gedoen onder dwang van die ondersoekbeampte, kapt. Tsietsi Mano, het die getuie, sers. Jack Ramonyane, in die rondgaande Hooggeregshof op Ventersdorp gesê.

Die hof het gehoor dat Ramonyane twee verklarings aan die polisie gemaak het – een op die dag van die moord en een ‘n paar weke later.

Hy het verskeie besonderhede verander in die tweede verklaring.

In sy eerste verklaring het die beampte gesê Terre’Blanche se broek was halfpad afgetrek toe sy lyk gevind is, maar die tweede verklaring het dit ontken.

Hy het ook gesê die plaaswerker Chris Mahlangu het die polisie eerste gebel, maar het later gesê dit was die minderjarige.

Die twee word daarvan aangekla dat hulle die voormalige AWB-leier verlede jaar in sy plaashuis vermoor het.

Verskeie ander teenstrydighede is ook in Ramonyane se verklarings gevind.

“Jy is besig om ‘n spul leuens aan hierdie hof te vertel… jy het die ander aspekte opgemaak,” het Mahlangu se regsverteenwoordiger, Kgomotso Tlouane, gesê.

Toe die tiener se regsverteenwoordiger, Norman Arendse, oorgeneem en hom nog verder onder druk geplaas het, het Ramonyane erken hy het gelieg.

“U getuienis vandag is baie anders as u eerste verklaring,” het Arendse gesê.

Ramonyane het geantwoord: “Ja, hulle verskil hier en daar.”

“Hy [Mano] het jou aangesê om dinge te sê wat jy nie wou sê nie en hy het jou aangesê om dinge te sê wat jy nie gesien of gehoor het nie,” het Arendse gesê.

Ramonyane het geantwoord: “Dit is so”.

Die verdediging het ook Ramonyane se bewering dat Mahlangu aan hom gesê het hy wou Terre’Blanche se selfoon verkoop om die geld van uitstaande lone te kry, verwerp.

Mahlangu het gesê hy het die selfoon op die grond gevind en het dit gevat in ‘n “desperate poging” om die moord aan die polisie te rapporteer.

Mahlangu het gesê hy het die selfoon veilig in sy broeksak gehou om aan die polisie te gee. Hy het ook ontken dat hy met Terre’Blanche oor onbetaalde lone baklei het.

In ‘n verklaring wat vroeër ingedien is, het die 28-jarige Mahlangu egter gesê hy het in selfverdediging opgetree ná ‘n argument met Terre’Blanche oor lone.

прокурор Фильчаков

Nog ‘n boer koelbloedig vermoor

Beeld berig dat ‘n boer van Limpopo minstens agt ure lank dood en bebloed op die grasperk voor sy huis gelê het. Hy is Dinsdag in die agterkop geskiet.

Douw Brummer (50) was van die plaas Goedgedacht in die Dwaalboom-gebied.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê werkers van Brummer het eers Woensdag op sy lyk afgekom.

Brummer het alleen op die plaas gebly.

Die veiligheidsverteenwoordiger van TLU SA Noord, Pieter Roets, sê: “Dit was ‘n koelbloedige moord,” omdat die moordenaars Brummer glo ingewag het.

Brummer het voorheen onraad vermoed nadat daar by hom ingebreek is. Hy het aan sy bure ‘n foto van die man gewys wat hom glo leed wil aandoen. Die foto is ook aan die polisie gewys. Volgens Roets was dit nie ‘n werker van Brummer nie.

Otto het gesê die moordenaars het Brummer se sleutels gevat, die kluis in die huis oopgesluit en wapens gevat. Brummer se selfoon is ook gesteel.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Spoorsnyers fynkam tans die gebied.

Данильченко Юрий прокурор

‘Baie bloed, beserings’ en gesteelde kabels

Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het ‘n polisiebeampte Woensdag getuig.

Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê Terre’Blanche se lyk het in sy plaashuis op ‘n bed gelê. Hy is die vyfde getuie wat die twee moordbeskuldigdes uitgewys het.

Hy het gesê die mure en ‘n staalpyp was met bloed bevlek.

Die plaashuis was gesluit toe Ramonyane by die moordtoneel opgedaag het. ‘n Nooddienswerker van EMS het die deur oopgemaak.

Ramonyane sê hy het nie dadelik ingegaan nie.

“Van Heerden [van EMS] het gevra dat ons wag voor ons ingaan aangesien dit binne die huis donker was. Daar was honde binne en hy het aangedui dat die honde ons kan byt…”

Hy sê Van Heerden het ‘n toe flitslig gebruik.

In daardie stadium was die twee beskuldigdes – Chris Mahlangu (28) en ‘n minderjarige – in die polisievoertuig wat buite die huis gestaan het.

Ramonyane sê hy het hulle na die huis geneem nadat hulle erken het dat hulle Terre’Blanche doodgemaak het.

Die polisiebeampte was op 3 April 2010 besig om die gebied te patrolleer toe hy op die beskuldigdes naby die plaaslike treinspoor afgekom het.

“… Mahlangu het aan my verduidelik dat hulle met hul werkgewer baklei het; oor twee maande se lone wat nie betaal is nie,” het Ramonyane in die hof gesê.

“Ek het hom toe gevra hoe ernstig sy werkgewer beseer is… Mahlangu het gereageer deur te sê: ‘Ons het hom doodgemaak’.”

“Hy [Mahlangu] het nie soos iemand gelyk wat so iets kon doen nie aangesien hy vry, kalm en nie bang was nie.”

Die beskuldigdes het aan Ramonyane gesê dat hulle genoeg gehad het.

Ramonyane sê Mahlangu het aan hom gesê hy het Terre’Blanche se selfoon gehad en wou dit verkoop om te vergoed vir sy agterstallige loon.

Vier ander getuies het reeds getuig dat Mahlangu en die tiener erken het dat hulle die misdaad gepleeg het.

Beide het skuld ontken op aanklag van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die tiener enige betrokkenheid ontken het.

Ramonyane se getuienis duur voort.

Die verhoor van Eugene Terre’Blanche se vermeende moordenaars is Woensdagoggend weens ‘n kragonderbreking vertraag voor Ramonyane se getuienis.

Volgens hofbeamptes is kabels by ‘n Eskom-aanleg sowat 20 km buite die dorp, gesteel.

Beamptes het gesê ‘n kragopwekker is opgestel om verrigtinge voort te sit.

Фильчаков прокуратура харьков

Polisie arresteer Afrikanervrou ‘per abuis’

‘n Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens ‘n polisiefout met ‘n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank aangehou. Indien ‘n familielid nie tussenbeide getree het en haar vrylating geëis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar motor kwyt gewees het.

Me. Elna Middel, wat haar motor reeds tien jaar besit, is tussen die tolhek en Middelburg deur twee polisiemotors agtervolg. By die Hendrina-afrit is sy deur die polisie van die pad gedwing en beveel om uit haar motor te klim.

Haar vraag oor waarom sy van die pad gedwing is, is met die teenvraag beantwoord: “Wie se motor is dit dié?” Blykbaar het die polisie aggressief en dreigend teenoor haar opgetree. Op haar versekering dat die motor reeds tien jaar in haar besit is, het die lede van die SAPD geantwoord dat die motor as gesteel in Witbank aangemeld is.

Hierna is sy beveel om in die polisiemotor te klim, met die bykomende dreigement dat haar seun geboei en agter in ‘n ander motor gegooi sou word indien hy sou teenstribbel. Hierdie dreigement is in Zoeloe tussen die twee polisiemanne gemaak, maar omdat haar seun Zoeloe magtig is, kon hy dit verstaan en het beswaar aangeteken. Nadat ma en seun in aparte motors na die Middelburgse polisiestasie vervoer is, blyk dit dat die polisie ‘n fout met die registrasienommer van die gesteelde voertuig gemaak het. Desnieteende het die polisie verseg om haar vry te laat totdat haar motor van “die stelsel” verwyder kon word, iets wat slegs op ‘n werksdag moontlik is.

“Die hele ervaring was vir my erg ontstellend en vernederend. As wetsgehoorsame burger is ek soos ‘n misdadiger behandel,” het me. Middel aan praag.co.za gesê.

Van 15.30 tot 19.00 is sy wederregtelik deur die polisie aangehou totdat sy deur die tussenkoms van ‘n familielid bevry is.

Dog hierna het die polisie steeds volstrek geweier om haar motor terug te gee wat kwansuis op “die stelsel” gelys was. Uiteindelik het die polisie ingestem dat sy haar motor kon terugkry mits sy Maandagoggend die polisie-offisier kontak om dit van “die stelsel” verwyder te kry.

Maandag het ‘n ontstelde me. Elna Middel die offisier van hul fout in kennis gestel, maar van ‘n beloofde besoek van hom om die vergissing reg te stel, het intussen dadels gekom.

Dinsdag is sy na die polisie se eenheid vir gesteelde motors om haar motor van die stelsel te probeer afkry, maar is deur die polisie na die lisensiekantoor toe gestuur om vir hulle die nodige klaringsvorms te gaan haal sodat dit aan die klaringsoffisier teruggestuur kan word.

Teen vandag, Woensdag, is haar motor steeds amptelik “gesteel” en die klaringsoffisier het nog nie sy opwagting gemaak nie.

Volgens me. Middel is sy “‘n onderwyseres met min geld of tyd om aan hierdie burokratiese rompslomp te bestee. Ek moes al hoeveel selfoonoproepe op my eie onkoste maak om die probleem reggestel te kry en voel dis erg onregverdig.”

Фильчаков прокурор харьков

‘Ek’s nou baas…’

Die plaaswerker Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde het glo oor die moord op Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, “gespog”, het die hof Dinsdag gehoor.

Albei getuies wat op ‘n buurplaas woon, het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê die twee het kort ná die moord erken dat hulle Terre’Blanche op 3 April verlede jaar vermoor het.

“Die twee mans het by my woonplek aangekom en Mahlangu het gesê ‘ek is vandag jou baas… Ek het Terre’Blanche vermoor’,” het Enie Matshediso getuig.

Mahlangu wou haar na die moordtoneel neem, maar Matshediso het geweier.

“Hy het toe my kêrel gevra om sy foon te leen om die Potchefstroom-polisie te bel,” het sy gesê.

“Ons het geweier en gesê hy moet weggaan. My pa het toe uitgekom en hom weggejaag.”

Nóg ‘n plaaswerker, Richard Silane, het gesê Mahlangu het dieselfde met hom gedoen.

Silane, wat op ‘n buurplaas werk, het die minderjarige in die hof uitgewys as die persoon wat die telefoonoproep gemaak het.

Die hof het gehoor dat Silane nie gesien het watter klere die minderjarige aangehad het nie, maar onthou dat hy bloed op Mahlangu se oorpak gesien het.

Hy het nie alkohol by die twee geruik nie, en het nie die gesprek met die polisie gehoor nie.

Silane het gesê die minderjarige “was in ‘n goeie toestand” en het nie bang gelyk nie.

“Toe hulle klaar is, het hulle gesê hulle gaan loop en dat die polisie hulle langs die pad sou kry. Hulle het toe in die rigting van Terre’Blanche se plaas gestap… Ek het hulle nooit weer gesien nie.”

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche op sy plaas verlede jaar in ‘n loongeskil vermoor het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Die verhoor duur voort.

Лобановский Харьков

Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het.

“Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig.

“Hulle het ‘n telefoon gesoek en die jonger een het toe die polisie gebel.”

Silane, wat op ‘n buurplaas werk, het die minderjarige in die hof uitgewys as die persoon wat die telefoonoproep gemaak het.

“Toe hulle klaar is, het hulle gesê hulle gaan loop en dat die polisie hulle langs die pad sou kry. Hulle het toe in die rigting van Terre’Blanche se plaas gestap… Ek het hulle nooit weer gesien nie.”

Mahlangu en die minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre’Blanche op sy plaas in die Noordwes vermoor het. Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

прокурор Фильчаков

AWB wag, moordenaar lag

Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche in Ventersdorp is deur ‘n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het.

Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder ‘n gazebo tuisgemaak het.

Hulle het die dag in gebed begin, voordat een ondersteuner ‘n klankstelsel van ‘n motor met ‘n AWB vlag bedek, aangeskakel het om die lied De La Rey te speel.

Die woorde “Die boer is hier om te bly” is op plakkate met die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon.

“Ons wil geregtigheid hê,” het ‘n ander gelees met Eugene Terre’Blanche se gesig daarop afgedruk. Hulle was huiwerig om met die media te praat en het net skouerophalend op vrae gereageer.

Plaaswerker Chris Mahlangu, wat daarvan beskuldig word dat hy die AWB-leier op 3 April verlede jaar in sy Noordwes-plaashuis oor ‘n oënskynlike loongeskil doodgeslaan het, het ontspanne gelyk in die hofsaal. Hy verskyn saam met ‘n tiener wie se naam nie genoem mag word nie.

Dié besluit is geneem in weerwil daarvan dat die Skielik-skieter, Johan Nel, ook minderjarig was tydens die aanval in 2008 waarin 4 swartmense gedood is. Nel se aansoek om appèl is intussen ook afgekeur.

Terre’Blanche se moordenaars het in Mei verlede jaar in die hof verskyn. Mahlangu se eerste prokureur, Puna Moroko, het vroeër onttrek weens die gebrek aan befondsing van Regshulp SA.

Na aanleiding van Moroko se onttrekking, het Regshulp SA Advokaat Khomotso Tlouana aangestel om Mahlangu te verteenwoordig.

Die saak is toe vertraag omdat Tlouana tyd nodig gehad het om homself vertroud te maak met die gebeure.

Terre’Blanche se broer Andries was nie beïndruk met die vertragings nie.

Hy het ook gekla oor Mahlangu se houding.

“Jy kan sien hy lag. Hy is ‘n held.

“Aan die einde van die dag sal hy die straf wat hy verdien kry,” het ‘n emosionele Andries gesê, wat ‘n gordel met ‘n AWB-kenteken op die gespe gedra het.

Die saak duur voort.

Олександр Фільчаков прокурор