Betoging teen Afrikanervolksmoord in Israel

Betoging in Tel Aviv‘n Skouspelagtige betoging onder leiding van mnr. Avigdor Eskin, ‘n PRAAG-ondersteuner, het gistermiddag laat in Tel Aviv, Israel plaasgevind. ‘n Groep van ongeveer 30 betogers het voor die fontein op die Dizengoff-plein in wit gewade betoog teen die volksmoord en geweld wat daar tans teen die Afrikanervolk in Suid-Afrika gepleeg word.

Volgens mnr. Eskin het die res van die wêreld opgetree en ingemeng toe daar vermeende onreg teen swartmense in Suid-Afrika gepleeg is. Noudat daar massamoorde en gruweldade teen Afrikaners gepleeg word, heers daar egter ‘n doodse stilte. Die bloed vloei vrylik in Suid-Afrika, maar niemand slaan ag daarop nie. Volgens Eskin is 190 000 mense reeds in Suid-Afrika vermoor waarvan ‘n derde Afrikaners is.

Eskin het ook beklemtoon watter goeie vriende Afrikaners al die afgelope eeu of meer van Jode en Israel is. Hy het ‘n beroep gedoen dat Israeili’s hul hulp aan Afrikaners in hul uur van nood moet aanbied.

Dr. Roodt van PRAAG het in Johannesburg gesê: “Hierdie betoging is die eerste in ‘n reeks aksies wat PRAAG vanjaar teen Afrikanervolksmoord van stapel stuur. Ons vriende van oor die hele wêreld, in Israel, Vlaandere, Nederland, Engeland, Frankryk, Rusland en die VSA, om maar enkeles te noem, staan slaggereed om ‘n internasionale veldtog teen die uitwissing van Afrikanerkinders, -oumense en -boere te begin. Ons beplan ook ‘n hofaansoeke, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, om vir eens en vir altyd die misdade teen die mensdom wat daar tans in Suid-Afrika gepleeg word te stuit.”

Dr. Roodt vertrek binnekort na die VSA waar hy twee lede van die Amerikaanse senaat wat met die voorkoming van volksmoord gemoeid is, gaan besoek. Hy sal ook ‘n referaat in Charlotte, Noord-Carolina lewer en met radiostasies en ander media in die Suide van Amerika onderhoude voer.

большой теннис польза и вредпрокурор харьковской области

Roodt op Geloftedag by Greenlands, naby Koppies

Dr. Dan Roodt van Praag sal vanjaar op Geloftedag 16 Desember by Greenlands in die omgewing van die Vrystaatse dorp Koppies die feesrede waarneem. Die diens gaan gelei word deur ds. Dirk van Rooyen.

Die tema van Roodt se feesrede is: “Die Gelofte en ons vrye wil.”

Die Geloftefees begin reeds op 15 Desember en die organiseerders beskryf dit so: “Ons voorsien ‘n waarlik geseënde en genotvolle fees dié jaar. Ook wil ons u herinner aan die perdekommando, die potjiekoskompetisie en die boeresport. Belangstellendes kan ons kontak indien hulle wil deelneem en ons wag ook vir nog inskrywings vir die potjiekompetisie. Kom en beleef ware plattelandse boeregasvryheid en die Geloftefees soos ons oupas en oumas dit nog gevier het.”

Die aanwysings om daar te kom, is die volgende:

Die ruitverwysings vir die GPS is soos volg – S 27.15224 E 27.65300.

As ‘n mens van Pretoria af kom kan jy óf Sasolburg omry óf jy kan direk die Kroonstadpad vat. As jy Sasolburg omry, ry jy tot by die kruising by Sasolfabriek – rigting Heilbron. By die groot 4-rigtingkruising sal jy sien as jy regs draai is dit na Vereeniging, reguit aan dan is dit na Heilbron. Draai daar regs en hou net reguit aan. As jy op die derde brug kom en jy kyk links sal jy die Greenlands-stasie sien. Direk ná die brug sal jy sien daar draai n grondpad links af. Draai links en volg net die grondpad. Jy sal sien jy sal aan die agterkant van die ou sandsteenstasie verby ry. Volg net heeltyd die pad en moet nêrens afdraai nie. Ná ongeveer 5km sal jy sien die pad gaan self oor die teinspoor. Net ná jy oor die treinspoor is, sal jy die konsentrasiekampkerkhof en die feessaal op linkerhand sien.

Belangstellendes wat verdere vrae het of wat op pad verdwaal, kan mnr. Jan Kotze skakel by 0799649818 of 0826018972.

игра для мальчиков 5 летФильчаков прокурор

PRAAG verlam Rustenburgse verkeer

bankimoon‘n Groep van 15 PRAAG-aktiviste het vanmiddag net ná vieruur in spitsverkeer die hele Rustenburg se verkeer lamgelê deur ‘n oorbrug oor die N4-snelweg naby die vernaamste winkelsentrum met motors en bakkies te blokkeer.

Baniere en T-hemde waarin beswaar teen die huidige volksmoord teen Afrikaners aangeteken word, is op motors vertoon en motoriste is met ‘n megafoon aangemoedig om by die stryd teen verdrukking en volksmoord betrokke te raak.

Dan Roodt RustenburgDr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het gesê: “Hierdie, hoewel baie suksesvol, was net ‘n oefenlopie en ‘n eksperiment. Ons is besig om ook in die groter sentra te organiseer en wil uiteindelik die hele Gauteng op ‘n gegewe dag tot stilstand bring om die wêreld bewus te maak van die diskriminasie, volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wat daar teen Afrikaners in Suid-Afrika gepleeg word.”

PRAAG het ‘n tydvak van “onophoudelike aktivisme” aangekondig. “Ons gaan nie ophou totdat ons op alle gebiede vry is nie,” het Roodt gesê. “Ons is siek en sat om verontmenslik en uitgewis te word. Die hele volk moet nou teen onreg opstaan.”

Verslae van nog ‘n Afrikanergroep wat die M2-snelweg in Johannesburg tot stilstand gebring het, is insgelyks ontvang.

кухню купить украиналобановский харьков

PRAAG betoog op Koster

KosterbetogingLede van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het vanoggend voor die landdroshof op Koster betoog teen die volksmoord en geweld teen Afrikaners. Die aangeklaagdes in die moord op mev. Marthie Erasmus het aansoek om borg gedoen. Die 63-jarige mev. Erasmus is begin Desember op haar bed vasgemaak en met ‘n 16-pondhamer tereggestel.

PRAAG het vier baniere met foto’s van Ban Ki-moon, FW de Klerk, Jacob Zuma, Julius Malema en Nathi Mthethwa vertoon. By die foto van Ban Ki-moon verskyn die slagspreuk: “Die VN keur Afrikanervolksmoord 100% goed.”

Die verdagtes is in ‘n geslote hof verhoor en die media of die publiek is nie in die hofsaal toegelaat nie, omdat een van die verdagtes glo ‘n minderjarige is.

Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het by die hof verklaar: “Die feit dat die moordenaars in die geheim verhoor word, maak ‘n bespotting van geregtigheid. Hierdie weersinwekkende moord verteenwoordig die jongste in die vlaag etnies en rasgegronde teregstellings wat tans in ons land plaasvind. Ons doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap en die Verenigde Nasies om in te gryp en die stelselmatige uitwissing en verdrywing van ons volk te beëindig.”

Roodt was ook krities oor die onlangse uitspraak van mnr. Paul van Staden, die oupa van die tweejarige Willemientjie Potgieter wat oor die afgelope tyd ‘n simbool van Afrikanerlyding en -volksmoord geword het. “Mnr. Van Staden hou nie van Afrikanerprotes nie en ‘berus hom by wat gebeur het’. Maar dis nie God se wil dat ons kinders, moeders en vaders uitgewis word nie. Indien mnr. Van Staden dit glo, maak hy hom skuldig aan ‘n Egiptiese bygeloof van 5000 jaar gelede, van goddelike determinisme.”

“Die Afrikaner mag nie in die teregstelling van ons kinders en hierdie toenemende volksmoord berus nie,” het Roodt voortgegaan.

PRAAG het intussen betroubaar verneem dat klein Willemien Potgieter aan haar hare opgetel is en “op grootmenshoogte in die kop geskiet is. Hierdie weersinwekkende daad, asook die hamermoord op mev. Erasmus, mag nie ongestraf bly nie,” het Roodt gesê.

дитячи игритопкарго развод

Plaasmoorde vereis ingryping

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye het vanoggend die verhoor van die verdagtes wat gearresteer is in verband met die grusame moord op die Potgieter-egpaar en hul driejarige dogtertjie, in die Lindley-landdroshof bygewoon. 

“Die ANC-regering moet wakker skrik en plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar. Dit is baie belangrik dat die ANC-leiers hierdie tipe gewelddadige moorde in die openbaar deurlopend moet veroordeel,” het dr. Mulder gesê. 

Leiers en ondersteuners van die VF Plus het vanoggend buite die Lindley-landdroshof saamgetrek om hul protes teen die apatiese houding van die regering teenoor plaasmoorde te toon.

“’n Klimaat wat tot hierdie wrede moorde lei word deur onverantwoordelike propaganda-stellings geskep. Hierdie moorde is grusaam en bevat ‘n sterk element van rassisme. ANC-leiers sing liedjies wat woorde, soos ‘Skiet die Boer’ bevat en dit skep ‘n atmosfeer van rassisme waarbinne hierdie moorde dan plaasvind,” het dr. Mulder bygevoeg.

“Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” sê dr. Mulder.

фундамент под генераторЛобановский

Roodt dra Afrikanerkultuur uit na Egipte

Dr. Dan Roodt in sy hoedanigheid as president van die Pretoria-PEN-skrywersorganisasie neem tans deel aan ‘n belangrike kongres oor Afrikaletterkunde wat in Kaïro deur die Egiptiese regering aangebied word. In sy voordrag aan die kongres het dr. Roodt klem gelê op die aard van die Afrikaanse letterkunde as ‘n unieke nasionale letterkunde in Afrika wat as model vir ander volkere en tale op die kontinent kan dien. Roodt het ook ‘n kort gedig van Ernst van Heerden, “Die gewigopteller”, in Afrikaans voorgedra terwyl ‘n vertaling op ‘n skerm geflits is.

Die kongres, wat deur die Opperraad vir kultuur van Egipte georganiseer word, het ‘n sterk politieke kleur en dit wil voorkom asof Egipte ‘n beleid van kultuurpolitiek op die vasteland wil voer ten einde Amerikaanse, Britse en Franse invloed teen te werk. ‘n Dertigtal skrywers vanuit die hele Afrika, maar met ‘n sterk verteenwoordiging vanuit Noord-Afrika, neem aan die konferensie deel.

In sy voordrag het dr. Dan Roodt klem gelê op die denke van die Keniaanse skrywer, Ngugi wa Thiong’o wat in sy boek Decolonising the mind ‘n “afskeid van Engels” aangekondig het en voortaan in sy moedertaal Kikoejoe, begin skryf het. Hierteenoor staan die klassieke Nigeriese romanskrywer Chinua Achebe die gebruik van Engels voor. Roodt het namens Afrikaanse skrywers en Afrikaners in die algemeen sy steun vir ‘n “terugkeer na die moedertaal” oral op die Afrikavasteland uitgespreek, na die model van Afrikaans wat deur taalstryd, die maak van woordeboeke, vertalings, asook die skryf van romans en poësie ‘n volwaardige kultuurtaal geword het waarop die hele Afrika trots kan wees.

Die kongres vind in Arabies, Engels en Frans plaas. Besoeke aan die Egiptiese museum in Kaïro, asook die piramides van Giza, maak deel uit van die intensiewe program wat tot tienuur saans duur.

Dr. Roodt vind sy besoek aan Egipte “uiters interessant. Egipte en Kaïro is ‘n paradoks, ‘n Moslemland wat ook baie Westers is met straatkafees, filmfeeste, nagklubs en grotendeels Westerse moderne argitektuur, waaronder pragtige negentiende-eeuse geboue in die Franse Hausmann-styl. Die Egiptenare se anti-Britse en anti-imperialistiese retoriek, hoewel links en gedeeltelik deur Islam geïnspireer, is nie onversoenbaar met Afrikaners se eie gevoelens van deur die Weste en veral Amerika en Brittanje versaak en verraai te wees nie. Onder die oppervlak is daar groot bewondering en waardering vir ons Afrikaners aan die suidpunt van Afrika by sowel die Arabiere en swartmense van Afrika. Dis net in Suid-Afrika waar ons swart elite so sterk onder Britse invloed verkeer waar vyandigheid teenoor Afrikaners hoogty vier.”

Roodt voel dat Afrikaners eintlik “veel minder geïsoleerd is as wat ons dink. Ons kan selfs vriende op oënskynlik ongewone plekke soos Kaïro maak en sodoende ons eertydse prominente rol op die vasteland herwin, al is dit nou op kultuurpolitieke vlak en nie suiwer polities of ekonomies nie. Terwyl ons na binne onsself moet suiwer van dekadensie, verengelsing en lamsakkigheid, moet ons uitwaarts beweeg en uitreik na die res van die volkere op ons vasteland, asook elders ter wêreld om die saak vir Afrikaans en die Afrikanerkultuur te stel.”

Die kongres sal opgevolg word deur vertaalprojekte en samewerking tussen groepe skrywers in Afrika, met die Egiptiese regering wat waarskynlik sulke projekte sal befonds. “Nie net verteenwoordig dié inisiatief van Egipte vir ons ‘n goeie geleentheid vir diplomasie teenoor die res van die vasteland nie, maar uiteindelik mag Afrikanerdenke en -kultuur ook na die res van Afrika versprei word waar daar groot waardering vir ons bestaan as die enigste Westerse of Europese groep in die geskiedenis wat hom onherroepelik tot Afrika verbind het. Mettertyd mag daar selfs weer ‘n leierskapsrol vir ons in Afrika ontstaan, as die Afrikaner maar net die wil daartoe kan ontwikkel,” het Roodt gesê.

гингивит симптомылобановский депутат

PRAAG-aksie teen volksmoord by Johannesburgse hooggeregshof

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) nooi die media uit na die hofsitting Maandag 29 November 2010 waar die ANC verlof tot appèl vra om die liedjie “Skiet die Boer” aan te hou sing. ‘n Aantal PRAAG-lede sal T-hemde dra met boodskappe aan internasionale leiers rondom Afrikanervolksmoord en die aanhitsing daartoe deur die ANC en sy ondersteuners. ‘n Groep van PRAAG sal om 9:00 voor die Johannesburgse Hooggeregshof vergader en agterna die hofsitting bywoon waar die ANC gaan poog om die aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners gewettig te kry.

“Ons gaan nou oor tot stryd,” het dr. Dan Roodt, leier van PRAAG gesê. “Nie net beveg ons volksmoord en aanhitsing tot volksmoord, wat albei internasionale oortredings is nie, maar PRAAG wil die ANC-bewind dwing om regstellende aksie af te skaf. Tesame met aanhitsing tot volksmoord, word regstellende aksie in Suid–Afrika so ekstreem deur die staat, asook privaatmaatskappye toegepas dat dit insgelyks ver buite internasionale norme verkeer. Dit word gedoen om blankes uit die land te verdryf en om geen ander rede nie.”

PRAAG beveel burgerlike ongehoorsaamheid aan, asook die verwerping van simbole soos die Suid-Afrikaanse vlag en grondwet wat geen beskerming meer aan nminderheigsgroepe bied nie, Eksemplare van die grondwet sal Maandag voor die hof simbolies beskadig word.

Volgens dr. Dan Roodt, “het die Suid-Afrikaanse staat, soos ander in Afrika, ‘n volksmoordstaat geword. Die uiteindelike doelwit van die ANC-regering is die vernietiging en etniese suiwering van die Afrikanervolk vanuit Suid-Afrika. Ons moet dit met elke vesel in ons liggame teenstaan. Ons moet ook aan die internasionale gemeenskap die ware aard van die Suid-Afrikaanse situasie kommunikeer sodat die Verenigde Nasies en ander instansies kan ingryp.”PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) nooi die media uit na die hofsitting Maandag 29 November 2010 waar die ANC verlof tot appèl vra om die liedjie “Skiet die Boer” aan te hou sing. ‘n Aantal PRAAG-lede sal T-hemde dra met boodskappe aan internasionale leiers rondom Afrikanervolksmoord en die aanhitsing daartoe deur die ANC en sy ondersteuners. ‘n Groep van PRAAG sal om 9:00 voor die hof vergader en agterna die hofsitting bywoon waar die ANC gaan poog om die aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners gewettig te kry.

“Ons gaan nou oor tot stryd,” het dr. Dan Roodt, leier van PRAAG gesê. “Nie net beveg ons volksmoord en aanhitsing tot volksmoord, wat albei internasionale oortredings is nie, maar PRAAG wil die ANC-bewind dwing om regstellende aksie af te skaf. Tesame met aanhitsing tot volksmoord, word regstellende aksie in Suid–Afrika so ekstreem deur die staat, asook privaatmaatskappye toegepas dat dit insgelyks ver buite internasionale norme verkeer. Dit word gedoen om blankes uit die land te verdryf en om geen ander rede nie.”

PRAAG beveel burgerlike ongehoorsaamheid aan, asook die verwerping van simbole soos die Suid-Afrikaanse vlag en grondwet wat geen beskerming meer aan minderheigsgroepe bied nie, Eksemplare van die grondwet sal Maandag voor die hof simbolies beskadig word.

Volgens dr. Dan Roodt, “het die Suid-Afrikaanse staat, soos ander in Afrika, ‘n volksmoordstaat geword. Die uiteindelike doelwit van die ANC-regering is die vernietiging en etniese suiwering van die Afrikanervolk vanuit Suid-Afrika. Ons moet dit met elke vesel in ons liggame teenstaan. Ons moet ook aan die internasionale gemeenskap die ware aard van die Suid-Afrikaanse situasie kommunikeer sodat die Verenigde Nasies en ander instansies kan ingryp.”

free slots noалександр лобановский харьков класс

Toyota staak anti-wit advertensie ná PRAAG-klag

PRAAG het in gesprekke en eposse met Toyota Suid-Afrika die maatskappy oorreed om die uitsending van ‘n omstrede TV-advertensie waarin ‘n blanke man deur ‘n swarte geklap word en dit gedweë aanvaar.

In sy beswaar teenoor Toyota het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê: “In ‘n ander land en op ‘n ander tyd mag so iets humoristies gewees het, maar gegewe die intense geweld wat daar veral teen blanke mans in ons land gepleeg word by wyse van plaasmoorde, huisaanvalle en dies meer, is dit in uiters swak smaak en kan ook as ‘n vorm van aanhitsing tot geweld gesien word.”

In vele Westerse lande is daar navorsing wat bewys dat negatiewe voorstellings van minderheidsgroepe en veral subliminale boodskappe van aggressie jeens sulke groepe regstreeks tot geweld lei. Dit sal nie moeilik wees om te bewys dat dieselfde in Suid-Afrika geld nie waar omstrede liedere soos “Skiet die boer” reeds deur die howe verbied is.

Volgens Roodt is “van PRAAG se lede so onstoke dat hulle reeds met ‘n beswaarskrif teen hierdie advertensie begin het. Indien Toyota nie bereid is om die uitsaai daarvan op te skort nie, sal ons nie huiwer om ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vir haatspraak teen blanke mans aanhangig te maak nie, asook ‘n moontlike interdik teen die advertensie aan te vra nie. Die negatiewe publisiteit en reklame wat Toyota hierdeur kan tref, maak geen sakesin nie.”

In sy reaksie, het mnr. Pieter Klerck, bemarkingshoof van Toyota S.A. gesê dat “die advertensie se bedoeling geensins daarop gemik is om rassisities van aard te wees, of om geweld in enige vorm aan te hits nie.”

Nietemin sal die advertensie benewens “enkele ad hoc-vertonings” gestaak word. Toyota S.A. neem ook “PRAAG se besware ter harte en… sal dit in gedagte hou met die beplanning van toekomstige veldtogte”.

beyond polus или zoomФильчаков прокурор отзывы

VF Plus-jeug boikot NYDA-wêreldfees

“Die VF Plus-jeug moedig alle jeug aan om die Wêreldfees vir Jeug en Studente (World Festival of Youth and Students) wat deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) gereël word, te boikot,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder, gesê.

Die Presidensie het R29 miljoen vir die aanbied van hierdie geleentheid wat vanaf 13 tot 21 Desember by Nasrec plaasvind, bewillig.

“Die VF Plus-jeug glo dat die NYDA ‘n belangrike rol in Suid-Afrika kan en moet speel, maar dat die organisasie tans slegs belastingbetalers se geld mors en geensins ‘n sinvolle ontwikkelingsrol speel nie.  Met inagneming van die hoë vlak van armoede en werkloosheid in Suid-Afrika is dit duidelik dat die prioriteite van hierdie organisasie heeltemal verkeerd is en daarom moet ons as jeug in opstand kom teen hierdie vermorsing van geld en die onbevoegdheid van die NYDA se uitvoerende bestuur,” het Wessels gesê.

Die VF Plus-jeug eis die afdanking van die NYDA se uitvoerende bestuur (die Voorsitter, Ondervoorsitter en Hoof Uitvoerende Beampte).  “Die NYDA verkry hul mandaat in gevolge Wet 54 van 2008 en is tans nie besig om aan daardie mandaat uitvoering te gee nie – die VF Plus eis daarom die Presidensie se ingryping,” het Wessels gesê.

Die VF Plus loods vandag ‘n volskaalse internet-veldtog teen hierdie Wêreldfees.  “Dit is van openbare belang dat die breë gemeenskap bewus moet wees van die werklike behoeftes van die Suid-Afrikaanse jeug teenoor die vermorsing van miljarde rande deur die regering en spesifiek die NYDA,” het Wessels gesê.

Die VF Plus sal ‘n dringende skrywe aan minister Colin Chabane, die minister in die Presidensie wat met die NYDA belas is, rig om ‘n vergadering in verband met die wanfunksionele NYDA te eis.

designer bridal accessoriesОлександр Васильович Фільчаков

Belewenisse in Brugge rondom Afrikaans

BruggeOp uitnodiging na die Nederlandse Taalunie-byeenkoms wat via Praag geskied het, het ek besluit om die pragtige Brugge in Wes-Vlaandere te gaan besoek. My laaste besoek aan hierdie stad was in 2002 toe Brugge as Europese Kultuurstad van daardie jaar verkies is. Die uniekheid van hierdie stad is die ou, Middeleeuse argitektuur en moderne winkels wat op ‘n snaakse manier perfek saamsmelt.

Vanweë die tydsberekening was ‘n tydsame rondrit nie moontlik nie. Ek moes nogal lang wag op Antwerpen vir ‘n treinverbinding, en elke minuut het getel. Ek het uiteindelik ‘n paar minute ná die aanvang van die byeenkoms binnegeloop. Die geleentheid is helaas nie in die mooi binnestad gehou nie, maar aan die rand van die stad in een of ander hawegebied.

My gedagte was dat hierdie geleentheid een sou wees met indringende gesprekke rondom die voortbestaan van die Nederlandse taal in ander lande, tesame met ‘n toenadering tot Afrikaans in hierdie groter taalblok.

Gelukkig is daar toenadering te bespeur soos wat die huidige tydsgees dikteer, moontlik vanweë die verregsing van Nederland en Vlaandere, wat sy ontstaan het in die kranksinnige drif om volkere in die EU te integreer. Die universiteite word steeds Engelser en daar is ‘n behoefte om terug te keer na ‘n suiwerder Nederlands.

My verwagting vir die geleentheid was effens anders. Dit lyk asof al die besprekings al gedoen plaasgevind het, en dat hierdie fees slegs gehou is omdat die Nederlandse Taalunie nou 30 jaar bestaan. Daar is hoofsaaklik gefokus op jongmense van studentikose leeftyd vir wie optredes, kabarette en kompetisieuitslae gehou is, alles in die teken van die elegansie van Nederlands. Klein, humoristiese verskille tussen Nederlands en Vlaams is op lugtige manier bespreek en die romanskrywer Ronald Giphart het sy nuutste ondertekende roman aan enkeles uitgedeel wat een of ander kompetisie gewen het. ‘n Surinaamse vrou het gesing in sowel Surinaams as Nederlands oor die lot van ‘n bekende verstote Surinaamse vrou.

Een van die aanwesiges wat enkele meter van my af gesit het, was niemand minder nie as prinses Mathilde, vrou van die Belgiese kroonprins Phillppe. Die ironie het my nogal laat sidder dat ‘n koningshuis wat nie baie positief gesind is teenoor Nederlands nie sowaar hul toekomstige staatshoof se vrou na ‘n dergelike geleentheid stuur. Sy het wel ‘n paar woorde Nederlands gepraat, waarskynlik die enigstes wat sy ken. Aan die hof is die voertaal oor die algemeen Frans en prins Philippe is al gekritiseer oor sy slegte Nederlandse taalbeheersing. Blykbaar laat sy intelligensie ook veel te wense oor, maar dis ‘n ander verhaal.

Soos dit ‘n Nederlandse kabarettentoonstelling betaam, moes daar weer ‘n element van boersheid en vulgariteit ook aanwesig wees. Hierdie keer in die vorm van so ‘n selfingenome snotneus, hooguit 17 jaar oud, wat begin het met sy bespotting van ou sprokies met verwysing na een of ander heks as “ouwe kut” (ou doos) en die diverse toepassings van hierdie k-woord, gevolg deur liedjies oor gekotsery en sulke twak, en daarna is die geleentheid afgesluit en kon almal hulself aan ‘n stuk sjokoladekoek help. Uiteraard was my eetlus so effens weg. Die genooides het stilletjies verdwyn, en toe die gebeure klaar was, was daar miskien minder as die helfte soveel mense oor as in die begin. Aangesien die oorblywendes so met mekaar opgetrek het, het hierdie nie werlik gelyk soos ‘n netwerkgeleentheid nie en het ek ook geen bande kon smee met taalaktiviste nie.

Ek het die koerantjie “Taalpeil” saamgevat as leesstof vir op die trein, en by die eerste aanblik was daar geen berig oor Afrikaans nie. Die blad was deurspek van allerlei verhale oor hoe wêreldwyd Nederlands verstaan word en wat Nederlanders en Vlaminge dink van hul taal. Om die waarheid te sê, was Afrikaans hoegenaamd nie aan die orde tydens die hele geleentheid nie. Ek het gedink iets soos Koos Doep se Kinders van die Wind sou wondere gedoen het om respek en bewondering vir Afrikaans in te boesem, maar helaas…

Hoewel, toe ek die tweede keer die koerant deurlees, sien ek onder op bladsy 2 in so ‘n klein rubriek van 3 paragrawe tog iets oor Afrikaans en die “oulikheid” van Afrikaanse woorde. Die voorbeeld wat hulle genoem het, is “worshondjie” wat in Nederlands ‘n “teckel” heet.

Die artikel sluit af met ‘n aanhaling van C. Bittremieux: “Afrikaans is een taal die als een rib uit Adam, in een onbewaakt ogenblik uit het lichaam van het Nederlands is weggenomen en als door een speelzieke of verstrooide engel in het zuiden van het Afrikaanse continent verloren is gelegd.”

Kom ons hoop dat die volgende geleentheid meer vir Afrikaans kan bied as hierdie keer.

free casinoалександр лобановский класс