Swak dienslewering kan lei tot burgerlike opstand

“Die dreigende staking van die Suid Afrikaanse munisipale werkersvakbond Samwu kan munisipale dienslewering in Gauteng en elders in Suid Afrika tot stilstand dwing,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-woordvoerder en LPW vir Gauteng gesê.

“Die opstande in Ermelo en elders in die land herinner aan die situasie in Egipte waar die benadeelde burgery in opstand gekom het teen ‘n owerheid wat sy burgers gefaal het,” het Mulder bygevoeg.

Dit volg nadat SAMWU reeds met die Tshwane-, Ekurhuleni- en Johannesburg-metrorade dispute verklaar het en aangedui het dat daar reeds ‘n opstand heers oor die R1,4 miljoen rand salaris van die waarnemende burgemeester van Westonaria, Agnes Khumalo.

“Die huidige toestand waarin dienslewering in plaaslike owerhede verkeer, is die resultaat van jare lange swak bestuur en wanbesteding deur swak opgeleide bestuurslui in munisipaliteite,” volgens Mulder.

Regstellende aksie en kader ontplooiing is grootliks verantwoordelik vir die gebrek aan kundigheid wat in munisipaliteite heers terwyl talle kundiges wat waardevolle bydraes kan lewer hul moes wend tot alternatiewe beroepe en heelparty selfs werkloos is.

Hierdie onbekwame amptenare asook die versuim van die regering om in te gryp, stel dienslewering en burgerlike stabiliteit in gevaar.

Die VF Plus is van mening dat die plaaslike regeringstelsel dringend omvorm moet word en dat plaaslike gemeenskappe met ‘n nuwe gees van aktivisme weer beheer moet kry oor plaaslike regering deur in groot getalle te gaan registreer om op stemdag groter inspraak te kry.

фильтр для компрессора купитьФільчаков Олександр Васильович

Nzimande sê net ‘rassiste’ kla oor uitslae

Dit is rassisties om aanpassings van die matriekuitslae van 2010 te bevraag­teken, sê dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding.

Hy was Dinsdag erg ontstoke tydens die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede in die Nasionale Vergadering oor volgehoue kritiek op die matriekuitslae se geloofwaardigheid.

Lees verder.

лосины девочки описаниемФильчаков Александр Васильевич

Wanneer diensleweringsproteste in straatoorloë ontaard

“‘n Mens moet uit die huidige proteste oor swak dienslewering in Mpumalanga en Noordwes, wat nou al lewens gekos het, aflei dat die ANC met ‘n persepsieprobleem te kampe het om kiesers te oortuig dat dienslewering verbeter het, soos onlangs in ‘n opname deur die Instituut vir Rasseverhoudinge te kenne gegee word,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Uit ondervinding weet ons dat hierdie soort onluste gou soos ‘n veldbrand oor die land kan spoel, en dat Suid-Afrika ‘n tradisie van ‘n onlusteseisoen begin ontwikkel.

“Elektrisiteitsvoorsiening aan huishoudings met geen inkomste is problematies. Spoeltoilette is ‘n probleem as die rioleringstelsel nie behoorlik in stand gehou word nie, of heeltemal in duie gestort het. Toegang tot drinkwater beteken niks as dit nie veilig is nie.

“Die grootste probleem is egter dit wat ‘n mens waarneem, en die statistiek, nie dieselfde verhaal vertel nie. Dit wat ‘n mens waarneem is veel meer in pas met verslae van die ouditeur-generaal.

“‘n Mens kan ‘n ruk lank daarmee wegkom om vir kiesers met donkie-ore toe te rus, maar uiteindelik besef te veel mense hulle is velle oor die oë getrek.

“Ons doen ‘n beroep op die regering om nie voor die versoeking te swig en allerlei onhaalbare beloftes aan die kiesers te maak nie, aangesien dit wel stemme in die sak kan beteken, maar na die verkiesing tot selfs nog groter ongelukkigheid kan lei. En daardie beloftes sal onhaalbaar bly solank as wat die ANC met sy kader-ontplooiingsbeleid volhard.

Die Christen-Demokratiese Party het al verskeie kere die regering gemaan om hulle nie so deur die vakbonde se militante optrede aan die neuse te laat rondlei nie. In dié land het baie vakbonde meer ‘vaardigheid’ met afpersing en geweld as met behoorlike arbeidspraktyke.

“Dit sal ook nou interessant wees om te sien of die ANC-jeugliga, wat deur die aanbied van die Internasionale Jeug-‘fees’ krediet opeis vir die omverwerping van die regerings van Tunisië en Egipte, nou ook vir die huidige geweld en sterftes in ons strate die krediet gaan opeis. Gaan hulle ook spog oor die onluste in lande soos Iran?”

ригонда купитьлобановский александр досье

Staking lei tot geweld

Vier stakende vragmotorbestuurders is gewond tydens ‘n konfrontasie met die polisie in Johannesburg. ‘n Groep stakers het na bewering ‘n nie-stakende bestuurder aangerand.

Hulle staak vir ‘n salarisverhoging, behuisingstoelaag en ‘n einde aan arbeidsmakelaars.

Stakende vragmotorbestuurders het ook Dinsdag ‘n vragmotor in dieselfde omgewing in Johannesburg se middestad aangeval, die ruite uitgeslaan en die bestuurder en passasier met klippe bestook. Albei is beseer in die voorval.

Intussen berig Beeld dat ‘n 35-jarige man Maandag met klippe, bottels en ysterpype deur stakers in Isando, Johannesburg, aangeval is.

Malcolm Armstrong, wat ‘n afleweringsdiens bedryf, asook sy helper se vragmotor is Maandagmiddag naby Isando-treinstasie deur betogers voorgekeer.

Stukke glas, staal, roes en grond moes glo uit Malcolm se skedel verwyder word, het ‘n neurochirurg gesê. Hy is met bottels, klippe en ‘n geroeste staalpyp geslaan en verkeer in ‘n kritieke toestand in die Arwyp-privaathospitaal, Kempton Park.

 

насосы для воды самовсасывающие ценаОлександр Фільчаков прокурор

Polisie red joernaliste in Ermelo

‘n Nuusspan van eNews wat betogings oor dienslewering in Ermelo dek, moes deur die polisie met skerppuntammunisie beskerm word.

Die groep betogers het die kameraspan spontaan aangeval. Die nuuskanaal het berig dat die polisie moes intree om hul lewens te red.

Dit was Dinsdag die tweede dag van gewelddadige betogings in Wesselton buite Ermelo.

Jody Jacobs, en Linge Ndabambi, ‘n kameraman, is onder klippe gesteek en hul voertuie is beskadig. Die kameraman se hand is beseer tydens die aanval, en hy het mediese behandeling ontvang.

Jacobs het gesê dat hy en sy kameraman in die satellietvoertuig moes skuil. Daar was glo heelwat meer betogers as polisie.

Die span se rekenaartoerusting en kameras is ook beskadig.

самые красивые камины фотоДанильченко Харьков

Tolhekke is pure uitbuiting

“Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat ‘n buitelandse maatskappy die insameling van tolhekfooie vir die Gautengse oop-tolhekstelsel gaan beheer, terwyl Suid-Afrikaanse maatskappye swaar kry en werkloosheid een van die land se kernprobleme is. Dit is ‘n skande dat SANPAB die kontrak aan ‘n konsortium toegeken het waarvan die meerderheidsaandeelhouer ‘n Oostenrykse firma is (Kapsch TrafficCom AG),” meen adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer.

“Dit begin al hoe duideliker lyk dat die tolhekstelsel ontwerp is om die publiek te melk en die regering en sekere korporatiewe belange alleenlik te dien. Die feit dat GijimaAST, die Suid-Afrikaanse firma wat voorheen in ‘n regsaak met die departement van binnelandse sake betrokke was, ook deel vorm van die konsortium, is ‘n verdere duidelike bewys dat sekere individue aanhou bevoordeel word ongeag hulle prestasierekord,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus gaan die minister in die Parlement versoek om uit te vind waarom die regering nie by sy eie reëls wat ten doel het om Suid-Afrikaanse besighede te bemagtig hou nie. Die party wil ook van die minister weet waarom besighede wat die staat en belastingbetaler benadeel nie uitgesluit word van tenderprosesse nie.

how to promoteДанильченко Юрий прокурор

Plaasmoorde plaas Zuma se staatsrede in grusame konteks

“Die jongste plaasmoorde in Noordwes toe Deon van Staden en sy vriendin, die 73-jarige Babs Strecker vermoor, en die jongste twee plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat kort na pres. Jacob Zuma se staatsrede plaas die president se standpunte oor ‘n afname in sekere misdaadkategorieë in grusame konteks.”

So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP)

“Ons is baie bekommerd dat plaasaanvalle en ook plaasmoorde so onverpoosd voortduur, nie net in Noordwes en die Oos-Vrystaat nie, maar landswyd.

“Ons doen weer ‘n beroep op die regering om die saak met die nodige erns aan te pak, maar ook op regeringsvlak konsekwent die boodskap sal uitstuur dat die landbougemeenskap nie vrybuit is nie.

“Die voorvalle plaas ook Zuma se stellings oor die hemel onder ANC-bewind in konteks.”

проекты домов +с баней +на цокольном этажеДанильченко Юрий отзывы

Jannie maak saak teen Winnie

Die polisieman wat in ‘n onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela betrokke was, gaan Vrydag in Pretoria ‘n kriminele klag teen haar indien, volgens die vakbond Solidariteit.

Ao. Jannie Odendaal gaan om 12:00 ‘n saak by die Brooklynpolisiekantoor aanhangig maak.

Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het in ‘n verklaring gesê die vakbond ondersteun Odendaal.

Odendaal en konst. Abel Twala het in Desember Madikizela-Mandela se motor op die M1-Noord in Johannesburg afgetrek omdat dit teen 150 km/h deur verkeer gejaag het.

Die beamptes sê hulle het geglo die silwerkleurige Audi A6 met donkergetinte ruite het “verdag” voorgekom.

Voordat die voertuig tot stilstand gekom het, het ‘n lyfwag uitgeklim en aan Odendaal gesê Madikizela-Mandela is in die motor.

‘n Argument het daarna tussen die lyfwagte en polisiebeamptes ontstaan.

Die lyfwagte het ‘n aanklag van die rig van ‘n vuurwapen en intimidasie by die polisie ingedien.

Ingevolge die polisie se interne dissiplinêre regulasies is die beamptes tydelik verplaas totdat die ondersoek teen hulle afgehandel is.

Die beamptes moes ook hul dienspistole inhandig.

игрыдляпрокурор харьковской области

Regsfirma los warm patat Malema

Die skielike onttrekking van ‘n topprokureursfirma wat ANC-jeugliga president Julius Malema met sy singery van “Skiet die boer” verdedig het, verdeel tans die firma en het die woede van die regerende party uitgelok.

‘ n Senior prokureur by die firma het blykbaar reeds bedank.

Malema het hierdie week geen moeite ontsien om Edward Nathan Sonnenbergs (ENS), Afrika se grootste prokureursfirma, van rassisme te beskuldig nie. ANC-tesourier-generaal Mathews Phosa het sy teleurstelling met die firma se optrede uitgespreek.

Maar Petrus Faber, ENS-uitvoerende hoof, het ontken dat rassisme agter die onttrekking sit of dat die skuif moeilikheid in die firma veroorsaak het.

Die firma het deur ‘n mosie verlede week by die Suid-Gautengse Hooggeregshof in te dien, onttrek uit die saak waarin hulle Malema verteenwoordig het. Afriforum het verlede jaar ‘n saak aanhangig gemaak teen Malema se sing van die lied vanweë die land se kultuur van geweld, veral teen blanke boere.

Malema beweer dit is sy reg om strydliedjies te sing. Ondersteun deur die ANC en die vakbond Cosatu, het hy belowe om die saak te neem na die Grondwetlike Hof as die hoërhof teen hom beslis.

ENS het geen redes vir sy onttrekking gegee nie, maar bronne binne die firma het gesê die besluit was ‘n “politieke” een. Dit was gedryf deur prokureurs in die firma wat “sterk beswaar oor hierdie en ander kwessies geopper het en ongemaklik voel met hom [Malema]”.

Phosa het hierdie week gesê dat senior vennote by ENS, insluitend die maatskappy se voorsitter, Michael Katz, het aan hom gesê die besluit om te onttrek van die saak is deur interne politiek gedryf.

Die Mail & Guardian is meegedeel senior prokureur Peter Tshisevhe, was só ontevrede met die firma se optrede dat hy onmiddellik sy bedanking ingehandig het. Hy het geweier om kommentaar te lewer.

Maar ‘n bron naby aan Tshisevhe het gesê dat hy baie ongelukkig voel oor die maatskappy se besluit.

“Hy is van mening dat die Handves van Menseregte in ons Grondwet enigiemand, insluitende Julius Malema, behoort te help om verteenwoordig te word deur ‘n prokureursfirma van hul keuse, ongeag hul politieke posisie in die gemeenskap.”

Volgens die bron, het ‘n groep prokureurs die onttrekking gevra, want Malema se sing van die lied kon hul eie gesinne wat plase besit, raak. ‘n Ander groep, wat Tshisevhe insluit, het aangevoer dat die besluit nie gebaseer kan word op persoonlike belange nie.

ENS het voorheen gekla dat Malema nog nie die regskoste ten bedrae van R900,000 vereffen het nie, maar het Phosa gesê het hy gesê die maatskappy verseker dat die ANC Malema se regskoste sal betaal.

Malema het vandeesweek gesê hy beskou die prokureursfirma se besluit as rassisties en onprofessioneel. “Dit is duidelik dat sommige mense [binne die prokureursfirma] kante gekies het oor hierdie saak Hulle maak nog steeds asof ons onder die apartheidsregering staan.

“Hulle het opgetree op ‘n rassistiese wyse en moet ontbloot word vir wat hulle is. Hulle moet aanpas [by die feit] dat ons nou leef in’ n grondwetlike demokrasie. As hulle die president van die ANC-jeugliga só kan behandel, hoe sal hulle gewone mense hanteer? “

ENS sê in ‘n verklaring “Rassisme word nie geduld in ons firma nie.”

декоративное освещение магазиновпрокурор Фильчаков

Transformasie voor veiligheid stel lewens in gevaar

“Die Polisie mag nie mense se lewens in gevaar stel deur transformasie voor die veiligheid van landsburgers te stel nie,” het Jan van Niekerk, Vryheidsfront Plus-LPW in die Vrystaat, vandag gesê.

Dit volg nadat die Bloemfonteinse blitspatrollie na bewering verbied word om enigsins van hul roetes af te dwaal om lewensgevaarlike situasies op te los. Die VF Plus gaan op ‘n dringende basis hieroor met die Provinsiale Direkteur vir Polisie in die Vrystaat skakel om vas te stel wat die redes agter hierdie beweerde situasie is.

“Die feit dat blitspatrollie-beamptes verbied word om met ‘n persoon van dieselfde ras en kollegas wat hulle vertrou na misdaadtonele te mag uitgaan, is verregaande en skend die grondwetlike regte van hierdie beamptes. Dit is alombekend dat polisiebeamptes mekaar ten volle in ‘n noodsituasie moet kan vertrou en mekaar se lewens moet beskerm. Dit kan die effektiwiteit van hierdie beamptes nou negatief beïnvloed,” het van Niekerk bygevoeg.

Die VF Plus beskou hierdie stap as teenproduktief en eis dat dit onmiddellik ondersoek en reggestel moet word. Die publiek se lewens asook dié van polisiebeamptes is nie onderhandelbaar nie.

бани подпрокурор Фильчаков