Staking lei tot geweld

Vier stakende vragmotorbestuurders is gewond tydens ‘n konfrontasie met die polisie in Johannesburg. ‘n Groep stakers het na bewering ‘n nie-stakende bestuurder aangerand.

Hulle staak vir ‘n salarisverhoging, behuisingstoelaag en ‘n einde aan arbeidsmakelaars.

Stakende vragmotorbestuurders het ook Dinsdag ‘n vragmotor in dieselfde omgewing in Johannesburg se middestad aangeval, die ruite uitgeslaan en die bestuurder en passasier met klippe bestook. Albei is beseer in die voorval.

Intussen berig Beeld dat ‘n 35-jarige man Maandag met klippe, bottels en ysterpype deur stakers in Isando, Johannesburg, aangeval is.

Malcolm Armstrong, wat ‘n afleweringsdiens bedryf, asook sy helper se vragmotor is Maandagmiddag naby Isando-treinstasie deur betogers voorgekeer.

Stukke glas, staal, roes en grond moes glo uit Malcolm se skedel verwyder word, het ‘n neurochirurg gesê. Hy is met bottels, klippe en ‘n geroeste staalpyp geslaan en verkeer in ‘n kritieke toestand in die Arwyp-privaathospitaal, Kempton Park.

 

насосы для воды самовсасывающие ценаОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae