Vat grond sonder om te betaal, sê Malema

Suid-Afrikaners moet die grond wat aan hulle behoort terugneem sonder om te betaal, het die ANC-jeugleier Julius Malema Dinsdag in Kaapstad gesê.

“Gewillige koper, gewillige verkoper is nie ‘n alternatief nie… Die alternatief van die jeugliga is dat ons die grond vat sonder om te betaal. Dit is wat ons voorstel,” het hy die liga se provinsiale raad by die Universiteit van die Weskaap vertel.

Terwyl swartes die vorige bewind vir apartheid vergewe het, verstaan hy nie waarom hulle vir dít wat aan hulle behoort, moet betaal nie.

“Hulle het nooit die grond gekoop nie, hulle het die grond gesteel. Nie net het hulle die grond gesteel nie, hulle het die eienaars van die grond in slawe verander… nou moet ons daarvoor betaal met die gewillige koper, gewillige verkoper…”

Teen die huidige koers waarteen die grondherverspreidingsprogram vorder, gaan die regering oor 100 jaar slegs 25% van die grond gelewer hê, het hy geargumenteer.

Malema het op die vooraand van die Jeugliga se 24ste nasionale kongres gepraat, wat Donderdag 16 Junie in Midrand ‘n aanvang sou neem. Daar word verwag dat afgevaardigdes sterk standpunt ten gunste van nasionalisering van die myne en grondhervorming gaan inneem.

играть в драгоценные камнидепутат лобановский

DA-leier trek los teen ‘Afrikaner-Nazi’s’

Die parlementêre leier van die DA, mnr. Atholl Trollip, het in ‘n hovaardige e-pos aan ‘n medepartylid te velde getrek teen “Afrikaner-Nazi’s” wat aanhangers van die AWB, KP en VF+ sou insluit. Die e-pos is per ongeluk aan mnr. Jaap Kelder gestuur. Trollip se boodskap insinueer dat mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie insgelyks ‘n “Afrikaner-Nazi” sou wees. Hy verwys ook na die “Afrikanerkwessie”, dít alles in reaksie op kritiek teen die DA se beleid oor grondhervorming wat volgens die party se woordvoerder soortgelyk aan dié van die ANC sou wees.

Die volledige e-pos, wat hoofsaaklik in Engels geskryf is, lui soos volg: “Please answer this Aresehole once and for all, deal with the Afrikaner issue that he raises and tell him to stop masquerading as a rate payer organization especially if he is the reincarnation of the AWB, KP, FF+ , NAZI. Stuur die IDIOOT in sy moer in sy moer asseblief. Athol”

In sy reaksie, het ‘n leser van Pretoria, mnr. Thys Human, teenoor Trollip opgemerk: “Die vieslike taalgebruik is verstommend vir iemand wat al leier van die party wou word. Die ongebreidelde haat teen die Afrikaner wat daaruit straal, is nog erger.”

Mnr. Jaap Kelder van die NBU het aanvanklik gereageer op ‘n persvklaring van die VF+ waarin mnr. Pieter Groenewald soos volg op uitsprake van die DA in die parlement geantwoord het: “Die Demokratiese Alliansie (DA) se spreker, me. Mazibuku het vandag erken en gesê die DA het dieselfde doelstellings met grondhervorming as die ANC.  Daar is dus geen verskil tussen die DA en die ANC as dit kom by grondhervorming nie.”

Die toespraak van Lindiwe Mazibuko, die DA se woordvoerder oor landbou en grondsake, verskyn in die oorspronklike Engels hier onder.

Trollip het in verdere e-posse hom daarop geroem dat die meerderheid Afrikaners vir die DA stem en dat hy veel vir nasiebou gedoen het.

Toespraak deur Lindiwe Mazibuko van die DA

“The Democratic Alliance’s vision for Rural Development and Land Reform in South Africa is informed by the four pillars of the Open Opportunity Society for all. These are redress, reconciliation, diversity and delivery. It is a vision of a thriving rural economy in which the vile injustices of South Africa’s apartheid and colonial legacies are effectively and decisively redressed through a combination of sustained job-creating economic growth and a well-managed and resourced restitution programme.

Now the ANC government’s aims may be similar to those of the DA but its state-centered approach and its failed policy implementation are vastly different. And they have had the effect of ultimately hampering the achievement of these all important goals.”

все для банилобановский александр отзывы

Aanlynbordeel oopgevlek

Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag ‘n klopjag op ‘n huis in Alberton uitgevoer waar pornografie na bewering verfilm word om aanlyn te versprei.

Agt vroue en ‘n man in sy 40’s is in hegtenis geneem by die Mayberry Park-huis, suid van Johannesburg, het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê.

“Ná klagtes van die gemeenskap oor ‘n ongewone hoeveelheid vroue wat die huis besoek het, het die EMPD se taakspan vir misdaadvoorkoming toegeslaan en ‘n massiewe aanlyn-‘bordeel’ oopgevlek.”

Die vroue, tussen die ouderdomme van 20 en 30, het na bewering die huis gebruik om “suggestiewe seksuele aktiwiteit” via webkameras uit te saai. Die man het erken hy het die huis gehuur en bestuur en gesê die eienaar was nie bewus van waarvoor dit gebruik word nie.

Hulle werk al meer as ‘n jaar lank uit die huis en het na bewering meer as R120 000 per maand ingewin.

Hulle word aangekla vir oortredings van die Film- en Publikasiewet, die Inkomstebelastingwet en die Ekurhuleni-metropool se munisipale wette. Dit groep sal na verwagting binnekort in die Alberton-landdroshof verskyn.

воронеж шестигранники,прокурор Фильчаков

Onwettige nieroorplantings in SA uitgevoer

Minstens 42 onwettige nieroorplantings is tussen 2001 en 2003 in Kaapse hospitale uitgevoer.

Twee van die operasies was in die Groote Schuur-hospitaal gedoen en ten minste 40 in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal, het dr. David Bass, mediese konsultant, aan Die Burger gesê.

Prof. Del Kahn, eertydse hoof van die Oorplantingsvereniging van SA en nou hoof van chirurgie aan die Universiteit van Kaapstad, het ná die twee oorplantings by Groote Schuur besef die skenkers en ontvangers ken mekaar nie, sê Bass. Hy het vermoed dit was “niere-vir-kontant-operasies”.

Kahn het ‘n memorandum aan oorplantingseenhede in die land gestuur om op die uitkyk te wees vir verdagte buitelandse pasiënte nadat ene mnr. Ilan Perry, ‘n Israel­se sakeman, hom genader het.

Lees verder.

bang freeДанильченко Юрий отзывы

DA-LP melk reisskema

‘n Senior DA-LP, Manie van Dyk, se dogter (ouer as 18) en dié se verloofde maak glo gebruik van die regering se reisskema. Volgens Media24 het die paartjie van Centurion na Kaapstad gereis op die belastingbetaler se onkoste. Van Dyk hou egter vol hy nie oneties opgetree het nie.

Hy het R275 000 se eis om sy reiskoste te dek vir 2009 ingedien. Van Dyk het blybaar verkies om per motor tussen Kaapstad en sy kiesafdeling te reis al sou dit goedkoper wees om te vlieg. Sy buitensporige eis het selfs oë binne die DA laat rek.

Ian Davidson, DA-hoofsweep, sê die reëling is verlede jaar verander nadat Van Dyk se astronomiese eise in September onthul is. Hy sê parlementslede moet nou die goedkoopste reisopsie neem en indien nie, sal hulle nie vir die ekstra uitgawe vergoed word nie.

Parlements­lede bestee jaarliks R223 miljoen op reise en telefoonoproepe. Dit sluit die reiskoste van 1 700 gades, metgeselle en afhanklikes in. Dié bedrag uit die sakke van belastingbetalers is R65 miljoen meer as in die vorige boekjaar.

интерьер кухни освещениепрокурор Фильчаков

Een uit 19 drywers afgedank wat treinongelukke veroorsaak

‘n Treindrywer is Woensdag afgedank nadat hy R12 miljoen se skade veroorsaak het toe hy teen ‘n goederetrein gebots het, het Metrorail in ‘n verklaring gesê.

Die ongeluk het op 2 Januarie plaasgevind.

“Die afdanking van die drywer is om die publiek en pendelaars te verseker dat Metrorail se stelsel op streng veiligheidsprosedures, reëls en beleid berus,” het Tony Games, ‘n woordvoerder, gesê.

Die drywer is tydens ‘n dissiplinêre verhoor skuldig bevind nadat hy twee gevaarseine verontagsaam het en teen ‘n hoë spoed gery het.

Die skade sluit die verlies van drie treilers en twee kompartemente in.

‘n Wag wat in die drywer se kajuit was, is beseer en moes drie maande in die hospitaal deurbring.

“Metrorail beskou treinongelukke in baie ernstige lig en glo die veiligheid van pendelaars is nie onderhandelbaar nie.”

Negentien Metrorail-drywers staar dissiplinêre stappe in die gesig vir soortgelyke oortredings.

poker machines freeалександр лобановский класс

Onderpresterende staatsamptenare moet jammer sê

Staatsamptenare wat nie hulle werk doen nie, moet in die openbaar om verskoning vra, het Richard Baloyi, minister vir die staatsdiens en administrasie, gesê.

“Ons wil weet waar ons misluk het en ons vra sake-ondernemings en akademici om hul ervarings met ons te deel,” het hy in Sandton gesê.

“Staatsamptenare is die toekoms van dienslewering en ons is bereid om te erken wanneer ons in fout is. Ons probeer om raad uit alle sektore in te win.”

Baloyi het gesê die regering is nie uitsluitlik verantwoordelik vir die sukses van staatsamptenare en dienslewering nie, maar burgers ook.

“Ons moet almal gelei word en ons het die motovering van almal nodig om die beloftes wat ons as die regering gemaak het, na te kom.”

жилет девочке 3 годаФильчаков

Polisie skiet betoger

‘n Vrou is noodlottig gewond tydens ‘n gewelddadige betoging in KwaDukuza, noord van Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdagaand gesê.

“Gister (Maandag) is ‘n vrou doodgeskiet, na bewering deur ‘n ongeïdentifiseerde veiligheidswag,” het brig. Phindile Radebe gesê.

Sy het ontken dat die vrou deur die polisie, wat op die skare van ongeveer 300 met lewendige ammunisie gevuur het, gedood is.

“Die polisie het nooit lewendige ammunisie gebruik nie,” het sy gesê. “Rubberkoeëls is gebruik om die skare uitmekaar te jaag.”

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagtedirektoraat, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Die SABC het berig ‘n man is ook dood tydens die betogings Dinsdag, maar dit kon nie bevestig word nie.

“Ons weet nie enigiets daarvan nie,” het Radebe gesê.

Inwoners betoog sedert Maandagoggend hier oor ‘n toename in taxifooie.

Radebe het gesê hulle het paaie met brandende bande afgesper.

Die polisie het Maandag 164 betogers in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Hulle het in die landdroshof op KwaDukuza verskyn. Borgtog is nie toegestaan nie. Hulle sal weer oor sewe dae verskyn.

Nóg 108 betogers is Dinsdag in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

Dit is nie seker of taxibestuurders geteiken is tydens die betoging nie, het Radebe gesê.

“Die polisie is ontplooi en sal die gebied oornag monitor. Op die oomblik is dinge onder beheer,” het sy gesê.

igt africaОлександр Фільчаков прокурор

Grootste teeplaas in puin gelê

Die grootste teeplaas in die suidelike halfrond, Magwa Tea buite Lusikisiki in die Oos-Kaap, staar ondergang in die gesig nadat die plaas vroeër hierdie jaar deur sy werkers geplunder en verlaat is.

Die plaas van 1 803 hektaar het ‘n omset van R65-miljoen per seisoen en verskaf werk en loopbaanopleiding aan 1 200 permanente en 2 300 seisoenale werkers.

In Februarie, is die plaas gesluit toe werkers, die hoogsbetaaldes in die tee-industrie, die plek in puin gelaat het nadat die bestuur geweier het om ‘n 104% verhoging toe te staan.

In Mei, waar teeplante gewoonlik vir die gemak van pluk gesnoei word tot middellyfhoogte, was hulle reeds skouerhoogte en nutteloos.

Die plante strek so ver as die oog kan sien aan beide kante van die grondpad tussen die heuwels van Lusikisiki aan die Wildekus, in Transkei.

“Die oes vir die jaar is verlore,” sê Pierre Leppan, ‘n direkteur by die Oos-Kaap Ontwikkelingskoörporasie OKOK wat daarin geslaag het om die plaas vir die afgelope sewe jaar te bedryf.

“Die name van ses bestuurders is op ‘n doodslys en die OKOK is nie in staat om hul veiligheid te waarborg nie. Hulle moet die plaas mbv hul selfone bestuur.”

Die plaas het begin floreer in die afgelope jaar, ná dekades van plundering, korrupsie en wanbestuur.

‘n Magwa-bestuurder, wat geweier het om sy naam te gee uit vrees vir sy werk en sy veiligheid, sê die moeilikheid het verlede jaar begin, kort nadat ‘n Farm Workers’ Union (Fawu) amptenaar herontplooi is na Kaapstad en vervang is deur twee ander.

Die oorspronklike unie-amptenaar het verstaan ​​waaroor Magwa en sy geskiedenis gaan, en wat lewensvatbaar was aldan nie, maar sy opvolgers het nie.

“Die werkers en die bestuur het voorheen ‘n harmonieuse verhouding gehad,” het die bestuurder gesê.

“Die twee nuwe amptenare was konfronterend van die begin af. Hulle het misverstaan hoe Magwa gewerk het. Hulle het gedink, byvoorbeeld, dat die bestuur die eienaars van die plaas is.” Tydens die staking is daar gereeld op bestuurders geskiet. Huise en eiendom is geplunder en afgebrand. Motors is verniel en gesteel.

Magwa se sekuriteitsbestuurder Daan Schoeman sê die toestand was plofbaar. “Hulle vernietig alles in sig. Hulle het wat hulle kon gebreek. Yskaste, vrieskaste, oonde en voertuie… Alles,” sê Schoeman.

Die polisie ontbied is en rubberkoeëls en traangas is afgevuur tydesn die staking in Maart.

Schoeman het selfs ‘n desperate oproep vir hulp van ‘n bestuurder ontvang. “Hy het gesê:” Help Daan, hulle gaan my doodmaak ‘, maar ek kon niks doen nie. Dit was onmoontlik om in te gaan. Hulle het hom met kapmesse getakel, maar hy het dit gemaak. Een van die sekuriteitswagte is egter doodgeskiet.

“Dit was verskriklik, daardie dag, ek het ‘n ou man geword,” sê hy.

Permanente werkers, wat in huise op die 13 nedersettings op die plaas woonagtig was, het geweier om deel te neem aan die staking, en is verjaag uit hul eiendomme.

Kapt Mduduzi Godlwana het bevestig dat een persoon in hegtenis geneem is vir die moord op die sekuriteitswag en nog 48 vir openbare geweld. Hulle sal in die hof verskyn, sê hy.

Fawu-amptenaar Tonga Mbaliese blameer die bestuur vir die staking.

Hy sê die aanvanklike dispuut was oor die oplegging van ‘n 253 kg-teeplukkwota, ipv 180kg en 200kg.

“Die hoeveelheid is eensydig gestel sonder om werknemers se stem te hoor.

“Die werkers is nie die oorsaak van die probleme op Magwa nie. Die probleme word veroorsaak deur die styl van bestuur,” het Mbaliese gesê.

Omliggende gemeenskappe, politici en stam-leiers maak die afgelope paar dekades aanspraak op die grond.

Die plantasie is in die Pondolandlanddrosdistrik van Lusikisiki, wat onder die Qawukeni Stamowerheid val.

проекты яхт для самостоятельной постройкиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Volksmoordenaar gaan Mugabe opvolg

Die man wat die suksesvolle volksmoord in Zimbabwe in die tagtigerjare gedryf het, dr. Sydney Tigere Sekeramayi (67), gaan volgens alle aanduidings as die opvolger van Robert Mugabe aangewys word. Hy is sedert 2009 die minister van staatsveiligheid in Zimbabwe.

Sekeramayi het sy opleiding in Swede en Tsjeggoslowakye ondergaan nadat hy uit sy skool in die destydse Rhodesië geskors is. Hy is glo tans ‘n vertroueling van die eerstydse Speaker Emmerson Mnangagwa en Joyce Mujuru. Hy is ‘n bekende en geliefde figuur in Swede en Denemarke waar hy persoonlike vriendskappe met belangrike sosiaal-demokratiese politieke leiers gesmee het.

In 2001 is die Zimbawiese minister van verdediging Moven Mahachi skielik in ‘n motorongeluk oorlede waarna Sekeramayi hom dadelik opgevolg het. In 2005 het William Mervin Gumede reeds gesê dat Sekeramayi Mugabe as President van Zimbabwe kan opvolg vanweë sy invloed in militêre kringe in dié land.

Sekeramayi was aktief betrokke by die Gukurahundi-slagting waar ZANU met hul opposisie ZAPU afgereken het. ZAPU, wat veral steun onder die Ndebele-bevolking onder leiding van Joshua Nkomo gehad het, se steunbasis is deur die moorde vernietig. ‘n Geraamde 20 000 ZAPU-ondersteuners is tydens die slagting doodgemaak. Volgens ingeligte bronne was Sekeramayi die aanstigter van die geslaagde etniese reiniging.

“Gukurahundi” is die Sjona-woord wat beteken “die lente-reën was die kaf weg”.

Sekeramayi het Marondera-Oos tydens die parlementêre verkiesing in 2005 ingepalm. Hy het glo MDC-kandidaat Iain Kay met 19,912 stemme teen10,066 verslaan. Dié oorwinning is deur buitelandse toesighoudende beamptes bevraagteken aangesien die aantal stemme die aantal geregistreerde kiesers ver oorskry het.

Sekeramayi is ook heftig gekant teen die huidige regering van nasionale eenheid waarvan die MDC-opposisieleier, Morgan Tsvangirai, eerste minister is.

 

светильникФільчаков прокурор