DA-LP melk reisskema

‘n Senior DA-LP, Manie van Dyk, se dogter (ouer as 18) en dié se verloofde maak glo gebruik van die regering se reisskema. Volgens Media24 het die paartjie van Centurion na Kaapstad gereis op die belastingbetaler se onkoste. Van Dyk hou egter vol hy nie oneties opgetree het nie.

Hy het R275 000 se eis om sy reiskoste te dek vir 2009 ingedien. Van Dyk het blybaar verkies om per motor tussen Kaapstad en sy kiesafdeling te reis al sou dit goedkoper wees om te vlieg. Sy buitensporige eis het selfs oë binne die DA laat rek.

Ian Davidson, DA-hoofsweep, sê die reëling is verlede jaar verander nadat Van Dyk se astronomiese eise in September onthul is. Hy sê parlementslede moet nou die goedkoopste reisopsie neem en indien nie, sal hulle nie vir die ekstra uitgawe vergoed word nie.

Parlements­lede bestee jaarliks R223 miljoen op reise en telefoonoproepe. Dit sluit die reiskoste van 1 700 gades, metgeselle en afhanklikes in. Dié bedrag uit die sakke van belastingbetalers is R65 miljoen meer as in die vorige boekjaar.

интерьер кухни освещениепрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae