Vat grond sonder om te betaal, sê Malema

Suid-Afrikaners moet die grond wat aan hulle behoort terugneem sonder om te betaal, het die ANC-jeugleier Julius Malema Dinsdag in Kaapstad gesê.

“Gewillige koper, gewillige verkoper is nie ‘n alternatief nie… Die alternatief van die jeugliga is dat ons die grond vat sonder om te betaal. Dit is wat ons voorstel,” het hy die liga se provinsiale raad by die Universiteit van die Weskaap vertel.

Terwyl swartes die vorige bewind vir apartheid vergewe het, verstaan hy nie waarom hulle vir dít wat aan hulle behoort, moet betaal nie.

“Hulle het nooit die grond gekoop nie, hulle het die grond gesteel. Nie net het hulle die grond gesteel nie, hulle het die eienaars van die grond in slawe verander… nou moet ons daarvoor betaal met die gewillige koper, gewillige verkoper…”

Teen die huidige koers waarteen die grondherverspreidingsprogram vorder, gaan die regering oor 100 jaar slegs 25% van die grond gelewer hê, het hy geargumenteer.

Malema het op die vooraand van die Jeugliga se 24ste nasionale kongres gepraat, wat Donderdag 16 Junie in Midrand ‘n aanvang sou neem. Daar word verwag dat afgevaardigdes sterk standpunt ten gunste van nasionalisering van die myne en grondhervorming gaan inneem.

играть в драгоценные камнидепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae