Sit die Chinese agter Malema?

Dan Roodt

 Praag se ADSL is nog steeds geheel en al buite werking, glo ‘n probleem met die ondergrondse kabel van Telkom, dus werk ek steeds hoofsaaklik in kafees.

Ek het net ‘n halfuur om vinnig oor Malema se oproepe vir radikale grondhervorming en nasionalisering kommentaar te lewer, dus moet u my enige gebrek aan styl of tikfoute vergewe.

Malema, anders as wat Naspers  en die ander mediagroepe in die land hom voorstel, is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Anders sou hy nie bo-aan die ANC-jeugliga geëindig het nie. Hoewel Naspers en Leopold Scholtz my as “rassis” uitkryt, geniet ek sedert die braaivleis met Zuma eintlik groeie verhoudings met individuele lede van die ANC en respekteer my, al is ek ‘n onbeskaamde voorstander van Afrikanervryheid en ‘n volkstaat.

Malema se onlangse stelling dat “Mbeki ‘n goeie leier” was, word binne die ANC as ‘n uiters vernuftige stukkie voetwerk gesien om Zuma te ondergrawe maar terselfdertyd hom geensins aan enige kritiek binne die party bloot te stel nie. Hy mag mos maar ‘n vorige ANC-leier ophemel, dan nie?

Ingeligtes binne die ANC stel dit onomwonde (en dis my indruk ook): Malema dink voor hy praat. Terwyl Naspers en die ander media-idiote Malema as ‘n soort sinistere grapmaker sonder mag of invloed afmaak, is Malema besig met ‘n berekende politieke spel.

My gesonde verstand sê vir my dat Malema nie op sy kruistog ten gunste van grondhervorming à la Zimbabwe en nasionalisering sou vertrek het indien hy nie steun van ‘n groot internasionale moondheid geniet het nie. DIe VSA en Brittanje, wat FW de Klerk in die vroeë negentigerjare daarin gemanipuleer het om alle mag aan die ANC te oorhandig, wil nie sien dat Suid-Afrika sonder meer in ‘n tweede Zimbabwe ontaard nie. Die groot internasionale beleggers, waaronder Britse en Amerikaanse pensioenfondse, besit ook aandele in ons mynboumaatskappye.

Amerika sou dus potensieel ‘n stokkie voor Malema se nasionaliseringsplanne kon steek en selfs, soos nou in Libië, militêr in ons land kon inmeng. Tensy, tensy… ‘n ander groot moondheid soos Rusland of China hom reeds van hul steun verseker het. Ons weet dat Zuma se oorname van die ANC en die presidentskap vanuit Angola gefinansier is, dus sal dit nie vreemd wees vir China, wat reeds in Zimbabwe bedrywig is, om ‘n bepaalde faksie in die ANC, die Malema-faksie, te ondersteun nie.

Waarom China? Soos iemand dit nie lank gelede nie, aan my gestel het, is “Zimbabwe die enigste klinkklare sukses van Chinese buitelandse beleid”. China is reeds die tweede grootste ekonomie ter wêreld, beskik oor enorme militêre vermoëns en slaankrag, waaronder kernwapens, maar kon tot dusver net in Zimbabwe noemenswaardige invloed verkry. Afrika se grondstowwe is reeds lankal in die Chinese visier en dus: waarom nie ook die eerste prys op die vasteland, Suid-Afrika, nie? Indien Malema van die vier miljoen blankes in die land ontslae sou raak, sou die vraag na opgeleide mannekrag en hulp feitlik vanselfsprekend miljoene Chinese die geleentheid bied om na Suid-Afrika te emigreer en ‘n baie meer aktiewe rol as bestuurslui en eienaars van Suid-Afrikaanse ondernemings te speel.

Nóg die VSA, nóg Brittanje gee ‘n duit vir Suid-Afrikaanse blankes, wat nog te sê Afrikaners en boere, om. Daar sal wel kritiek wees, net soos daar teen Mugabe oor sy anti-blanke optrede was, maar uiteindelik is dit ‘n geval van, soos die Engelse spreekwoord lui: “Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me.”

Die Afrikaner, deur sy eie onnoselheid gestroop van politieke en militêre mag, is nou meer as ooit tevore feitlik totaal aan die noodlot en die giere van iemand soos Julius Malema en sy moontlike Chinese bondgenoot uitgelewer. Die enigste internasionale moondheid waar ons potensieel steun mag verkry, is Rusland. Maar Rusland verkeer tans ook in ‘n magstryd tussen drie faksies: die Joodse oligarge, Poetin se internasionalistiese faksie en die opkomende nasionaliste wat ‘n pro-blanke en pro-Europese standpunt huldig. Indien die nasionaliste in Rusland aan bewind kom, kan ons dalk steun vanuit daardie oord begin kry, mits ons eie leiers die nodige diplomatieke en media-offensief in Rusland loods, bygesê.

Ongelukkig lyk dinge nie goed nie. Die Afrikaner het in die onlangse verkiesing sy rug op enige vorm van nasionalisme of selfbeskikking gekeer en die Angel-Saksiese liberalisme van die DA en mev. Helen ZIlle omhels. En die DA staan, soos Lindiwe Mazibuko enkele dae gelede in die parlement verklaar het, óók radikale grondhervorming voor. Dus mag Malema en Mazibuko teen mekaar begin bie om Afrikanerboere die vinnigste van hul grond te ontneem.

Die vernaamste Afrikanerorganisasies soos Solidariteit het hulself ook onder die liberale sambreel ingewurm en sedertdien by die DA geskaar. Naspers is natuurlik so liberaal dat hy die DA nog verder aanpor in sy meer linkse standpunte, soos radikale grondhervorming en die finale aftakeling van die Afrikaneridentiteit. Soos Leopold Scholtz van Die Burger dit gestel het, “moet die Afrikaner met die bruinmense van die Wes-Kaap versmelt”. Flip Buys van Solidariteit gaan beslis sy neus optrek as ‘n spul Russiese nasionaliste met kaalgeskeerde koppe die enigste internasionale magsfaktor gaan raak wat tussen ons en ‘n tweede Zimbabwe staan.

 

дубовые лестницы на заказАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae