Groot betoging teen VSA in Pretoria

Meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners het by die Amerikaanse ambassade in Pretoria byeengekom om te betoog teen NAVO se bomaanvalle op Libië.

Woensdag se betoging is afgesluit met die oorhandiging van ‘n griefskrif aan Amerikaanse diplomatieke personeel. Luidens die griefskrif ondermyn die bomaanvalle pogings uit Afrika om onderhandelinge oor ‘n oplossing vir die konflik te voer.

President Jacob Zuma lei die bemiddelingspogings van die Afrika-Unie. Hy het in Suid-Afrika onder kritiek deurgeloop omdat hy ‘n resolusie van die Verenigde Nasies om burgerlikes in Libië te beskerm, ondersteun het.

Zuma sê NAVO het die perke van dié resolusie oorskry.

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het by die betoging gesê Suid-Afrika moes voorsien het hoe die resolusie misbruik sou word en moes nie daarvoor gestem het nie.

мультики куклы барбилобановский александр дети

OB glo skuldig aan bedrog en korrupsie

Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het haarself na bewering skuldig gemaak aan bedrog en korrupsie terwyl sy by die Suid-Afrikaanse Wethervormingskommissie (SALRC) gewerk het, het The Star Woensdag berig. 

Volgens “onafhanklike bronne” het Madonsela se maatskappy glo werk vir die SALRC gedoen en is R1,8 miljoen aan haar oorbetaal, drie jaar gelede terwyl sy daar gewerk het.

Madonsela het aan The Star gesê sy het nooit haar maatskappy vir haar werkgewers weggesteek nie. Sy het ook gesê haar maatskappy is nooit meer as R500 000 betaal vir werk wat vir die departement van justisie gedoen is nie.

Volgens The Star het “verskeie” onbekende polisiebronne gesê sy kan binnekort in hegtenis geneem word. Genl. Bheki Cele se kantoor het nie kommentaar gelewer nie.

Madonsela is besig om verslae te finaliseer oor huurkontrakte vir nuwe hoofkwartiere in Pretoria en Durban vir onderskeidelik R500 miljoen en R1,1 miljard. In haar voorlopige verslag het die OB Cele skuldig bevind aan wanadministrasie vir sy rol in die huurkontrakte.

в лагерьлобановский депутат

Stakers slaan motorruite uit, rand omstanders aan

Stakende werkers het Dinsdag motors se ruite uitgeslaan en mense aangerand in ‘n nywerheidspark, Lothlorien Industrial Park, in Wadeville, Johannesburg.

Berigte van intimidasie, dreigemente en geweld deur stakende metaalwerkers is Dinsdagoggend uit die ooste van Johannesburg ontvang.

Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa, het gesê hy het deur mediaberigte te hore gekom van die geweld. Hy het stakers tot dissipline gemaan.

Francois van der Merwe, besturende direkteur van ‘n drukkery het aan EWN gesê stakende werkers het niksvermoedende verbygangers en kliënte van ‘n kombuiskasbedryf in die nywerheidspark aangeval.

Sowat 170 000 werkers van die vakbond Numsa het Dinsdag regoor die land gestaak.

In Germiston het ooggetuies vertel hoe stakende werkers hekke probeer oopbreek het by maatskappye om te sien of daar werkende personeel binne wegkruip.

In Elrode het ooggetuies ‘n soortgelyke toestand beskryf, met stakers wat werkers verhoed het om te gaan werk.

светильник на шинопроводе tlv proлобановский депутат

Diensleweringsbetoging ontwrig Soweto

Inwoners van Chiawelo in Soweto het paaie met brandende buitebande versper en die polisie onder klippe gesteek.

‘n Plaaslike raadslid se huis is aan die brand gesteek nadat daar ‘n kragonderbreking in die gebied was.

“Die polisie het nou net hier aangekom. Hulle probeer die mense uiteenjaag.” Die polisie is egter met klippe bestook toe hulle die gebied wou binnegaan.

Swart rook hang bo die gebied waar die raadslid se huis aan die brand gesteek is. Bure en joernaliste het skreeuende kinders uit die huis gered.

Die skare betogers sê hulle sal nie uitmekaar gaan voordat die raadslid nie bedank het nie.

интернет магазин играДанильченко

Minister kla oor privaathospitaalkoste

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Maandag op die Raad op Gesondheidsorgfinansiers se konferensie gesê die mediese privaatsektor buit pasiënte uit.

Dié departement werk ook reeds 18 maande aan ‘n verslag oor toestande in Suid-Afrikaanse staatshospitale.

Die minister het weer eens die buitensporige koste van gesondheidsorg in die privaatsektor veroordeel en gesê die meeste Suid-Afrikaners kan nie sulke sorg bekostig nie.

Motsoaledi het gesê hospitaalgroepe werk om beleggers gelukkig te hou, want vir hulle gaan dit net oor winsbejag. “Gesondheidsorg is nie bloot ‘n sakebedryf nie, dit is ‘n maatskaplike diens.”

Hy het ook gesê die toestande by staatshospitale is ook nie na wense nie.

Mediese fondse, die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging en die Raad op Gesondheidsberoepe het die minister se voorstel oor ‘n kommissie om tariewe vir diensverskaffers van privaatgesondheidsorg te beheer, verwelkom.

Die Hospitaalvereniging is egter daarteen gekant.

Motsoaledi het voorts die Mededingingskommissie genader oor die moontlikheid om mediese diensverskaffers van dele van die Mededingingswet vry te stel. Dié wet verbied prysvasstelling vir mediese dienste.

Die minister het gesê die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) sal eerslater ingestel word sodat die departement van gesondheid beter voorbereid kan wees.

mech wars onlineалександр лобановский харьков

Onluste bars los toe Durban krag afskakel

Inwoners van Kennedy Road in Durban het met veiligheidswagte van die eThekwini-munisipaliteit gebots nadat dié kragkabels in die nedersetting ontkoppel het, het Abahlali baseMjondolo, ‘n aktivistegroep van makoekoebewoners (sinkhuise) van Suid-Afrika, gesê.

“Die gemeenskap het vroeër met die munisipaliteit onderhandel en verstaan dat hulle nié hul wagte sal instuur om (die kabels) te ontkoppel nie,” het Mnikelo Ndabankulu, woordvoerder, gesê.

“Hierdie ooreenkoms is egter Sondagoggend verbreek en die inwoners het die afskakeling teengestaan.”

‘n Man is deur ‘n rubberkoeël in die gesig getref toe inwoners die wagte gekonfronteer het.

Die metropolisie het opgedaag nadat inwoners paaie na die nedersetting afgesper het.

Die eThekwini-munisipaliteit was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Abahlali baseMjondolo is in 2005 in die Kennedy Road-nedersetting gestig. Dit is die grootste organisasie van makoekoebewoners in Suid-Afrika.

интернет магазины игрушкипрокурор Фильчаков

Vlaag stakings gaan SA tref

Suid-Afrika kan gereed maak vir ‘n vlaag stakings deur duisende werkers in verskeie sektore in die komende week, nadat loononderhandelings met werkgewers in die ingenieursbedryf en verwante sektore misluk het.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het besonderhede bekendgemaak oor planne vir voorgenome massa protesoptrede.

Volgens Castro Ngobese, woordvoerder van die vakbond, het hulle by ‘n spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering reëlings afgehandel vir die protesoptrede wat moontlik Maandag reeds kan begin.

Die vakbond Samwu het ook bevestig dat werkers in die ingenieursbedryf Maandag gaan begin staak.

Die mynvakbond NUM dreig ook met stakings by myne landwyd.

Numsa sê samesprekings die afgelope twee maande met die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika, wat werkgewers in die bedryf verteenwoordig, het niks opgelewer nie.

Die bedryf bestaan uit nagenoeg 9 000 maatskappye.

for weddingФильчаков прокурор

Skool in petrolbomaanval

Inwoners van Zandspruit noord van Johannesburg het oornag ‘n petrolbom in ‘n klaskamer gesmyt, het die polisie Vrydag verklaar.

Ao. Balan Muthan, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die klaskamer het afgebrand, maar die brand het nie na ander klaskamers versprei nie. Muthan kon nie die naam van die skool verskaf nie.

“Dit is nou kalm en geen betogings vind plaas nie,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Geweld het Donderdag uitgebreek toe betogers Beyers Naudérylaan (voorheen DF Malanrylaan) met motorbande versper en verbygaande motors en polisiebeamptes met klippe gegooi het.

Die pad is ‘n tyd lank gesluit, maar later weer vir verkeer oopgegestel. ‘n Betoger is  vir brandstigting in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

для бассейнапрокурор харьковской области

Zandspruitbetogers waarsku Zuma

Beyers Naudé-rylaan is kort ná 09:00 Donderdagoggend weer oopgestel vir verkeer nadat inwoners van Zandspruit verbygaande motors met klippe bestook het, het die metropolisie gesê.

“Die polisie kon daarin slaag om die betogers in bedwang te bring en daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied,” het hoofsupt. Wayne Minaar gesê.

In die stadium is dit nie bekend of enigeen beserings opgedoen het nie.

In Maart het gewelddadige betogings in Zandspruit uitgebreek en 88 betogers is in hegtenis geneem. Inwoners was ongelukkig oor swak behuising en onvoldoende sanitasie.

Die betogers dreig om president Jacob Zuma seer te maak waar dit die seerste gaan wees, as hy nie binne twee maande na hulle gebied kom om hulle te woord te staan nie.

Hulle sê hulle sal skole en klinieke afbrand as die president nie aan hulle oproep gehoor gee nie.

Die polisie wou nie vroeër Praag se nuusspan deurlaat om die gebied binne te gaan nie.

free slotданильченко юрий брониславович прокурор

Cele weer in huurfiasko

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het weer eens onregmatig en onwettig opgetree, het die openbare beskermer (OB) bevind.

Nadat Cele in Februarie skuldig bevind is oor ‘n huurooreenkoms van R500 miljoen vir die polisie se nuwe hoofkantoor in Pretoria, het hy weer ‘n ooreenkoms van R1,17 miljard vir die polisie se provinsiale hoofkantoor in Durban goedgekeur.

Adv. Thuli Madonsela, OB, het bevind dat albei huurooreenkomste met die sakeman Roux Shabangu, ongeldig en onwettig is.

Madonsela sê albei transaksies ootree die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) en dit strydig met tesourie-regulasies en tenderprosedures.

‘n Werknemer van die departement van openbare werke (DOW) in KwaZulu-Natal is glo verplaas toe sy daarop aangedring het dat ‘n openbare proses gevolg moet word waar gebie word op die eiendom.

Cele het gesê ‘sy wil sy departement vir hom bestuur’,” lui een verklaring wat in die OB se verslag vervat is.
Dié gebou was glo in ‘n vervalle toestand en sou op die staat se onkoste opgeknap moes word.

Alhoewel die verslag nog nie bekend gemaak is nie, is dit reeds aan pres. Jacob Zuma en ministers Nathi Mthethwa en Pravin Gordhan  gestuur.

турецкая баня спбОлександр Фільчаков прокурор