ANC verander hul deuntjie oor privaattronke

Nadat die vorige minister van Korrektiewe Dienste, Ngconde Balfour, verklaar het dat privaattronke soos die een in in Louis Trichardt te duur is, het die ANC nou omgeswaai en aangekondig dat vyf nuwe privaattronke in die vooruitsig gestel word.

Die ANC-lid, Vernie Petersen, het Balfour weerspreek en beweer nou dat die sogenaamde PPP-model vir gevangenisse goedkoper is en beter werk. Dit kom nadat Petersen en lede van die ander betrokke staatsdepartemente kwaai kritiek moes verduur tydens ‘n potrefeuljekomiteesessie oor die agterstande in die oprigting van tronke sedert 2002.

Net een konstruksieprojeek vir ‘n gevangenis is sedertdien in Kimberley begin, in weerwil van Thabo Mbeki se herhaalde beloftes dat agt sulke projekte beplan word.

best free casinoФильчаков

BHP Billiton en Standardbank in elektrisiteitsrusie

Die globale mynmaatskappy BHP Billiton het besluit om R2,4 miljard se jaarlikse sake van Standardbank te onttrek nadat ‘n senior beampte van die bank onlangs voorgestel het dat Billiton se aluminiumsmelter by Hillside in Natal gesluit word om elektrisiteit te bespaar.

Die Standarbankbeampte se opmerking is tydens ‘n hoëvlakvergadering tussen die regering en die sakesektor gemaak.

Volgens die voorsitter van Billiton Suid-Afrika, Vincen Maphai, was die uitlating van die Standardbankbeampte roekeloos, uitdagend en onverantwoordelik. Die smelter by Hillside verteenwoordig die ruggraat van die Kwazulu-Natalse ekonomie, veral in die Richardsbaaigebied.

play clue game onlineФільчаков Олександр Васильович прокурор

Bre?bandkommunikasie groei

‘n Marknavorsingsgroep, BMI-TechKnowledge, het in ‘n verslag wat saamgestel is, bevind dat breëbandinternettegnologie al hoe meer veld wen onder Suid-Afrikaners.

Alhoewel Afrika se toegang tot internasionale kapasiteit ‘n faktor bly, sê een van die medewerkers dat die aanlê van nog land- en seekabels in vooruitsig gestel word om in die groeiende aanvraag te voorsien.

Dit sal insgelyks die koste van breëbandkommunikasie afbring. Daar word verwag dat landlyne in Afrika gaan afneem na 1,9 miljoen gebruikers, terwyl die aantal ADSL-konneksies met 5,4 miljoen gaan toeneem teen 2011.

купить боди для новорожденных в харьковеФильчаков

Blanke boer van Zimbabwe gevonnis

Die eerste blanke boer in Zimbabwe wat daaraan skuldig bevind is dat hy nie sy eiendom wou verlaat nie, het gister ‘n opgeskorte vonnis van ‘n landdros in Harare ontvang.

Die landdros het mnr. Deon Theron, adjunkpresident van Zimbabwe se Kommersiële Boere-unie ‘n maand gegee om sy grond te verlaat, asook tronkstraf van ses maande wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer die Grondsakewet oortree nie.

Die staatsaanklaer, mnr. Zvakare, het gevra dat Theron tronk toe gestuur word. Die 53-jarige melkboer is Dinsdag daaraan skuldig bevind dat hy onwettig op sy plaas aangebly het nadat dit tot staatsgrond verklaar is. Volgens die aanklaer het Theron hom aan ‘n ernstige kriminele oortreding skuldig gemaak wat onmiddellike tronkstraf verdien.

центробежный насосданильченко юрій броніславович компромат

Wapentransaksie weer onder loep

Die weeklikse koerant, die Mail & Guardian, het onthul dat die Skerpioene onlangs ‘n ondersoek aanhangig gemaak het om die multimiljardrandaankope van opleidingstralers en vegvliegtuie van die Britse maatskappy BAE Systems en Swede se Saab, vir ongerymdhede na te gaan.

Die kontrak se huidige waarde van R30 miljard, was die grootste enkele bedrag in die hele wapenaankooptransaksie.

Die koerant beweer dat sekere betalings wat BAE gemaak het, die R500 000 jaarlikse fooi wat ANC-president, Jacob Zuma, van Thales ontvang het, verdwerg. Daarby moet ‘n verdere R200 miljoen van die Duitsers vir oorlogsvaartuie bygevoeg word.

Brittanje se Kantoor vir Ernstige Misdrywe ondersoek BAE ook tans oor ‘n bedrag van meer as R1 miljard se omkoopgeld in die Suid-Afrikaanse transaksie.

моечное оборудование для автомойкиФільчаков прокурор

Skoonmoeder dink baba is ‘n kat

‘n Meisie van 17 jaar wat daarvan beskuldig is dat sy haar pasgebore baba in ‘n puttoilet afgegooi het, is vrygelaat met ‘n waarskuwing.

Sy is op Goeie Vrydag in hegtenis geneem nadat die skoonmoeder ‘n gehuil onder in die toilet in Hluvukani naby Bosbokrand gehoor het.

Die skoonmoeder het eers gedink dis ‘n kat, maar toe besef dit mag haar kleinkind wees aangesien haar skoondogter nie meer swanger was nie. Sy het daarna die polisie ontbied.

Die baba is na die Tintswalohospitaal geneem vir behandeling.

купить детский ремень для мальчикаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Diamantmynwerkers staak

Die Mynwerkersunie, die NUM, het gister bekend gemaak dat die Golden Falls-diamantmyn, voorheen bekend as Elandslaagte, tot stilstand gedwing is deur ‘n staking.

Werkers eis deur die bank ‘n 15% verhoging asook ‘n jaarlikse bonus. Hulle vra ook ‘n kostoelaag van R100 per maand en 18 dae per jaar vakansie.

Sethetso Raletooane, die NUM se streeksorganiseerder in Kimberley, het gesê die werkers vorm deel van ‘n gemeenskap wat gebuk gaan onder inflasie.

Die unie het Woensdag ‘n memorandum aan die bestuur oorhandig. Die staking sal onbepaald voortduur totdat daar aan die stakers se eise voldoen word.

game of thronesФильчаков прокурор харьков

Mboweni waarsku oor komende storm

Tito Mboweni, goewerneur van die Reserwebank, het verbruikers Woensdag gewaarsku dat hoër voedsel- en energiepryse hoër inflasie beteken.

Die VPIX-inflasie het deur die bank se boonste 6%-vlak gebreek en ‘n hoogte van 9,4% bereik in Februarie. Die rentekoersverhogings wat sedert Junie 2006 geld, het sover nie veel impak gehad nie.

Mboweni het aan die finsansiële portefeuljekomittee gesê dat Suid-Afrikaners ‘n baie moeilike tyd het wat vir hulle wag.

Na verwagting sal die Reserwebank se beleidskomittee ‘n volgende rentekoersverhoging by hul vergadering op 9 en 10 April oorweeg.

игры девочкамтопкарго развод

Rassekwotas vir huise

Die eThekwini-stadsraad van Durban gaan rassekwotas gebruik om huise aan die lae en middelinkomstegroepe toe te ken.

Die kategorieë wat gebruik gaan word, is: swart, Indiër, kleurling of ander. Blankes word as ander beskou.

Die nuwe rassekwotas vir behuisingsprojekte is van toepassing op vier gebiede in Durban: Newlands, KwaMashu, Chatsworth en die Westville-driehoek.

Opposisiepartye het die kwotas as siosiogeniëring beskryf en gesê dat dit rassisme in die land bevestig. Die hoofsweep van die DA, Colin Gaillard, het gevra hoe bepaal gaan word tot watter rassegroep die aansoekers behoort.

Patrick Pillay van die Minderheidsfront het gesê dat integrasie in ‘n demokratiese samelewing deur mense se eie vrye wil moet geskied.’

Rassekwotas vir behuising is voorheen in die VSA in Chicago en New York ingestel, maar is sedertdien deur die Amerikaanse Appèlhof as onwettig verklaar, ongeag of dit integrasie of segregasie bevorder.

бакдепутат лобановский

Konstabels wat onwettiges help, los

Nadat 13 reserwemagkonstabels in die Komatipoortse Landdroshof verskyn het op aanklag van korrupsie, is al 13 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, het die aanklaer die klagstaat verloor.

Die konstabels is verlede Woensdag gearresteer nadat 26 Mosambiekers onder die sitplekke van ‘n bus wat oppad terug was na Suid-Afrika gevind is. Die konstabels is deur die onwettige Mosambiekers omgekoop om hulle te versteek. 

Onwettige immigrante betaal tussen R200 en R300 om nie gedeporteer te word nie. Sommiges gebruik selfs selfone as betaling. Die 26 onwettiges is steeds in aanhouding, maar sal nie as getuies in die saak optree nie want Hlathi glo hulle behoort so gou as moontlik teruggestuur word.

анжело люстрыФильчаков прокурор