Rassekwotas vir huise

Die eThekwini-stadsraad van Durban gaan rassekwotas gebruik om huise aan die lae en middelinkomstegroepe toe te ken.

Die kategorieë wat gebruik gaan word, is: swart, Indiër, kleurling of ander. Blankes word as ander beskou.

Die nuwe rassekwotas vir behuisingsprojekte is van toepassing op vier gebiede in Durban: Newlands, KwaMashu, Chatsworth en die Westville-driehoek.

Opposisiepartye het die kwotas as siosiogeniëring beskryf en gesê dat dit rassisme in die land bevestig. Die hoofsweep van die DA, Colin Gaillard, het gevra hoe bepaal gaan word tot watter rassegroep die aansoekers behoort.

Patrick Pillay van die Minderheidsfront het gesê dat integrasie in ‘n demokratiese samelewing deur mense se eie vrye wil moet geskied.’

Rassekwotas vir behuising is voorheen in die VSA in Chicago en New York ingestel, maar is sedertdien deur die Amerikaanse Appèlhof as onwettig verklaar, ongeag of dit integrasie of segregasie bevorder.

бакдепутат лобановский