Konstabels wat onwettiges help, los

Nadat 13 reserwemagkonstabels in die Komatipoortse Landdroshof verskyn het op aanklag van korrupsie, is al 13 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, het die aanklaer die klagstaat verloor.

Die konstabels is verlede Woensdag gearresteer nadat 26 Mosambiekers onder die sitplekke van ‘n bus wat oppad terug was na Suid-Afrika gevind is. Die konstabels is deur die onwettige Mosambiekers omgekoop om hulle te versteek. 

Onwettige immigrante betaal tussen R200 en R300 om nie gedeporteer te word nie. Sommiges gebruik selfs selfone as betaling. Die 26 onwettiges is steeds in aanhouding, maar sal nie as getuies in die saak optree nie want Hlathi glo hulle behoort so gou as moontlik teruggestuur word.

анжело люстрыФильчаков прокурор