Moslem-moord: Borg geweier

‘n Man wat daarvan aangekla word dat hy ‘n Moslem verlede jaar doodgeslaan het, is in die Krugersdorp-streekhof borgtog geweier.

“Die applikant kon nie aan die hof bewys dat dit in belang van geregtigheid sal wees om hom op borgtog vry te laat nie. Borgtog is dus geweier,” het landdros Reginald Dama tydens Roedolf Viviers se borgtogaansoek gesê.

Viviers (28) en Zayne van Tonder (33) is daarvan aangekla dat hy Muhammad Fayaaz Kazi op 6 Augustus buite ‘n Chicken Licken-kitskosrestaurant in Magaliesburg doodgeslaan het.

Kazi het die mans glo gekonfronteer nadat hulle hom na bewering oor sy baard gespot en hom beledig het.

‘n Geveg het toe uitgebreek, en Kazi het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk.

Die aanklagte teen Van Tonder is later teruggetrek en hy is vrygelaat.

Kazi se broers, Mohammed Nuaman (22) en Mohammed Farhan (18) het gesê “prys Allah” toe Dama sy beslissing gemaak het.

Sy weduwee, Sajidah, het in trane uitgebars en vriende en familie in die openbare galery omhels.

Viviers se verhoor sal op 4 Maart in die Johannesburgse hooggeregshof begin.

Tragiese moord tref OP-landdros

Die landdros wat borgtog aan die gestremde atleet Oscar Pistorius toegestaan het, is familie van die vrou wat haar twee kinders vergiftig het en daarna selfmoord gepleeg het.

Hooflanddros Desmond Nair het Dinsdag bevestig dat die vrou, wie se lyk Sondagaand saam met dié van haar seuns in hul huis gevind is, sy niggie is.

Die vrou se broer, Vishal Maharaj, het haar as Anusha Maharaj geïdentifiseer. Die polisie vermoed sy het haar twee kinders vergiftig en daarna het sy op dieselfde manier selfmoord gepleeg.

Volgens die polisie is selfmoordbriewe op die toneel gevind.

Nair het verlede week Pistorius se saak, wat regoor die wêreld opspraak gemaak het, hanteer.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy huis doodgeskiet het.

‘Beesvleisprodukte’ in SA donkie, buffel, hoender

Voedselprodukte wat valslik as “beesvleis” gemerk is, word ook in Suid-Afrika verkoop.  ‘n Ondersoek deur wetenskaplikes van die Universiteit van Stellenbosch het aangetoon dat donkie-, bok- en buffelvleis gebruik word ipv bees.

“Die studie het getoon dat enigiets van soja, donkie-, bok- en waterbuffelvleis in 95 (68%) van die 139  maalvleise, hamburgers, deli-vleise, wors en gedroogde vleise wat getoets was, gevind is,” het die universiteit se studie bevind

Die studie, wat gedoen is deur dr. Donna-Maree Cawthorn en prof. Louw Hoffman van die universiteit se departement van veekundige wetenskappe, is in die internasionale Food Control-joernaal gepubliseer.

“Ons studie bevestig dat die verwerkte vleis wat verkeerdelik gemerk is, algemeen in Suid-Afrika is en nie net regulasies oor die etikettering van voedsel oortree nie, maar ook ekonomiese, godsdienstige, etiese en gesondheidsvraagstukke verontagsaam,” het Hoffman gesê.

Hoender en vark word algemeen aangetref in produkte wat nie veronderstel is om dit te bevat nie.

“Donkie, bok en waterbuffel is ook in ‘n aantal van die produkte gevind.”

Verskeie voorvalle is die afgelope ruk in Europa aangemeld waar perdevleis in voedselprodukte wat as beesvleis gemerk is, gevind is.

Perdevleis is in verskeie voedselprodukte soos in hamburgers, lasagne, pastasous, skooletes en selfs hospitaaletes in Europa opgespoor.

Twiet kan jou agter tralies laat beland

Suid-Afrikaners word gewaarsku dat ‘n twiet van net 140 karakters jou agter tralies kan laat beland. Verkeerde boodskappe kan ‘n moontlike tronkstraf van tussen drie en ses maande tot gevolg hê.

Emma Sadleir, ‘n sosiale media prokureur by Webber Wentzel, het gesê dat Twitter en Facebook-gebruikers wat rassistiese of aanstootlike boodskappe pos aangekla kan word van crimen injuria of ‘n klagte kragtens die Wet op Gelykheid in die gesig kan staar.

“Dit is nie ongewoon vir ‘n persoon wat skuldig bevind word van crimen injuria in Suid-Afrika om gevange geneem te word nie,” het Sadleir gesê.

“Ek weet van twee afsonderlike gevalle waarin polisiemanne geroep die ‘k’ woord gebruik het en in beide gevalle, is die persoon gevonnis is tot tronkstraf vir ‘n tydperk van drie tot ses maande.”

Soos enige ander vorm van publikasie, word aanlyn-gebruikers aanspreeklik gehou vir alle kommentaar wat hulle maak op sosiale netwerke, selfs wanneer hulle hertwiet en boodskappe deel.

Sadleir het gesê dat mense wat geraak word deur boodskappe wat na hulle verwys in naam ‘n klag van crimen injuria by ‘n polisiestasie kan lê.

Anonieme gebruikers word nie vrygestel van strafregtelike klagte of klagtes gelê by die Gelykheidshof teen onbillike diskriminasie, teistering en haatspraak nie, het sy gesê.

Dit is omdat dit moontlik is om ‘n hofbevel te kry om ‘n webwerf te dwing om enige inligting soos e-pos of ‘n IP-adres van die anonieme persoon te oorhandig.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het gesê dat ‘n toenemende aantal klagtes oor aanstootlike gedrag aanlyn ontvang word.

Die meeste klagtes is oor ras, sê SAMRK se Gauteng-bestuurder Chantal Kisoon. Godsdienstig-klagtes het tweede gekom.

“Ons wette is baie duidelik dat ons heeltemal toegelaat word om onsself uit te druk, maar sekere vorme van uitdrukking is verbode en mense het bewus geword van daardie wette,” het sy gesê.

Oscar Pistorius se boek doen beroerd

Die boekverkope van Oscar Pistorius se biografie doen beroerd nadat hy in hegtenis geneem en aangekla is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.

Navrae deur The Star by boekwinkels in Gauteng het aangedui dat terwyl koerante met artikels oor Pistorius van die rakke vlieg, die media-aandag geen uitwerking het op die verkoop van sy boek, wat in Augustus vrygestel is nie.

Die koerant het berig dat een reaksie was dat dit “in die asblik langs Lance Armstrong gesmyt moet word”.

Kalahari.net adverteer die boek teen ‘n afslagprys op webwerwe wat artikels oor die Pistorius hofsaak plaas. Webwerwe wat daaroor berig word ook fluks gelees.

Exclusive Books by die OR Tambo Internasionale Lughawe het gesê die boek was ‘n treffer verlede jaar ná die Paralimpiese Spele, maar dat dit nie goed verkoop het die afgelope tyd nie.

‘n Bestuurder by ‘n Books Galore-tak, het gesê mense toon geen belangstelling in die aankoop van die boek nie.

By Exclusive Books in Brooklyn Mall, Pretoria, was die reaksie soortgelyk. Christo Kellermann gesê: “Miskien gaan mense wag totdat dit verby is voordat hulle dit koop.”

Nog ‘n boekwinkelbestuurder het gesê daar is “geen ontploffing in die verkope van die boek of ‘n stormloop van kliënte in die plasing van bestellings nie.”

Die koerant het ook berig dat die uitgewers van Sarie en GQ-tydskrifte – op wie se omslae Pistorius verskyn het – gevra het dat hulle tydskrifte van die rakke afgehaal word die dag na Steenkamp se moord.

Oscar Pistorius se tante is reeksmoordenaar-spesialis

“Ek sal nooit reeksmoordenaars vergewe nie, maar ek hulle kan verstaan.” Dit is die woorde van Micki Pistorius. Sy is ‘n moorddeskundige en Oscar Pistorius se tante

Die 52-jarige tante het ses jaar ondervinding in die polisie se ondersoekende sielkunde-eenheid en is ‘n outeur van ‘n boek oor die onderwerp.

Sy kan egter nie geraadpleeg word deur die vervolging nie as gevolg van familiebande.

Die tante van beweerde moordenaar Pistorius is een van Suid-Afrika se bekende kriminoloë

Micki Pistorius was betrokke in meer as 30 reeksmoordenaargevalle en het gehelp om byna 200 speurders in die ondersoek van reeksmoorde op te lei.

In haar boek ‘Catch Me A Killer’ sê dr Pistorius sy beskik oor ekstra-sensoriese magte van persepsie wat sy “cryptesthesia” noem.

Sy het ook al omstrede kommentaar oor moordenaars gelewer: “Reeksmoordenaars is nie monsters nie, hulle is mense met gemartelde siele. Ek sal nooit vergewe wat hulle doen nie, maar ek kan dit verstaan.”

Volgens die polisie het die getremde atleet en sy meisie so hard begin stry in haar laaste ure dat sy bure gehoor het “hulle skree en skree”, berig die Daily Mail.

Oscar ‘n ‘buierige pes’, geen teken van kolf

Cecil Myers, die pa van ‘n vriendin by wie die vermoorde Reeva Steenkamp in Johannesburg gewoon het, het gesê hy het Pistorius as “baie buierig” ervaar en die model het gevoel sy is ingehok, berig die Daily Telegraph.

“Baie gaaf en sjarmant toe hulle begin uitgaan het. En hy het altyd ingekom om hallo te sê. Maar toe hulle begin het om vas uit te gaan, het hy haar net afgelaai en opgelaai.

“Dis nie reg nie. Ek noem dit respek. As jy in ‘n verhouding is en jy laai die “dogter” van die huis op, kom ten minste in en sê hallo.” Na die tweetjies se eerste afspraak het Pistorius “haar nie uitgelos nie,” het mnr Myers gesê.

“Hy het aangehou om haar te verpes, en haar gebel en gebel en gebel. Oscar was haastig en ongeduldig en baie buierig – dit is my indruk van hom.

“Sy het vir my gesê hy druk haar ‘n bietjie in ‘n hoek Sy voel ingehok. Ek het vir haar gesê ek sal met hom praat. Ek het vir hom gesê hy moet homself nie op haar afdwing nie.

“Hy het ingestem, maar sy gesig het vir my gewys wat hy dink: ‘O, hierdie man praat nonsens’.”

Myers beskryf sy woede toe hy oor Reeva se dood gehoor het, en dat dit Pistorius was wat haar doodgemaak het.

“Sy was my meisiekind, en hy het haar vier keer van agter ‘n geslote deur geskiet. Een skoot kon ‘n fout gewees het – maar vier keer,” het hy gesê.

“Ek het ‘n drukkery-onderneming, en ek het groot, geraamde foto’s van Oscar en myself Ek het hulle almal stukkend geslaan. Ek wil nie iets van hom weet nie.

“Mense sal nou wegbly van hom. Vroue ook, hulle sal te bang wees, geen meisie wil haar ‘n gat afgeskiet hê nie. En as my dogter saam met hom wil uitgaan, sal die papaja die spreekwoordelike waaier tref.”

Myers het gesê hy het besluit om met die Britse koerant te praat, want “oral waar jy gaan, is dit net Oscar, Oscar”.

“Maar Reeva was die slagoffer, haar stem moet ook gehoor word. Mense moet weet wat Reeva Steenkamp was,” het hy gesê.

Oscar Pistorius het Reeva Steenkamp by ‘n vriend se verlowingspartytjie in Januarie ontmoet.

Die polisie het Myers, sy dogter, Kim, en sy seun, David, gevra om Steenkamp se liggaam formeel te identifiseer die oggend toe sy vermoor is.

“Ons het na haar gekyk deur ‘n glasvenster Sy was … jy weet … die manier waarop iemand lyk wat geskiet is … Die polisie het probeer om dit makliker vir ons te maak,” het hy gesê.

Hy het nie Steenkamp se beserings verder beskryf nie. Polisie het Sondag berigte ontken dat Pistorius ‘n krieketkolf gebruik het om sy meisie aan te rand voor hy haar geskiet het.

Myers, wat Steenkamp se liggaam geïdentifiseer het, het aan die Daily Telegraph gesê hy is “verras” deur verslae dat sy met ‘n krieketkolf aangerand is.

“Toe ek Reeva geïdentifiseer het, het ek geen aanduiding daarvan gesien nie,” het hy gesê. “Die eerste wat ek daarvan geweet het was toe ek dit gelees het in die koerante. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie.”

Oscar Pistorius het glo model se skedel met kolf verbrysel

Die gestremde Olimpiese lemnaelloper Oscar Pistorius het glo sy vriendin se skedel met ‘n krieketkolf verbrysel voordat hy haar doodgeskiet het, het die polisie aan haar familie gesê, het die Britse Daily Mail berig.

Besonderhede van die nadoodse ondersoek van die Suid-Afrikaanse model Reeva Steenkamp is weerhou in verlede week se aansoek om borg.

Maar bedroefde familielede wat haar liggaam voor Dinsdag se verassing in Port Elizabeth gesien het, beskryf verskriklike beserings van die krieketkolf, en wonde van 9 mm-koeëls wat deur Pistorius afgevuur is.

Hulle is ook ingelig oor die model se dood deur die polisie en prokureurs van die staatsaanklaer se kantoor.

In ‘n beëdigde verklaring wat voorgelees is in die borgverhoor in Pretoria se landdroshof verlede week, het Pistorius beweer dat hy die kolf gebruik het om die deur af te breek van die toilet na die skietery, en gesê dat hy nie besef het sy meisie in die badkamer was nie.

Die bloedbevlekte kolf, wat tans deur ‘n polisie se forensiese span ondersoek word, sal belangrike bewyse oplewer wanneer Pistorius verhoor word vir die moord.

Verlede week het die vervolging geen melding gemaak van enige besonderhede oor die kolf nie. Maar om borgtog te verseker, het Pistorius se regspan in groot detail beskryf hoekom hy ‘n bebloede krieketkolf in sy besit gehad het op die noodlottige aand.

Korrupsie: Name gelys

Regeringsamptenare wat skuldig bevind is op aanklag van korrupsie se name sal gelys word, het Jeff Radebe, minister van justisie, Sondag gesê.

“Oor die volgende paar dae sal ons al die name publiseer van mense wat skuldig bevind is aan korrupsie en al diegene wie se bates of gevries of aan die staat verbeur is,” het die minister aan joernaliste in Pretoria gesê.

Dít word gedoen “sodat die publiek weet wie die vrot appels in die Suid-Afrikaanse samelewing is”.

Radebe het gesê beamptes “werk aan die besonderhede” om of elektroniese media, koerante, radio of TV te gebruik om die inligting bekend te maak.

Op die vraag of regsprobleme dalk kan opduik in dié proses, het Radebe gesê die name is reeds openbare kennis.

“Dit is openbare kennis. Die hofrekord dui dit aan, so daar is geen probleem om die mense se name te noem nie.

“Ons wil hê die publiek moet bewus wees van wat gebeur het, want vir ‘n geruime tyd praat mense oor korrupsie en dit is net ‘n getal [werknemers]. Ons wil dit nou op ‘n sinvolle manier aanpak.”

Malema se rommel op veiling te koop

Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, het dalk van sy bates weggesteek om te verhoed dat dit op ‘n veiling verkoop word, is Sondag berig.

Malema se bates is opgeveil om die R16 miljoen wat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skuld, te betaal.

Sy huishoudelike inhoud is Vrydag in Polokwane vir R54 000 verkoop – net ‘n vyfde van die waarde van sy Breitling-horlosie, het die Sunday Independent berig.

Volgens die koerant was baie mense teleurgesteld oor die bates wat te koop was.

“Volgens die balju was sommige mense nie gelukkig oor die toestand waarin sommige items was nie,” het Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, gesê.

Volgens die koerant het Malema in Januarie R291 000 op klere by ‘n Italiaanse boetiek spandeer en meer as R31 000 op Louis Vuitton-ontwerperklere.

Malema se horlosie en ontwerperklere is nie op die veilig gesien nie. Bates wat opgeveil is, sluit in ‘n klavier, yskaste, ‘n muureenheid, TV’s en blommetafels.

Die Sunday Sun het berig Norman Motaung het die klavier vir R9 300 verkoop.

“Ek het dit nie gekoop oor die vorige eienaar nie,” het Motaung aan die koerant gesê.

Boy Mamabolo, ‘n voormalige vriend van Malema, het ‘n spieël vir R300 gekoop. Hy het aan die koerant gesê Malema het in 2009 onderneem om die spieël vir hom te gee, maar het intussen van plan verander.

“Ek help die SAID om sy geld terug te kry. Maar ek is teleurgesteld dat die musiekmenger teruggaan na Juju – want sy lyfwag het dit gekoop,” het Mamabolo aan die Sunday Sun gesê.