Kategorie: Suider-Afrika
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Mbeki se broer voorspel megageweld
Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.
Moeletsi Mbeki het gesê dat indien 'n regering nie sy grense beheer, die burgers dit deur geweld sal doen.
Die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het egter die teenoorgestelde standpunt ingeneem en gesê dat die uitsetting van mense 'n duur en futiele poging was omdat hulle so vinnig terugkom as wat hulle teruggeneem word.
Die SAOG-lande, waaronder Suid-Afrika, beplan om 'n protokol te aanvaar waardeur hul 180 miljoen burgers vrylik oor grense sal kan beweeg.
MIV neem af, s? Manto
Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.
Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.
Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.
Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.
Motoriste word toenemend by verkeersligte aangeval
Motoriste in Pretoria is gewaarsku om op hul hoede te wees aangesien grypdiewe hul as informele handelaars by verkeersligte voordoen.
Volgens polisiewoordvoerder Malusi Mashiane is die meeste slagoffers van grypdiewe en motorkapings vroue.
Twee maande gelede is motoriste ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir grypdiewe in Nelson Mandelarylaan.
Mashiane meen dat vroue dikwels hul handsakke plaas waar misdadigers hulle kan sien en enigeen kan 'n slagoffer word. Sowel handsakke as selfone behoort buite sig, verkieslik in die bagasiebak, gehou te word.
De Klerk meen Suid-Afrika staar groot toets in die gesig
betref.
De Klerk het dié opmerking gisteraand voor 'n byeenkoms van die Brits-Suid-Afrikaanse regsvereniging gemaak.
Deel van die toets is die hantering van die Zuma-verhoor en die Skerpioenekwessie.
Volgens De Klerk is sy en ander Nasionale Partyleiers se bewinde gekenmerk deur 'n gebrek aan regsekerheid en het die uitvoerende gesag hom te veel in regskwessies ingemeng.
Sedert 1994 was Suid-Afrika 'n model van konstitusionalisme en die regstaat. Daardie tradisie sal egter oor die volgende agtien maande onder druk kom.
Omtrent 80 persent van kinders het al pornografie gesien
'n Verbasende 81 persent van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het al pornografiese beelde op hul vriende se selfone gesien.Nog 64 persent onder die ouderdom van 18 is al aan pornografie op die internet blootgestel.
Dié statistiek is vandeesweek onthul by 'n konferensie oor kinderpornografie wat gehou is onder die leierskap van die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.
Die opname is gedoen onder hoërskoolleerlinge wat op ewekansige wyse gekies vanuit skole in Johannesburg, Kaapstad en Durban.
Cosatu maak beswaar teen blanke Rooimiere
Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende werkers aan die Oosrand geskiet en in die bene gewond het.Volgens hul woordvoerder, Patrick Craven, herinner die insident aan die wreedheid van die apartheidsbewind. Craven het teen die Rooimiere uitgevaar omdat hulle blanke mans is. Hy het gesê dat 'n eenheid wat deur mans oorheers word en slegs uit blankes bestaan verwerp behoort te word.
Cosatu het ook gevra dat so 'n rassistiese eenheid verwyder behoort te word en voorspel dat die Oosrandse metro binnekort vanweë die staking geheel en al in duie mag stort.
Suid-Afrika moet vrede en stabiliteit herstel, s? Pretoria-burgemeester
Sy het gepraat by 'n inligtingsessie oor die hervestiging van buitelanders wat in die stad kom skuil het.
Die Akasia-kamp noord van die stad is ingerig om diegene te huisves wat uit hul huise verdryf is. Komberse en drie etes per dag word tans in die kamp verskaf.
Tweeduisend mense is in die kamp opgeneem, maar nie almal van hulle is noodwendig ontwortelde buitelanders nie. Twaalf motors is by die kamp in 'n skut geplaas en wapens is ook gekonfiskeer.
OVK-amptenaar doodgeskiet in Durban
'n Amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in Durban se Umlazi-buurt oor die naweek doodgeskiet.
Superintendent Vincent Mdunge van die polisie het bevestig dat die man Saterdag 'n strooijonker by 'n troue was toe 'n bende by die seremonie ingebars het en hom net daar geskiet het.
Hy is by aankoms in die hospitaal dood. Geen ander beserings van die ander bruilofgaste is aangemeld nie en geen besittings is ook van gaste geneem nie.
Die polisie is nog nie by magte om die amptenaar se naam vry te stel nie.
SAUK-raad verwerp petisie deur sewe van sy lede
Die SAUK-raad het gister die petisie van sewe van sy lede wat vra dat dit moet bedank, verwerp.
Volgens die voorsitter, Khanyasile Mkhonza, is die petisie kwaadwillig, verdelend en bedoel om die integriteit en gesag van die
raad te ondermyn, asook om die geloofwaardigheid van die organisasie te benadeel.
Mkonza het gevra dat die raad se gesag eerbiedig behoort te word. Sy het ook beklemtoon dat die raad verenig was in sy beluite en nie so verdeeld as wat dit in die media voorgestel word nie.
