Cele-moeras verdiep

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Bheki Cele is Woensdag in die getuiebank ondervra. Dit is die derde dag van ‘n ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom.

Cele het gesê hy het naby daaraan gekom om ‘n staat-privaat-vennootskapooreenkoms te onderteken vir die bou van nuwe ‘n polisie-hoofkwartier in Pretoria.

Omdat hy van Durban kom, was hy redelik nuut in Pretoria toe sy voormalige adjunk en hoof van voorsiening, Hamilton Hlela, hom aangemoedig het om die kontrak te onderteken op die enjinkap van ‘n motor.

Die polisie het op daardie stadium ‘n maand-tot-maand huurkontrak by Wachthuis gehad. Daar was egter nie genoeg ruimte nie.

Cele het gesê nuwe kwartiere vir die polisie is bespreek lank voordat hy deur President Jacob Zuma in Julie 2009 as kommissaris aangestel is.

Die dringende nood vir kantoorruimte is veroorsaak deur die wêreldbeker, omdat ‘n effektiewe en doeltreffende kommunikasiespan meer ruimte gevra het, het hy gesê toe hy deur Viwe Notshe gevra is waarom hy ‘n senior polisiebeampte genader het oor die kwessie van verhuring.

“Die kwessie was al daar sedert 2004 en 2005. Dit was reeds op die tafel toe ek oorgeneem het,” het Cele gesê.

Hy het beskryf hoe, drie weke nadat hy in die pos begin het, Hlela voorgestel het dat hy die kontrak moet onderteken om die nuwe hoofkwartiere te laat bou.

Nadat hy daaroor nagedink het, het hy besluit om dit nie te onderteken nie en het dit eerder oorweeg om ‘n nuwe polisiehhofkantoor te laat bou. Hy het gesê hy het die feit oorweeg dat slegs vier nuwe polisiekantore in KwaZulu-Natal gebou is sedert 1994.

“Hlela het aan my gesê die PPP [staat-privaat-vennootskap] sal nie daarvan hou nie.”

Cele het Hlela, wat vroeër in die week getuig het, as ‘n onbetroubare persoon geskets, wat agter sy rug besluite geneem het sonder om hom te verwittig.

“Daar is baie ander dinge [oor hom] wat ek aan jou kan vertel.”

Cele het gesê ‘n paar weke nadat die kontrak deur die mat geval het, wou Hlela hê hy moes ‘n kontrak van R8 miljoen onderteken om sy kantoor en dié van die ministerie op te knap. Dit het ook misluk.

Cele het gesê dié en ander voorvalle het daartoe gelei dat hy die Spesiale Ondersoekeenheid gevra het om die polisie se departement van voorsiening te laat ondersoek.

Фильчаков прокурор харьков

Wit vrou aan swart betogers uitgelewer

‘n Woedende skare swart betogers wat deelgeneem het aan Cosatu se opmars in Rustenburg, het ‘n wit vrou Woensdag byna vermoor.

Hulle het haar voertuigvensters uitgeslaan, haar gewurg, aangerand, uit haar motor gesleep en die voertuig daarna omgekeer, berig Beeld.

Twee polisielede het haar lewe gered, sê Anita Venter (24).

Sy is Woensdagoggend deur die swart skare in haar wit Toyota Tazz omring, nadat sy die verkeersdrukte wou vermy en ‘n ander roete probeer ry het.

“Die volgende oomblik het mense op my kar en aan die ruite begin slaan,” sê Venter.

Sy het probeer wegry en teen ‘n ander vrou se motor geskraap. Venter het stilgehou en ‘n verkeersbeampte op die toneel gevra om ‘n swart man uit die skare wat op haar enjinkap gaan sit het, te laat afklim.

Die beampte het haarself uit die voete gemaak en die die swart skare het op Venter toegesak en die motor begin slaan. Sy het teruggeklim in die motor.

Die swart betogers het die ruite stukkend geslaan en met klippe gegooi. ‘n Swarte het haar deur die venster begin wurg. Nog omstanders het haar motordeur oopgepluk en twee swartes het haar aan die skouers en voete beetgekry en uitgesleep.

Twee polisiebeamptes wat op die toneel verskyn het, het haar lewe gered. Een van die betogers beweer Venter het hom raakgery.

topcargo кидалы

Cosatu-opmars goed ondersteun

Cosatu se Kaapstadprotes was so suksesvol, want e-tol en arbeidsmakelaars het gespreek tot nasionale kommer oor armoede, het die vakbond-federasie Woensdag gesê.

“Dit was nie net Cosatu nie … Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,” het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich aan Sapa gesê nadat optoggangers verdaag het.

“Die 20 000 mense wat gekom het, was een van die grootste bywonings in ‘n lang tyd,” het hy gesê.

Die Stad Kaapstad het gesê betogers was nie ontwrigtend nie en het hulself goed gedra.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het ook kennis geneem van die ordelike en vreedsame protes.

Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers in Johannesburg aangesluit.

Sapa berig dat Malema se aankoms die groep, wat ses blokke ver gestaan het, meer energiek gemaak het.

Die betogers was op pad na die Gautengse premier se Johannesburgse kantoor.

Beamptes kon nie die betogers onder beheer hou toe Malema opgedaag het nie. Die betogers het na Malema gestorm en sy troetelnaam, “Juju, Juju”, gegil.

Malema het die toneel kort daarna in sy swart Mercedes verlaat.

Cosatu se landwye protes het skole in Polokwane Woensdag nadelig geraak, het die Limpopo onderwysdepartement gesê.

Swak bywoning van beide onderwysers en leerlinge is aangeteken in die meeste landelike gebiede en lokasieskole in die Polokwane-en Burgersfortgebied, het woordvoerder Pat Kgomo gesê.

“Ek dink die onderwysers se vakbonde weet baie goed dat die beleid van geen werk en geen betaling van toepassing sal wees.”

Maar, die provinsiale regeringswoordvoerder Tebatso Mabetselo het gesê geen regeringdiens is ontwrig deur die Cosatu-opmars nie.

“Die lewering van dienste gaan soos normaal voort sedert vanoggend, en diegene wat weggebly het, moet verwag dat die prosedures ten opsigte van geen werk, geen betaling van toepassing sal wees.”

Provinsiale polisie woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi het gesê dat geen geweld gerapporteer is nie.
Onluspolisie is by die Natalspruit-hospitaal, oos van Johannesburg, ontplooi nadat ‘n groep optoggangers probeer het om skoolkinders te keer om in taxi’s te klim om skool toe te gaan.

Dié voorval het Woensdagoggend kort voor die landwye protesoptog wat deur Cosatu gelei word, gebeur.

“Daar was mense wat probeer het om vervoer na skole te keer,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

Kgasago sê die groep het verdaag toe die polisie opgedaag het.

Die kinders is skool toe en niemand is in die voorval beseer nie.

Metrorail het in ‘n verklaring gesê die land se treindienste het normaal verloop, behalwe vir sommige ontwrigtings in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.

“Ons het kommerwekkende verslae van intimidasie en aanranding van pendelaars deur betogers… ontvang. Voorvalle is by Elandsfontein, Kemptonpark, Leralla en Kaalfontein aangemeld,” lui die verklaring.

Sapa het berig dat die optog teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel om 10:00 vanaf die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad begin het.

лобановский политик

Mulder se opmerking ‘belangriker as ooit’

André Fourie, oud-minister en die VF+ se woordvoerder oor internasionale aangeleenthede, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, se toespraak oor die grondkwessie belangriker as ooit genoem in die lig van die onlangse EU-verklaring oor plaasmoorde.

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse regering behoort ernstig kennis te neem van die verklaring oor party-grense heen in die Europese Parlement waarin protes aangeteken is teen die onaanvaarbare golf van plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind.

‘n Verklaring onderteken deur 48 Europese Parlementslede vanuit 19 lidlande verteenwoordigend van 7 verskillende politieke formasies – sosialiste, liberales, Christen demokrate, ander formasies en selfs een uit kommunistiese geledere, is ‘n bewys van hoe ernstig Europa hierdie veragtelike en haglike situasie in Suid-Afrika ervaar, volgens Fourie.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika hierdie Europese parlementslede erkenning skuld vir hul uitgesproke kritiek oor ‘n situasie in ons land wat niemand meer langer kan duld nie.

Fourie het benadruk dat Suid-Afrika met kommer moet kennis neem van die sogenaamde tweede transformasie voorgehou deur die ANC vir hul komende beleidskongres waarin die grondkwessie voorop gestel word.

 

Фильчаков

Media moet gereguleer word, sê ANC

Die Suid-Afrikaanse media moet gereguleer word deur ‘n onafhanklike liggaam om politieke of kommersiële inmenging te voorkom, het die ANC gister gesê.

“Ons 52ste konferensiebesluit … [verklaar] dat ‘n meganisme onafhanklik moet wees van kommersiële en party-politieke belange en behoort op te tree sonder vrees, begunstiging en vooroordeel,” het die African National Congress se woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Hy het gereageer op berigte dat die media die planne bevraagteken. Hy het gesê die verslae is “misleidend” en hulle gee ​​’n wanvoorstelling van die besluite.

‘n Voorgestelde media-appèltribunaal, sal die mag hê om “geskikte sanksies” teen oortreders op te lê en in pas met die Grondwet wees.

Pre-publikasie sensuur moet nie toegelaat word nie.

“Ons besluit moet verstaan ​​word in die konteks van ons begeerte om die regte van die individu in ons samelewing te verdiep en om te verseker dat ons nie een reg oor die ander regte stel nie,” het Mthembu gesê.

As sodanig, het vryheid van uitdrukking gelyke waarde aan menslike waardigheid en gelykheid.

“Ons het nog altyd gesê ons glo in die onafhanklike regulering van die media, wat ‘n fundamentele beginsel is wat alle regulatoriese raamwerke voorafgaan,” het Mthembu gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

DA neem nie aan e-tolstaking deel nie

Die Demokratiese Alliansie het ‘n uitnodiging om aan vandag se beplande landswye staking deel te neem, van die hand gewys, het ‘n koerant berig.

Die party is uitgenooi om deel te neem aan ‘n betoging teen die instelling van die beplande e-tolpadstelsel en arbeidsmakelaars. Die optog is onder leiding van Cosatu.

“Die tolstelsel is niks anders as ‘n privatisering nie en Cosatu is daarteen gekant. Hoekom kies ons elke vyf jaar ‘n regering en laat die privaatsektor dan al die werk doen?” het Zwelinzima Vavi, die vakbondleier gesê.

Hy het gesê paaie is ‘n basiese diens wat die regering moet lewer. “Dis waarom ons belasting betaal. Die gevolg van die duur tolstelsel is dat net die rykes dit sal kan bekostig om daarop te ry, terwyl die armes gedwing sal word om die gevaarlike agterpaaie vol slag­gate te gebruik.”

Die vakbond Solidariteit is nie deel van Cosatu se artikel 77-aansoek by Nedlac nie en kan sy lede dus nie aan ʼn beskermde staking deelneem nie, het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof gesê.

Die Cape Times berig Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van die vakverbond, het die DA uitgenooi om aan die optog deel te neem, aangesien die party ook teen die e-tolpadstelsel gekant is.

Mmusi Maimane, ‘n woordvoerder vir die DA, sê alhoewel die party se lede welkom is om aan die staking deel te neem, het die party besluit om die beplande tolpadstelsel op ander wyses teen te staan.

“Ons sal hulle nie in ‘n amptelike hoedanigheid vergesel nie. Ons het besluit om die hof-roete te vat,” het hy aan die koerant gesê.

Die DA ondersteun egter arbeidsmakelaars en wil daarom nie deelneem nie. 

Die ANC en Cosatu het gevra vir ‘n verbod op arbeidsmakelary in ‘n poging om die uitbuiting van tydelike werkers stop te sit.

Die DA en Cope het voorgestel dat ‘n regulerende liggaam saamgestel word om ‘n gedragskode van arbeidsmakelaars daar te stel.

Arbeidsmakelaars is die skuld gegee vir die geweld teen Zimbabwiërs by De Doorns ‘n paar jaar gelede.

Plaaslike inwoners het huise van Zimbabwiërs afgebrand en om hulle te verhinder om te gaan werk. Zimbabwiërs word minder betaal vir seisoenale werk op plase en kry daarom makliker werk, sê plaaslike inwoners.

Gewetenlose arbeidsmakelaars het die skuld vir die geweld gekry omdat hulle Zimbabwiese werkers ander lone as Suid-Afrikaanse werkers betaal.

Die arbeidsmakelaarsbedryf lei tot die uitbuiting van plaaslike werkers, sê Cosatu.

Kenners meen dit help ook nie om te beweer dat arbeidsmakelary “gereguleer” moet word nie, want dit val reeds onder die wet.

Die voorvalle in De Doorns het te midde van regulering plaasgevind.

Ehrenreich sê die beplande optog sal Woensdag plaasvind en waarskynlik 30 000 mense betrek.

Die Burger het intussen berig dat die landwye massa-optrede Suid-Afrika tot R8,2 miljard kan kos.

александр лобановский харьков класс

Renamo wag op teken in Mosambiek

Sowat 300 gewapende mans het in ‘n noordelike dorp in Mosambiek versamel, ‘n paar weke reeds, en hulle sê hulle wag op die land se hoofopposisieleier om anti-regeringsprotes te loods, het die staatsbeheerde media Dinsdag berig.

Godsdienstige leiers in die noordelike stad van Nampula, in ‘n ​​streek wat as die vesting van die Renamoparty gesien word, het hulle kommer uitgespreek oor die toestand van die manne buite Renamo se hoofkwartier daar. Hulle het gesê dat sommiges meer as ‘n maand reeds met ‘n min kos of behoorlike sanitasie klaarkom.

Staatsradio het Issufo Ossufo van ‘n ​​Nampula godsdienstige forum Dinsdag aangehaal wat gesê het dat drie van die mans oor die naweek van honger en diarree gesterf het. Renamopartyleier Afonso Dhlakama dreig om die Frelimo-party sedert hy die 2009-verkiesing verloor het, vreedsaam te onttroon, maar geen betogings is nog gehou nie. Die mans het buite Renamo se hoofkwartier in Nampula gesê hulle sal nie verdaag totdat betogings begin nie.

Nampula-inwoners het aan die staatstelevisiediens gesê hulle vrees die mans. Maar Fernando Mazanga, Renamo se woordvoerder, het op ‘n nuuskonferensie in Maputo Dinsdag gesê die manne is rustig en het ‘n reg om byeen te kom om betogings te organiseer.

Na onafhanklikheid van Portugal in 1975 bekom is, het Mosambiek ‘n verwoestende oorlog tussen Frelimo, wat toe ‘n Marxistiese guerrillagroep was, en Renamo, wat deur die naburige Suid-Afrika se apartheidsregering gesteun is, beleef.

Frelimo is sedert onafhanklikheid aan die mag en het elke verkiesing sedert Mosambiek se eerste veelpartyverkiesings in 1994 gewen. Die land van 23 miljoen mense op die suidoos-kus van Afrika is een van die armste in die wêreld.

Frelimo se Armando Guebuza het maklik ‘n tweede termyn as president ingepalm in 2009. Renamo beskuldig Frelimo dat hulle stembusse gevul het en opposisiemonitors van stemlokale verdryf het. Buitelandse waarnemers het die verkiesing as vry en regverdig verklaar, ten spyte van kommer dat Frelimo hul verskanste posisie gebruik het om teenstanders tydens die veldtog te oorweldig.

Фильчаков

Malema gly, mandaat bly

Die ANC-Jeugliga word gesien as ‘n bedreiging en mense wil dit onderdruk, het sy president, Julius Malema, gisteraand gesê.

“Diegene wat gekant teen die Jeugliga wil verdeeldheid in die African National Congress plant,” het hy gesê op Metro FM tydens ‘n lewendige onderhoud.

“Daardie magte… sal dag en nag werk om ekonomiese vryheid te ondermyn.”

Hy het gesê “daardie mense” is die monopoliekapitaliste wat in die media en in die ANC werksaam is.

“Sommige van hulle is in die sakke van wit kapitaliste,” het hy gesê.

Malema het gesê hy is gereed om die ANC-jeugliga te verlaat en is steeds vasbeslote dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

Hy het gesê dat die nuwe ANC-jeuglig president sal moet voortgaan met die besluite wat reeds aanvaar is.

“En wanneer daardie leier hulle uitvoer, sal hy ook geskors word,” het hy gesê.

прокурор Фильчаков

‘Nie net renosters, paddas ook’

Renosters is net een van die baie spesies wat gestroop word, sê die adjunk-minister van omgewingsake Joyce Mabudafhasi.

Mabudafhasi het gesê hoewel die kwessie van renosterstropery ‘n regeringsprioriteit is, “Is dit slegs ‘n deel van die groter probleem, want baie ander diere word gestroop – selfs paddas”.

Sy het ‘n inligtingsessie vir die media gehoe tydens ‘n lekgotla van haar departement se Groen Skerpioene-eenheid in Polokwane Maandag, het Beeld berig.

Die adjunk-minister het nie uitgebrei oor die rol van die Groen Skerpioene in die stryd teen renosterstropery nie.

Meer as 70 renosters is doodgemaak sedert die begin van 2012.

Mabudafhasi het gesê Suid-Afrika ‘n R80 miljard-verlies in die 2010/11 finansiële jaar gely as ‘n direkte gevolg van omgewingsmisdade wat die onwettige handel in perlemoen, ivoor en renosterhoring insluit.

Sy het gesê die Groen Skerpioene word in die provinsies ontplooi later vanjaar, met Limpopo as die eerste prioriteit.

Hulle sal ook die mag hê om boetes van tussen R5 miljoen en R10 miljoen aan omgewingsoortreders op te lê.

лобановский супермаркет класс

‘Tweede oorgangsfase’ kom

Die ANC het Maandagoggend konsepbeleidsdokumente uitgereik wat sal fokus daarop om die land na sy “tweede oorgangsfase” te neem, het Jeff Radebe, voorsitter van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) se sub-komitee oor beleid, gesê.

Die tweede oorgangsfase sal grondhervorming, die Grondwet, die media asook gesondheid en die polisie takel.

“Die ANC bestaan vandag in ‘n Suid-Afrika waar sy beleid bygedra het tot verandering. Ons het ook ‘n veranderende-Afrika en ‘n veranderende wêreld,” sê Radebe.

Grondhervorming is as een van die hoofbesprekingspunte in die dokument genoem. ‘n Grondbestuurskommissie sal ingestel moet word om riglyne oor grond te ontwikkel.

‘n Grondwaardeerder-generaal word voorgestel om te help om bestendigheid te bring aan grondwaardes en finansiële vergoeding in gevalle van grondonteiening.

Onteiening behoort in te sluit of die onteiening in die openbare belang is, wat ook restitusie insluit.

Op die gebied van gesondheid, is ‘n behoefte vir die konsolidasie van die nasionale gesondheidsversekering genoem.

In die massamedia, word die transformasie van die bedryf en die verbreding van eienaarskap voorgestel om bemagtigingsdoelwitte te bereik.

Nog ‘n voorstel is ‘n media-appèlmeganisme, onafhanklik van die regering en sake-invloede.

Met betrekking tot die provinsies, word “ernstig oorweeg” om die Grondwet te wysig ter hervorming en die bevordering van die provinsies.

Radebe het gesê daar is niks fout met die ANC wat veranderinge aan die Grondwet bespreek nie.

“Daar is bangmaakstories in die openbare domein dat ons in die ANC nie toegelaat moet word om te praat oor die Grondwet nie,” het hy gesê.

Die dokumente bevat ook voorstelle oor verdere afwenteling van mag aan plaaslike munisipaliteite, in die lig van klagtes oor dienslewering en beter diens stedelike omgewings.

‘n Enkele polisiediens word ook die vooruitsig gestel.

Radebe het diegene gekritiseer wat die dokumente aan die media uitgelek het, en gesê hulle is “Judas Iskariots”.

Данильченко Юрий прокурор