‘Wie het die wêreld verloor?’

Wie het Libië verloor? Wel, tewens die hele Midde-Ooste? Met “Benghazi-gate” in die nuus enkele dae voordat die wenner van die Withuis beslis gaan word, bly die tergende vraag: Hoe het ‘n tragiese maar geïsoleerde voorval by ‘n Amerikaanse konsulaat, op ‘n plek waarvan min Amerikaners nog ooit gehoor het, ‘n sentrale kwessie geraak in ‘n Amerikaanse presidentsverkiesing?

Die kort antwoord: Die ou-ou gedagte dat Amerika oor ‘n onvervreembare reg beskik om die wêreld te beheer, enige moontlike plek denkbaar. Hoe anders? Want ‘n mens kan nie verloor wat jy nooit gehad het nie.

Dit is soos tydens die Koue Oorlog toe Republikeinse staatmakers verontwaardig uitgeroep het: “Wie het China verloor?” Meer as ses dekades later, is dit nog steeds verbasend maklik om die politieke lug te vul met angs deur Amerikaners te laat glo hulle het verloor. ‘n Geveg, ‘n land of, erger nog, ‘n hele streek op een of ander manier.

Wie is in beheer?

Die voorval in Benghazi was vol verrassings, en daarby word nie bedoel die dood van die ambassadeur nie. Weke na die dood van J. Christopher Stevens (en drie ander Amerikaners, terloops) het die strydkreet om die veldtog om Barack Obama te ontsetel, opgeklink. Nog meer verbasend: toe die nuus van die tragedie gebreek het, het dit na ‘n doodgebore politieke kwessie gelyk.

Die dag na die aanval op die konsulaat, het Mitt Romney sy teenstander aangevat: “Amerikaanse leierskap is nodig om te verseker dat die gebeure in die streek nie buite beheer raak nie.”

Die Republikeinse presidensiële kandidaat is weer aangeval om dat hy gewaag het om die voorval te “verpolitiseer”. Republikeinse staatmaker Ed Rogers het egter Obama ondersteun en gesê: “Romney het gestruikel,” terwyl “die president die regte dinge met die regte toon gesê het.”

Daar was oplaas konsternasie in altwee die kampe, met die hulp van die media, natuurlik.

Deels was dit die media se behoefte om te midde van ‘n beslote presidensiële wedstryd die publiek se belangstelling gaande te hou. Ten tye van die Libiese voorval is algemeen saamgestem dat Obama besig was om voor te loop in die wedloop, potensieel beslissend, en enigiets wat Romney se kanse kon verbeter, was ongetwyfeld welkom op ‘n redakteur wat papier moet verkoop, se lessenaar. Anders het die nuusvooruitsigte maar vaal gelyk.

Libië was die nuusplatform om die vervelige en eensydige verkiesing ‘n bietjie op te kikker. Die publiek het ‘n eindelose aptyt vir aangrypende stories oor uitdagings vir Amerika se “beheer”, sy globale mag en sy reg om die wêreld te bestuur. 

In sy eerste groot buitelandse beleidstoespraak, het Romney die pap besonder dik aangemaak en die Libiese aanval in elke wit middelklashuis ingedra: “Ons ambassades is aangeval. Ons vlag is verbrand … Ons nasie is aangeval.”

Die president se werk is om Amerikaners te beskerm deur die vyand te domineer, het die uitdager verkondig. Romney het die teerste teerpunt aangeroer, die gewilde verhaal van Amerikaanse buitelandse beleid, naamlik die ewige stryd teen “swakheid”: Wie is in beheer van die wêreld?

Na alles, wat is die punt van ‘n globale supermoondheid indien hy nie in beheer van die gebeure rondom die wêreld is nie? Soos Romney dit bondig gestel het: “Dit is die verantwoordelikheid van ons President om Amerika se groot krag te gebruik om die geskiedenis te vorm.” En Obama het klaaglik misluk en ‘n Amerikaanse ambassadeur het betaal vir die versuim met sy lewe .

Teen die tyd dat die derde debat moes plaasvind, het Romney se strateë blykbaar geen voordeel meer gesien nie en baie risiko in die Libiese vraagstuk. Maar hulle het nog steeds enorme voordeel gesien om die breër kwessie van Amerikaanse oppermagtigheid aan die lewe te hou. Romney het deurgedruk met die groot “aantal ontstellende gebeure” wat die land moet trotseer.

Vir dekades lank was al die regerings in die Midde-Ooste, die energiehartland van die planeet, Amerikaanse bondgenote, en eintlik kliënte. Hul weermagte is onderhou, asook hul outokratiese regimes, en enige uitdrukkings van anti-Amerikaanse sentiment is dadelik onderdruk. Onder Obama, is hierdie belangrike gebied van die wêreld buite beheer.

Obama se oomblik van triomf was die dood van Osama bin Laden. Obama was, na alles, die man wat bin Laden laat betaal het vir sy sondes. Romney het in Libië duidelik ‘n kans gesien om daardie oomblik waar Amerika se oppergesag en mag geseëvier het, terug te steel.

Die debat tussen die Republikeine en Demokrate was nooit oor die doelwitte in die Midde-Ooste, waar ondersteuning vir outokratiese vriende soos Saoedi-Arabië en Bahrain aanvaarbaar is nie. Dit gaan uitsluitlik oor Amerikaanse belange. Wat goed is vir Amerika is goed vir die wêreld.

Beide kante stem heeltemal saam oor die behoefte aan demokratiese verkiesings, godsdienstige pluralisme, ‘n vrye pers, die bemagtiging van vroue, die bevordering van vrye onderneming, en die vernietiging van Islamitiese terroriste.

Beide kante stem saam dat Washington se oorheersende buitelandse beleidsdoelwit moet wees om die geskiedenis te vorm, beheer oor die wêreld uit te oefen, en dit moet Amerikaanse waardes weerspieël en Amerikaanse belange dien.

Elke volk en elke nasie op die planeet is dus, teoreties, die VSA s’n om te verloor, ongeag of die Republikeine of Demokrate wen.

Vir die meeste Amerikaners is hierdie houding nie blote hubris en vergiftig deur imperiale magslus nie. Dit is net goeie gesonde verstand. Die aanname is dat die VSA die wêreld se “lokomotief” is en al die ander lande “die kondukteurswa”.

Die probleem hiermee is dat daar iewers op die planeet, selfs in die verste hoekie, ‘n kwessie sal opduik wat Amerika se nasionale veiligheid bedreig. Elke oomblik is daar die gevaar om iets te verloor. Die naam van die bedreiging kan verander met verrassende gemak. Maar die gevaar is altyd teenwoordig.

Soos die New York Times-rubriekskrywer Maureen Dowd skryf: “Elke verkiesing het dieselfde verhaal: Kan die sterk pa die huis teen invallers beskerm?” Is ‘n kandidaat ‘n sterk genoeg “vader” om die wêreld te beheer en sodoende die beskerming van die “huis” te verseker?

Elke uitdager speel op daardie angs, net soos die Republikeine destyds uitgeroep het: “Wie het China verloor?”

Soos Mitt se eis van ‘wie het Libië verloor?’ of liewer ‘wie het die Midde-Ooste verloor?’ bevestig dit beide die gerusstellende belofte dat Amerikaners verdien om die wêreld te beheer en die ontstellende angs dat hulle kan verloor wat in wese alles aan hulle behoort.

Dit is hoekom ‘n klein gebeurtenis in Libië ‘n sentrale veldtogkwessie geword het, want dit bevat die hele psigologiese pakket: Amerika se mag en heerskappy is nog ongeskonde.

Teen 2020 of selfs 2016 sal die politieke strydkreet dalk wees: “Wie het die wêreld verloor?”

Данильченко Юрий Харьков

VSA gaan op ‘jeugborrel’ konsentreer

Bykans 60% van Suid-Afrika se bevolking is onder die ouderdom van 35, het die Sensus 2011 getoon. Die persentasie kinders van vier jaar en jonger is groter as enige ander groep, waarskynlik ‘n direkte gevolg van maatskaplike toelaes wat hierdie enorme aanwas aanhelp.

Meer as 5,6 miljoen Suid-Afrikaners is onder die ouderdom van vier, terwyl 4,8 miljoen kinders vyf tot nege jaar oud is. Bykans 4,6 miljoen is tussen 10 en 14. Die sensus het ook getoon dat Gauteng se bevolking groter word as dié van KwaZulu-Natal. Die kusprovinsie het egter steeds die grootste aantal kinders. Meer seuns as meisies word in die land gebore, maar daar is meer meisies as seuns tussen die ouderdom van 15 en 19. Kortom, die land ly aan wat bekendstaan as ‘n jeugborrel, ‘n sogenaamde “Youth Bulge”.

‘n Nuwe studie deur Population Action International (PAI), ‘n Washingtonse privaatvoorspraakgroep, dui weer eens op die ou waarheid, naamlik ‘n sterk korrelasie tussen lande wat geneig is tot siviele konflikte en diegene met ontluikende jeugbevolkings. Sosiale wetenskaplikes bekommer dat hierdie demografiese profiel, die jeugborrel, die potensiaal het om lande in die ontwikkelende wêreld te destabiliseer.

PAI se bevindinge is nie soseer nuut nie as wat dit gestruktureer is om in toekomstige Amerikaanse buitelandse beleid vervat te word. Die teorie dat vinnig groeiende jong bevolkings dikwels met werkloosheid en groot poele van “vervreemde” jeugdiges worstel, laat die beleidmakers glo dat sulke groepe meer vatbaar sal wees vir oproepe tot opstand of sal wil aansluit by terreurgroepe. Lande met ‘n swak politieke instellings is veral kwesbaar vir jeugverwante geweld en sosiale onrus, sê die navorsers.

Die term “jeugborrel” is geskep deur die Duitse sosiale wetenskaplike Gunnar Heinsohn in die middel-1990’s en het maar eers onlangs in die VSA mode geraak. Navorsing toon dat ontwikkelende lande ‘n “demografiese oorgang” ondergaan en diegene wat beweeg van hoë na lae vrugbaarheid en sterftesyfers is veral kwesbaar vir burgerlike konflik.

Die Amerikaanse administrasie het ‘n bykomende probleem in dié sin dat hulle hoë vlakke van swart geweld moet probeer verklaar sonder om ‘n kleur daaraan te gee. Die gewilde beskrywing vir swart misdaad is dus, soos hierbo aangedui, “vervreemding”. In Frankryk word dié term, asook “uitsluiting”, dikwels gebruik om swart maatskaplike geweld en opstande te verklaar.

Die PAI-navorsers gee toe dat hoewel hierdie soort van frustrasie en mededinging vir werksgeleenthede nie direk na geweld lei nie, word die waarskynlikheid verhoog dat werklose jeugdiges sosiale en ekonomiese vooruitgang sal soek dmv alternatiewe, onwettige maniere. Volgens Heinsohn, dit is veral die geval onder die jongste seuns van ‘n familie, wat desperaat is vir sosiale vooruitgang, maar Heinsohn praat natuurlik van Duitse jeugdiges wat binne ‘n baie spesifieke Duitse sosiale struktuur funksioneer, waar gesinsorde belangrik is.

Buite konteks, beteken Heinsohn se waarneming dus nie veel nie, aangesien Duitsland nie met jeugdige geweld te kampe het nie. Swart sosiale patrone verskil hemelsbreed van Duitse gesinne, waar daar ‘n pikorde is. Swart kleuters word tot op die ouderdom van twee deur die moeders versorg en daarna word hulle aan die kollektief “bemaak”, as’t ware. Maar kennelik is dit ‘n manier vir multikultibeleidsbepalers om negatiewe kenmerke van sekere rasse te probeer vergoeilik: “Afguns teen ouer, broers word ontketen. So ook ambisie,” skryf rubriekskrywer Christopher Caldwell in die Financial Times. En natuurlik is Caldwell van mening dat die fenomeen absoluut universeel is.

Die feite is ergter verdoemend. Tussen 1970 en 1999, het 80% van alle burgerlike konflikte plaasgevind in lande waar 60% van die bevolking of meer onder die ouderdom van dertig was, volgens die PAI verslag. Vandag is daar 67 sulke lande met jeugborrels en sestig van hulle gaan gebuk onder sosiale onrus en geweld, almal swart. Demograwe is vinnig om te beklemtoon dat die jeug nie alleen hierdie siviele konflikte dryf nie, met korrupsie, etno-godsdienstige spanning, armoede en swak politieke instellings wat ook bydraende rol speel. Oor ras egter, swyg hulle natuurlik in alle tale.

Die konflikgebiede lê naamlik in sub-Sahara-Afrika, Suid-Asië, die Midde-Ooste, en die eilande in die Stille Oseaan, sê demograwe. Twee-en-sestig lande word beskou as “baie jonk”, volgens PAI, wat beteken dat twee-derdes van die bevolking onder die ouderdom van dertig is (en minder as 6 persent is bo die ouderdom van sestig).

Snelle verstedeliking is ‘n migrasiepatroon wat ‘n belangrike rol speel on konflikpotensiaal te verhoog, omdat stede in die ontwikkelende wêreld nie die infrastruktuur, hulpbronne, of werk het om die instroming van landelike werkers te akkommodeer nie.

Jeugborrels lei dikwels tot die agteruitgang van woude, waterbronne, en bewerkbare grond. Dit skep konflikte oor skaars hulpbronne en genereer anti-regeringsimpatie. Dit is glo ‘n algemene kenmerk van sub-Sahara-Afrika, volgens die navorsers.

Die CFR se Independent Task Force on Africa, sê “bevolkingsaanwas is ‘n verwaarloosde area van Amerikaanse beleid, oorskadu deur die fokus op MIV / VIGS en weggelaat deels as gevolg van die godsdienstige en politieke opposisie tot gesinsbeplanning.”

‘n Nuwe Amerikaanse administrasie, ongeag of dit Republikeins of Demokraties sal wees, sal die U.S. Agency for International Development’s Fragile States strategy van Januarie 2005 ongetwyfeld hersien om konflikgebiede op ‘n ander manier te benader, kennelik met die jeugborrel in gedagte.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Eskom kan R5miljard wen

Miskien is dit die moeite werd om vir R5.17 miljard per jaar ‘n kontrak te hersien waarby Australië grootliks baat, maar nie Suid-Afrika nie.

Dit is die bedrag van ekstra inkomste wat Eskom kan kry as hulle ‘n kontraktuele verhouding met twee BHP Billiton smelters normaliseer en ‘n klag by reguleerders lê, ‘n proses wat Eskom belowe het hierdie week sal begin.

Al Eskom se kliënte moet sy normale, gereguleerde pryse en verhogings betaal, het Brian Dames, uitvoerende hoof, Maandag gesê. Almal behalwe een: BHP Billiton. Maar deur die loop van volgende week sal Eskom sy kontrak met BHP voor die Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Afrika (Nersa) vir oorsig bring.

BHP weier om die huidige tarief wat hulle betaal bekend te maak. Media24 het toegang tot die tariefinligting versoek, maar BHP het ‘n appèl ingedien sodat die dokumente van die ooreenkoms geheim bly. Hulle diep sakke sal waarskynlik daarvoor sorg dat die voorkeurtarief tot aan die einde van die kontrak se leeftyd nie rugbaar gemaak word nie.

Volgens inligting wat uitgelek het egter, is dit in die omgewing van 10 sent per kilowatt-uur, terwyl Eskom sê dit beloop 61,38 sent per kilowatt-uur vir dienste wat industriële kliënte in 2013 sal gebruik.

As BHP moet uithaal wat ander kliënte betaal in 2013, sal dit neerkom op ‘n ekstra R5.17 miljard vir die jaar – of ongeveer ses keer die gesamentlike uitstaande bedrag wat Eskom se kliënte tans skuld.

Die kontrak, en die verlore inkomste, is ‘n doring in Eskom se vlees. Nou lyk dit, asof die maatskappy genoeg gehad het, en probeer nou wat dalk die enigste oorblywende manier kan wees om uit die kontrak te kom wat Suid-Afrikaanse verbuikers straf.

 

Фільчаков Олександр Васильович

Welkom in die nuwe hoofstad van die EU

Berlyn is die aangewese stad om Europa se hoofstad te wees. Die nuwe regeringsgeboue, die kanselier se kantoor, die Bundestag en die ministerie van buitelandse sake is meesterstukke van glas en natuurlike lig, deursigtigheid en gemodereerde inspraak.

Die Ministerie van Finansies is weliswaar in die ou hoofkwartier van die Luftwaffe. Die wonderlikste argitektuur – Unter den Linden en die Brandenburg hek – is ‘n nalatenskap, die enigste, van Pruisiese konings. Daar het iets oorgebly van Germaanse soberheid.

Berlyn is reeds die de facto hoofstad van die Europese Unie. Natuurlik word die EU-instellings – die Kommissie en die Raad – in Brussel gehuisves. Maar die belangrike besluite word toenemend in Berlyn gemaak.

Vir 30 jaar, het die Weste se elites daarop aangedring dat slegs gedereguleerde markte, privatisering en ‘n lae belastingkoers op rykes, groei en welvaart kan lewer. Duitsland het hierdie aanname verkeerd bewys.

Lank voor bankkrisis van 2008, was die vrye mark-model onder kwaai druk, met banke en multinasionale korporasies se hebsug wat ‘n anti-korporatiewe globaliseringsveldtog van stapel gestuur het.

In teenstelling met Britse New Labour-politici wat verklaar het dat ekonomiese ‘boom and bust‘ siklusse ‘n ding van die verlede is, was die idee dat die kapitalistiese handelsiklus afgeskaf kan word, egter eenvoudig absurd. Deregulering en die roekelose bevordering van skuld-aangevuurde spekulasie, het in werklikheid heelhuids tot die krisis gelei.

Die groot meerderheid ekonome wat voorspel het dat die neoliberale model onhoudbaar is, is byvoorbeeld deur al Brittanje se belangrikste politieke partye geïgnoreer.

Kritici het gewaarsku dat die privatisering van openbare dienste meer sou kos, en as brandstof vir korrupsie sal dien. Dit is presies wat gebeur het. En in die Europese Unie, waar markortodoksie en reëlgebondenheid in die verdrag ingebed is, was die resultaat noodlottig.

Die kombinasie van banke wat nie enige reëls gehoorsaam nie met ‘n ouderwetse en deflasionêre monetêre unie, het kritici – beide links en regs in hierdie geval – gewaarsku, sal nie hou nie. Griekeland was die sneller.

Die saak teen die neoliberale kapitalisme het die afkeer teen ‘n gediskrediteerde elite en sy mislukte sosiale en ekonomiese projek geleidelik verdiep na 2008. Die rede: Die las van die krisis is op die meerderheid afgelaai, en protes, stakings en verkiesingseise is tans aan die orde van die dag.

Die historikus Eric Hobsbawm het die ineenstorting van 2008 beskryf as ‘n soort van “neoliberale ineenstorting, gelykstaande aan die val van die Berlynse muur”. Daar is algemeen geglo dat geen sistemiese alternatief bestaan vir neoliberalisme na 1989 nie. Maar geen model is ooit perfek nie, nie die Keynesiaanse welsynstaat of Thatcher se neoliberalisme nie. Elke werkbare oplossing word geskep deur heelwat improvisasie in spesifieke historiese omstandighede.

Sal Griekeland die euro verlaat? Uiteindelik sal dit van Duitsland afhang. Sal politici verdere uitkerings vir die suide van Europa ondersteun? Die belangrike debat sal plaasvind in die Bundestag in Berlyn, en nie in die Europese parlement nie. Wat van die Internasionale Monetêre Fonds se menings oor die eurokrisis? Die belangrikste gesprekke vind tussen met die Duitse regering en die Europese Sentrale Bank in Frankfurt plaas. Die Europese Kommissie se burokrate sit handjies gevou en toekyk.

Hierdie verskuiwing van mag van Brussel na Berlyn is versnel deur die eurokrisis. Om verskeie redes, is die leiers van al die ander groot EU-lande in Brussel in ‘n swak posisie. Spanje en Italië sukkel met hul skuldkrisisse. Die Britte het uitgeteken van die eenheid en die nuwe strukture van die eurosone het hulle heeltemal gemarginaliseer. Die Pole, wat op aanbeveling van die Angelsaksers, nie deel is van die eurosone nie, se ekonomie is heeltemal te klein om ‘n verskil te maak.

Dit laat Frankryk. Weens tradisie, is ‘n Frans-Duitse-vennootskap die hart van ‘n EU-ooreenkoms. Vir baie jare, is berade voorafgegaan deur ‘n aparte Franko-Germaanse vergadering en ‘n gesamentlike verklaring van die twee volke.

Daar was egter geen Franko-Germaanse ontmoeting voor die mees onlangse EU-beraad nie. In plaas daarvan, het president François Hollande tydens ‘n onderhoud met die Europese pers probeer om druk op mev Merkel te plaas met die skepping van ‘n bank-unie. Maar dit het algaande duidelik geword dat die Duitsers nie aangejaag sal word nie.

In daardie geval, kan die relatiewe ekonomiese krag van Duitsland deurslaggewend raak. Veral as, soos baie in Berlyn glo, Frankryk goed onderweg is na ‘n diep ekonomiese krisis.

Die prys van Duitse finansiële bystand is die aanvaarding van die reëls en wette wat in Berlyn geld. Daarom sal die Duitsers daarop aandring dat hulle heeltemal verbind is tot die euro en die EU, en hulle is kennelik vasbeslote om dit te laat werk.

 

Фильчаков Александр Васильевич

God seën die Koningin!

Wanneer finansiële swendelaars ten koste van beleggers floreer of ‘n bank rentekoerse aanpas om hul mededingers te bedrieg of belastingontduikers van fiskale krisisse vlug of oliemonargieë winste was of oligargië ekonomieë plunder, vind hulle nogtans ‘n veilige heenkome in Londen, ‘n moderne rowersparadys.

Hulle word deur die groot Britse makelaars verwelkom wat gretig is om hulle multi-miljoendollarboedels te bestuur, en aan hulle trofee-eiendomme en historiese wonings te verkoop. Deftige en pretensieuse Britse akademici oortuig hulle om ongekunstelde telge by die duurste privaatskole in te skryf met die belofte dat hulle verwaande Engels met ‘n stywe bolip sal bemeester, sonder enige sweem van ‘n onwelriekende aksent. Hulle sal aan daardie peperduur instellings ook die kuns van welsprekende maar nuttelose diksie vervolmaak en outomaties inskakel by die netwerk van soortgelykes.

Opeenvolgende Britse regerings, Arbeiders, Liberales en Konserwatiewes, in die beste en die mees skynheilige tradisie, het elk van die skuiwergate in die wet onder die knie om die grootste en rykste parasiete van die wêreld te lok.

‘n Misdaadgolf het die City van Londen die afgelope twee dekades getref waar miljoenêr beleggingsbankiers die boeke vir miljardêr kliënte kook en die Tesourie afkoop met boetes om toepaslike wette te ignoreer. Kursusse in sake-etiek het verpligtend by Oxford en Cambridge geraak, aangesien dit standaard is vir mega-swendelaars om skuldig te pleit, daarna ‘n boete te betaal, en sodoende ‘n verblyf agter tralies te vermy.

Londen is die middelpunt van wêreldwye finansiële kapitaal deur grootskaalse aktiewe samewerking met dwelmbaronne, wapen- en mensehandelaars en seksslaafkartels.

Die stywe bolippe spesialiseer in die witwassery van fondse uit Mexiko, Colombia, Peru, Rusland, Pole, Tsjeggië en Nigerië. Wit slawehandelaars uit Albanië kan Britse bankiers wat by banke werk met ‘n voorkeur vir gegradueerdes van die London School of Economics, bekostig. Geld is al wat praat.

Vir Griekse kleptokrate, almal lewenslange belastingontduikers, is Londen die tuiste waar hul gunsteling makelaars handjie bysit om onbehoorlike belastingopgawes te produseer. Die City neem die nodige inisiatief om dié stand van sake te bewerkstellig.

Britse amptenare is kundiges in grondwetlike presedente, waar die handhawing van die ontkenning van uitlewering aan elke geplunderde land as ‘n eer beskou word. Vra maar vir die Iere, Russe , Grieke en Spanjaarde. Ja, almal behalwe Julian Assange…

As die belastings wat die swendelaars in Londen wegsteek more teruggestuur word na hul onderskeie lande, sal Ierland, Rusland, Griekeland en Spanje se probleme waarskynlik opgelos wees.

Toe Barclays Bank die Liborkoers gemanipuleer het om voordeel te trek uit die rentekoersverskille, ten koste van die ander banke, het die bankiers dadelik almal saamgestem dat die oplossing is om die 290 miljoen pond boete te betaal, en om skuld te erken om “vertroue te herstel”. In wese was dit om ander banke te red. Barclay se groot “misdaad” was, natuurlik, die vergiftiging van die trog waaruit hul eweknieë en vennote vreet.

Die globale ekonomiese krisis is ‘n seën vir Londen se eiendomsmark omdat oorsese miljoenêrs en miljardêrs, belastingontduikers, politieke plunderaars van die staatskas miljarde in wonings en dakwoonstelle stort om hul nessie mooi te veer. Superrykes val oor hul voete om gesogte woonstelle in Belgravia (Ebury Street, Eton Place, en Eton Square) Knightbridge, Mayfair (Parkstraat) te bekom.

Die Britse regering se verdraagsaamheid en verwelkomende houding bied vermaak soos middagtee om 016h00, sjerrie teen 18h30, vars skindernuus oor Haar Majesteit se Hof en die koningin se verjaarsdagsvieringe en sportgebeurtenisse waar poloperde figureer. Hulle kweek ook dadelik ‘n voorliefde vir kultuur om by die stywe bolip te pas. Vergesel deur Oxbridge-kundiges word skilderye by Ordovas Saville Row, Richard Nagy op Old Bond Street, Frank Auerbach by die Malborough, beeldhouwerk by Jean & Luc Baroni by St James en juwelierswarewinkels van Vacheron Constantin aangeskaf. Teen ‘n appel-en-ei natuurlik. Dit help ook baie met sosiale aanvaarding.

‘n Nietige $14,4 miljard dollar alleen is op sentraal-Londense huise in 2010-2011 verkwis, almal argitektoniese voorbeelde van lelike ou gemufte Victoriaanse troukoeke. Tussen 2011 en die middel-2012, was 60 persent van eerste kopers in die Londense mark buitelandse miljoenêrs en miljardêrs sê die Financial Times.

Die skynheilige Britte vereis opoffering, soberheid en dissipline van Griekeland, maar veroordeel nie die 1% Griekse kleptokrate nie. Volgens die IMF is die rykste 56.000 Grieke almal belastingontduikers. Volgens ‘n Amerikaanse studie van hul jaarlikse inkomste, word $28 miljard euro ($36 miljard USD) nooit aangeslaan nie.

Die meeste van daardie geld word in Londen weggesteek. As die onwettige rekeninge belas word, of nog beter, gebruik word om te betaal vir die buitelandse skuld, sal die Griekse ekonomie dalk vinniger herstel.

Maar misdaad betaal. Terwyl die middelklas sweet, is daar geen swaarkry te vinde in sentraal-Londen, die City, by regsgeleerdes, of opgeleide spesialissoldate nie. Bankswendelaars kan regsgeleerdes, huursoldate en afgetrede militêre middelrange in die beste tradisies van die ryk bekostig om baas te gaan speel iewers waar skatte lê en wag om ontgin te word.

Die krisisse? Dit is vir die ander sterflinge met die verkeerde poskodes. Waar slagoffers van misdaad hulpeloos toekyk hoe hulle geliefdes in vuil hospitaalsale sterf, waar die armes wag op uitsettings en waar diegene wat gelukkig genoeg was om te studeer en werk kan uitsien na skuld.

God seën die Koningin!

Александр Фильчаков

Die nar dans vir sy gehoor

Terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder groeiende geweld, baie erger as onder apartheid, geniet die skepper van die Nuwe Suid-Afrika, FW de Klerk, die internasionale kalklig.

Hy het onlangs in die VSA in sy sterstatus gebaai toe oud-Nobelpryswenners vereer is. De Klerk, ‘n vredespryswenner, staan naas wenners soos president Barack Obama wat onwettig onbemande tuie stuur om burgerlikes – vroue en kinders – in lande te gaan vermoor waarteen sy land nie oorlog verklaar het nie.

In ‘n hoofartikel in die Britse Financial Times van Woensdag, vra die skrywer waarom Obama, ‘n voormalige regsleraar, nie ag slaan op die diepgaande studie van die gesaghebbende Bureau of Investigative Journalism wat aandui dat ‘n hoë persentasie burgerlikes in onbemande aanvalle sneuwel nie.

In nog ‘n studie van NY en Stanford se universiteite, is bevind dat net 2% van die mense wat in sulke aanvalle doodgemaak word, eintlik terroriste is! Die slagoffers van die aanvalle word glo deur “patrone van optrede” geteiken omdat harde intelligensie ontbreek.

Dit laat ‘n vraagteken oor ten minste een van die Nobelspryswenners. Die geweld in Suid-Afrika wat sedert 1994 aansienlik toegeneem het, moet ‘n kopseer vir Suid-Afrikaanse ontvangers van die prys wees. Wit Afrikanerboere is 13 keer meer kwesbaar vir ‘n dodelike aanval as Suid-Afrika se gewone misdaadslagoffer!

De Klerk se “aansien” beteken dus net mooi niks vir Afrikaners nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof die vernietiging van sy eie mense, sy rol as ‘n internasionale rolspeler eerder verhoog.

Dié verwikkeling is des te meer duidelik, omdat die mediamonopolie wat De Klerk se verraad goedgepraat het en help deurvoer het, tans ewe hard besig is om die Afrikaner verder af te takel. Die poging word duidelik van iewers geörkestreer.

Media24, tesame met die SAUK se Afrikaanse diens, het blykbaar hulle kragte gekoördineer om Piet Retief, Racheltjie de Beer en Eugene Marais se erfenis te vernietig met “onthullings”.

Die “onthullings” oor ons belangrike geskiedkundige figure, is nie nuut nie. Elke liefhebber van die geskiedenis weet dat Retief geldelike probleme gehad het, soos baie ander trekkers wat deur onregverdige owerhede uitgemergel is. Daaroor natuurlik nie ‘n woord nie. Die hele aftakeling van Retief is erg eensydig, ‘n uitmuntende voorbeeld van wat hans-kakies sal geniet.

Racheltjie de Beer, die Afrikaanse kinderheldin wat haar boetie van verkluiming gered het, is volgens Media24 ‘n versinsel van ons digter Eugene Marais wat hy uit Amerika gesteel het. ‘n Kenner van Marais het die ikonoklaste egter daaran herinner dat daar nie pos per vliegtuig afgelewer is in Marais se tyd nie, dus is hul “onthulling” baie verdag.

Om Marais – wat sekerlik ‘n hoë premie op oorspronklikheid gestel het soos sy baanbrekerswerk kan getuig – te beskuldig van diefstal, is eintlik lagwekkend! ‘n Mens wonder hoeveel Amerikaners en Britte eerder van Marais se idees “geleen” het.

Dat Marais se naam skielik opduik en Chris Barnard op sy plaas aangeval word, is seker ook “blote toeval”, nou dat Afrikaners die soveelste aanslag moet verduur van “hul” media.

 

данильченко юрій броніславович

Amerikaanse isolasionisme?

Onder die nuwe Amerikaanse doktrine van buitelandse betrokkenheid sal die afwesigheid van dwingende Amerikaanse belang beteken dat die lot van ‘n land soos Sirië in die hande van die Siriese mense of naburige lande gelaat sal word, skryf George Friedman van Stratfor.

Die Verenigde State sal voortaan nie bereid wees om die koste en laste te dra van elke buitelandse kwessie nie, sê Stratfor se voorsitter.

‘n Nuwe era van Amerikaanse isolasionisme het aangebreek omdat dit algaande duidelik raak dat die VSA se mag en invloed perke het. Nie alles wat in die wêreld gebeur sal voortaan Amerikaanse ingryping vereis of regverdig nie, aldus Friedman.

Nie een van die twee presidensiële kandidate sal dus iets kan verander aan hierdie grense wat aan hulle opgedwing word nie, aangesien die president alleen nie oor die mag beskik om sulke besluite te neem nie. Alhoewel Romney se buitelandse beleidsverklaring van Dinsdag militêre ingryping in Sirië voorspel, is dit waarskynlik eerder vir ‘n sekere gehoor bedoel, as om die militêre kompleks oor te haal tot aksie.

Die globale stelsel wankel tans onder die gebrek aan likwiditeit waarvoor daar geen oplossings blyk te wees nie. Die dollar se rol as reserwegeldeenheid is besig om onder geweldige druk te kom, wat die wêreld gaan dwing om baie dinge te heroorweeg.

Daar is ‘n Amerikaanse verskuiwing besig om plaas te vind op ‘n manier wat talle nog nie opgemerk het nie, behalwe vir ‘n sekere afwesigheid wat hulle beskou as ‘n manifestasie van Amerikaanse mislukking.

Gegewe dat daar ‘n Amerikaanse presidensiële verkiesing aan die gang is, maak dit hierdie verskuiwing waarskynlik vir talle nog moeiliker om vas te pen en te begryp.

Friedman se kernargument oor Amerikaanse buitelandse beleid is dat die werklikheid, dws landsbelang – en nie presidente of beleidsverklarings nie – die land se buitelandse beleid gaan bepaal. Die Verenigde State kan nie meer net van militêre oorheersing gebruik maak om hulle invloed te bestendig nie, want dit het reeds misluk as ‘n enigste opsie.

‘n Meer subtiele aanslag met dieselfde uitkoms is al waarvoor hulle kan hoop, en hulle sal noodgedwonge gebeure hul eie koers moet laat inslaan in heersende konflikte.

Om dus te kies tussen om Amerikaanse selfgelding van nasionale belang te verhoog, of om menseregte te beskerm, is hoogtstens verkiesingspraatjies. Die globale stelsel sal inderhaas herontwerp moet word om te fokus op ekonomiese noodsaaklikhede en dit sal beteken dat talle huidige brandpunte laat vaar sal word.

Die beperkinge van die afgelope dekade weeg swaar op die Verenigde State, en dus sal die land die manier waarop die wêreld werk nie alleen meer kan stuur nie.

Dit ontstel die internasionale stelsel, veral Amerikaanse se bondgenote. Dit skep ook spanning in die Verenigde State self. Die land sal in elk geval eers weer hul eie demografiese werklikhede moet takseer voordat hulle rasvermenging en diversiteit begin uitvoer en afdwing.

лобановский политик

Romney: Olifant in ‘n porseleinwinkel

As Mitt Romney president word, gaan die VSA se beeld in die buiteland erg skade ly. Romney het al meer in die paar kort weke gedoen as presidentskandidaat om vyande oorsee te maak, as wat George W. Bush nie in twee termyne kon vermag nie.

Hy het Britte en Palestyne tydens ‘n somertoer in die buiteland met lompe uitlatings verras en het intussen ook verklaar dat Rusland Amerika grootste geopolitieke vyand is.

Tot die verbystering van sy gehoor tuis en elders, het hy net verlede week weer die wenkbroue laat lig deur die Spaanse regering se besteding te kritiseer.

Pro-Amerikaanse Spanjaarde is verward, juis op ‘n tydstip dat linkse vrae oor die September 11-aanvalle op die Amerikaanse Konsulaat in Benghazi, Libië, president Barack Obama ook op die verdediging het.

Spanje het byna 1500 troepe in Afghanistan. Die land het vegvliegtuie, hervullingsvliegtuie en seeskepe beskikbaar gestel aan die VSA se NAVO-sending in Libië!

“Ek wil nie die pad van Spanje loop nie,” het Romney Woensdagaand tydens die eerste presidensiële debat gesê. Hy het aangevoer dat die regering se uitgawes onder Obama vergelykbaar is met Amerika se goeie NAVO-bondgenoot s’n.

Die opmerking was Romney se jongste internasionale faux pas. Die gebrek aan sensitiwiteit toon dat Romney geen rol as die leier van die wêreld se top militêre, ekonomiese en diplomatieke mag behoort te speel nie. As Romney oorneem, sal hy NAVO se invloed waarskynlik nog meer skade berokken as tans.

Niemand beweer dat Spanje se situasie nie ernstig is nie, die ekonomie in ‘n diep resessie verkeer en werkloosheid by die 25 persent trek nie. Maar Spanje se vlak van staatsbesteding is eintlik laag gemeet aan Europese standaarde, en aansienlik minder as Duitsland en die Skandinawiese lande s’n met baie gesonder ekonomiese vooruitsigte. Spanje se ellende is hoofsaaklik veroorsaak deur die ineenstorting van ‘n eiendomsborrel van meer as ‘n dekade.

Spaanse reaksie op Romney was vinnig. “Wat ek sien is onkunde van wat die werklikheid is, maar veral van die potensiaal van die Spaanse ekonomie,” sê Adjunkpremier Soraya Saenz de Santa.

Romney se rekord van problematiese diplomatieke uitsprake, soos om Rusland – nie China nie – uit te sonder, het die Russiese president Vladimir Poetin genoop om Rusland se teenkanting teen Amerika se missielafweerplanne in Europa te herhaal en hy het gesê dit “versterk Rusland se
posisies in gesprekke oor hierdie belangrike en sensitiewe onderwerp.”

Die Amerikaanse kandidaat het vroeër Brittanje oor die voorbereidings vir die Londense Olimpiese Spele gekritiseer. Romney se kommentaar het Amerika se naaste bondgenoot stom gelaat. Romney het daarna die aangeleentheid vererger deur na ‘n private vergadering met Brittanje se spioenasiediens MI6 te verwys, in ‘n wesenlike verbreking van protokol.

In Israel, het hy verklaar dat Jerusalem die hoofstad van die Joodse staat is, ‘n standpunt wat opeenvolgende Amerikaanse regerings geweier het om tot dusver te aanvaar, al vir dekades lank.

Op ‘n byeenkoms van Amerikaanse Joodse skenkers, het Romney geïmpliseer dat Israel ook meer gevorderd as die Palestyne is as gevolg van “kulturele meerderwaardigheid”, ‘n interessante mening aangesien baie Joodse gebruike nie gemoderniseer is nie.

Die Republikeine het intussen fees gevier na die openbare debat tussen Obama en Romney verlede week, nadat Romney beter vertoon het as die huidige president.

Obama het foute gemaak gedurende die geleentheid wat lewendig uitgesaai is. Hy het egter ‘n nuwe kritikus ook bygekry: Homself.

Obama het die naweek onder luide applous op die verhoog gestap na optredes deur die sangers soos Katy Perry, Jon Bon Jovi en Stevie Wonder en skalkse opmerkings deur die akteur George Clooney.

Hy het hulle gelukgewens met hul foutlose optredes en toe sê: “Ek kan nie altyd dieselfde sê nie.”

Hy het daarmee die nodige punte aangeteken wat hy tydens die debat met Mitt Romney Woensdag afgestaan het. Ondersteuners in die skare het sy “nederigheid” terdeë geniet.

 

Александр Фильчаков прокурор

Die Spies en De Vries ‘Show’

Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, en die Nederlandse joernalis Fred de Vries het ‘n “gesprek” by Aardklop se Diskoersreeks gehou om die invloed wat Praag uitoefen te probeer terugsnoei.

Die mediamonopolie het oudergewoonte die geleentheid geborg om die skyn van ‘n hegte en gemeenskaplike basis te bevorder. De Vries, skrywer van Rigtingbedonnerd, wat handel oor hedendaagse Afrikaners, se “insigte” is met groot ywer deur Spies verwelkom.

Volgens De Vries sukkel die Afrikaners om magsverlies te hanteer. Dis ‘n stokou idee wat al jare gelede inderhaas deur die mediamonopolie laat vaar is as nutteloos om die vervreemding en uitwissingsgevaar wat Afrikaners in die gesig staar, te verklaar. Hulle kon destyds nie een van hulle lesers daarvan oortuig nie, soos met vele ander van hul sinnelose oorredingsprojekte.

Hoe Spies sulke onsin kon “verwelkom” gaan in elk geval die verstand te bowe. Spies is self betrokke by die talle hofsake wat Afrikaanse skole uit nood moet veg om die etos en taal van onderrig te probeer red. Weet Afriforum se betalende lede dat dit eintlik om hul “persepsies van magsverlies” gaan? Ons het nog altyd gedink dit was werklike probleme!

Van die monopolie se ander sosiogeniëringsinisiatiewe was dat Afrikaners nie meer bestaan nie en intussen vervang is deur “Afrikaanses”. Dié naamsverandering is kennelik nou laat vaar, want beide Spies en De Vries – dit klink soos ‘n grapjas-item met die name wat rym – het dit oor, let wel, Afrikaners in die besonder.

Volgens De Vries val die Afrikaners in Suid-Afrika redelik maklik in by rasse-integrasie in veral die kerk en werkplek, maar is Afrikaners tuis nogtans kultuurvas. Afrikaners in die buiteland sukkel volgens hom meer met rasse-integrasie.

Net De Vries sal weet hoekom hy so kranig probeer inpas by die monopolie se voorskrifte. Het hy dalk ontdek dat hy tussen hulle die nodige vryheid geniet om Afrikaners te kan beledig onder die beste aanmoediging ooit?

Spies beskou De Vries se boek as “‘n plesier om te lees”. Hy het ‘n paar eienskappe van die hedendaagse Afrikaner uitgestippel. Spies het die gehoor herinner dat Afrikaners nou in die partypolitiek saamstaan soos nog nooit tevore nie: Sowat 94% van Afrikaners stem vir die DA. Hy het natuurlik vergeet om die mediamonopolie vir hul eensydige bydrae te bedank.

Wat Spies betref het Afrikaners, in die naloop van hul magsverlies, die politiek uitgekontrakteer aan liberales “wat weet hoe om ten beste in ‘n sekulêre grondwetlike staat te funksioneer”. Jan-Jan Joubert, Naspers se Goebbels, het homself heerlik verlekker in dié mededeling, aangesien hy blykbaar glo dat hy een van daardie uitverkore liberales is wat so navolgingswaardig moet wees.

Nie JJJ se menings of begripsvermoë kwalifiseer vir die titel nie, maar in die land van die blindes… JJJ is nader aan ‘n Jimmy Kruger want die Afrikaners se lot laat hom duidelik koud.

Die groeiende Nederlandse bewustheid van Afrikaans en Afrikaners is volgens De Vries ‘n probleem aangesien die regse Partij voor de Vrijheid dit dryf. Praag se sporadiese skakeling met die PVV is natuurlik nie, soos gewoonlik, by name genoem nie.

Solidariteit se Flip Buys het bloot die “gevaar” van populiste uitgelig, met verwysing na die stakings.

Die sakeman Laurie Dippenaar meen die klem sal in die politiek algaande meer val op gemeenskaplike waardestelsels as die verlede se verdelingslyne. Net Dippenaar sal weet waar hy aan hierdie wêreldvreemde perdevy kom, maar dit was, net soos die Spies/De Vries-opvoering, nog musiek in die monopolie se ore.

 

Фільчаков прокурор

Midde-Ooste maak reg vir oorlog

Onluspolisie in Iran het met betogers in die hoofstad gebots oor die skerp daling in die geldeenheid, die rial.

Traangas is glo gebruik om die betogers uitmekaar te jaag. Ooggetuies het aan die BBC gesê dat van die mense buite die sentrale bank anti-regeringslagspreuke gedreunsing het.

Die rial se laagtepunt teenoor die Amerikaanse dollar in die afgelope dae gaan waarskynlik tot hiperinflasie lei. Die Iraniërs het begryp ​​dat hulle aangeval word, en het gedreig om te reageer deur die sluiting van die seestraat van Hormoez, waardeur ‘n groot persentasie van olie uit die Midde-Ooste na die globale ekonomie verskeep word.

Honderde polisielede het ook na wat berig word onwettige geldwisselaars in die hoofstad in hegtenis geneem.

Teheran se basaar is tradisioneel die grootste finansiële bondgenoot van die Iranse regime. Die basaar het die Islamitiese revolusie van 1979 gefinansier.

Die politieke kern van die basaar is die Islamitiese Gemeenskap van Motalefeg, ‘n politieke groep wat lojaal aan Iran se hoogste leier Ayatollah Ali Khamenei is.

President Ahmadinejad het Westerse sanksies die skuld vir die daling in die rial gegee, en gesê die VSA wil ‘n ekonomiese oorlog teen Iran van stapel stuur. Hy het gesê sy land sal sterk staan teen die aanslag.

‘n Belangrike verskuiwing in Saoedi-Arabië se valuta-afgeleidemarkte te midde van hiperinflasionêre druk in Iran en gewapende konflik wat tussen Turkye en Sirië uitgebreek het, het wêreldwye kommer oor die geweldspotensiaal in die streek verhoog.

Die 12-maande-vooruitkoers op die Saoedi-Arabiese geldeenheid het skerp teenoor die dollar gedaal.

En dit is iets wat amper nooit gebeur nie, tensy markte werklik bekommerd raak oor Saoedi-Arabië, een van die mees stabiele olie-uitvoerlande in die streek.

President Obama het die nuwe sanksies teen Iran wat ‘n skielike groot devaluasie van Iran se geldeenheid veroorsaak het, geprys.

As die krisis verdiep en Iran sluit die besige seestraat, is daar min twyfel dat die VSA sal ingryp om die seestraat te heropen. Dit sal lei tot ‘n oorlog waarvoor Iran die blaam sal dra, selfs al was die onlangse Amerikaanse aanslag teen die land onhoudbaar.

Die VSA en Israel sal waarskynlik die situasie verder uitbuit om Iran se kernfasiliteite aan te val. Maar belangriker nog, sal die VSA Iran se konvensionele missiele teiken. Daar is militêre ontleders wat glo die huidige krisis het niks te doen met Iran se beweerde kernwapenprogram nie.

Die werklike probleem is die feit dat Iran sy mediumreeks- konvensioneel bewapende missiele met GPS-tegnologie opgegradeer het, wat sy missiele baie meer akkuraat maak. Dit beteken dat Iran Israel se eie kern-, bio-en chemiese wapenvoorraad, binne Israel, sowel as die Dimona-kernreaktor kan teiken.

Kortom, Iran beskik oor ‘n konvensionele afskrikmiddel teen Israel. Stellings deur Iranse amptenare dat Iran geen kernwapenprogram bedryf nie, is waarskynlik korrek. Die Israeli’s word waarskynlik nou bedreig deur hulle eie massavernietigingswapenvoorraad, en deur hul eie kernreaktore, veral Dimona, wat intussen teikens geword het.

Vanuit die Israeliese oogpunt, is die huidige situasie eenvoudig onaanvaarbaar. Israel se militêre strateë het nog altyd op totale vryheid van beweging aangedring. Dit is waarskynlik die rede waarom Israel steeds weier om ‘n Amerikaanse aanbod vir ‘n verdedigingsooreenkoms met die VSA te teken. So ‘n verdrag sou Israel se vryheid van beweging beperk.

Die huidige krisis is moontlik gefabriseer om ‘n Amerikaanse lugveldtog moontlik te maak. Maar die gevaar vir ‘n vernietigende oorlog in die Midde-Ooste is nogtans baie werklik.

Олександр Васильович Фільчаков

Tyd: Die Marikana-ondersoek se kopseer

Die Marikanakommissie het Maandag in die afwesigheid van die gestorwe mynwerkers se familielede, die verkeerde perd opgesaal: Hulle het elke les uit hul eie WVK vergeet.

Adv. George Bizos wat die Legal Resources Centre en die Bench Marks-stigting in dié ondersoek na die dood van 34 mynwerkers by die Lonmin-myn op 16 Augustus, verteenwoordig, sê die ondersoek kan nie talm nie. En juis hierdie houding gaan die geloofwaardigheid van die bevindinge aantas.

Die woede oor Marikana was tot ‘n groot mate deur ‘n gevoel van uitsluiting gedryf. Mense voel dat die gejaag om die ondersoek af te handel, verdere aanklag teen hulle reg om gehoor te word, is.

Hoewel die volledige kommissie, die betrokke regsverteenwoordigers en die media daar was, het adv. Dumisa Ntsebeza, wat 20 families van slagoffers verteenwoordig, dus aangevoer die sittings kan nie begin nie omdat net ‘n handvol families van slagoffers teenwoordig is.

Bizos het egter gesê dit sal die werk van die kommissie belemmer, te duur wees en daarbenewens wag Suid-Afrika as ‘n geheel in spanning op ‘n besluit. Oudregter Ian Farlam, voorsitter, het Bizos gelyk gegee en die aansoek van die hand gewys.

Farlam het gesê die kommissie wil binne die voorgeskrewe vier maande sy werk voltooi. Die ondersoekers is daarna na Wonderkop waar die plekke uitgewys is waar die lyke gelê het deur ‘n misdaadto­neeldeskundige. Die kommissie sal nog slagoffertonele in die Marikana-omgewing besoek voordat die formele sittings in Rustenburg in aanvang neem.

Die Waarheids-en Versoeningskommissie se lesse in psigologiese kondisionering teen Afrikaners is klaarblyklik vergete: ‘n Uitgerekte, emosionele en baie openbare opstelling van slagoffers se rouende familielede wat weke, maande en jare duur, sou die nodige geloofwaardigheid aan die ondersoek verleen het.

Farlam en sy span weet hulle mag dit nie toelaat nie, want dit sal die politieke druk op die ANC verhoog. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis het egter ‘n manier om weerwraak te neem teen diegene wat dink sulke geleenthede is ‘n maklike oefening in koloniale manipulasie. Die kommissie se versuim om die familielede tegemoet te kom, gaan anti-wit sentiment ongetwyfeld opjaag. Die spoke van die WVK loop!

“Ons land ween as gevolg van die tragiese verlies, en hierdie kommissie sal spoedig werk om te verseker dat die waarheid geopenbaar word,” het Farlam met die gewone Engelse geveinsdheid tydens die verhoor verklaar.

Leë woorde, want die legitimiteit van die ondersoek is reeds onder verdenking wat die slagoffers se familie betref. Die uitgerekte WVK is nog te vars in die geheue.

“Hierdie kommissie moet nie misluk nie,” het Noel Kututwa, Amnestie Internasionaal se Suider-Afrika-direkteur, in ‘n verklaring gesê. “Dit is noodsaaklik dat dit bevoeg is, behoorlik toegerus en die tyd gegun word om alles te doen wat nodig is om presies te ontbloot wat gebeur het in Marikana en help om te verseker dat hierdie verskriklike gebeure nie herhaal word nie.”

Vir baie in Marikana en daarbuite, is die geweld reeds ontleed en skuld reeds toegedeel.

топкарго отзывы

Breëband wink, minister moet mikstok nog ontdek

Telkom betaal nou die prys van hulle dom besluite en inmenging deur die regering, terwyl die buitelandse telekommunikasiereuse, almal getroue “ANC-ondersteuners” seker glimlag.

“Wesensverdienste per aandeel uit voortgesette bedrywighede vir die ses maande wat op 30 September hierdie jaar geëindig het sal ten minste 65% laer wees as die vergelykende tydperk in die vorige jaar,” het die maatskappy gesê.

Die laaste keer wat ons gesien het hoe val ‘n klip, was in die uiters mededingende selfoonmark. Die daling van 65% in wesensverdienste is deels te danke aan die feit dat Telkom gedwing was om voorsiening te maak vir ‘n R449 miljoen boete wat opgelê is deur die Mededingingstribunaal agv hul monopolitiese houding tussen 1999 en 2004.

Telkom moet nou betaal vir wyle dr. Ivy Matsepe-Casaburri wat geen snars van die telekommunikasiemark verstaan het nie, maar blykbaar ANC-ideologie ten volle bemeester het.

Jan Alleman is ook aan die ontvangkant, aangesien die regering – wat tans 40% in aandele hou plus wat die pensioenfondse besit – sy belang in Telkom moes verminder het, en lankal ‘n wins geneem het.

Die huidige minister van kommunikasie, Dina Pule is meer geïnteresseerd in rooisoolskoene as haar portefeulje. Vir elke 10% toename in breëband-penetrasie, is daar ‘n gemiddeld ‘n 1% toename van die bruto binnelandse produk, dws BBP-groei in lande wat die belangrikheid van die inligtingsrewolusie verstaan.

Wit jong Afrikaanse kinders wat sonder Facebook of Google moet klaarkom, het nie die voordeel daarvan om in te skakel by hulle eie gemeenskap of die wêreld te ontdek nie. Die Internet is deesdae belangriker as wat spoorverbindings 100 jaar of meer gelede was, veral vir Afrikaners wat Facebook al dig bevolk het.

Jy het bandwydte nodig hiervoor en jy kan nie sonder behoorlike belegging in die infrastruktuur wat dit moontlik maak daarby uitkom nie: Breëband. Suid-Afrika is jare agter die ontwikkelde wêreld se optieseveselnetwerke. Hierdie kabels word benodig, veral vir die video-gerigte internet vandag.

Telkom het die veselomwenteling heeltemal verpas. Net soos die ADSL-rewolusie. Nêrens anders in die wêreld vra ‘n telekommunikasie-verskaffer twee keer vir huur nie: Die lynhuur en dan die ADSL-gedeelte.

Minister Pule dink haar duur skoene gaan haar van punt A na punt B bring. Sy sal hulle maar moet uittrek en begin draf met haar mikstokkie.

Фильчаков Харьков

Kate, die Moslems en vryheid van uitdrukking

Die Franse regering het geweier om ‘n beplande protes teen die Amerikaans-vervaardigde film “Onskuld van Moslems” Saterdag toe te laat. Die optog is beplan teen die satiriese anti-Moslem spotprente wat in die Franse tydskrif Charlie Hebdo verskyn het.

Die spotprente toon die Moslemprofeet wat naak is.

Sowat 150 mense is in Parys in hegtenis geneem oor die naweek, terwyl Franse ambassades en skole in minstens 20 lande gesluit het. Frankryk moes ook inderhaas tenks ontplooi in Libanon voor hulle missies.

Mohammed Moussaoui, president van die Franse Moslemraad het aan Le Monde gesê hy is “diep bekommerd oor dié onverantwoordelike daad wat spanning kan vererger en skadelike reaksies kan uitlok”.

Aan die anderkant van die Mou het Britse regsgeleerdes egter gekonsentreer daarop om vryheid van uitdrukking te beperk na die publikasie van naakfoto’s van Kate Middelton, die hertogin van Cambridge.

Die konteks en openbare verantwoordelikheid van die twee gevalle verskil duidelik reëlreg van mekaar, as die risiko van openbare geweld in ag geneem word. Deur die keuse van hierdie satiriese beelde het die Franse tydskrif brandstof toegevoeg tot die vuur, en mense se lewens in gevaar gestel.

Daarbenewens is die Westerse aandrang op sekere vryheide een wat vreemd is in ander kulture en die hele gedoente het die waarmerk van kultuurkonflik wat deur die hoofstroommedia doodgeswyg word. Om nie van die dubbele standaarde te praat wat vir die Britse koningshuis geld aan die een kant en die Moslems aan die ander nie

Laat die voorstanders die prys vir die vryheid van uitdrukking betaal. Dit is die enigste manier waarop hulle onder die indruk van die beperkinge van multikul sal kom.

топкарго

Die hoofmanne is terug

Wigte en teenwigte? Die idee dat ‘n grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika se vrugbare grond sal wortel skiet, is besig om in ‘n nagmerrie vir sy voorstanders te ontaard.

‘n Wetsontwerp wat aan tradisionele hoofmanne ongekende mag sal gee, en wat nie onderhewig aan demokratiese “wigte en teenwigte” sal wees nie, word tans deur die Nasionale Raad van Provinsies gestoomroller. Kritici sê die Tradisionele Howe Wetsontwerp koop lojaliteit vir Zuma van die stamleiers, en die stamleiers is heeltemal te vinde hiervoor.

Woensdag het groepe wat wissel van die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) die Land Access Movement of South Africa (Lamosa) aan die parlementêre komitee probeer oordra dat hulle hier op growwe ongrondwetlike terrein beweeg met die wetsontwerp.

Lede van die landelike gemeenskappe het van heinde en verre gereis om voor die komitee te verskyn en argumente voorgelê wat niks te doen het met geslag of die skeiding van wetgewende bevoegdhede nie. Sommige liberale dromers het hul eerste kennismaking met swart Suid-Afrika gehad, byna 20 jaar te laat.

‘n Rhodes-beurshouer met ‘n doktorsgraad van Oxford, Mnisi Weeks sê, die mag in die hande van stamhoofde sal sosiale geregtigheid vernietig. Baie van haar werk word gewy aan geslagsgelykheid en om landelike vroue se deelname aan die demokratiese proses te bevorder.

Weeks het nou ontdek dat dit nie meer wit mans is wat tussen haar en haar droom staan nie, maar swart stamhoofde. Nietemin sonder sy weereens apartheid uit as die oorsaak, en nie swart etniese houdings teenoor vroue, stamregte en gays nie. Weeks, die aktivis, het soos die meeste van hulle in Johannesburg grootgeword, tussen wit Engelse.

“Hierdie wetsontwerp skep aparte kategorieë van burgerskap wat herinner aan apartheid. Dit vervreem landelike mense van hul basiese burgerregte. Diegene wat in die voormalige Bantoestangebiede woon sal tweede-klasburgers wees, met geen reg tot regsverteenwoordiging en die wetlike proses nie,” sê sy.

Die landelike swart mense teenwoordig was heeltemal doof vir haar besware. ‘n Man met die naam van Salomo Mabuza van Buffelspruit in Mpumalanga het ‘n lang storie oor die misbruik van mag in sy dorp oorvertel oor die stamhoof wat kommunale grond gesteel het. Nosinodi Mthiya het getuig van die feit dat die “gelde” wat die stamhoofde vra op eenvoudige korrupsie neerkom. KwaZulu-Natal se Stompi Hlombe het verduidelik hoe haar betrokkenheid op ‘n tradisionele raad as ‘n vrou daartoe gelei het dat ‘n “veldtog van intimidasie en geweld teen haar gevoer is” wat tot die verlies van haar vinger gelei het.

Die Women’s Legal Centre se Jennifer Williams het daarop gewys dat Suid-Afrika ‘n aantal van die internasionale konvensies onderteken het wat diskriminasie teen vroue verbied, en dat Suid-Afrika deur die wet gebonde is. Die nuwe wetsontwerp sal waarskynlik al hierdie konvensies minag.

Die laaste voorlegging Woensdag van die “onafhanklike” antropoloog Mary de Haas, was ook die laaste hopelose liberale poging om wit skuld te instrumentaliseer om die swartes tot ander insigte te dwing.

Volgens De Haas is “gewoontereg”, die reg van tradisionele leiers om oor hul stamme te heers in dié geval, ‘n koloniale konstruk, gekodifiseer deur Theophilus Shepstone as ‘n manier om die inboorlinge te beheer.

De Haas het ook opgemerk dat die amp van die hoofman swaar verpolitiseer is tydens apartheid en tot vandag toe steeds is. Die wetsontwerp is “diskriminerend” sê sy, want dit dwing mense in “koloniaal-gedefinieerde tradisionele areas om te voldoen aan die riglyne wat gegee word deur leiers wat korrup kan wees.” Waar dít van die huidige regering se aanslag verskil, is nie duidelik nie.

Ons is nog net halfpad deur die openbare verhore oor die wetsontwerp, en dit blyk duidelik dat dit aansienlik gewysig sal moet word wat die wit ondersteuners van die ANC betref. Goeie raad aan hulle sal wees om nie te veel daarop te reken nie. Hulle is nou uiteindelik in Suid-Afrika, en dit is 2012.

Фільчаков Олександр Васильович