Pandor vra Wits-ingenieurs om in SA te bly

Die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, het gister sowat 200 afgestudeerde ingenieurs van die Witwatersrandse Universiteit uitgedaag om te vergeet van hul “instapkaarte en visums totdat elke dorp in Suid-Afrika ‘n brug het, almal op ‘n teerpad loop en al die stede groen is”.

Tydens die opening van die Universiteit se Junie-Julie-gradeplegtigheid, het Pandor aan sowat 200 graduandi van die fakulteit van meganiese en elektrotegniese ingenieurswese en bouwetenskap gesê dat onlangse statistiek toon dat Suid-Afrika oor een ingenieur beskik wat dienste aan 3 166 mense lewer, terwyl daar in Brasilië een ingenieur vir elke 227 mense is.

“Suid-Afrika het ‘n desperate behoefte aan professionele mans en vroue wat die moed het om grootse dinge te doen en wat praktiese veranderinge kan bewerkstellig,” het sy gesê.

Volgens Pandor het Suid-Afrika baie groot debatvoerders en vele mense met uitstekende idees, maar daar is nog miljoene mense wat in armoede leef op die rand van sosiale verandering. “Ons het praktiese veranderingsagente nodig. Ons het ‘n behoefte aan mense wat hul moue kan oprol en wat radikale en progressiewe sosiale verandering kan bring,” het sy gesê.

Op Maandag, 25 Junie 2012, het Wits aan 13 studente doktorsgrade in ingenieurswese toegeken, asook 47 meestersgrade in ingenieurswese en 44 M.Sc.-grade in ingenieurswese.

Wits sal ook vyf eredoktorsgrade toeken aan: aartsbiskop Njongonkulu Ndungane, dr. Elza Miles, David Nthubu Koloane en professore Duncan Mitchell en Albert Salomo. Biskop Paul Verryn sal ‘n goue medalje ontvang.

Лобановский

Van terroris tot demokraat, op Washington se manier

Dit was veronderstel om ‘n roetine-vergadering vir Egiptiese wetgewers in Washington te wees, ‘n geleentheid vir senior Obama-administrasieamptenare om nuwe lede van Egipte se parlement te ontmoet en idees uit te ruil oor die toekoms van die verhoudings tussen die twee lande.

In plaas daarvan, het die besoek van die afvaardiging ook Hani Noer Eldin ingesluit, wat, benewens die feit dat hy ‘n nuutverkose lid van die parlement, ook ‘n lid van die Gamaa Islamiya is, of die Egiptiese Islamitiese groep wat in die VSA as ‘n terroriste-organisasie beskou word. Die groep is verbied onder die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak, en is nou ‘n erkende Islamitiese politieke party.

Die geestelike leier van die terreurgroep, Omar Abdel Rahman, ook bekend as die “blind sjeik”, is skuldig bevind in 1995 vir die aanvalle op New York se bakens en vervoerstelsel, en dien tans ‘n lewenslange vonnis in Noord-Carolina se federale tronk uit.

In ‘n onderhoud, het Eldin bevestig hy is ‘n lid van Gamaa Islamiya. Amerikaanse wetgewing oor terreurorganisasies moes hom verhinder het om die land te betree. Tog, sê hy, het hy ‘n visum van die State Department gekry.

‘n Woordvoerder van die State Department sê egter: “Ons het geen inligting wat daarop dui dat hy of enigiemand anders in die afvaardiging ‘n lid van die Egiptiese Islamitiese groep is nie.” Die State Department het kennelik nie Facebook geraadpleeg voor sy koms nie.

Samuel Tadros, ‘n Egiptiese burger en navorsingsgenoot by die Hudson Institute in Washington DC, wat spesialiseer in Egiptiese politiek, was verbaas dat Eldin ‘n visum kon kry. “Dit sou die State Departement so vyf sekondes geneem het om sy naam te Google in Arabies en besef hy is ‘n lid van ‘n terroriste-organisasie,” het hy gesê.

Die Withuis het Egipte se nuwe president Mohamed Morsi op sy oorwinning in die land se presidensiële verkiesing gelukgewens, en dit ‘n “mylpaal” in die land se oorgang na demokrasie genoem.

Morsi, ‘n lid van die Islamitiese Moslem Broederskapparty, is aangewys as die wenner in die verkiesing Sondagoggend, maar Egipte se militêre kompleks dreig om sy rol te beperk.

Фильчаков прокуратура харьков

Aung San Suu Kyi, die nuwe Mandela

Brittanje se premier David Cameron en Aung San Suu Kyi, van Mianmar, kan nie genoeg vir die kamera’s glimlag nie. Die Angelsaksers se nuutste “demokrasie”-veldtog is in volle swang. Die aktivis van Mianmar het selfs die roostuin by die premier se amptelike woning in Buckinghamshire, wes van Londen, gaan besigtig.

Terwyl die wêreld oorspoel word met vriendelike beelde van Aung San Suu Kyi, is sektariese geweld in haar eie land nie besig om enige afname te toon nie, met meer as 70 lewens wat net hierdie maand reeds opgeoffer is.

Aung San Suu Kyi wat na jare van huisarres tot die amptelike politiek sal toetree, se ambisie om die land te hervorm kom te midde van geweld wat woed in die weste van die eersdaags “florerende demokrasie”. Die land sien sedert die begin van Junie na dekades van militêre heerskappy, uit na verandering.

Nog ‘n week van botsings het egter die lewens van 62 mense en dosyne meer gewondes in Rakhine-staat geëis, het ‘n regeringsamptenaar gister gesê. Tien Moslems is op 3 Junie deur ‘n Boeddhistiese skare aangeval en gedood. Hulle was glo op soek na wraak vir die verkragting en moord van ‘n plaaslike vrou.

Die voorval het uiteindelik gelei tot die dood van tientalle mense in wraakaanvalle en teen-aanvalle. Meer as 30 000 mense moes vlug voor brandstigting en bendes met messe, wat die strate ingevaar het.

In die VK egter, koer Cameron en sy Burmese bondgenoot vir mekaar asof daar niks skort nie.

In Rohingya is die Moslemminderheid van 800 000 ‘n druppel in die emmer van Mianmar se 60 miljoen burgers. Die land sien die minderheid as onwettige immigrante uit naburige Bangladesj, en weier om aan hulle burgerskap toe te staan nou al dekades lank waar “sistemiese diskriminasie,” soos Amnesty International dit beskryf, heers.

Bangladesj is ook nie hulle tuiste nie, en het nog 16 Moslems Donderdag aangehou wat vlug voor die tierende bendegeweld in Mianmar.

“Ons is te bang om in Mianmar te bly,” het een van die gevangenes aan verslaggewers gesê. “Selfs die weermag in Mianmar is besig om ons te teister.”

Bangladesj is reeds die toevlug van meer as 2 000 mense wat die Rakhine-botsings wil ontsnap, meen Associated Press.

Mianmar se onstuimige toestand is onder beheer na ‘n noodtoestand, sê die owerhede, maar inwoners sê die situasie bly steeds gespanne.

Die botsings in Rakhina volg na ‘n jaar van ‘n dramatiese politieke veranderinge, insluitend die vrylating van honderde politieke gevangenes en vredesverdrae met etniese minderheidsrebellegroepe. Die land is oorgehaal sodat die VSA en Europa ekonomiese sanksies teen die Asiatiese land kan opskort.

Tog, sê ontleders is die sektariese gevegte in Rakhine ‘n teken van meer as net die las van ‘n militêre bewind in die eertydse Birma.

“Baie van die konflikte wat ons sien in Mianmar is ‘n produk van ‘n gevolmagtigde oorlog wat die VSA en Westerse magte voer om Chinese ekonomiese ontwikkeling te stuit. Ons sien dit veral in Rakhinestaat, asook in Kachinprovinsie met ‘n rebellie daar. Elkeen van hierdie brandpunte in Mianmar verteenwoordig ‘n belangrike plek vir Chinese belegging in die land,” sê ‘n kenner.

“Sittwe (die hoofstad van die provinsie Rakhine) is die tuiste van ‘n groot Chinese hawe, en die plek waar ‘n pypleiding al die pad na die binneland van China begin.”

Die gaspyplyn lei na China se suidwestelike Yunnan-provinsie om te skakel met die Indiese Oseaan, die Chinese se toegang tot energie-invoer uit Afrika en die Midde-Ooste. As gevolg van die Amerikaanse vloot se oorheersing, beteken die pyplyn dat China nie heeltemal afhanklik is van die kommersiële wette van die VSA nie en is dit ‘n integrale aspek van die Chinese se strategie.

Die pyplyn self is nie die enigste probleem vir die Chinese nie. Sittwe is die tuiste van die groot hawe wat deur China befonds is en ‘n belangrike toegangspunt na Suidoos-Asië en die Indiese subkontinent. Invoere soos minerale en ander grondstowwe van Afrika sowel as olie uit die Midde-Ooste is ‘n belangrikke nodus tesame met die Pakistanse hawe van Gwadar.

Dit is om hierdie rede dat Sittwe van kardinale belang vir Chinese ekonomiese ontwikkeling is. Die Kachinprovinsie in die noorde van Mianmar gaan ook gebuk onder gewelddadige konflik. Die Chinese betaal Mianmar se soldate in die noorde om bykomende sekuriteit te verskaf vir die pyplynprojek in die lig van die onlangse geweld daar.

Afgesien van die pyplyn, het die Chinese ook belê in ‘n aantal hidroëlektriese damprojekte, soos die Myitsonedam-projek. Die dam, wat krag veral vir die suidweste van China, maar ook vir Mianmar tot ‘n mindere mate, sal verskaf, is deel van ‘n ontwikkelingsplan deur die Chinese om probleme in die binneland van China aan te spreek. Maar as gevolg van die geweld in die streek, is die projek op ys geplaas. Natuurlik, is dit ‘n bron van groot irritasie vir Beijing, wat dit as nog ‘n voorbeeld van Westerse inmenging in Chinese ekonomiese ontwikkeling beskou.

Dit is waar dat daar nog geen Westerse “stewels op die grond” in Mianmar is nie, maar die VSA gebruik natuurlik sagte mag om sy strategiese doelwitte te bereik. Benewens “demokratiese” NRO’s wat met die befondsing van die Amerikaanse regering opereer, is Indië ook bedrywig om Mianmar uit die Chinese invloedsfeer te probeer wikkel.

Daar is egter geen beter voorbeeld van die gebruik van sagte mag as die opkoms van Aung San Suu Kyi nie. Sy word tans, soos Nelson Mandela, voorberei op internasionale supersterstatus.

Фильчаков прокурор отзывы

SA sal nóg ‘n Afrikaland word sonder Tweede Oorgang

Suid-Afrika benodig ‘n tweede oorgang, anders sal dit stagneer soos verskeie ander Afrika-lande ná onafhanklikheid, het Jacob Zuma, ANC-leier, Sondag gesê.

“Ons het ‘n tweede oorgang nodig, ons kan nie hier bly nie,” het hy aan honderde afgevaardigdes by die Vrystaat-verkiesingskonferensie in Parys gesê.

Zuma het gesê verskeie Afrika-lande het nooit vorentoe beweeg ná onafhanklikheid nie.

“As ons nie die tweede oorgang bespreek nie, weet ek nie hoe ons die probleme gaan hanteer wat ons nou het nie.”

Hy het gesê die ANC sal altyd ‘n gedissiplineerde mag wees wat aan die kant van die armes en die werkersklas is.

Die ANC-leier het gesê die tweede oorgang moet die nalatenskap van apartheid aanspreek.

Die ANC moet ‘n verskil maak vir sy mense en die party hoef nie geliefd te wees om te doen wat hy dink reg is nie.

“Die tyd het gekom om te doen wat ons dink reg is om die meerderheid gelukkig te maak. Die tweede oorgang is die regte ding.”

Zuma het dié wat teen dit gekant is, gevra wat die alternatief is.

Die tweede oorgang hou verband met ‘n belangrike besprekingsdokument vir die ANC se nasionale beleidskonferensie, wat na verwagting Dinsdag sal begin.

“Die Tweede Oorgang: Om te bou op ‘n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012” stel voor dat die ANC nou ‘n tweede era van demokrasie moet betree.

Volgens die dokument het die ANC in die afgelope 18 jaar deur ‘n eerste oorgang na demokrasie gegaan, waartydens die party gefokus het op politieke bevryding.

Nou moet die party ‘n “tweede oorgang” bekendstel wat sal fokus op die sosiale en ekonomiese transformasie van Suid-Afrika oor die volgende 30 tot 50 jaar.

In ‘n blykbare reaksie op senior lede van die ANC se NUK wat twyfel oor die dokument, het Zuma gesê dit is onmoontlik vir enige NUK-lid om nie te weet van die “tweede oorgang” nie.

“Dit is nie moontlik nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die NUK het die dokument reeds drie maal bespreek.

Die ANC moet ook kyk na waarheen hy wil gaan.

“Mangaung moet help om ‘n hernieude ANC te skep.”

Zuma het gesê ‘n tien-jaar-program om die ANC te hernu is nodig en moet goedgekeur word.

“As ons daarin faal om dissipline aan te spreek, faal ons die ANC,” het hy gesê.

Zuma, wat baie op dissipline gefokus het in sy toespraak, het gesê niemand moet toegelaat word om die eenheid in die ANC uit te roei nie.

Hy het verwys na onlangse gebeure binne die regerende party en het gesê die Mangaung-konferensie sal streng besluite oor dissipline neem.

Hy het gesê dié wat die ANC-grondwet vir hul eie selfsugtige doelwitte buig, moet gestraf word en dat ANC-politici wat nie hierby inkoop nie, dit “koud daar buite” sal vind, buite die ANC.

Zuma was in ‘n vrolike luim by die Vrystaatse verkiesingskonferensie, waar hy duidelik groot ondersteuning geniet.

topcargo развод

Verdagtes aangekeer vir plaasaanval

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n plaasaanval Saterdagaand naby Kuruman deur die polisie in die Noord-Kaap. ‘n Bejaarde man is ernstig beseer in die aanval, berig RSG.

Volgens die polisie verkeer Joseph van Heerden tans in ‘n bestendige toestand in die Kuruman-hospitaal. Die aanvallers het met sy bakkie gevlug, maar die voertuig is later naby Vryburg verlate gevind.

Die aanval is die jongste in ‘n reeks plaasaanvalle sedert die begin van die maand.

‘n Boer van Lichtenburg is vroeër op sy plaas aangeval en ‘n bejaarde egpaar is kort daarna op hulle plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval.

In Limpopo is ‘n 77-jarige boer verlede week in sy bed doodgeskiet. Sy vrou wat gewond is in die aanval op hulle plaas naby Baltimore in Limpopo, sal waarskynlik nooit weer die gebruik van haar ledemate hê nie, het haar geneeshere gesê.

Dokters het aan die familie gesê Gloudien van Rensburg (65) is nou ‘n parapleeg en sy het geen gevoel in haar lyf van haar bors tot by haar bene nie.

Van Rensburg se man Johan (77) is Woensdag op hul plaas doodgeskiet terwyl hy langs haar gelê en slaap het. Sy is drie keer geskiet.

“Sy lyk beter as Woensdag. Sy is kalmer en sy veg hard… maar is baie krities,” het haar skoonseun, Francois Drotskie, aan die koerant gesê.

Drotskie sê sy het Donderdag met haar twee dogters probeer praat, maar sy kon nie.

Van Rensburg, wat steeds in ‘n hospitaal in Polokwane is, moes die bloed uit haar longe laat dreineer.

Sy is steeds onder verdowing en moes verskeie bloedoortappings ondergaan.

Александр Фильчаков

Simposium oor ‘Afrikaans in die digitale tydvak’

Dan Roodt en Steve Hofmeyr is van die skrywers by Pretoria-PEN, die skrywersvereniging wat more-oggend ‘n gesprek sal hou oor:

Afrikaanse letterkunde in die digitale tydvak

Wanneer: Saterdag 23 Junie om tienuur die oggend.

Waar: Centurion- munisipale raadsaal, Jeanweg, Centurion (ou Verwoerdburg)

Die volgende onderwerpe sal bespreek word:
  • Oorsig oor e-boeke, met verwysing na die internasionale toneel
  • Die veranderende rol van die skrywer en die uitgewer
  • Poësie en sosiale media
  • Die stand van e-boeke in Afrikaans
  • Selfpublikasie: die nuwe mode?
  • Identiteitsvorming op die internet
  • E-boekstandaarde en apparatuur: e-lesers, tabletrekenaars, e-boekorganiseerders, ens.

Toegang is gratis. Laat weet asseblief indien u van plan is om dit by te woon deur ‘n e-pos te stuur aan: karin[aapstert]pretoriapen.co.za.

Олександр Васильович Фільчаков

Malema en Mbeki dik vriende

Mbeki en Malema het mekaar blykbaar opnuut gevind.

Kort nadat president Jacob Zuma die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy kollegas tydens ‘n warm vergadering van die nasionale uitvoerende komitee uitgeskop het, het sy voorganger Thabo Mbeki, vertroue in hulle uitgespreek.

Mbeki het Maandag sy 70ste verjaardag gevier en die ANC-jeugliga het hom in ‘n gloeiende verklaring met sy verjaarsdag gelukgewens. Hulle het ook Mbeki geloof vir sy werk op die vasteland van Afrika.

Die ANC het ‘n oënskynlik halfhartige verklaring vrygestel later die aand, maar nie enige van Mbeki se prestasies tydens sy ampstermyn uitgelig nie.

Mbeki het in antwoord daarop ‘n brief aan sy jeugdige “comrades” gerig en hulle “opreg” bedank vir hulle “soort en kameraadskaplike” boodskap.

Mbeki se brief is ‘n klap in die gesig vir Zuma, wat effektief die jeugliga stilgemaak het.

Mbeki het die Jeugliga verseker dat hy sal probeer om sy bes te doen om al die doelwitte na te streef as ‘n aktivis vir die Renaissance van Afrika, in ooreenstemming met die historiese tradisies van die ANC.

By die ANC se eeufeesvieringe in Mangaung in Januarie, het Malema en Mbeki ‘n grap op die verhoog gedeel en die foto van hul lighartige oomblik was gou-gou viraal versprei.

александр лобановский харьков класс

VSA bewapen Siriese rebelle

CIA-beamptes is in die geheim in die suide van Turkye, en help Siriese opposisie om wapens oor die grens teen die Siriese regering aan te wend, volgens Amerikaanse amptenare en Arabiese intelligensie-beamptes.

Die New York Times berig dat wapens, insluitend outomatiese gewere, missiele, en anti-tenkwapens, oor die Turkse grens deur middel van ‘n skaduagtige netwerk van tussengangers na Sirië se Moslem Broederskap gevoer word. Turkye, Saoedi-Arabië en Qatar, betaal daarvoor het die amptenare gesê.

Die CIA-beamptes is al vir ‘n paar weke in die suide van Turkye, glo “om te help om wapens uit die hande van al-Kaida of ander terroriste groepe te hou”, het ‘n senior Amerikaanse amptenaar gesê. Die Obama-administrasie ontken dat hulle wapens aan die rebelle verskaf, maar het nou erken dat Sirië se bure dit doen.

Die klandestiene poging wat pas op die lappe gekom het, is die mees ooglopende geval van Amerikaanse ondersteuning vir die militêre veldtog teen die Siriese regering. Dit is ook deel van Washington se poging om die druk op president Bashar al-Assad van Sirië, te verhoog.

Rusland blokkeer meer aggressiewe stappe teen die Assad-regering, en die Verenigde State en sy bondgenote het in plaas van diplomasie besluit om die rebelle te bewapen om Assad uit te dwing.

“CIA-beamptes is daar en hulle probeer om nuwe bronne en netwerke te vestig,” sê ‘n Arabiese intelligensie-amptenaar wat gereeld met sy Amerikaanse eweknieë skakel.

Amerikaanse amptenare en afgetrede CIA-amptenare het gesê die administrasie verleen ook ander hulp aan rebelle, soos die verskaffing van satellietbeelde en ander gedetailleerde intelligensie op Siriese plekke en bewegings. Die administrasie oorweeg tans om te help om die opposisie van ‘n elementêre intelligensiediens te voorsien.

Woordvoerders vir die Withuis, State Department en die CIA wou nie kommentaar lewer op enige intelligensie-operasies wat die Siriese rebelle ondersteun nie, maar ‘n paar besonderhede daaroor is reeds verlede week deur die Wall Street Journal gelek.

Tot nou toe, was die openbare gesig van die administrasie se beleid in Sirië hoofsaaklik “diplomasie en humanitêre hulp”.

Данильченко Юрий прокурор

Oproer by Olifantshoek, 10 vas

Tien mense is in hegtenis geneem na gewelddadige betogings oor dienslewering in Olifantshoek, het die Noord-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Polisiewoordvoerder Kaptein Cherelle Ehlers het gesê vier van hulle het in die Kathu-landdroshof vir openbare geweld verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Sy het gesê dat nog ‘n munisipale raadslid se huis aan die brand gesteek is Woensdagaand.

‘n Woordvoerder vir die Gamagara plaaslike Munisipaliteit, Kamagelo Semanai, het gesê die huis van die uitvoerende burgemeester Gaetsewe distriksmunisipaliteit, Sophia Mosekatse, is afgebrand.

Mosekatse en haar familie was nie by die huis nie.

“Hulle is veilig en dit gaan baie goed met hulle,” het Semanai gesê.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en openbare geweld. Die polisie ondervra ‘n paar mense in verband met die brandstigting.

Die huis van die Gamagara munisipale bestuurder Charles Phuti is ook beskadig toe dit aan die brand gesteek is Dinsdag, blykbaar deur die betogers. Die dorp word geteister deur protes sedert die begin van die maand.

Die betogers eis die onmiddellike bedanking van Gamagara se uitvoerende burgemeester Maria Diniza en haar raad.

‘n Woordvoerder vir die inwoners, Sheperd Mines, het vroeër gesê hulle het betoog oor ‘n gebrek aan basiese dienslewering en onvervulde beloftes van werk op die myne in Kathu.

лобановский александр фото

Delmasmoorde: Derde verdagte vas

‘n Derde swart man is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n dagmoeder en ‘n ​​vyf-maande-oue babaseuntjie in Delmas, Mpumalanga, het polisie Vrydag gesê.

Lt-kol Leonard Hlathi, het gesê die 24-jarige man is in hegtenis geneem in Springs, oos van Johannesburg, Donderdagoggend.

“Die man is in besit van ‘n ​​selfoon betrap, wat die polisie glo aan die slagoffer behoort het.”

Hy staan tereg ​​op aanklagte van moord en verskyn na verwagting vandag in die Delmas-landdroshof.

Die ander twee mans wat ook beskuldig word van die moorde sal na verwagting in die Delmas-landdroshof verskyn op 27 Junie, wanneer hulle om borgtogaansoek sal voortgaan.

Die vrou, Margrietha de Goede, 66, en baba Wiehan is verlede maand in haar huis verwurg aangetref.

Фильчаков прокурор харьков