Vier myners geskiet op Oosrand

Vier mense is geskiet en gewond deur sekuriteitswagte by Gold One se vlagskip Modder Oos-myn naby Springs vroeg Maandag, het die polisie gesê.

Kapt Pinky Tsinyane het gesê die polisie is na die toneel ontbied om 06:30, maar het opgedaag nadat die mans na die hospitaal geneem is.

Een van die vier is in ‘n kritieke toestand, terwyl die ander drie minder ernstige beserings opgedoen het.

Tsinyane het gesê sommige van die mans is voorheen by die myn afgedank, blykbaar oor unie-erkenningskwessies, maar sommige is sedertdien heraangestel.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en vier mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Independent Online berig dat ‘n skare versamel het buite die hekke van die Modder-Oos Maandagoggend, en eis om weer in diens geneem te word met hoër salarisse.

Werkers, wat sedert 4 Junie staak, is na wat berig word via SMS afgedank op 11 Junie weens ‘n voortslepende staking.

Verdere besonderhede was nie beskikbaar nie.

топкарго

Valke reg om Malema te arresteer

‘n Senior regeringsamptenaar en ‘n ​​wetstoepassingsbeampte wat oor die saak ingelig is, het aan die Mail & Guardian gesê die elite polisie-eenheid is “gereed” om Malema in hegtenis te neem. Lasbriewe is glo reeds uitgereik vir die inhegtenisneming van voormalige ANC-jeugligaleier deur die Valke.

“Dit sal gebeur voor lank, ten minste in die komende weke,” het een van die bronne, wat anoniem wou bly, aan die M&G verklaar.

Die bronne het gesê Malema sal in hegtenis geneem word oor die bewerings van bedrog en korrupsie wat die uitreiking van tenders in Limpopo betref, en moontlik vir uitstaande belastingverpligtinge by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die bewerings van bedrog en belastingontduiking word ook glo direk gekoppel aan On-Point – deels in die besit van Malema se Ratanang Family Trust – wat ‘n kontrak om deel van ‘n multimiljard-rand Limpopo-paaiebegroting te administreer, bekom het. On-Point skuld na bewering tot R15 miljoen in onbetaalde belasting aan die SAID.

Hoewel bewerings van tenderbedrog teruggaan na 2010, sal ‘n arrestasie waarskynlik vonke veroorsaak en beskuldigings van politieke of uitvoerende inmenging. Maar ontleders sê dat dit die geval sou gewees het ongeag die tydsberekening.

Ontleders meen Zuma sal dadelik beskuldig word van presies dieselfde ding as wat Thabo Mbeki van beskuldig is: Die gebruik van staatsorgane om politieke twis op te los.

лобановский александр компромат

DA spreek sterk ondersteuning vir SEB uit

Die Demokratiese Alliansie het hul sterk ondersteuning vir die regering se swart ekonomiese bemagtiging (SEB) uitgespreek. Hulle wil ook toesien dat die kodes van goeie praktyk hergeformuleer word om swart kleinsake te bevorder en swart sakefronte te kriminaliseer.

Die DA se steun vir SEB is ‘n beduidende afwyking van die party se houding in die verlede, wat die beleid eers gekritiseer het, en voorkeur vir ‘n meriete-gebaseerde samelewing uitegespreek het.

Ondersteuning vir SEB is ‘n aanduiding van ‘n DA-skuif na die sentrum van hul ekonomiese beleid, wat hulle hoop breër invloed sal koop.

In ‘n beleidsdokument wat verlede week gepubliseer is, het die DA SEB as ‘n belangrike manier om die onregte van die verlede “reg te stel” beskryf, en as “van kritieke belang vir die toekoms”.

Maar, die party is ook bewus daarvan dat SEB-beleid ongewild onder baie van sy kiesers, veral by minderhede is, wie se geloof daarin “herstel sal moet word”.

Parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko het Vrydag in ‘n onderhoud gesê, hoewel die party eintlik ‘n “regstelling- en versoeningsbeleid” so ver terug as 2004 aanhang, is SEB “nie opgeneem in alle erns nie”.

Dit is glo in lyn met die party se filosofie, maar SEB het is ‘n polariserende kwessie geraak “omdat mense dit verkeerd verstaan”, het me Mazibuko gesê.

Die opposisie party se skaduminister van handel en nywerheid, Wilmot James, sal deelneem in die herformulering van die kodes. Oor die afgelope jaar, het hierdie proses “enorm toegeneem” as gevolg van die party se nuwe fokus op “inklusiewe groei.”

Фильчаков прокуратура харьков

Herstel Carnavon se Afrikaner-saal!

Carnarvon is ‘n klein Afrikaanse dorpie in die Noord-Kaap wat danksy die SKA-teleskoopprojek weer in die nuus is. ‘n Terrein naby Carnarvon is gekies vir die konstruksie van MeerKAT. Dis ‘n verskeidenheid van 50 of meer radioteleskope, ‘n loodsprojek vir die massiewe “Square Kilometre Array”-teleskoop.

Die dorpie is oorspronklik in 1860 gestig as die dorp van Harmsfontein, geleë binne die gebied van Schietfontein, wat die enigste bron van water in die gebied was.

‘n Rynse sendingstasie is in 1847 gestig deur die sendeling, ds Christian Wilhelm Alheit. Sommige van die oorspronklike geskiedkundige geboue is steeds in gebruik. Die naam is verander in 1874 ter ere van die Britse koloniale sekretaris, lord Carnarvon (1831-1890).

Die belangrikste landbou-aktiwiteite was tot dusver skaapboerdery. Die dorp praat uitsluitlik Afrikaans, alhoewel die meerderheid inwoners bruin is, ongeveer 90% van die amper 6 000 siele. Maar met hulle taaltrots het die inwoners ongelukkig nie ‘n saak nie.

Die pragtige ou Afrikaner-gedenksaal in Carnarvon se fondamente is nog stewig, maar staan in ‘n gehawende en geplunderde toestand.

Die gebou kan ‘n belangrike monument vir Afrikaans wees met talle buitelandse besoekers wat eersdaags die dorp sal besoek. As die inwoners hul taaltrots wil wys, sal hulle dadelik moet inspring om die mooi ou saal in ere te herstel.

Фильчаков прокуратура харьков

ANC verwelkom NGV-besluit oor myners

Die ministerie van justisie het Sondag die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om die moordklagte teen 270 Lonmin-mynwerkers te laat vaar, verwelkom.

“Ons verwelkom die besluit maar sal vir die formele verslag wag, soos versoek,” het Jeff Radebe, minister van justisie, gesê.

Die polisie het op 16 Augustus tydens ‘n betoging op ‘n heuwel naby Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes op stakende mynwerkers geskiet. Altesaam 34 mynwerkers is in die botsing dood, en 78 gewond.

‘n Groep van 270 mynwerkers is in hegtenis geneem en aanklagte van onder meer moord is teen hulle gebring.

Die ANC het ook die nuus dat die werkers nie meer op moordklagte tereg sal staan nie, verwelkom.

“Hierdie besluit sal die Kommissie van Ondersoek wat deur die president in die lewe geroep is, toelaat om sy werk te doen, en dit sal die polisie help om voort te gaan met hulle ondersoeke,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die party, gesê.

topcargo отзывы сотрудников

FW wil sy geldsake geheim hou

Oudpresident FW de Klerk sal sy regstryd voortsit om besonderhede oor sy geldsake uit die openbare oog te hou, het Rapport Sondag berig.

Die voormalige staatshoof se skoondogter, Nicole Noordien, is besig om van De Klerk se seun, Willem, te skei.

Sy eis tans R33 000 per maand se onderhoud van De Klerk, snr., omdat sy seun nie die toelae gereeld betaal nie, het die koerant berig.

‘n Landdros in Randburg het beveel dat De Klerk teen Maandag besonderhede oor sy geldsake moet voorlê. Die Suid-Gautengse hooggeregshof het egter ‘n dringende aansoek deur De Klerk toegestaan waarin hy gevra het dat sy finansiële posisie nie openbaar gemaak word nie.

Die interdik is slegs toegestaan hangende die uitslag van ‘n hersieningsproses in dieselfde hooggeregshof.

De Klerk het in hofdokumente beweer hy ondersteun sy seun en twee kleindogters finansieel sedert die egskeiding. Die geld is afkomstig uit die Fredek-trust, wat vir sy kinders en kleinkinders opgerig is.

“Ek verwag my verskyning in die Randburg-hof sal wye publisiteit lok en die gepaardgaande kommentaar kan ‘n negatiewe impak op my privaatheid en reputasie hê,” het hy volgens Rapport in hofdokumente gesê.

Beide oudpresident De Klerk en sy seun sal Maandag weer in die Randburg-landdroshof verskyn.

прокурор Фильчаков

Franse vrou sterf aan dwelmoordosis by SA-ambassade

Aanklaers het ‘n ondersoek Sondag geopen na die dood van ‘n jong Franse vrou by die woning van ‘n ​​Suid-Afrikaanse diplomaat in Parys, het ‘n bron gesê. Dit was glo aan huis van die eerste sekretaris, FK Matras, maar praag.co.za kon nie bevestiging kry nie. Daar was glo ses mense by die geselligheid teenwoordig.

‘n Nadoodse ondersoek sal plaasvind Maandag, het die bron gesê, nadat die vrou se liggaam by die diplomaat se huis Saterdag ontdek is.

Polisiebronne het gesê volgens Europe 1-radio het die 26-jaar-oue vrou ‘n partytjie by die diplomaat se huis bygewoon en ophou asemhaal nadat sy gaan slaap het Saterdagmiddag.

Die bronne het aan die radiostasie gesê dat partytjie-gangers beweer het dat die vrou dwelms geneem het, insluitende kokaïen. Die Franse polisie sal die ook die oorsprong van die dwelms ondersoek en ‘n saak is geopen by die Paryse hof.

Die eerste sekretaris word beskerm deur diplomatieke immuniteit, maar het reeds aangedui dat hy sal saamwerk met die ondersoekers. ‘n Toksilogiese ondersoek sal Maandag tesame met die lykskouing onderneem word, het die Franse owerhede gesê.

“Dit is nog nie op hierdie stadium nodig om enige persoon in hegtenis te neem nie,” het die bron verklaar.

Фильчаков прокуратура харьков

Boere is nie ryk nie

“Dit is tyd dat die breë Suid-Afrikaanse bevolking ophou met onbillike kritiek op ons kommersiële boere en hulle belangrike bydrae begin besef. Dit is ook nodig dat die propaganda mites dat dit baie goed gaan met die kommersiële boere en die rassistiese stelling dat ‘alle wit boere ryk is’, die nek ingeslaan word,” het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye gesê.

Dr. Mulder was die naweek die spreker by die Dorpers Skaaptelersvereniging se jaarlikse prysuitdelingsfunksie by Hartebeespoort. Die geleentheid is ook bygewoon deur ‘n besoekende groep landbouers van Brasilië en landbouers van Zimbabwe.

“Die feite is dat meer as 50% van die Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers ‘n jaarlikse omset van minder as R300 000 het. So ‘n boerderye werk op ‘n verlies uit of het ‘n baie lae winsgrens. Slegs 5400 of ongeveer 12% van die landbouers het ‘n omset van meer as R2 miljoen per jaar. Dit is gelyk aan ‘n gemiddelde besigheid in die sakebedryf,” volgens Mulder.

Dr. Mulder het daarop gewys dat Minister van Ekonomiese sake, min. Patel onlangs daarop gewys het dat 95% van alle voedsel wat in Suid-Afrika geproduseer word, deur die kommersiële boere geproduseer word. “Dit maak hulle van uiterste strategies belang as oor die toekoms en oor politieke stabiliteit in Suid-Afrika in die toekoms gepraat word,” het dr. Mulder gesê.

Hy het ook daarop gewys dat 40% van alle beeste in Suid-Afrika deur klein- en bestaansboere in Suid-Afrika besit word. Hierdie boere maak egter slegs ‘n 5% bydrae tot vleisproduksie in Suid-Afrika. “Met ‘n bietjie moeite en hulp kan hierdie sektor ontwikkel word om ‘n groter bydrae te maak en terselfdertyd te help om armoede in die landelike gebiede te verlig” het Mulder gesê.

лобановский обыск

Polemiek in Europa rondom Franse essayis se ‘lof aan Anders Breivik’

Richard Millet‘n Bekende Franse skrywer van 50 boeke, Richard Millet, het ‘n week gelede “losgetrek” en ‘n verdoemende kritiek op die nuwe wêreldorde, globalisering en die multikulturele samelewing gepubliseer waarin hy meen “Noorweë verdien Anders Breivik”.

Millet se opstel, “Letterkundige lof aan Anders Breivik” (Éloge littéraire d’Anders Breivik, op 24 Augustus uitgegee deur Editions Pierre de Roux), is saam met ‘n tweede stuk oor die agteruitgang van die Franse taal en invloed in die wêreld gebundel. Enkele dae tevore het hy nog ‘n lywige opstel oor “Antirassisme as letterkundige terreur” gepubliseer.

Tydens ‘n radio-onderhoud met die bekende Franse filosoof en openbare figuur, Alain Finkelkraut, het Millet gesê dat hy hom onlangs alleen op die voorstedelike moltrein as “enigste blanke” bevind het. Daarom het hy hom “uitgesluit gevoel… veral terwyl die bevolking waarin ek my bevind hoofsaaklik uit Noord-Afrikane bestaan”.

Maar dis veral vir sy opstel wat Anders Breivik se dodelike aanval op Noorweegse sosiaal-demokratiese tieners as ‘n “literêre gebaar” beskryf, waarvoor Millet onder kritiek in die pers deurloop. Daar is selfs oproepe dat hy by Gallimard, die prestigieuse Paryse uitgewershuis, afgedank moet word of dat die uitgewery se ander skrywers hul van hom moet distansieer.

In die gewraakte passasie van “Letterkundige lof aan Anders Breivik”, beskryf Millet die aanval van Breivik op die jeugdiges as ‘n vorm van “letterkundige volmaaktheid”:

“Ons wat elke dag die gebrek aan kultuur van ons inheemse Franse meet, net soos ‘n afgrond ons verwyder van die buite-Europese bevolkings wat hulle op ons grondgebied tuisgemaak het, ons weet dat ons taal bowenal daaronder ly, en tesame daarmee, ons geheue, ons bloed, ons identiteit. Behoort ons daarom Breivik gelyk te gee, onder die voorwendsel dat sy slagoffers bloot jong arbeiderondersteuners was, dus toekomstige meedoeners aan die multikulturele nihilisme? Nee: in die volmaaktheid van te skryf met ‘n aanvalsgeweer, is daar iets wat anderkant die regverdigbare lei…”

Hoewel Millet dit ten aanvang van sy opstel stel dat hy nie “die dade wat Anders Breivik op 22 Julie 2011 in Noorweë gepleeg het, goedkeur nie”, verkwalik sy kritici hom dat hy wel “geweld verestetiseer” en daarom op ‘n manier as apologeet vir Breivik optree. Die gesaghebbende linkse en intellektuele koerant Le Monde skryf op 27 Augustus:

“Waarvan praat Millet presies? Nadat hy die voorsorgmaatreël getref het deur te sê dat hy nie Breivik se gebaar goedkeur nie, roep die skrywer die ‘formele volmaaktheid’ van sy misdaad en die ‘literêre’ dimensie daarvan op. Die Noorweër sou op ‘n manier die voorhoede van Europese wanhoop verteenwoordig, in die aangesig van ‘n algemene verlies aan nasionale en kulturele identiteit. Binne agtien bladsye, resiteer Richard Millet met woede die litanie van haat wat hy reeds in ander geskrifte uitgeblaker het, veral sy boek Opprobre, wat in 2008 by Gallimard verskyn het. Millet se uitgangspunt is die verregse denke wat nie huiwer om geweld te verestetiseer nie; die skrywer maak hom geensins vir die eerste keer aan afkeer jeens ander skuldig nie.”

Hoewel krities, toon Le Monde ontsag vir die intellektuele en literêre denke wat Millet se ontleding van Breivik onderlê. Sy uitspraak oor Breivik se literêre gebaar of dan “die volmaaktheid van te skryf met ‘n aanvalsgeweer” word voorafgegaan deur ‘n beroemde aanhaling uit die surrealistiese skrywer André Breton, wat gesê dat die “eenvoudigste surrealistiese gebaar sou wees om met ‘n rewolwer in jou hand op straat te gaan en lukraak in die skare in te skiet”. Breton was polities links en ook ‘n lid van die Franse Kommunistiese Party, dus maak Le Monde insgelyks ‘n fout as die koerant die “verestetisering van geweld” as noodwendig “verregse denke” beskryf.

Van die meer konserwatiewe en liberale publikasies in Frankryk beskryf Millet se opstel oorwegend as “vreemd”. Volgens ‘n skrywer in Le Point, “moet ‘n mens jouself knyp… En ‘n mens kry hierdie man jammer wat styl het en dit op selfvernietigende uitsprake mors.”

Oorkant die Ryn in Duitsland waar die doen en late van Paryse intellektuele met voortdurende belangstelling gevolg word, het die groot nuustydskrif Der Spiegel met skok op dié jongste manifestasie van aweregse, Franse onverskrokkenheid gereageer. Benewens enkele aanhalings uit Millet se opstel, verwys die tydskrif sy lesers met ‘n skakel na die Taz-koerant wat praat van Millet se “verregse geestesverwantskap”.

Terwyl die Taz eintlik geen teenargument bied teenoor Millet se arsenaal argumente rondom multikulturalisme, wat met intense Franse intellektuele snobisme aangebied word nie, erken die koerant tog dat Millet oor ‘n bepaalde statuur in Frankyk beskik: “In weerwil van sy ongewone uitsprake, sou hierdie pamflet miskien ‘n stille dood in die Paryse boekhandel gesterf het, as die skrywer nie ‘n bekende romanskrywer en uitgewer was nie. Hy het self ongeveer vyftig boeke geskryf en wys met trots op sy vroeëre provokasies. Vandag sê hy dat hy die mees gehate skrywer in sy land is.”

Laasgenoemde uitspraak het Millet in ‘n ander, onlangs gepubliseerde opstel, “Oor antirassisme as letterkundige terreur”, gemaak waarin hy skryf: “Ek is een van die mees gehate Franse skrywers. ‘n Interessante plek om jou te bevind, wat van my iemand buitengewoon maak.”

Terwyl die aandag tans op Millet se oënskynlik vergoeiliking van Anders Breivik verkeer, laat hy hom ook sterk teen antirassisme uit. Op die reklameteks van “Oor antirassisme as letterkundige terreur”, is die volgende te lese:

“Antirassisme het die nuwe internasionale ideologie geword. In Frankryk verteenwoordig dit ‘n diktatuur van nuwe dwepers waarvan die inkwisiteuragtige drif, die skynheiligheid, die bedoeling om te verskuldig, veral in die sogenaamde literêre wêreld werksaam is en waar valsheid koning kraai. Die skrywer wat dit waag om na die werklikheid te verwys en hom op die integriteit van sy wese te beroep, asook op die Christelike voortreflikheid van die volk, word nie net in navolging van die kommunistiese propaganda as “regse” of “fascis” getipeer nie, maar hy word bowenal van “rassisme” beskuldig: die kriminalisering van denke, waarvoor hy sensuur, ostrasisme, vervolging in die hof moet verduur. Die meeste skrywers word gou stilgemaak, of oortuig om saam met die skape wat met die Goeie gepenetreer is te blêr.”

лобановский политик

China, Egipte steun Palestynse volkstaat

China en Egipte het hulle steun vir ‘n onafhanklike staat van Palestina uitgespreek, volgens ‘n gesamentlike persverklaring wat Donderdag uitgereik is.

Die onafhanklike staat moet ten volle soewerein wees, gestig op die grondslag van die grense van 1967, met Oos-Jerusalem as hoofstad, lui die verklaring. Hulle steun ook Palestina se deelname in die Verenigde Nasies en ander internasionale organisasies.

Die dokument is vrygestel nadat die Egiptiese president Mohamed Morsi se staatsbesoek van drie dae aan China Donderdagoggend vroeg ten einde geloop het.

China en Egipte ondersteun die internasionale gemeenskap in die intensivering van pogings om dialoog te bevorder, om uiteindelik die “Palestina-vraagstuk” op te los deur middel van vreedsame gesprekke op ‘n omvattende en verantwoordbare wyse.

China het Egipte se bydrae tot die bevordering van vrede tussen Palestina en Israel geloof, asook die bevordering van ‘n interne skikking in Palestina self.

Die opstellers het bygevoeg dat Egipte China se pogings ter ondersteuning van ‘n regverdige bestel vir die Palestynse volk hoog op prys stel asook die bevordering van vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste.

лобановский александр интервью